Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wanneer is 'n mens rassisties?
Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22554] Do, 22 April 1999 00:00 na volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In Suid-Afrika het ons almal verstaan dat dit as rassisme beskou word wanneer
swart en wit van mekaar geskei word, en sodoende gevoelens van afkeer en vrees
teenoor die ander ras opbou. Maar nou dat ek na Vietnamese en Arabiere verwys
as 'n manier om die nasie te identifiseer, blyk dit dat sommige mense dit ook
beskou as 'n vorm van rassisme.

Wanneer ek nou na iemand wat van Amerika af kom, verwys na 'n Amerikaner, kan
dit tog sekerlik nie as rassisme beskou word nie? Of is dit net wanneer
daar 'n mate van negatiwiteit is, dat dieselfde woord as 'n teken van rassisme
beskou word?

Hoe moet 'n mens dan nou 'n opinie uitspreek sonder om as 'n rassis beskryf te
word? Of word 'n mens outomaties so beskou omdat jy die grootste deel van jou
lewe in SA deurgebring het? Ek het nog altyd gedink ek is maar kleur- en
rasblind; nou klink dit vir my of ek verkeerd was.

Royleen

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22579 is 'n antwoord op boodskap #22554] Vr, 23 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Nee Royleen, jy klink vir my glad nie na n rassis nie. Ek verstaan die
dilemma wat jy noem, nl. dat as jy n mens identifiseer deur sy ras /
herkoms te noem, neig sekere mense dadelik om jou uit te skel as rassis.
Ek woon in die VSA en is so versigtig oor hoe ek myself uitdruk, dat dit
somtyds n pyn is. Ek sal byvoorbeeld sê, kyk hoe naby aan die afgrond
staan daardie een vrou, en dan, as iemand vra watter vrou, sal ek eerder
sê die vrou met die rooi rok as die swart vrou.

Ek weet nie van jou nie, maar hier is n hele spul van my ex Suidafrikaanse
vriende (en beslis ook ek) wat vir my sê hulle voel baie na aan en
gemaklik tussen swartmense in die VSA. Daar is n gedeelde herkoms miskien?
wat die vriendskappe oorbrug en baie seker laat voel.

pat (ex)

roy...@my-dejanews.com wrote in article
...
> In Suid-Afrika het ons almal verstaan dat dit as rassisme beskou word wanneer
> swart en wit van mekaar geskei word, en sodoende gevoelens van
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22580 is 'n antwoord op boodskap #22554] Vr, 23 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "PAT" skryf

> Nee Royleen, jy klink vir my glad nie na n rassis nie

Nou hoe sou jy weet? Vanaf een skrywe nogal?

> Ek sal byvoorbeeld sê, kyk hoe naby aan die afgrond
> staan daardie een vrou, en dan, as iemand vra watter vrou, sal ek eerder
> sê die vrou met die rooi rok as die swart vrou.

Hoe gereeld sê jy, of voel jy die druk om te sê, "die wit vrou" of die "wit
man" om iemand te identifiseer? Ek skat baie min. En hierin lê die kruks van
die saak - dat ras so verhewe is as deskriptiewe identiteit dat weinig ander
aspekte na vore kan kom. Die vrou met die skeel oog (wat wit is) staan naby
aan die afgrond, maar die swart vrou (wat 'n skeel oog het) staan langs haar.

>Ek weet nie van jou nie, maar hier is n hele spul van my ex Suidafrikaanse
> vriende (en beslis ook ek) wat vir my sê hulle voel baie na aan en
> gemaklik tussen swartmense in die VSA. Daar is n gedeelde herkoms miskien?

My hart het 'n ekstra sprong gegee by die lees van jou laaste sin - ek was so
verras. Dit spreek tot 'n metafisiese, magiese, mitiese konneksie met die
kontinent wat onmoontlik is om te verwoord en wat ek gereeld gebruik (al wil ek
nie) as barometer vir die "Afrika-heid" van 'n persoon. Ongellukkig vind ek
dit maar bra min onder wit suid-afrikaners - miskien om die rede dat ek so
verheug was om dit in jou pos te sie (ek neem natuurlik aan dat jy wit is, Pat
- korrekteer my as ek verkeerd is). Nou wonder ek maar net waarom talle van
dieselfde mense wat african americans omarm vir daardie gedeelde herkoms, dit
so moeilik vind om dieselfde vriendskappe met swart suid-afrikaanse
landsgenote te kultiveer.

leswin (nooit ex nie)
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22581 is 'n antwoord op boodskap #22554] Vr, 23 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> Ek ervaar jou as geweldig liggeraak oor ras en kleur - en dis heeltemaal goed so
> as jy so wil wees. Maar nou na aanleiding van jou stelling hier, dink ek nie ek
> is heeltemaal verkeerd as ek sê dat die vooroordeel en die steriotipering baie
> keer meer in die oor van die hoorder is as by die een wat 'n onskuldige
> opmerking gemaak het nie.

Ja, Johan, die moeilikheid kom as jy
praat van "onskuldige opmerkings."
Jy is so vinnig om altyd redes te soek
om te verduidelik hoekom die ander een
die skuld dra. Ras- en groep-tipering
is nooit "onskuldig" nie. En dit
beskadig die psige van die een wat tipeer,
nie soseer die een wat getipeer word nie.
Was jy al ooit in die teenwoordigheid van
iemand van 'n ander ras wat vir jou as
witmens getipeer het? He gringo, gaijin?

Gloudina
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22582 is 'n antwoord op boodskap #22554] Vr, 23 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> roybob@ skryf

> Maar nou dat ek na Vietnamese en Arabiere verwys
> as 'n manier om die nasie te identifiseer, blyk dit dat sommige mense dit ook
> beskou as 'n vorm van rassisme.

