Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Ek is 'n soutie"
"Ek is 'n soutie" [boodskap #22594] |
Fri, 23 April 1999 00:00  |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In 'n parallele nuusdraad op hierdie groep beskryf 'n leser hom/haar as 'n
soutie. Nou wonder ek (gegee die oorsprong van hierdie woord) in hoe 'n mate
dit deur engelsprekendes of britte in SA ervaar word om so genoem te word. Het
die woord sy negatiewe oorsprong ontgroei? Word dit beledigend beskou? Word
dit as bloot humoristies beskou?
Of, nou dat ek daaraan dink, is daar meer as een verduideliking vir die
oorsprong van die woord (bv. soutie van limey en nie van soutp#%l nie)?
leswin
|
|
|
Re: "Ek is 'n soutie" [boodskap #22595 is 'n antwoord op boodskap #22594] |
Fri, 23 April 1999 00:00   |
hen...
Boodskappe: 133 Geregistreer: June 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leswin skryf:
> In 'n parallele nuusdraad op hierdie groep beskryf 'n leser hom/haar as 'n
> soutie. Nou wonder ek (gegee die oorsprong van hierdie woord) in hoe 'n mate
> dit deur engelsprekendes of britte in SA ervaar word om so genoem te word. Het
> die woord sy negatiewe oorsprong ontgroei? Word dit beledigend beskou? Word
> dit as bloot humoristies beskou?
My ondervinding is dat dit in 'n humoristiese sin gesien word.
> Of, nou dat ek daaraan dink, is daar meer as een verduideliking vir die
> oorsprong van die woord (bv. soutie van limey en nie van soutp#%l nie)?
Die verduideliking is dat as jou kop in Engeland is en jou voete in SA, dan
moet 'n deel van jou anatomie noodwendig in die oseaan hang. Dit word
gekompliseer deur die feit dat 'n Engelssprekende vroulike persoon ook onder
die term kan deurgaan. Miskien kan iemand wat vroumense beter verstaan as ek,
soos Johan, dit verduidelik.
Die ironie is, met so baie Afrikaanssprekendes deesdae in die buiteland, kan
die term bes moontlik binnekort op hulle van toepassing wees!
Is jy 'n soutie, of nie, Leswin?
Groete
Henri Burger
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
Re: "Ek is 'n soutie" [boodskap #22610 is 'n antwoord op boodskap #22594] |
Sat, 24 April 1999 00:00   |
hen...
Boodskappe: 133 Geregistreer: June 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leswin skryf:
>> Is jy 'n soutie of nie, Leswin?
>
> Nee, ek is nie.
My vraag was tong in die kies, n.a.v. my (nuwe) definisie van wat 'soutie'
behels, Leswin!
> Ek is gebore in die Paarl
[Res van 'Skipskop'-ervaring geknip...]
Ek het eerstehandse kennis van hierdie tragiese gebeure. In meer as een opsig.
My oupa was 'n afgetrede tuiemaker (ek hoop hier is nog mense wat weet wat dit
was!) wat 'n huisie op Suurbraak gehad het. My familie (ma, broers en susters)
was op Suurbraak op laerskool. Toe word die plek 'n Kleurling groepsgebied.
Oupa Willie moes trek op sy oudag. Ek was baie klein en weet nie wat se
vergoeding daar was nie. En ek het nagelaat om 'n 'landclaim' in te sit!
Groete
Henri
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
|
|
Re: "Ek is 'n soutie" [boodskap #22623 is 'n antwoord op boodskap #22594] |
Sun, 25 April 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
prop...@aol.com (ProPacem) writes:
>>> hen...@my-dejanews.com
>
>>> skipskop ...
>
> Skipskop? Ek ken die woord nie, Henri. Verduidelik asseblief wat dit beteken
> alvorens ek reageer.
>
> leswin
Dis 'n verwysing na 'n lied van David Kramer. Ken
jy die werk van David Kramer?
SO LONG SKIPSKOP
David Kramer
Pak op, pak op,
sit jou goedjies op jou kop.
Môre gaan ons weg,
ver van hier weg.
Skipskop Skipskop
Wanneer hou die dinge op?
Swaarkry lê net voor
Die blou berge oor.
Overberg se mens is ek gebore
op die plek Skipskop,
Nes my pa en sy pa ook.
Hier deur die duine loop ons se spore
Hier op die beach
Hier langs die see is ek gedoop.
Wat ken ek anders
as die bloudam se branders,
die wolke en die winde wat hier waai?
Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies
Sê maar so long Skipskop,
Skipskop sê goodbye.
Linkerhand regtehand,
Watse kant lê die plek Misverstand?
Ekskuus Meneer, ag sê tog weer,
is dit die pad wat ons moet môre vat?
'n Stukkie lê hier, 'n stukkie lê daar,
Stukkie van my lewe
hulle lê so deurmekaar.
Tel op, tel op vir Shorty en vir Pop,
Gaan haal vir Apie en hou daai kindjie dop.
Wat ken ons anders
As die Bloudam se branders,
Die wolke en die winde wat hier waai.
Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies,
Sê maar so long Skipskop,
Skipskop sê goodbye.
|
|
|
|
|
|
Re: "Ek is 'n soutie" [boodskap #22687 is 'n antwoord op boodskap #22594] |
Wed, 28 April 1999 00:00  |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In artikel ,
het hen...@my-dejanews.com daarin geslaag om my vir 'n oomblik uit my diepe
afsydigheid te ruk, en gesê:
>
> Die ironie is, met so baie Afrikaanssprekendes deesdae in die buiteland, kan
> die term bes moontlik binnekort op hulle van toepassing wees!
>
Hmmm... nou-ja Henri...
Dit is 'n interessante konsep. Ek het al gehoor ons Afrikaners hier in
Nederland noem ons Kaasburgers. Nouja... jy kan op twee maniere daarna kyk -
Dit kan natuurlik iets wees in die lyn van so 'n ou beesvleis bolletjie met
'n ou dun lagie kaas al oor of aan die ander kant kan kaas ons nuwe tuiste
aantoon en burger ons afkoms.
In die lig van die lyne en gebrek aan oortollige gewig van die gemiddelde
Nederlandse dame sou ek ook sê dat die gemiddelde Afrikaanse dame hier ook sou
kon deurgaan as 'n koeksister. Die meisies hier is meer soos spareribs.
Groete
-Gideon-
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:53:19 UTC 2025
|