Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Y2K
Y2K [boodskap #22336 is 'n antwoord op boodskap #22339] Wo, 07 April 1999 00:00 na volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
>> Kan jy meer lig op die saak werp?
>
> Elke man wat sy eie torch het skyn die lig waar hy wil loop.
> (Ek wil my batterye spaar vir Y2K).
>
> Cheers.
Nomad, hoe hanteer julle die Y2K probleem. Hier by ons in Amerika begin
die mense nou water en kos en komberse versamel in hulle basements, almal
is bewus (en bekommerd ) oor die gevolge van n crash. Vriende van Suid
Afrika wat nou hier kuier sê mense in SA weet nie van die Y2 K probleem
nie, hulle is net besorgd oor misdaad.

P
Re: Y2K [boodskap #22337 is 'n antwoord op boodskap #22336] Wo, 07 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
PAT skryf in boodskap news:01be8091$5db7ea60$ce30c0d1@ms660966.mindspring.com...
> Nomad, hoe hanteer julle die Y2K probleem. Hier by ons in Amerika begin
> die mense nou water en kos en komberse versamel in hulle basements, almal
> is bewus (en bekommerd ) oor die gevolge van n crash. Vriende van Suid
> Afrika wat nou hier kuier sê mense in SA weet nie van die Y2 K probleem
> nie, hulle is net besorgd oor misdaad.
>
> P
>
Baie mense hier (IMHO) dink dis net nóg 'n 'conspiracy theory' - ek dink dat
hulle van mening is dat indien die ergste wél gebeur dat hulle net 'n paar
visse of krewe uit die see kan gaan haal en op die strand braai - alhoewel
hier en daar wél voorsorg getref word. bv. die NZ Reserwe Bank het verlede
jaar alreeds aangekondig dat ou note nie verbrand gaan word nie, maar gehou
word in reserwe ingeval 'n groot vraag na kontant begin onstaan gedurende
1999. Dit word egter nou meer in die koerante berig.

Die twee groot verskille tussen ons en julle is 1.) dat die einde van die
jaar natuurlik somer is hier in die Suidelike Halfrond ('n mens kan jou
gedagtes regtig laat gaan re. die gevolge in die diep, donker, koue nagte
van die Kanadese prairie sonder verhitting of krag!), en 2. ) dat meeste
Kiwi's in elk geval die basiese voorbereidings (vars water, flitse, kos,
ens) getref het agv die moontlikheid van aardbewings.

My persoonlike idee is om 'n 'self contained unit' (gas, klere, kos,
verhitting, ens) te bekom - soos 'n 'motor home (RV)' of 'n seiljag te huur
vir die tydperk - pryse is ongelukkig al klaar hoog aangesien die
somervakansie en millenium ook oor die tydperk val. Dit is ook nodig om nou
al te begin om kontant bymekaar te maak.

Ek wonder of cruise missiles Y2K bestand is?
Re: Y2K [boodskap #22338 is 'n antwoord op boodskap #22336] Wo, 07 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Haai, Hulle het seker maar net jou been getrek. Al die banke ensovoorts is
al lankal besig met voorbereidings.
Telkom het selfs 'n Y2K screensaver wat jy kan aflaai. www.telkom.co.za
Die regering het blykbaar ook 'n offisiële web bladsy, maar ongelukkig het
ek nog nie self daar gaan rondsnuffel nie. Miskien moet ek maar......

