Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die duiwel en sy ouma
| Die duiwel en sy ouma [boodskap #22482] |
Sa., 17 April 1999 00:00  |
bent lislerud
Boodskappe: 15 Geregistreer: Maart 1999
|
Junior Lid |
|
|
Ek het, terwyl ek het van die nuisgroep gelees, bemerk waanneer iemand wil
sweerwoord in afrikaans gebruik so verwys hulle na seksualiteit. Wie is iets
wie verbyster my. Ek het vertrou dat afrikaans het , wie in nederlands en in
noorwees, geloof gebruik as `n tema vir syne sweerwoord toe `n ander
persoon.
Die duiwel en sy ouma is `n noorwees `n voorbeeld op dit.
Te julle, wie het my e-pos versend en wonder op waarom ek het met `n
afrikaans begin `n leer my, vil ek hier versoek `n antwoord op dit.
- Ek het op die televise gesien dat iemand het afrikaans gespreek maar ek
kan nie verstaan iets nie. Maar dieselfde tyd het ek sommige
reklameerplakkaats in die agterkant in afrikaans gesien. Sommige van die
woord het ek verstaan. Dit was daan ek het op die taal geinteresseer.
Dieselfde tyd het ek een leerboek van Helena van Schalkwyk plus een roman
van Karel Schoeman. Dit is nie `n maklik werk an my nie. Niemand ek kennis
spreek die taal of het sommige wete van dit.
Bent Lislerud
Faen og hans oldemor er på norsk et eksempel på dette.
Til dere som har sendt meg e-post og som lurer på hvorfor jeg har begynt med
å lære meg afrikaans ,vil jeg her forsøke å svare på dette.
- Jeg så på tv at noen snakket afrikaans, men jeg kunne slett ikke forstå
noen ting. Men samtidig så jeg noen reklameskilt i bakgrunnen på afrikaans.
Noen av de ordene forsto jeg. Det var da jeg fattet interesse for språket .
Samtidig fikk jeg tak i en lærebok av Helena van Schalkwyk pluss en roman av
Karel Schoeman. Dette var omtrent seks måneder siden. Det er slett ingen
lett oppgave for meg . Ingen jeg kjenner snakker språket eller har noen
kunnskaper om det.
Bent Lislerud
|
|
|
|
|
|
| Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22484 is 'n antwoord op boodskap #22482] |
Sa., 17 April 1999 00:00   |
Shannon
Boodskappe: 220 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Simon van der Schans wrote in message ...
> bent lislerud wrote in message ...
>> Ek het, terwyl ek het van die nuisgroep gelees, bemerk waanneer iemand wil
>> sweerwoord in afrikaans gebruik so verwys hulle na seksualiteit. Wie is iets
>> wie verbyster my. Ek het vertrou dat afrikaans het , wie in nederlands en in
>> noorwees, geloof gebruik as `n tema vir syne sweerwoord toe `n ander
>> persoon.
>>
>> Die duiwel en sy ouma is `n noorwees `n voorbeeld op dit.
>
> Net terloops, Bent, in Afikaans praat 'n mens van 'n "vloekwoord"
> eerder as 'n "sweerwoord".
knip-knip
> Ek dink nie dat die duiwel of 'n mens se ouma die tema is van
> enige Afrikaanse vloekwoorde nie. Die woord "duiwel" sal
> hoogstens gebruik word in 'n verwensing of 'n baie "skoon"
> vloekwoord. Ek sal graag van jou wil hoor in watter sin 'n mens
> se ouma in Noorweegs as 'n vloekwoord gebruik word.
>
Ek weet as 6 jarige het jy iemand ernstig beledig/sleggesê as jy vir hom
gesê het 'aag, jou ouma man'
> 'n Mens se ma (= "moeder" of, in die geval van teel-diere,
> "moer") is wel 'n baie populêre bron vir Afrikaanse
> vloekwoorde. - "jou moer", of "jou moerskind" is voorbeelde.
