Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Kaf (was: Ek waag dit!)
| Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22061] |
Wo., 24 Maart 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Bees wrote in message ...
> Leendert skryf:
> "Ek stel dit vir bespreking (as iemand dit sou waag): Dit nie juis
> Volkstaters wat deur "vrees en eksklusiwiteit" gemotiveer word nie. As mens
> die bydraes op die nuusgroep lees, dink ek daar is nogal 'n saak voor uit te
> maak dat die "vrees en eksklusiwiteit" sit oorwegend by dii wat emigreer na
> "veilige" samelewings waar hulle nie gebruike van ander kulture hoef te
> akkommodeer nie."
> "...waar hulle nie gebruike van ander kulture hoef te akkommodeer nie."
>
> BS Leendert. Absolute, totale BS. Jy is oningelig of moedswillig.
>
[...]
>
> Hierdie is waarskynlik die simpelste stelling wat ek nog vanuit jou pen
> gesien het. En dit is nie 'n mindere kwalifikasie nie.
>
> Bees
Ek is jammer dat jy dit so vind, Bees.
Miskien moet jy dit weer lees.
En ook die opmerkings van mense soos Johan oor hoe hulle voel oor misdaad in
SA.
En opmerkings van mense soos Dennis Beckett wat daarop wys dat SA-ners in
Australië hull in spierwit gemeenskappe vestig ("Omo-land" noem hy dit.)
En dan kan jy daaraan dink dat mense wat "die volkstaatidee" ondersteun,
voornemens is om in Afrika te bly. Ten spyte van die vrees vir misdaad, ten
spyte van die feit dat dit beteken dat hulle woon in 'n gebied wat deur
ander kulture as hul eie oorheers word.
En dan lees jy weer my stelling, en heroorweeg jou taksering.
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22094 is 'n antwoord op boodskap #22061] |
Do., 25 Maart 1999 00:00   |
Oom Hans
Boodskappe: 83 Geregistreer: Januarie 1999
|
Volle Lid |
|
|
Hjalmar skrywe
> 'n Kultuur is 'n veranderende en veranderlike
> entiteit wat van MARKGEDREWE aanklank en aanhang afhanklik is vir
> sy voortbestaan.
Goeie d.........('skuus), blikskottel - en ek het nog altyd gedink
*kultuur* is bloot wat ek IS. Hoe ek leef, eet, slaap, vry, gesels en
hoe ek optree as ek dink niemand sien my nie. ???????????????
> "Sosialistiese" kultuurhandhawing is kunsmatig, en
> oor die lang duur onhoudbaar.
>
>
Is dit nou die kollektiewe inhoud van :
jare t'rug se politici,
vandag s'n,
kerkleiers,
die Frikkies,
die Rundles,
die Leenderts,
die ET's,
die Boesaks,
die Bouwers,
die Breyten Breytenbachs,
die Brinks,
my kinders,
my vrou,
my vriende
en wie ek ook al mag bylas -
wat nou so by my spook ?????
Ek neem kennis.
Omie
:-))
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22129 is 'n antwoord op boodskap #22061] |
Vr., 26 Maart 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Bees wrote in message ...
>
> My punt is eenvoudig dit - in baie lande, soos Kanada, is daar 'n
> groterwordende bewustheid en akkommodering van kultuurverskille wat net
> eenvoudig nie vereenselwigbaar is met jou stelling "...waar hulle nie
> gebruike van ander kulture hoef te akkommodeer nie."
>
My punt is dit: Dis vreeslik lekker om hoog op te gee dat jy die kultuur van
2500 mense "akkommodeer" deur vir hulle 'n bantoestan te skep. (Dis die
voorbeeld wat jy gegee het.) In 'n bevolking van tienmiljoen of meer, in die
staat met die tweede grootste (of so iets) landoppervlak ter wêreld, is dit
heel moontlik om te leef sonder om eers van die Nisga'a se bestaan bewus te
wees.
Beswaarlik 'n ingrypende "akkommodasie".
En ja: Ek is intens bewus van die neiging tot "groterwordende bewustheid en
akkommodering van kultuurverskille ".
Dis waarom ek my verwonder oor jou negatiewe reaksie op "die idee van 'n
volkstaat". Jou reaksie lyk maar net soos nog 'n voorbeeld van die dubbele
standaarde waaraan ons gewoond is: Sodra die Boere 'n ding doen, is dit
skielik boos, maar doen dieselfde ding elders, dan is dit die hoogtepunt van
politieke korrektheid.
>
> En, tussen hakies, die meeste mense weet 2000 vk km = 40 x 50 (of 20 x
> 100,.....).
Jy sal jou verbaas. Die meeste mense wat so iets vinnig lees het nie die
intuitiewe vermoë om abstrakte syfers oor oppervlak te visualiseer nie.
Ek is een van die meerderheid (Bertrand Russel was ook), en moet die
sommetjie doen voordat ek my kan voorstel dat 2000 vk km weinig groter is as
die nuwe Johannesburgse metropolitaanse gebied.
|
|
|
|
| Re: Die Kaf (was: Ek waag dit!) [boodskap #22161 is 'n antwoord op boodskap #22061] |
So., 28 Maart 1999 00:00  |
Strand Jakkals
Boodskappe: 13 Geregistreer: Maart 1999
|
Junior Lid |
|
|
Oom Hans wrote in message ...
>
> Hjalmar skrywe
>> 'n Kultuur is 'n veranderende en veranderlike
>> entiteit wat van MARKGEDREWE aanklank en aanhang afhanklik is vir
>> sy voortbestaan.
>
> Goeie d.........('skuus), blikskottel - en ek het nog altyd gedink
> *kultuur* is bloot wat ek IS. Hoe ek leef, eet, slaap, vry, gesels en
> hoe ek optree as ek dink niemand sien my nie. ???????????????
>
>> "Sosialistiese" kultuurhandhawing is kunsmatig, en
>> oor die lang duur onhoudbaar.
>>
>>
> Is dit nou die kollektiewe inhoud van :
>
> jare t'rug se politici,
> vandag s'n,
> kerkleiers,
> die Frikkies,
> die Rundles,
> die Leenderts,
> die ET's,
> die Boesaks,
> die Bouwers,
> die Breyten Breytenbachs,
> die Brinks,
> my kinders,
> my vrou,
> my vriende
> en wie ek ook al mag bylas -
>
> wat nou so by my spook ?????
>
> Ek neem kennis.
> Omie
> :-))
Hoe smaak dit dan nou vir my my ou omie is net so
deurmekaar soos ek? Dooi d..... Dinsdag!! ek glo ek
het my kultuur gedagtes aan die stert beet. Hopenlik
is daar lig aan die ent van hierdie tonnel.
Strand drawwertjie.
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 01:06:34 UTC 2026
|