Groetnis

Johann

-----
------------------------------
> Nomad, hoe hanteer julle die Y2K probleem. Hier by ons in Amerika begin
> die mense nou water en kos en komberse versamel in hulle basements, almal
> is bewus (en bekommerd ) oor die gevolge van n crash. Vriende van Suid
> Afrika wat nou hier kuier sê mense in SA weet nie van die Y2 K probleem
> nie, hulle is net besorgd oor misdaad.
>
> P
>
Re: Y2K [boodskap #22339 is 'n antwoord op boodskap #22336] Wo, 07 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JC[0]  is tans af-lyn  JC[0]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 7 Apr 1999 15:22:03 +1200, "nomad" wrote:
<snip>

Handelaars in elektronika gebruik nou die Y2K probleem om 'n paar
ekstra transaksies te beklink. Die populêre een is dat baie
videomasjiene nie Y2K-aanpasbaar is nie, en die handelaars probeer
kliënte wysmaak dat sulke masjiene in die nuwe millenium nutteloos
gaan wees. Die eenvoudige oplossing vir die probleem is om die datum
op jou masjien na 1972 te verander: die kalender vir daardie jaar lyk
identies soos die vir 2000.

Op 'n ander noot - Nomad, vertel ons bietjie van jou ervaring van die
lewe in NZ. Hier waar ek bly in Singapoer het ek dikwels kontak met
mense wat al in baie lande gewoon en gewerk het. Sonder uitsondering
was ALMAL wat al in Australië gebly het se ervarings uiters positief.
My monster vir mense wat al in NZ gewoon het is heelwat kleiner, maar
dieselfde sentiment is ook daar van toepassing. My bure uit Swede en
nog 'n paartjie (Britse man, SA vrou) sê dat hulle enige dag weer
daar sal wil gaan woon. As ek reg onthou, het jy ook al op 'n paar
ander plekke gebly. Hoe vergelyk NZ wat betref die lewensstandaard,
-koste en -styl, en hoe ervaar jy die houding van die locals jeens jou
as buitelander?

JC
Re: Y2K [boodskap #22355 is 'n antwoord op boodskap #22339] Do, 08 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JC[0]  is tans af-lyn  JC[0]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 9 Apr 1999 01:02:07 +1200, "nomad" wrote:

> Ek dog dat die handelaars in S. almal aan 'n kode onderhewig is wat
> veronderstel is om jou gemoedsrus te gee? 8> )

Oor die algemeen is hulle redelik eerlik, maar veral in die winkels op
Orchard Road waar al die ryk toeriste uithang, sal hulle jou ook maar
inloop. As jy ooit weer hier is en iets wil koop, vra 'n
taxi-bestuurder om jou Mustafa Centre in Little India toe te neem.
Daar kan jy feitlik enige ding koop: van Rice Crispies tot 'n Rolex.
Alles is "feeex price", en dit help nie eers om te kibbel nie. Hulle
houding is dat indien jy iets teen 'n beter prys op 'n ander plek kan
kry, jy welkom is om dit daar te gaan koop. Dan is daar natuurlik ook
die Van der Merwe winkel in Far East Plaza, wat baie populêr was by
SAL personeel toe hulle nog hierheen gevlieg het. Daar tel hulle jou
aksent onmiddelik op, en kwoteer jou in Rand.

> Maar ai, is dit nie
> lekker om week na week winkels toe te gaan nie, en die pryse bly dieselfde
> nie (inteendeel, dis partykeer laer)- ek is seker julle het dieselfde
> ondervinding in S. noudat die S$ weer sy kop opgetel het.

Ja, die amptelike inflasiekoers was die afgelope jaar negatief. Dit
beteken dat indien jy enige salarisverhoging kry - hoe klein ook al -
dit 'n verskil maak.

> Twee dinge wat
> uitstaan wat heelwat goedkoper is as in SA, is karre en lamsvleis.

> Huispryse? 'n R600000 huis in SA sal omtrent die ekwivalent van R900000
> wees, maar dit is egter meer bekostigbaar: bv. daardie R600000 verband sal
> 'n maandelikse betaling verg van (ek skat) R10800, terwyl die R900000
> verband in NZ slegs ongeveer R7200 sal wees, met die huidige rentekoerse.

