Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Kaf (was: Ek waag dit!)
Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22061] Wo, 24 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...
> Leendert skryf:

> "Ek stel dit vir bespreking (as iemand dit sou waag): Dit nie juis
> Volkstaters wat deur "vrees en eksklusiwiteit" gemotiveer word nie. As mens
> die bydraes op die nuusgroep lees, dink ek daar is nogal 'n saak voor uit te
> maak dat die "vrees en eksklusiwiteit" sit oorwegend by dii wat emigreer na
> "veilige" samelewings waar hulle nie gebruike van ander kulture hoef te
> akkommodeer nie."

> "...waar hulle nie gebruike van ander kulture hoef te akkommodeer nie."
>
> BS Leendert. Absolute, totale BS. Jy is oningelig of moedswillig.
>

[...]

>
> Hierdie is waarskynlik die simpelste stelling wat ek nog vanuit jou pen
> gesien het. En dit is nie 'n mindere kwalifikasie nie.
>
> Bees

Ek is jammer dat jy dit so vind, Bees.

Miskien moet jy dit weer lees.

En ook die opmerkings van mense soos Johan oor hoe hulle voel oor misdaad in
SA.

En opmerkings van mense soos Dennis Beckett wat daarop wys dat SA-ners in
Australië hull in spierwit gemeenskappe vestig ("Omo-land" noem hy dit.)

En dan kan jy daaraan dink dat mense wat "die volkstaatidee" ondersteun,
voornemens is om in Afrika te bly. Ten spyte van die vrees vir misdaad, ten
spyte van die feit dat dit beteken dat hulle woon in 'n gebied wat deur
ander kulture as hul eie oorheers word.

En dan lees jy weer my stelling, en heroorweeg jou taksering.
Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22062 is 'n antwoord op boodskap #22061] Wo, 24 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Neewat Leendert

Lyk my hierdie gesprek is 'n mors van tyd.

My punt is eenvoudig dit - in baie lande, soos Kanada, is daar 'n
groterwordende bewustheid en akkommodering van kultuurverskille wat net
eenvoudig nie vereenselwigbaar is met jou stelling "...waar hulle nie
gebruike van ander kulture hoef te akkommodeer nie."

Ek kry eerlik die gevoel jy is moedswillig en skiet uit die heup. Miskien
moet ons maar ooreenkom om te verskil.

En, tussen hakies, die meeste mense weet 2000 vk km = 40 x 50 (of 20 x
100,.....).

Bees
Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22094 is 'n antwoord op boodskap #22061] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Hjalmar skrywe
> 'n Kultuur is 'n veranderende en veranderlike
> entiteit wat van MARKGEDREWE aanklank en aanhang afhanklik is vir
> sy voortbestaan.

Goeie d.........('skuus), blikskottel - en ek het nog altyd gedink
*kultuur* is bloot wat ek IS. Hoe ek leef, eet, slaap, vry, gesels en
hoe ek optree as ek dink niemand sien my nie. ???????????????

> "Sosialistiese" kultuurhandhawing is kunsmatig, en
> oor die lang duur onhoudbaar.
>
>
Is dit nou die kollektiewe inhoud van :

jare t'rug se politici,
vandag s'n,
kerkleiers,
die Frikkies,
die Rundles,
die Leenderts,
die ET's,
die Boesaks,
die Bouwers,
die Breyten Breytenbachs,
die Brinks,
my kinders,
my vrou,
my vriende
en wie ek ook al mag bylas -

wat nou so by my spook ?????

Ek neem kennis.
Omie
:-))
Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22095 is 'n antwoord op boodskap #22061] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
be...@vleis.com bulk...

> My punt is eenvoudig dit - in baie lande, soos Kanada, is daar 'n
> groterwordende bewustheid en akkommodering van kultuurverskille wat net
> eenvoudig nie vereenselwigbaar is met jou stelling "...waar hulle nie
> gebruike van ander kulture hoef te akkommodeer nie."

In Kanada "akkommodeer" een kultuurgroep 'n ander groep se kultuur
met behulp van massiewe bedrae belastinggeld . . . wat natuurlik
deur die politici uitgedeel word.

Myns insiens moet 'n kultuur op sy eie pote te kan staan; sonder
enige staatsinmenging. 'n Kultuur is 'n veranderende en veranderlike
entiteit wat van MARKGEDREWE aanklank en aanhang afhanklik is vir
sy voortbestaan. "Sosialistiese" kultuurhandhawing is kunsmatig, en
oor die lang duur onhoudbaar.

