Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Is daar n manier..
Re: Is daar n manier.. [boodskap #22396] So, 11 April 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"PAT" writes:

> om al die skielike nuwe oorkruisde nuusgroepe af te kry van hierdie
> nuusgroep, of is daar van julle at dit volg en die moeite werd vind. Laat
> asb. weet of daar iets aan gedoen kan word.
>
> Pat, wat liewers loer as lasterlike liaserings maak :-)))

Nee, ek lees nie die snert nie. Aan die
begin het ek gedoen wat ek gewoonlik
doen: ek verwyder ons nuusgroep se naam
bo-aan nadat ek die reply gedruk het, en
stuur dit dan weer weg. So hoop ek dat
die besprekings op die orige nuusgroepe
voortgesit sal word. Maar hierdie keer
help dit nie te goed nie. Die Nuenke ou
pos sy ellelange dinge direk, sonder om
op iemand te antwoord. Ek dink dus dat
daar geen ander manier is om hom af te kry
nie, as om direk te vra. Ek wil nie die
enigste een wees nie. Sal ons almal
gesamentlik vir hom mooi vra om op te
hou om sy Engelse geskrywery op ons
Afrikaanse nuusgroep te kruispos? Of
wie wil direk aan hom skryf?

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Ons veg vir vrede??
Volgende onderwerp: Is daar n manier..
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 25 23:54:35 MGT 2024