Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ook die klein dingetjies...
Ook die klein dingetjies... [boodskap #22447] Wo, 14 April 1999 00:00 na volgende boodskap
oumatjie  is tans af-lyn  oumatjie
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
Nou lyk dit darem vir my of daar so 'n gapinkie in die geselsery is. Ek het
maar so lank gesit en gewik en geweeg of 'n ou mens soos ek ook nou iets van
waarde hier te se kan he (waar kry 'n mens die kappies en dotjies op die
slimme sleutelbord - dis mos nou nie vir onse ou taaljie gemaak nie): ek
het nie vreeslike boekgeleerdheid nie, net jare se lewenservaring, hoewel ek
nou nie eintlik weet of dit genoeg kwalifikasie is nie. Pyn, vreugde en bo
alles darem liefde - die Here is goed vir my.

Ek probeer nou maar bybly by die kinders van vandag - al die nuwighede soos
rekenaars en so aan, mens moet maar leer om aan te pas en die kinders help
darem altyd en wys my mooi hoe om met een ou vinger te tik. Ek kyk nou al
lankal na al die boodskappies hier en siende dat 'n mens maar jou taal en
spelling moet dophou hier, sal ek maar moet oppas - kan iemand dan nie nou
'n "spel check" vir ons ou taaltjie ontwikkel nie? Ek sal ook probeer om
die ou Engelse woordjies, wat ek seker maar van my verafrikaansde Skotse
voorsate opgetel het, maar uit te hou siende dat mense nie baie daarvan hou
nie. Maar hoekom lyk dit vir my of meeste van die mense wat so sterk
daaroor voel in verre en vreemde lande woon - word 'n mens meer vol heimwee
oor wat jy agterlaat as jy oor die see trek?

Ek dog ek sal toe maar ietsie, so af en toe, uit 'n mooi en eenvoudige
boekie wat ek gereeld nog lees, neerskryf. In die ou wereld (waar is die
dem kappie) waarin ons so geseend (en die dem dotjies) is om nog te woon, is
daar soveel gestryery en vir my lyk dit of dit alles die onverdraagsaamheid
se skuld is. Die euwel is regtig 'n miskenning van die heerlike
verskeidenheid van die wereld rondom ons (in die ou boekie gelees) - 'n
onbuigbare vorm waarin jy alles wil dwing en knee tot 'n verstarde beeld;
dit erken slegs die reen wat op die droe aarde val omdat dit nuttig is, maar
dit sien nie die skoonheid van die storm op die see raak nie. Ag, ja, as
ons maar net kan leer om almal rondom ons dieselfde kanse te gun as wat ons
self het...

Nou ja, dis nou genoeg - ek moet seker darem 'n bietjie slaap probeer
inkry - hoe ouer 'n mens word, hoe moeiliker word die eenvoudigste ou
takies. En dis ook maar alleen nou dat al die besoekers weg is.

Ek hoop ek het julle nie te lank van ander en meer belangrike
besprekingspunte weggehou nie - dog toe ek sal maar my sikspens ingooi.

Boeregroete
Ouma Lien
Re: Ook die klein dingetjies... [boodskap #22448 is 'n antwoord op boodskap #22447] Wo, 14 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"oumatjie" writes:

> Nou lyk dit darem vir my of daar so 'n gapinkie in die geselsery is. Ek het
> maar so lank gesit en gewik en geweeg of 'n ou mens soos ek ook nou iets van
> waarde hier te se kan he (waar kry 'n mens die kappies en dotjies op die
> slimme sleutelbord - dis mos nou nie vir onse ou taaljie gemaak nie): ek
> het nie vreeslike boekgeleerdheid nie, net jare se lewenservaring, hoewel ek
> nou nie eintlik weet of dit genoeg kwalifikasie is nie. Pyn, vreugde en bo
> alles darem liefde - die Here is goed vir my.

> Nou ja, dis nou genoeg - ek moet seker darem 'n bietjie slaap probeer
> inkry - hoe ouer 'n mens word, hoe moeiliker word die eenvoudigste ou
> takies. En dis ook maar alleen nou dat al die besoekers weg is. .
>
> Boeregroete
> Ouma Lien

Piggy het snuf in die neus.
Piggy eet nie alle semels vir soetkoek op
nie. Piggy ruik 'n rot. Piggy dink dis 'n
man wat hier skryf. Piggy mag verkeerd
wees. Antwoord die volgende vrae:
(1) Gee die naam van jou geliefkoosde
tande-poeier.
(2) Gee die bestanddele van jou
geliefkoosde pannekoek-resep.
(3) Gee die name van ten minste
twee van Verwoerd se kinders.
(4) Gee die naam van die eerste
President van SA toe dit 'n
Republiek geword het.

Piggy op die Rideau.
Re: Ook die klein dingetjies... [boodskap #22477 is 'n antwoord op boodskap #22447] Vr, 16 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
As Omatjie regtig 'n oumatjie is, sal ek met graagte al die leestekens aan
haar stuur aangesien dit baie eenvoudig is. Oumatjie sal egter maar haar
regte naam direk aan my moet stuur............

oumatjie wrote in message ...
> Nou lyk dit darem vir my of daar so 'n gapinkie in die geselsery is. Ek het
> maar so lank gesit en gewik en geweeg of 'n ou mens soos ek ook nou iets van
> waarde hier te se kan he (waar kry 'n mens die kappies en dotjies op die
> slimme sleutelbord - dis mos nou nie vir onse ou taaljie gemaak nie): ek
> het nie vreeslike boekgeleerdheid nie, net jare se lewenservaring, hoewel ek
> nou nie eintlik weet of dit genoeg kwalifikasie is nie. Pyn, vreugde en bo
> alles darem liefde - die Here is goed vir my.
>
Re: Ook die klein dingetjies... [boodskap #22529 is 'n antwoord op boodskap #22447] Di, 20 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "oumatjie" writes:
>> (waar kry 'n mens die kappies en dotjies op die slimme sleutelbord - ):
Die kappies is op die koppies en die dotjies is 'n fraksie laer, wyl die
slimme sleutelbord neffens die agterdeur pruik, Ou Malien

> Piggy dink dis 'n
> man wat hier skryf. Piggy mag verkeerd
> wees. Antwoord die volgende vrae:
> (3) Gee die name van ten minste
> twee van Verwoerd se kinders.
> (4) Gee die naam van die eerste
> President van SA toe dit 'n
> Republiek geword het.

Mevrou, dit blyk toe al die tyd mooitjies 'n man te wees, aangesien sy nie
hierdie twee vrae kon beantwoord nie.

Met u toestemming sou ek dan ook graag hiermee wou vasstel of u self 'n man
is?
Beantwoord die volgende vrae;
1. Wie is die leier van die Nanavut
2. Hoeveel volgelinge het hy/sy
3. Noem hul name.

Neem u tyd en u mag maar verkeerd wees.

'n Mooi klompie groete
Salomo
Vorige onderwerp: Re: Letter to Matt Nuenke
Volgende onderwerp: Re: If there are no genetic differences, how can Kosovo be called genocide? How evolution plays out in war.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 03:22:52 MGT 2024