> Sover ek weet word dit nie in Nederlands as 'n vloekwoord gebruik
> nie.
>
Baie interessant, ek het nooit besef wat die oorsprong van die woord is nie.
'n Duitser wat die land met besigheid besoek het, maar 'n ernstige tekort
aan Engelse woordeskat het, het die woord sh*t gebruik, maar veral in die
plek van byvoeglike naamwoorde, nie noodwendig om te sê iets is baie
swak/sleg nie. Dit het my laat wonder of die Duitsers wel 'n soortgelyke
woord in hul taal het of andersins die neiging het om wel sulke woorde te
gebruik met die opset om te vloek?
>
> As jy gedink het geloof of religie word nie in Afrikaans gebruik
> as 'n bron vir vloekwoorde nie, dan het ek nuus vir jou. Maar
> wag, laat ek liewer stilbly - netnou trap ek op likdorings.
...om van sommige se liddorings nie eens te praat nie! ;-)
>
> Swart Simon
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22486 is 'n antwoord op boodskap #22482] |
Sa., 17 April 1999 00:00   |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
bent lislerud wrote in message ...
> Ek het, terwyl ek het van die nuisgroep gelees, bemerk waanneer iemand wil
> sweerwoord in afrikaans gebruik so verwys hulle na seksualiteit. Wie is iets
> wie verbyster my. Ek het vertrou dat afrikaans het , wie in nederlands en in
> noorwees, geloof gebruik as `n tema vir syne sweerwoord toe `n ander
> persoon.
>
> Die duiwel en sy ouma is `n noorwees `n voorbeeld op dit.
Net terloops, Bent, in Afikaans praat 'n mens van 'n "vloekwoord"
eerder as 'n "sweerwoord".
Dit is waar dat seks die tema is van baie Afrikaanse vloekwoorde.
"Fok" is 'n vooraanstaande voorbeeld ("fok-of", "fok-op", "fok
jou", "fokken" dit en "fokken" dat, ensovoorts). Dit is maar
net 'n ver-Afrikaansing van die ooreenstemmende Engelse woorde.
In Nederlands daarteenoor kan jy natuurlik woorde soos fokken",
en "fokkery" sonder probleme in 'n netjiese geselskap gebruik -
dit het nie daar die by-betekenis wat dit in Afrikaans het nie.
Die teenoorgestelde geld vir 'n woord soos "neuk". In Afrikaans
is dit niks snaak om te sê dat jy "verneuk" is, of dat jy iemand
gaan "opneuk" nie. Die gebruik van hierdie woorde in 'n netjiese
geselskap in Nederlands is egter nie aan te beveel nie.
Ek dink nie dat die duiwel of 'n mens se ouma die tema is van
enige Afrikaanse vloekwoorde nie. Die woord "duiwel" sal
hoogstens gebruik word in 'n verwensing of 'n baie "skoon"
vloekwoord. Ek sal graag van jou wil hoor in watter sin 'n mens
se ouma in Noorweegs as 'n vloekwoord gebruik word. Ons kan doen
met so 'n paar ekstra interessante vloekwoorde in Afrikaans. Die
gebruik van "fokken" soos 'n peperpot word soms 'n bietjie
eentonig.
'n Mens se ma (= "moeder" of, in die geval van teel-diere,
"moer") is wel 'n baie populêre bron vir Afrikaanse
vloekwoorde. - "jou moer", of "jou moerskind" is voorbeelde.
Sover ek weet word dit nie in Nederlands as 'n vloekwoord gebruik
nie.
In Afrikaans is onweer natuurlik ook die bron van 'n paar
vloekwoorde - "bliksem" is een daarvan. Is dit ook die geval in
Noorweegs, Brent? Dis mos daar by julle waar die god Thor
hierdie goed so rond-slinger as hy die moer in is?
As jy gedink het geloof of religie word nie in Afrikaans gebruik
as 'n bron vir vloekwoorde nie, dan het ek nuus vir jou. Maar
wag, laat ek liewer stilbly - netnou trap ek op likdorings.