'n Maand of twee gelede was daar 'n interessante gesprek hier tussen Bees en
myself wat probeer het om die verskil tussen rassisme, vooroordeel,
diskriminasie en stereotipe te verwoord. Ek raai jou aan om daardie nuusdraad
uit die argiewe op te diep. Jy sal egter meer moet sê oor HOE jy na hierdie
groepe verwys of WAT jy sê. Ek skat (en ek raai maar), dat deel van die
misverstand vanaf twee oorde kom. Eerstens, Vietnamees is nie 'n ras nie, maar
kan as 'n etnisiteit beskou word (in ieder geval dink ek ras is 'n sosiale
konstruksie en daar is bitter min wetenskaplike gegrondheid vir die bestaan van
so 'n term). Tweedens, spekuleer ek dat stereotipering 'n rol speel (soms
"heel innocent") - so 'n rukkie terug sê iemand aan my dat, in haar ervaring,
"kleurlinge 'n jollie groep mense is". Ek het eksepsie geneem en verduidelik
waarom ek dit as bevooroordeeld beskou - ek glo nie die persoon wat dit aan my
genoem het was bewustelik rassisties nie, maar wat sy gesê het, het ek as
etnies stereotiperend ervaar.

> Of word 'n mens outomaties so beskou omdat jy die grootste deel van jou
> lewe in SA deurgebring het?

Een van die tragedies van die suid-afrikaanse identiteit is presies die mate
waartoe AL haar inwoners so gesosialiseer is om die wêreld deur die lense van
ras te beskou. Ek glo dus nie dat enigiemand, veral met 'n suid-afrikaanse
identiteit, totaal "kleur - en rasblind" kan wees nie. Ons het almal
vooroordele en streotipes - die uitdaging lê daarin om daardie vooroordele in
die gesig te staar en te erken vir die manier waarop dit ons gedrag, kognisies,
en emosies affekteer. Slegs dan kan ons dit probeer verander - hopelik in 'n
tolerante en begripsvolle rigting wat die menslikheid van alle persone erken en
waardeer.

> Wanneer ek nou na iemand wat van Amerika af kom, verwys na 'n Amerikaner, kan
> dit tog sekerlik nie as rassisme beskou word nie

Daar is nie so 'n ding soos 'n amerikaanse ras nie, waarom dan nou verwys na
vietnamees as 'n ras? Of 'n arabier (wat, sê tog vir my, is 'n arabier in elk
geval? Iemand van Saudi-Arabië? Iemand wat Arabies besig? 'n Muslim? Iemand
wat kennelik fisies van ander "rasse" verskil?).

> Hoe moet 'n mens dan nou 'n opinie uitspreek sonder om as 'n rassis beskryf
> te
> word?

Sonder vooroordeel of stereotipering.

leswin
(vir wie 'n paradys slegs in fantasie kan bestaan)
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22583 is 'n antwoord op boodskap #22554] Vr, 23 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leswin skryf:

> Een van die tragedies van die suid-afrikaanse identiteit is presies die mate
> waartoe AL haar inwoners so gesosialiseer is om die wêreld deur die lense van
> ras te beskou. Ek glo dus nie dat enigiemand, veral met 'n suid-afrikaanse
> identiteit, totaal "kleur - en rasblind" kan wees nie. Ons het almal
> vooroordele en streotipes

Ek volg hierdie gesprek met belangstelling. Die feit van die saak is (om
oorle' Chris Heunis te kwout), rassisme 'is alive and well, and living in
SA'. Van alle kante.

Die afgelope ruk het ons dit telkens gesien waar regspraak betrokke was.
Gister is Zwelakhi Nkambule, 'The people's Poet', gevonnis vir gewapende
roof. Die getuienis teen hom en sy lyfwagte was oorweldigend. Die landdros
was wit. Sy ondersteuners skree erg rassistiese aanmerkings teenoor die
landdros en polisie.

Dieselfde het gebeur toe Alan Boesak gevonnis is (toevallig is niks gesê toe
sy boekhouer, Freddie Steenkamp, 'n jaar of wat terug dieselfde vonnis gekry
het vir presies dieselfde oortreding nie.) Die minister van Justisie, Dullah
Omar, neem deel aan die innuendo van rassisme aan die kant van die regter.

Presies dieselfde het gebeur in die SARFU-saak toe die regter ten gunste van
SARFU beslis het. Soveel so, dat dit die assistent-redakteur van 'n
voraanstaande Afrikaanse koerant genoop het om te sê in sulke sake moet daar
verby die feite en regsargumente gekyk word na die sosiale implikasies.

Suid-Afrika sit met 'n ernstige moraliteitskrisis wat die wortel is van die
golf van misdaad en korrupsie wat ons beleef. Die maklikste oplossing vir
mense om daarvan te ontsnap, is om 'rassisme' te skree wanneer hulle
gebrekkige moraliteit uitgewys word. Dit is laat in die dag as die minister
van Justisie meedoen daaraan. En rassisties.

(Ek vind jou opinies verfrissend, Leswin.)

Groete

Henri Burger

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22584 is 'n antwoord op boodskap #22554] Vr, 23 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe het roy...@my-dejanews.com
die volgende te sê gehad ...

> Hoe moet 'n mens dan nou 'n opinie uitspreek sonder om as 'n rassis beskryf te
> word? Of word 'n mens outomaties so beskou omdat jy die grootste deel van jou
> lewe in SA deurgebring het?

Ja.
En as jy nog steeds hier is, is jy outomaties ongeneeslik ook.

___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
(sorrie, maar die winkel werk so)
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22585 is 'n antwoord op boodskap #22554] Vr, 23 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Apr 1999 15:40:16 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

|"heel innocent") - so 'n rukkie terug sê iemand aan my dat, in haar ervaring,
|"kleurlinge 'n jollie groep mense is". Ek het eksepsie geneem en verduidelik
|waarom ek dit as bevooroordeeld beskou - ek glo nie die persoon wat dit aan my
|genoem het was bewustelik rassisties nie, maar wat sy gesê het, het ek as
|etnies stereotiperend ervaar.
|

|>Hoe moet 'n mens dan nou 'n opinie uitspreek sonder om as 'n rassis beskryf
|>te
|>word?
|
|Sonder vooroordeel of stereotipering.
|
Leswin,

Ek ervaar jou as geweldig liggeraak oor ras en kleur - en dis heeltemaal goed so
as jy so wil wees. Maar nou na aanleiding van jou stelling hier, dink ek nie ek
is heeltemaal verkeerd as ek sê dat die vooroordeel en die steriotipering baie
keer meer in die oor van die hoorder is as by die een wat 'n onskuldige
opmerking gemaak het nie.
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22600 is 'n antwoord op boodskap #22554] Sa, 24 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

amuseer die groente- en vrugteverkopers jou met hulle sêgoed. As jy
> nou nog op Twiere Nieweja' by Groenpuntstadion is vir die 'Coon Festival', en
> jy dink nie dis 'n jollie klomp nie, is daar fout met jou.
>
> As jou enigste kennismaking met Afrikaners is wanneer 'n arrogante, ongeskikte
> polisieman jou in die 'van' inboender, dan het jy mos nie rede om te glo dat
> alle Afrikaners nie so is nie.