Verlos ons tog van Sheila Copps, die CBC en die CRTC.

Hjalmar
________
Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22096 is 'n antwoord op boodskap #22061] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar) writes:

> In Kanada "akkommodeer" een kultuurgroep 'n ander groep se kultuur
> met behulp van massiewe bedrae belastinggeld . . . wat natuurlik
> deur die politici uitgedeel word.

Die "een kultuurgroep" is natuurlik volgens
jou die wit Kanadese. Jy vergeet dat die
oorgrote meerderheid stemgeregtigde persone
in Kanada nie meer wit is nie. Moenie met
dieselfde ou deuntjie kom wat ou Lou mee
kom dat die witmense in SA die nie-wittes
subsideer nie. En waaruit word die belasting-
gelde gemaak? - uit grondstowwe wat meeste van
die tyd in die tuisgebiede van die First
Nations is. Jy sit daar in 'n wit enklave in
'n andersinds nie-wit provinsie en kekkel
oor hoe jy die ander kultuur befonds. Hierdie
gekekkel wat klink soos dit wat die Republikeine
in die VSA kekkel, is passe. Dit hou nie meer
water nie.

> Myns insiens moet 'n kultuur op sy eie pote te kan staan; sonder
> enige staatsinmenging. 'n Kultuur is 'n veranderende en veranderlike
> entiteit wat van MARKGEDREWE aanklank en aanhang afhanklik is vir
> sy voortbestaan. "Sosialistiese" kultuurhandhawing is kunsmatig, en
> oor die lang duur onhoudbaar.
>
> Verlos ons tog van Sheila Copps, die CBC en die CRTC.
>
> Hjalmar

So ons kan maar deur die Amerikaanse
kultuur verswelg word? Snaaks hoe die
konserwatiewes in Kanada so vry met
die Amerikaners, en die Liberale Party
in Kanada die nasionalistiese party
is.

Gloudina
Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22097 is 'n antwoord op boodskap #22061] Do, 25 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> 'n Kultuur is 'n veranderende en veranderlike
> entiteit wat van MARKGEDREWE aanklank en aanhang afhanklik is vir
> sy voortbestaan.

Sê tog bietjie meer - ek volg nie so duidelik die markgedrewe deel nie.

leswin
Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22126 is 'n antwoord op boodskap #22061] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar) writes:
>
>> In Kanada "akkommodeer" een kultuurgroep 'n ander groep se kultuur
>> met behulp van massiewe bedrae belastinggeld . . . wat natuurlik
>> deur die politici uitgedeel word.
>
> Die "een kultuurgroep" is natuurlik volgens
> jou die wit Kanadese. Jy vergeet dat die
> oorgrote meerderheid stemgeregtigde persone
> in Kanada nie meer wit is nie. Moenie met
> dieselfde ou deuntjie kom wat ou Lou mee
> kom dat die witmense in SA die nie-wittes
> subsideer nie.

Maar nou lieg jy al weer Anti(e). Waar het ek dit gesê?
Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22127 is 'n antwoord op boodskap #22061] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> So ons kan maar deur die Amerikaanse
> kultuur verswelg word?

Hulle sê: Kanada kon Amerikaanse bestuur, Britse kultuur en Franse kookkuns
gehad het.

Nou het hulle Amerkaanse kultuur, Britse kookkuns, en Franse bestuur.

> Snaaks hoe die
> konserwatiewes in Kanada so vry met
> die Amerikaners, en die Liberale Party
> in Kanada die nasionalistiese party
> is.

Hmmmm..... Liberale Nasionalisme?

Klink soos iets uit Wan Wyk Louw.
Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22128 is 'n antwoord op boodskap #22061] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Leswin vra:
>> 'n Kultuur is 'n veranderende en veranderlike
>> entiteit wat van MARKGEDREWE aanklank en aanhang afhanklik is vir
>> sy voortbestaan.
>
> Sê tog bietjie meer - ek volg nie so duidelik die markgedrewe deel nie.

"Markgedrewe" . . . dít wat 'n groep mense spontaan nastreef en
uitleef, in teenstelling met dít wat deur styweboordjie-burokrate
en "gemeenskapsleiers" aan hulle voorgeskryf word. Dit is liefde
en begeerte; in teenstelling met dwang en oogklappe.