Swart Simon
|
|
|
|
| Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22487 is 'n antwoord op boodskap #22482] |
Sa., 17 April 1999 00:00   |
Hans Rood
Boodskappe: 11 Geregistreer: Januarie 1996
|
Junior Lid |
|
|
In article , "bent lislerud"
wrote:
> Ek het, terwyl ek het van die nuisgroep gelees, bemerk waanneer iemand wil
> sweerwoord in afrikaans gebruik so verwys hulle na seksualiteit. Wie is iets
> wie verbyster my. Ek het vertrou dat afrikaans het , wie in nederlands en in
> noorwees, geloof gebruik as `n tema vir syne sweerwoord toe `n ander
> persoon.
>
> Die duiwel en sy ouma is `n noorwees `n voorbeeld op dit.
>
> Te julle, wie het my e-pos versend en wonder op waarom ek het met `n
> afrikaans begin `n leer my, vil ek hier versoek `n antwoord op dit.
> - Ek het op die televise gesien dat iemand het afrikaans gespreek maar ek
> kan nie verstaan iets nie. Maar dieselfde tyd het ek sommige
> reklameerplakkaats in die agterkant in afrikaans gesien. Sommige van die
> woord het ek verstaan. Dit was daan ek het op die taal geinteresseer.
> Dieselfde tyd het ek een leerboek van Helena van Schalkwyk plus een roman
> van Karel Schoeman. Dit is nie `n maklik werk an my nie. Niemand ek kennis
> spreek die taal of het sommige wete van dit.
>
> Bent Lislerud
>
> Jeg har oppservert, mens jeg har lest meldingene fra denne gruppen, at når
> noen vil bruke banneord i afrikaans så referer de til områder som omhandler
> seksualitet. Hvilket er noe som forbauser meg da jeg trodde at afrikaans
> brukte, som i hollansk og norsk, religion som et tema for sine forbannelser
> ovenfor en annen person.
>
> Faen og hans oldemor er på norsk et eksempel på dette.
>
> Til dere som har sendt meg e-post og som lurer på hvorfor jeg har begynt med
> å lære meg afrikaans ,vil jeg her forsøke å svare på dette.
> - Jeg så på tv at noen snakket afrikaans, men jeg kunne slett ikke forstå
> noen ting. Men samtidig så jeg noen reklameskilt i bakgrunnen på afrikaans.
> Noen av de ordene forsto jeg. Det var da jeg fattet interesse for språket .
> Samtidig fikk jeg tak i en lærebok av Helena van Schalkwyk pluss en roman av
> Karel Schoeman. Dette var omtrent seks måneder siden. Det er slett ingen
> lett oppgave for meg . Ingen jeg kjenner snakker språket eller har noen
> kunnskaper om det.
>
> Bent Lislerud
"Tusend tak for mal." (Babette's Feast)
"Tusend tak for snakker Afrikaans" (Bent's Feast)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die duiwel en sy ouma [boodskap #22556 is 'n antwoord op boodskap #22482] |
Do., 22 April 1999 00:00  |
hancil
Boodskappe: 28 Geregistreer: Augustus 1998
|
Junior Lid |
|
|
Eric writes: >
Gloudina,Net 'n regstelling: die korrekte
spelling is foeter (opfoeter, opgefoeter,
moenie daar foeter nie).
Gloudina: Dankie, Eric, dat jy my foeter as
ek 'n fout maak. Waar dink jy kom die woord
"foeter" vandaan?
Hannes: Gloudien, jy behoort teen dié tyd te
weet dat jy versigtig moet wees. Wil jy
regtig weet? Met so 'n draai uit Nederlands
uit Frans uit Latyn futuere "koïtus hê".
Dis soos om die woord neuk in Nederlandse
geselskap te gebruik.
Groetnis
...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 05:24:57 UTC 2026
|