Maar die tragedie is dat 'n persoon
soos Johan vir Leswin beskuldig
dat hy liggeraak is as hy nie ras-
getipeer wil word nie, maar baie
vinnig kapsie sal maak as Afrikaners
gesien word in die lig van wat
Afrikaner-soldate en polisie in
die sewentigerjare op die strate
gedoen het. Leswin vra, aan die
einde van die twintigste eeu, om
as 'n persoon gesien te word, en
nie as lid van 'n rassegroep nie.
Dis iets wat sogenaamde "wit"
mense as hulle reg beskou.

Gloudina
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22601 is 'n antwoord op boodskap #22554] Sa, 24 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
hen...@my-dejanews.com wrote:
> Leswin skryf: Die maklikste oplossing vir
> mense om daarvan te ontsnap, is om 'rassisme' te skree wanneer hulle
> gebrekkige moraliteit uitgewys word. Dit is laat in die dag as die minister
> van Justisie meedoen daaraan. En rassisties.

Dit gebeur natuurlik nie net in Suid-Afrika nie - hier oorweeg die Parlement
nou reeds wetgewing wat dit sal verbied om 'n verdagte persoon te beskryf as
"van Asiese voorkoms" of selfs "inheems", om te verseker dat niemand
"rassisme!" kan skree nie. Die hele wereld lyk vir my maar so versigtig om
nie aanstoot te gee nie - ek wonder net of ons dit ooit sal regkry solank as
wat mense wit, swart, bruin of geel is. En 'n politikus sal seker maar altyd
gryp na enige strooihalmpie om sy gewildheid, veral kort voor 'n verkiesing,
die hoogte te laat probeer inskiet.

Dit sal 'n wonderlike dag wees wanneer 'n mens iets kan se sonder om te moet
dink of iemand dit verkeerd sal opneem. Miskien bestaan daardie dag net in 'n
fantasie.

Royleen, uit haar mens-gemaakte Paradys

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22602 is 'n antwoord op boodskap #22554] Sa, 24 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> hen...@my-dejanews.com

> O, maar stereotipering is so maklik, Leswin. Jy sien, een maal 'n jaar oor
> Kersfees en Nuwejaar gaan ek af Kaap toe. Die ouens wat petrol ingooi is vol
> grappies ('Krismisboks' het seker niks daarmee te doen nie). Die vroue wat
> blomme verkoop in Adderleystraat oorval jou met vriendelikheid, en op die
> 'parrare' amuseer die groente- en vrugteverkopers jou met hulle sêgoed. As jy
> nou nog op Twiere Nieweja' by Groenpuntstadion is vir die 'Coon Festival', en
> jy dink nie dis 'n jollie klomp nie, is daar fout met jou.

Maar as jy van daardie ervaring aanneem dat Prof. Gerwel 'n jollie kleurling
is, dat ALLE "kleurlinge" hierdie jollie propensiteit het, is daar iets fout
met jou. En die fout se naam is stereotipe. Baie, baie jare gelede het Adam
Small, toe nog onder die "skuilnaam van 'n bekende kleurlinggeleerde" in Die
Burger geskryf: "All coons are coloured, but not all coloureds are coons".

> As jou enigste kennismaking met Afrikaners is wanneer 'n arrogante,
> ongeskikte
> polisieman jou in die 'van' inboender, dan het jy mos nie rede om te glo dat
> alle Afrikaners nie so is nie.
>
> As jou enigste kennismaking met swartmense is wanneer hulle by jou huis
> inbreek of jou motor roof, dan is hulle seker maar almal so, of hoe?
>

Die tragedie is nie net dat daar by jou huis ingebreek word nie, of dat jy in
die van ingeboender word nie, maar ook dat dit jou enigste kennismaking met
swartes of afrikaners is; dat 'n samelewing so geisoleerd van mekaar leef dat
stereotipes en vooroordele nie getoets kan word vir hul geldigheid aan die hand
van jou vriendekring of werkskollegas nie (en ek gebruik "jou" in 'n generiese
sin, Henri).

leswin
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22603 is 'n antwoord op boodskap #22554] Sa, 24 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

> dat 'n samelewing so geisoleerd van mekaar leef dat
> stereotipes en vooroordele nie getoets kan word vir hul geldigheid aan die hand
> van jou vriendekring of werkskollegas nie

> leswin

En is dit nie tragies nie - die enigste kennismaking wat seker maar die
meeste van ons wat so "bevoorreg" is om blank te wees, is die "ousie" wat in
ons huise kom werk het. Ek moet erken dat ek self mense maklik
gestereotipeer het, totdat ek gaan reis het en besef het dat die wereld 'n
groot plek is; totdat ek die oogklappe verwyder het en besef het dat ek nie
bang hoef te wees vir mense wat anders as ek is of lyk nie - dat die
"anderse" soort mense so 'n rykheid het waaruit ek self so baie kan leer en
ondervind. En nou sit ek met 'n soort van jammerte dat ek nooit die moeite
gedoen het om die res van die Kleurlinggemeenskap (wat net so 'n klipgooi van
ons af gewoon het) beter te leer ken nie, en die wete dat ek baie gemis het.