My stelling gaan nie oor voorskrif nie, maar wat 'n natuurlike
werklikheid is. Dit is ook hoekom kultuur, in interaksie met
tegnologie en ander omstandighede, oor tyd veranderlik is. Gaan
kyk maar hoe moeilik dit vir die Amish is om te midde van alles
om hulle hulle bevrore kultuur te bewaar. [Ek noem die Amish omdat
hulle so 'n ekstreme voorbeeld is.]

Dink nou maar hoeveel jou eie kultuur in jou eie leeftyd verander het.

Hjalmar
________
Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22129 is 'n antwoord op boodskap #22061] Vr, 26 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...
>
> My punt is eenvoudig dit - in baie lande, soos Kanada, is daar 'n
> groterwordende bewustheid en akkommodering van kultuurverskille wat net
> eenvoudig nie vereenselwigbaar is met jou stelling "...waar hulle nie
> gebruike van ander kulture hoef te akkommodeer nie."
>

My punt is dit: Dis vreeslik lekker om hoog op te gee dat jy die kultuur van
2500 mense "akkommodeer" deur vir hulle 'n bantoestan te skep. (Dis die
voorbeeld wat jy gegee het.) In 'n bevolking van tienmiljoen of meer, in die
staat met die tweede grootste (of so iets) landoppervlak ter wêreld, is dit
heel moontlik om te leef sonder om eers van die Nisga'a se bestaan bewus te
wees.

Beswaarlik 'n ingrypende "akkommodasie".

En ja: Ek is intens bewus van die neiging tot "groterwordende bewustheid en
akkommodering van kultuurverskille ".

Dis waarom ek my verwonder oor jou negatiewe reaksie op "die idee van 'n
volkstaat". Jou reaksie lyk maar net soos nog 'n voorbeeld van die dubbele
standaarde waaraan ons gewoond is: Sodra die Boere 'n ding doen, is dit
skielik boos, maar doen dieselfde ding elders, dan is dit die hoogtepunt van
politieke korrektheid.

>
> En, tussen hakies, die meeste mense weet 2000 vk km = 40 x 50 (of 20 x
> 100,.....).

Jy sal jou verbaas. Die meeste mense wat so iets vinnig lees het nie die
intuitiewe vermoë om abstrakte syfers oor oppervlak te visualiseer nie.

Ek is een van die meerderheid (Bertrand Russel was ook), en moet die
sommetjie doen voordat ek my kan voorstel dat 2000 vk km weinig groter is as
die nuwe Johannesburgse metropolitaanse gebied.
Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22161 is 'n antwoord op boodskap #22061] So, 28 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Strand Jakkals  is tans af-lyn  Strand Jakkals
Boodskappe: 13
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Oom Hans wrote in message ...
>
> Hjalmar skrywe
>> 'n Kultuur is 'n veranderende en veranderlike
>> entiteit wat van MARKGEDREWE aanklank en aanhang afhanklik is vir
>> sy voortbestaan.
>
> Goeie d.........('skuus), blikskottel - en ek het nog altyd gedink
> *kultuur* is bloot wat ek IS. Hoe ek leef, eet, slaap, vry, gesels en
> hoe ek optree as ek dink niemand sien my nie. ???????????????
>
>> "Sosialistiese" kultuurhandhawing is kunsmatig, en
>> oor die lang duur onhoudbaar.
>>
>>
> Is dit nou die kollektiewe inhoud van :
>
> jare t'rug se politici,
> vandag s'n,
> kerkleiers,
> die Frikkies,
> die Rundles,
> die Leenderts,
> die ET's,
> die Boesaks,
> die Bouwers,
> die Breyten Breytenbachs,
> die Brinks,
> my kinders,
> my vrou,
> my vriende
> en wie ek ook al mag bylas -
>
> wat nou so by my spook ?????
>
> Ek neem kennis.
> Omie
> :-))
Hoe smaak dit dan nou vir my my ou omie is net so
deurmekaar soos ek? Dooi d..... Dinsdag!! ek glo ek
het my kultuur gedagtes aan die stert beet. Hopenlik
is daar lig aan die ent van hierdie tonnel.
Strand drawwertjie.
Vorige onderwerp: Rednecks
Volgende onderwerp: Verkiesing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 10:35:57 MGT 2024