Dit staan natuurlik in skrille kontras met Singapoer, waar 'n
losstaande huise op hul eie erwe by so R4m of R5m begin, en waar karre
seker die duurste is in die wêreld. Hoe klink R350 000 vir 'n nuwe
Corolla 1600? Die algemene lewenskoste is ook redelik hoog, maar lae
belasting (tipies 15 - 20%) en goeie salarisse maak in 'n mate
daarvoor op.

Dankie vir die inligting. Jou antwoord is soortvan wat ek verwag het.
Tel daarby 'n pragtige natuurskoon, en 'n ooreenstemmende
sportbelangstelling, en NZ klink na 'n land waar Suid Afrikaners kan
aard.
Re: was Y2K [boodskap #22365 is 'n antwoord op boodskap #22336] Vr, 09 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
JC skryf in boodskap news:370cb69b.46609256@news.pacific.net.sg...
> Dit staan natuurlik in skrille kontras met Singapoer, waar 'n
> losstaande huise op hul eie erwe by so R4m of R5m begin, en waar karre
> seker die duurste is in die wêreld. Hoe klink R350 000 vir 'n nuwe
> Corolla 1600? Die algemene lewenskoste is ook redelik hoog, maar lae
> belasting (tipies 15 - 20%) en goeie salarisse maak in 'n mate
> daarvoor op.
>
Net so vinnig: Advertensie in vandag se koerant - nuwe Corolla 1.6 GL Hatch
manual (met elekt vensters en A/C) = $23222 (insl GST en lisensies)
Re: Y2K [boodskap #22366 is 'n antwoord op boodskap #22339] Vr, 09 April 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
JC skryf in boodskap news:370b80dc.486831044@news.pacific.net.sg...
het geskryf,



Hoe vergelyk NZ wat betref die lewensstandaard,
> -koste en -styl, en hoe ervaar jy die houding van die locals jeens jou
> as buitelander?
>
> JC

Ek dog dat die handelaars in S. almal aan 'n kode onderhewig is wat
veronderstel is om jou gemoedsrus te gee? 8> )
(In teenstelling met daai aasvoëls in HK). Ek het my eerste laptop in S.
gekoop en was baie tevrede met beide die prys en die kwaliteit van diens.
Het ook baie lekker in Raffles gebly - dit maak die ondervinding van S. net
soveel beter!

Wat betref hierdie land van melk (letterlik - waar in die wêreld sal jy nog
jou melkskommel in die metaal mengbak bedien word?) en heuning:

Iemand het onlangs gesê dat as jy nie in NZ gelukkig kan wees nie, dan sal
jy nêrens gelukkig wees nie. Dit is seker 'n oorveralgemening, maar dit is
nie so maklik om jou omstandighede hier te blameer as dinge nie vlot verloop
nie - 'You are pretty much left to your own devices'. Hier is eintlik 'n
ongelooflike hoeveelheid vryheid om jou ding te doen - 'n bietjie
vreesaanjaend eintlik, by tye - daar is niemand wat jou regtig 'opcheck'
nie - dus is daar ook 'n groot mate van verantwoordelikheid wat daarmee
gepaard gaan Indien 'n persoon uit Sandton/Kaapstad kom kan díe plek stadig
voorkom (en Aust sal miskien dan aanloklik lyk - en tereg ook!), maar as jy
'Durban fever' het dan mag dit net wees dat jy dink dat jy in die botter
geval het. 'Laid back' is 'n goeie beskrywing van die lewe op die
Noord-eiland, maar die Suid-eiland is nog heelwat stiller.......

Baie SA's het al probleme ondervind om aan te pas in hul werk en om saam met
die Kiwi's te werk. Dit is 'n land waar daar baie immigrante is, veral uit
die VK, en die Kiwi's is gewoond daaraan om te baklei vir hul posisie. SA's
is miskien 'n bietjie fyngevoelig en het ook 'n mate van 'arrogansie' (wat
ons moontlik sal beskryf as 'dryfkrag') wat seker te doen het met die milieu
waarin ons grootgeword het, maar dis iets wat die Kiwi in hierdie
'egalitarian society' verkeerd kan opvryf. Die persoon uit die VK het
natuurlik 'n baie sagter 'approach' - dus pas hulle beter aan (IMHO). Ek
sien gereeld nuwe aankomelinge en sidder vir hulle onthalwe wanneer hulle
die houding openbaar van: dat hulle 'so-en-so' gaan maak óf 'hier is ek:wat
gaan julle vir my doen?'. Hulle is darem in die minderheid, maar is ook die
wat later die hardste kla.