Ek onthou die paar "anderskleuriges" wat saam met my op Stellenbosch was -
hulle het altyd ietwat verlore gelyk, maar tog gelukkig omdat hulle "ingelaat
is" - hulle was die eerste klompie wat toegelaat was om daar te studeer - en
ek onthou die onvermoe en die "lompheid" wat ek gevoel het om met hulle te
praat, omdat ek net nie gewoond was daaraan om met die sg. anderskleuriges te
kommunikeer nie. Ek onthou die jolige groepie Kleurlinge (gebruik net as
identifikasie) langsaan ons by Killarney en die pittige segoed wat nooit
opgedroog het die hele dag deur nie. Hulle het ons dag daar soveel meer
aangenaam en genotvol gemaak. En daarna het ek Adam Small se gedigte gaan
lees (my gunsteling digter en ek het nog steeds sy een bundel hier by my) en
weer besef hoe min ek geweet het.

En ek glo dat die stereotipering ook by ons versterk is deur die eenogige
geskiedenisboeke, my gunstelingvak op skool en universiteit. Ek hoop die
boeke is nou al verbeter om meer tweesydig te wees.

Groete uit die "denkbeeldige" Paradys
Royleen

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22604 is 'n antwoord op boodskap #22554] Sa, 24 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> k...@dot.com (Johan)

> Ek ervaar jou as geweldig liggeraak oor ras en kleur - en dis heeltemaal goed
> so
> as jy so wil wees.

Precious Johan. Wat as ek sê dat ek jou ervaar as "geweldig liggeraak" en
verdedigend oor jou besluit om Suid-Afrika te verlaat. Ek skat jy sal sê dat
ek nie jou ervaring verstaan nie, dat ek dit minder maak as wat dit is, dat ek
patologie binne JOU plaas en JOU blameer liewer as die suid-afrikaanse konteks
of wat ookal ander "redes" jy aanvoer. Die taak is nie om die "onskuldige
opmerking" te verskoon nie, maar om die spreker te wys op die manier waarop die
opmerking ervaar word - en my ervaring is geldig, jy gaan dit nie afmaak as
blote liggeraakte sensitiwiteit nie - in diens van 'n ingeligte interaksie wat
dit tog ten doele het om mense nader aan mekaar te bring. Wat, dink jy, is die
oogmerk van Bill Clinton se inisiatief oor ras, die gesprekke wat jou kinders
hopelik op skool voer met klasmaats van ander godsdienstige oortuiginge of
etnisiteite? Is dit nie om beide overte en "onskuldige" koverte stereotipes
aan te spreek nie sodat mense 'n meer ingeligte kennis dra van mekaar se
lewenservaringe nie? In die sin sal ek "liggeraak" bly, nie net met betrekking
tot ras nie, maar ook etnisiteit, godsdienstige elitisme, homofobie,
wapenbeheer, die omgewing, seksisme.

leswin
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22605 is 'n antwoord op boodskap #22554] Sa, 24 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leswin skryf:

> Maar as jy van daardie ervaring aanneem dat Prof. Gerwel 'n jollie kleurling
> is, dat ALLE "kleurlinge" hierdie jollie propensiteit het, is daar iets fout
> met jou. En die fout se naam is stereotipe. Baie, baie jare gelede het Adam
> Small, toe nog onder die "skuilnaam van 'n bekende kleurlinggeleerde" in Die
> Burger geskryf: "All coons are coloured, but not all coloureds are coons".

Ek dink dit spreek vanself. Ek het probeer illustreer hoe maklik
stereotipering is as iemand met oogklappe deur die lewe gaan, of 'n beperkte
ervaringsveld het. En dit sny in alle rigtings, soos ek deur voorbeelde
probeer illustreer het.

Maar het jy al die stereotipering probeer uitlok of uitleef? Soos die keer
toe ek by die viswinkel op Mosselbaai calamari gekoop het, netjies
skoongemaak en verpak. Toe ek klaar betaal het, vra ek die meisie agter die
toonbank of dit nou reg is vir visvang. Ek sweer al daai bruinmense saam met
my in die viswinkel was daai dag 'n 'jollie klomp'. En toe ek uitstap, kon ek
sweer een sê 'dom Transvaler'. Die hele situasie het my nogal 'jollie' laat
voel, want ek het hulle dag gemaak (en hulle myne).

> (en ek gebruik "jou" in 'n generiese
> sin, Henri).

Ditto.

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22606 is 'n antwoord op boodskap #22554] Sa, 24 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

knip-knip

> Was jy al ooit in die teenwoordigheid van
> iemand van 'n ander ras wat vir jou as
> witmens getipeer het?

...as ek reg onthou was jy die einste persoon wat iemand 'n rukkie terug 'n
whitey genoem het. Ek was destyds ietwat vererg daaroor. Dit het my laat
wonder: word mens meer kwaad vir iemand van jou eie ras, indien hy jou sou
uitskel in terme van jul beide se raskleur? (sou hy dan ook 'n rasis wees?
:-) )

'n Ander klip in die bos: die uitdrukking: 'hy is slegter as 'n sleg
witman.' (maak nie saak wie/watter ras die hy is nie.) As jy iemand wou
uitmaak as sleg, sou die ergste belediging juis wees, om te verwys na jou
eie ras?

He gringo, gaijin?
>
> Gloudina
>
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22607 is 'n antwoord op boodskap #22554] Sa, 24 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leswin, die Pluimsaad, en voorstander van vrede, skryf:

> Tweedens, spekuleer ek dat stereotipering 'n rol speel (soms
> "heel innocent") - so 'n rukkie terug sê iemand aan my dat, in haar ervaring,
> "kleurlinge 'n jollie groep mense is".

O, maar stereotipering is so maklik, Leswin. Jy sien, een maal 'n jaar oor
Kersfees en Nuwejaar gaan ek af Kaap toe. Die ouens wat petrol ingooi is vol
grappies ('Krismisboks' het seker niks daarmee te doen nie). Die vroue wat
blomme verkoop in Adderleystraat oorval jou met vriendelikheid, en op die
'parrare' amuseer die groente- en vrugteverkopers jou met hulle sêgoed. As jy
nou nog op Twiere Nieweja' by Groenpuntstadion is vir die 'Coon Festival', en
jy dink nie dis 'n jollie klomp nie, is daar fout met jou.

As jou enigste kennismaking met Afrikaners is wanneer 'n arrogante, ongeskikte
polisieman jou in die 'van' inboender, dan het jy mos nie rede om te glo dat
alle Afrikaners nie so is nie.

As jou enigste kennismaking met swartmense is wanneer hulle by jou huis
inbreek of jou motor roof, dan is hulle seker maar almal so, of hoe?

Effens van die onderwerp af, ek weet nie of julle die BBC-program gesien het
van die (wit) hoofwegpatrollie in Johannesburg wat buitengewoon hardhandig
opgetree het teenoor (swart) (vermeende) motorkapers nie. Dit het 'n helse
bohaai uitgelok. Nog meer so omdat dit blyk dat die algemene (wit) publiek se
simpatie by die polisie lê nie (stress, lewensgevaarlike werksomstandighede,
ens.)

Nou verskyn daar vandag 'n insiggewende redaksionele artikel in Beeld, deur
Sekola Sello. Hy skryf:

"Terwyl baie kommentators gou hul verontwaardiging uitgespreek het oor wat
hulle beskou as polisiewreedheid, kan die beweerde hardhandige behandeling van
kapings verdagtes die mense daar in my omgewing nie skeel nie.

In Soweto en Sebokeng in die Vaaldriehoek is die aard van gesprekke tussen my
mense eenstemmig - die skurke het gekry wat hulle verdien. Niemand was selfs
bereid om te aanvaar dat die mense bloot verdagtes was wat uiteindelik
onskuldig sou kon wees nie.

My vriende is nie bloeddorstig nie. Ek beskou hulle as ordentlike,
wetsgehoorsame en regverdige mense. Van hulle is lektore aan universiteite,
van hulle is hoofde van hoër en laer skole en ander is gewone werkers."

Dit sê veel oor persepsies, en dalk ook iets oor steriotipering.

Groete

Henri Burger

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22608 is 'n antwoord op boodskap #22554] Sa, 24 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Apr 1999 21:24:48 GMT, wrote:

| die skuld dra. Ras- en groep-tipering
| is nooit "onskuldig" nie. En dit
| beskadig die psige van die een wat tipeer,
| nie soseer die een wat getipeer word nie.

En jou eie tiperings dien vir ons as voorbeeld, né!

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22613 is 'n antwoord op boodskap #22554] So, 25 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Malherbe  is tans af-lyn  Hans Malherbe
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
Die inhoud van jou boodskap vra eintlik die vraag "Wanneer word 'n mens
rassisties genoem?".
As jy in Suid-Afrika bly, behoort jy te weet dat dit gebruik word wanneer
ook al 'n witmens se opinie nie iemand anders (wit,swart,wat ook al) pas
nie.

Om die tweede vraag te beantwoord nl. wanneer is jy nou eintlik rassisties
(wie van ons wil Tutu-hel toe gaan?) haal ek die elHAT se definisie aan:

[ras·sis´me
Veronderstelling dat karakter en bekwaamheid bepaal word deur ras - 'n
denkrigting wat aanneem dat 'n besondere ras meerderwaardig is en die reg
het om ander rasse te oorheers.]

Die "Oxford English Dictionary" sê basies dieselfde behalwe dat die
"oorheers" stertjie hierbo nie aangelas is nie. Ek kon ongelukkig nie 'n
Oxford vinnig in die hande kry nie, as iemand so gaaf sal wees kan hy dit
vir ons gee.

Enige iemand wat dus glo dat die Keniane 'n goeie kans het om die volgende
Olimpiese Spele die 3000m hindernis te wen, is per definisie 'n rassis. (Die
kommentators sê hulle tegniek is heeltemal verkeerd, hulle spring oor die
hindernisse wat hulle op moet trap en anders om. Tog het Kenia nog nooit die
hindernis verloor in enige kompetisie nie)

As jy enigsins tot die insig gekom het dat daar genetiese verskille is
tussen rasse behalwe die van velkleur, is jy 'n rassis en 'n gevaar vir die
samelewing en niemand sal jou buurman wil wees nie.

--- hou my hand, ek brand ---
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22614 is 'n antwoord op boodskap #22554] So, 25 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
roy...@my-dejanews.com writes:

> En ek glo dat die stereotipering ook by ons versterk is deur die eenogige
> geskiedenisboeke, my gunstelingvak op skool en universiteit. Ek hoop die
> boeke is nou al verbeter om meer tweesydig te wees.
>
> Groete uit die "denkbeeldige" Paradys

> Royleen

Jou eerlike skrywe het my geroer, Royleen.
Nou is jy egter in Australia, 'n burger
daar. En dieselfde situasie is ook daar.
Het jy nou die moed om vriende te maak,
werklik vriende te maak met een van die
lede van die eerste nasies van Australi"e?
Daar is predikante en onderwysers uit die
inheemse mense van Australi"e. Mense wat
sug daarna dat jy ook hulle geskiedenis
en kultuur sal bestudeer en leer verstaan.

Gloudina
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22615 is 'n antwoord op boodskap #22554] So, 25 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
subie  is tans af-lyn  subie
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ek ook beslis sal dan n rassis doodgaan en sal nooit hierdie nuwe
nasionale vadoek aanvaar nie
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22616 is 'n antwoord op boodskap #22554] So, 25 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ek dink nie Henri
> Burger is 'n whitey nie. (Maar ek
> merk tog op dat al sy hardekoolstories
> bevolk is met "wit" mense, behalwe
> die (heelwaarskynlik swart) man
> wat altyd so half op die periferie
> is.

Lyk my die tyd het aangebreek vir die 'outeur' om homself te verdedig. Outeur
in aanhalingstekens, omdat dit verre van my is om myself in die lig te
beskryf.

Ek skryf vanuit my eie beperkte ervaringsveld, en van mense wat ek ken, oor
situasies wat ek ken. Die grenskarakters sal altyd net dit bly, hoewel hulle
ook stories te vertel het, vanuit hulle eie beperkte ervaringsveld, soos die
dag toe Sollie amper dood was. Sollie sal ook binnekort vir jou vertel
waaaroor dink hy as hy die dag alleen langs die Olifants sit.