Gemeet teen R3.00/dollar is dit goedkoper hier in NZ as in SA, maar nou dat
dit oor R3.30 is, is die lewenskoste ietwat hoër (maar baie laer as daar in
merry England - huispryse hier is omtrent 'n derde). Maar ai, is dit nie
lekker om week na week winkels toe te gaan nie, en die pryse bly dieselfde
nie (inteendeel, dis partykeer laer)- ek is seker julle het dieselfde
ondervinding in S. noudat die S$ weer sy kop opgetel het. Twee dinge wat
uitstaan wat heelwat goedkoper is as in SA, is karre en lamsvleis. Twee
dinge wat heelwat duurder is, is restaurante en vrugte (behalwe as jy direk
van 'n plaas kan koop). Wat baie opvallend is, is die groot verskeidenheid
van kos in die supermark (net 'n kortkoppie agter die VK se Tesco's en M &
S'e - en baie breër as in SA) - en vir hierdie stelling is ek bereid om my
kop op 'n blok te sit.

Huispryse? 'n R600000 huis in SA sal omtrent die ekwivalent van R900000
wees, maar dit is egter meer bekostigbaar: bv. daardie R600000 verband sal
'n maandelikse betaling verg van (ek skat) R10800, terwyl die R900000
verband in NZ slegs ongeveer R7200 sal wees, met die huidige rentekoerse.
Dít natuurlik betaalbaar in na-belaste inkomste wat 33% is bo $37000
(38000?) teenoor SA se 45%(?) wat op 'n laer vlak intree. Die 'bottom line'
is dat vir dieselfde inkomste baie meer geld beskikbaar is na belasting, en
met VAT op 12.5% is dit selfs nog meer so. Versekering is uit aard van die
saak ook laer en daar is ook nie die ekstra koste van sekuriteit nie.

Dit was nou 'n lang relaas, maar jy hêt gevra.......! (Ek wou nog by die
lewenstandaard uitkom - $65/jaar vir 'n forellisensie met 4 riviere op my
drumpel, en vars lug elke dag).
Re: Y2K [boodskap #22373 is 'n antwoord op boodskap #22339] Sa, 10 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
daniel[2]  is tans af-lyn  daniel[2]
Boodskappe: 31
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
nomad skryf in boodskap news:7ei9o9$8kd$1@newsource.ihug.co.nz...
>
>
>
> Ek dog dat die handelaars in S. almal aan 'n kode onderhewig is wat
> veronderstel is om jou gemoedsrus te gee? 8> )
> (In teenstelling met daai aasvoëls in HK). Ek het my eerste laptop in S.
> gekoop en was baie tevrede met beide die prys en die kwaliteit van diens.
> Het ook baie lekker in Raffles gebly - dit maak die ondervinding van S. net
> soveel beter!
>
> Wat betref hierdie land van melk (letterlik - waar in die wêreld sal jy nog
> jou melkskommel in die metaal mengbak bedien word?) en heuning:
>



>
> Dit was nou 'n lang relaas, maar jy hêt gevra.......! (Ek wou nog by die
> lewenstandaard uitkom - $65/jaar vir 'n forellisensie met 4 riviere op my
> drumpel, en vars lug elke dag).

Hoor hoor !

Goed gesê, old mate.

Daniel
Auckland
Vorige onderwerp: My persoonlike deurbraak
Volgende onderwerp: Aan almal........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:59:57 MGT 2024