Ek het nie veel erg daaraan om te kategoriseer of gekategoriseer te word nie.
Ook nie om polities korrek te wees nie. Ek is wat ek is, en ek aanvaar ander
mense op dieselfde manier.

Nick Smith, een van my karakters, is 'n werklike mens, en een van die mees
polities onkorrekte en rassistiese mense wat ek ken. Maar hy is sout van die
aarde, en as jy tyd maak om na hom te luister, vermaak hy jou vir dae aaneen.

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22617 is 'n antwoord op boodskap #22554] So, 25 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Shannon" writes: >

> ...as ek reg onthou was jy die einste persoon wat iemand 'n rukkie terug 'n
> whitey genoem het. Ek was destyds ietwat vererg daaroor. Dit het my laat
> wonder: word mens meer kwaad vir iemand van jou eie ras, indien hy jou sou
> uitskel in terme van jul beide se raskleur? (sou hy dan ook 'n rasis wees?
> :-) )

Wanneer jy iemand 'n whitey noem,
tipeer jy hom nie volgens ras nie.
Jy dui egter iemand aan wat dink
dat hy, as lid van die sogenaamde
wit ras, dink hy is iets spesiaals.
Ek sou byvoorbeeld, gebaseer op
wat hy skryf, vir Johan in Minnesota
'n whitey noem. Ek dink nie Henri
Burger is 'n whitey nie. (Maar ek
merk tog op dat al sy hardekoolstories
bevolk is met "wit" mense, behalwe
die (heelwaarskynlik swart) man
wat altyd so half op die periferie
is. Ek wag nog vir die dag dat een
van die manne wat langs die Krokodil-
rivier elmboog gaan lig, 'n man is
met die naam Mlophe.

Gloudina
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22628 is 'n antwoord op boodskap #22554] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> hen...@my-dejanews.com

> Nick Smith, een van my karakters, is 'n werklike mens, en een van die mees
> polities onkorrekte en rassistiese mense wat ek ken. Maar hy is sout van die
> aarde, en as jy tyd maak om na hom te luister, vermaak hy jou vir dae aaneen.

Twee of drie vrae, Henri. Een, sal hy daar rondom die broederlike vuur tyd
maak om met my ('n swart persoon) te praat indien ek tyd maak om sy sout te
smaak? Twee, wys jy hom op die feit dat hy "rassisties" is? Of is dit te
polities korrek? En maak dit jou 'n rassistiese meeloper indien jy maar die
grappies of die opmerkings ongekwalifiseerd laat verbygaan?
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22629 is 'n antwoord op boodskap #22554] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leswin skryf:

> Twee of drie vrae, Henri. Een, sal hy daar rondom die broederlike vuur tyd
> maak om met my ('n swart persoon) te praat indien ek tyd maak om sy sout te
> smaak? Twee, wys jy hom op die feit dat hy "rassisties" is? Of is dit te
> polities korrek? En maak dit jou 'n rassistiese meeloper indien jy maar die
> grappies of die opmerkings ongekwalifiseerd laat verbygaan?

Ek sien duidelik die strik wat jy vir my probeer stel, en doen my bes om nie
daarin te trap nie.

Dit spreek natuurlik vanself dat ek nie namens Nick kan praat nie, maar ek sou
sê om te deel in sy sout, sal afhang van hoeveel Napoleon brandewyn jy bereid
is om met hom te deel.

Nee, ek wys hom nie op sy rassisme nie, net soos ek al voorheen vir jou hier
uitgewys het dat ek nie polisieman speel vir ander ouens se gewetens nie. Maar
ek glo dis duidelik uit my reaksie daarop dat dit my nie besonderse genot
verskaf nie. Nick tel Dr. Marius Barnard onder sy persoonlike vriende. In hoe
'n mate hy 'n rassis of -meeloper is, kan ek nie oordeel nie.

Wat wel waar is, is dat 'n mens nie kan verhelp dat voëls oor jou kop vlieg
nie, maar jy kan keer dat hulle in jou hare nesmaak.

Dan weet jy seker ook van 'n man wat daarvan beskuldig was dat hy aan huis van
tollenaars geëet het.

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22630 is 'n antwoord op boodskap #22554] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:
> On 24 Apr 1999 18:52:41 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

In die sin sal ek "liggeraak" bly, nie net met betrekking
> |tot ras nie, maar ook etnisiteit, godsdienstige elitisme, homofobie,
> |wapenbeheer, die omgewing, seksisme.
> |
> |leswin
>
>
> "I rest my case"

Jy kan maar opgee, Leswin. Hy verstaan
in die eerste plek niks wat jy daar skryf
(in goeie Afrikaans) nie. Hy volg nie jou
redenering nie. Hy verstaan nie dat jy
vir hom vertel dat jy sal objekteer oor
vooroordele wat beskadig ten opsigte van
mense se kleur nie. Dat jy dit sal beveg
as mense dink hulle godsdiens is superieur,
dat gays nie volledige menseregte toegestaan
moet word nie, dat jy wil hê dat die
Amerikaanse regering die koop van wapens
moet beheer, dat mense moet omgee vir die
omgewing, en dat vroumense ook volwaardige
mense is. Hy was nog nie ses maande in die
land nie, toe weet hy al dat hy Republikeins
wil stem.

I rest my case.

Gloudina
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22631 is 'n antwoord op boodskap #22554] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> Hoekom praat jy van "hulle" en nie van "ons" as jy van wit mense se houding
> praat nie, Gloudina? Is jy nie 'n "sogenaamde" witmens nie?

Ek is pienkerig met bruin kolletjies hier
en daar. So is jy. Jy is nie wit nie, whitey.

Gloudina
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22632 is 'n antwoord op boodskap #22554] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Apr 1999 20:37:13 GMT, wrote:
| Maar die tragedie is dat 'n persoon
| soos Johan vir Leswin beskuldig

Ek dink nie "Ek ervaar jou as geweldig liggeraak oor ras en kleur - en dis
heeltemaal goed so as jy so wil wees." kan regtig as 'n beskuldiging gesien
word nie. Iemand word beskuldig van iets verkeerd doen - en ek dink nie Leswin
is verkeerd nie - dit was bloot 'n observasie.

| dat hy liggeraak is as hy nie ras-
| getipeer wil word nie,

Aanvanklik het niemand hulle aan sy kleur gesteur totdat hyself almal se aandag
daarop gevestig het nie.

| maar baie
| vinnig kapsie sal maak as Afrikaners
| gesien word in die lig van wat
| Afrikaner-soldate en polisie in
| die sewentigerjare op die strate
| gedoen het.

Ons kan nie ons en ons mede-Afrikaners se verlede ongedaan maak nie. Maar ons
kan 30 jaar in die toekoms insnel na vandag toe, as Christene vergewe, en
positief vorentoe lewe.

| Leswin vra, aan die
| einde van die twintigste eeu, om
| as 'n persoon gesien te word, en
| nie as lid van 'n rassegroep nie.

Ek dink jou siening is verkeerd - hy hou voortdured daarop haper dat hy swart
is. Miskien moet jy ophou namens ander mense onmin saai en minder wilde
gevolgtrekkings maak.

| Dis iets wat sogenaamde "wit"
| mense as hulle reg beskou.
|
Hoekom "sogenaamd", Gloudina?
Ek is wit, 'n whitey, 'n gringo, verder nog 'n plank of 'n rope ook - ek kan dit
of as 'n albatros om my nek dra, en skaam wees daaroor, of ek kan trots wees op
my herkoms en positief my daaglikse paadjie loop. Ek verkies die laaste.

Hoekom praat jy van "hulle" en nie van "ons" as jy van wit mense se houding
praat nie, Gloudina? Is jy nie 'n "sogenaamde" witmens nie?
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22633 is 'n antwoord op boodskap #22554] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Apr 1999 18:52:41 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

|lewenservaringe nie? In die sin sal ek "liggeraak" bly, nie net met betrekking
|tot ras nie, maar ook etnisiteit, godsdienstige elitisme, homofobie,
|wapenbeheer, die omgewing, seksisme.
|
|leswin

"I rest my case"
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22634 is 'n antwoord op boodskap #22554] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ANSIE POWEL  is tans af-lyn  ANSIE POWEL
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
Net wanneer jy negatief is teenoor die spesifieke ras.
Jy klink vir my glad nie rassisties nie.

Ansie
ans...@murrob.com
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22635 is 'n antwoord op boodskap #22554] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> "I rest my case"

Jy het nie 'n case om te rest nie, Johan. Veral nie met selektiewe kwotering
nie.
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22636 is 'n antwoord op boodskap #22554] Ma, 26 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> Dan weet jy seker ook van 'n man wat daarvan beskuldig was dat hy aan huis van
> tollenaars geëet het.

> Henri

Ag. Henri, Henri. Weet jy wat die
"tollenaars" onpopuler gemaak het?
Die feit dat hulle die tolhekke
moes beman. Hulle was nie slegte
mense nie, net onpopulere mense.
As Jesus saam met hulle ge-eet
het, was om te wys dat mens met
die onpopuleres in die koninkryk
ook moet saam-eet.

Gloudina
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22649 is 'n antwoord op boodskap #22554] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leswin skryf:

> Dit stel my teleur. Ek het gehoop vir 'n groter buigbaarheid en oopheid vir
> ander opinies.

Jy word te maklik teleurgestel, Leswin.

Met bg. stelling sê ek maar net ek weet wat ek weet oor myself. Dit het niks
met buigbaarheid en oopheid vir opinies te doen nie.

Uit ondervinding weet ek daar is niks wat ek en jy aan die Nick Smith's van
hierdie wêreld kan verander nie. Wat belangrik is, is my eie optrede, en wat
ek my kinders leer.

Maar as ek die dag toe Nick Smith op my pad gekom het, hom geïgnoreer het,
sou ek nooit geweet het hoekom hy 47 keer in Mauritius was, en nooit 'n
marlyn gevang het nie. Ook nie hoekom hy 'n halfdagwerk, een dag 'n week in
Athene prysgegee het nie. As jy so nou en dan 'n draai by die hardekoolvuur
gaan maak, sal jy wel een of ander tyd uitvind.

Gaan lees ook Nick se storie oor die bobbejane. Let op Dok Sarel se
slotopmerking, en vra jouself wie dit sê en hoekom.

(Dit geld ook vir Gloudina se opmerking oor 'rassistiese-gekwetter' elders.)

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22650 is 'n antwoord op boodskap #22554] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ag. Henri, Henri. Weet jy wat die
> "tollenaars" onpopuler gemaak het?
> Die feit dat hulle die tolhekke
> moes beman. Hulle was nie slegte
> mense nie, net onpopulere mense.
> As Jesus saam met hulle ge-eet
> het, was om te wys dat mens met
> die onpopuleres in die koninkryk
> ook moet saam-eet.

Eerstens, ek let op die geïrriteerde 'Ag' waarmee jy open.

My indruk was nog altyd dat die tollenaars meer as 'onpopulêr' was. Verag sou
'n beter woordkeuse gewees het.

Die implikasie is egter dat Christus nie deur assosiasie as 'n tollenaar
beskou kon word nie. Net so min as wat ek deur assosiasie met Nick Smith as
'n rassis geïmpliseer kan word nie.

Leswin het nog nie geantwoord nie, maar wat sy opinie daaroor ook al is,
verander niks aan my nie. Ek weet wat ek weet.

(Einde van Nuwe Testament, Les 1.)

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22651 is 'n antwoord op boodskap #22554] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> hen...@my-dejanews.com

> Leswin het nog nie geantwoord nie, maar wat sy opinie daaroor ook al is,
> verander niks aan my nie. Ek weet wat ek weet.

Dit stel my teleur. Ek het gehoop vir 'n groter buigbaarheid en oopheid vir
ander opinies.
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22652 is 'n antwoord op boodskap #22554] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Saix" writes:
>
> My seuntjie word een jaar oud in Junie.
Wil jy nie dalk optree as die clown
vir so uur of wat nie Bozo ?

Nee wat, ou Riaan, jou ou seuntjie
het 'n ingeboude clown - sy pa.
Arme dingetjie. Is jou ou seuntjie
nou ook "wit" of is hy soos al die
"wit" ou babetjies lieflik pienk. Kyk
veral na sy ou oorlelletjies.
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22653 is 'n antwoord op boodskap #22554] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> Die implikasie is egter dat Christus nie deur assosiasie as 'n tollenaar
> beskou kon word nie. Net so min as wat ek deur assosiasie met Nick Smith as
> 'n rassis geïmpliseer kan word nie.

Mens kan egter daarop staan dat daar
geen rassistiese gekwetter om jou
plaasvind nie. Ek het in 'n groot
hospitaal gewerk, en dit was eenvoudig
net bekend dat niemand by my rond
rassistiese en seksistiese dinge moet
kom praat nie. (Dis 'n swaar gewonne
toestand: ek moes manne gaan verkla
wat 'n outjie in ons departement
getreiter het deur vir hom gay te noem,
en manne gaan verkla wat onsure seks-
grappe oor vroue-werkers vertel om te
wys wie is baas in die "kultuur" van
die departement.) En ek het die indruk
gekry dat selfs die manne wat vir my
"bang" was, vir my respek gehad het.
So dis moontlik om te verhoed dat mense
om jou rassistiese opmerkings maak.
En glo my, in Kanada is rassistiese
grappe net so alledaags as in SA.

Gloudina
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22654 is 'n antwoord op boodskap #22554] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Saix  is tans af-lyn  Saix
Boodskappe: 119
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek is pienkerig met bruin kolletjies hier
en daar. So is jy. Jy is nie wit nie, whitey.

Gloudina

Hmmm.....En die swartes is ook nie swart nie maar bruin, nou ontstaan die
vraag wie is die "bruin" mense.....jy weet die kleurlinge.?

A-Ha, ek het dit.....my rekenaar was op 256 kleure gestel in plaas van "true
colours".

My seuntjie word een jaar oud in Junie. Wil jy nie dalk optree as die clown
vir so uur of wat nie Bozo ?
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22655 is 'n antwoord op boodskap #22554] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 26 Apr 1999 21:11:32 GMT, wrote:
| Ag. Henri, Henri. Weet jy wat die
| "tollenaars" onpopuler gemaak het?
| Die feit dat hulle die tolhekke
| moes beman. Hulle was nie slegte
| mense nie, net onpopulere mense.
| As Jesus saam met hulle ge-eet
| het, was om te wys dat mens met
| die onpopuleres in die koninkryk
| ook moet saam-eet.
|
Nie "moet" saameet nie - ek sou eerder sê dit was om te wys dat ons onsself nie
bo ander mense verhewe mag stel nie.

As iemand 'n ander politieke standpunt as jy handhaaf, maak dit van hom 'n
slegte mens of is hy net by jou nie populer nie?
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22656 is 'n antwoord op boodskap #22554] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> hen...@my-dejanews.com

> Dan weet jy seker ook van 'n man wat daarvan beskuldig was dat hy aan huis
> van
> tollenaars geëet het.

As ek dit nie mis het nie, is dit dieselfde man wat huigelaars met 'n sweep uit
die tempel verwilder het - dieselfde man wat die menswaardigheid van alle mense
in woord en daad bepleit het.

> Nee, ek wys hom nie op sy rassisme nie, net soos ek al voorheen vir jou hier
> uitgewys het dat ek nie polisieman speel vir ander ouens se gewetens nie.

Ek dink nie "polisieman speel vir ander ouens se gewentens" is waaroor dit gaan
nie. Wanneer ek mense teëkom wat etniese grappies maak, seksistiese opmerkings
maak, of bevooroordeelde sienings huldig, wys ek hulle daarop vanuit MY
ervaring daarvan. As sodanig, wanneer iemand sê dat Afrikaners tog maar
rassisties is, of geweldadig is, of kaalvoet loop en met hul niggies trou, wys
ek hulle daarop dat ek Afrikaners ken wat nie rassisties is nie (of daarmee
worstel), vredeliewend is - in kort, ek probeer die stereotipe aanval. In die
proses hoop ek dat ek ook jou menswaardigheid verdedig, Henri. Wanneer jy dan
nie aan Nick noem dat alle Hotnotte nie skelms is nie, of dat jy kapsie maak
teen 'n denigrerende term nie, voel ek teleurgesteld dat jy nie my
menswaardigheid verdedig nie. Ek voel verraai.

> Dit spreek natuurlik vanself dat ek nie namens Nick kan praat nie, maar ek
> sou
> sê om te deel in sy sout, sal afhang van hoeveel Napoleon brandewyn jy bereid
> is om met hom te deel

My punt gewoonlik - waarom moet ek altyd die brandewyn verskaf en deel? Ek sou
so graag dat hy ook die brandewynhand uitreik.
Re: Wanneer is 'n mens rassisties? [boodskap #22657 is 'n antwoord op boodskap #22554] Di, 27 April 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
>

> Hmmm.....En die swartes is ook nie swart nie maar bruin, nou ontstaan die
> vraag wie is die "bruin" mense.....jy weet die kleurlinge.?

My ma is so 'n blas off-white, creamerig, maar ek skat jy sou sê sy is bruin
...jy weet die kleurlinge? My pa is meer donkerblou, navy, maar ek skat jy sou
sê hy is bruin ...jy weet die kleurlinge? Ek is so 'n aardse bruin, baie ligte
bruin, maar ek skat vir jou is ek net bruin... jy weet die kleurlinge?

> A-Ha, ek het dit.....my rekenaar was op 256 kleure gestel in plaas van "true
> colours".

Jy weet nie eers hoe korrek jy dit het nie. "True colours" inderdaad.

> My seuntjie word een jaar oud in Junie. Wil jy nie dalk optree as die clown
> vir so uur of wat nie Bozo ?

Ek hoop as hy een-en-twintig is en jy huldig nog sieninge soos hierdie dat jy
nie daai rol in sy oë vervul nie. Bozo.

leswin
Vorige onderwerp: Wat is die toekoms vir Afrikaans?
Volgende onderwerp: "Ek is 'n soutie"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 16:48:54 MGT 2024