Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die gekla oor die regering
Die gekla oor die regering [boodskap #22078] |
Thu, 25 March 1999 00:00  |
fizzer[1]
Boodskappe: 16 Geregistreer: March 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Baie mense kla deesdae so oor die SA se regering.
Nou wil ek net weet. Kla hulle omdat die regering swart is of omdat
hulle nie 'n
kat se clue het oor wat aangaan nie.
Sou hulle ook gekla het as die regering wit was en dieselfde foute
gemaak het?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die gekla oor die regering [boodskap #22325 is 'n antwoord op boodskap #22078] |
Tue, 06 April 1999 00:00   |
fizzer[1]
Boodskappe: 16 Geregistreer: March 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Lekker 'n week se vakansie gehad, maar nou is ek weer terug...
JLR wrote:
> In skrywe het fiz...@iname.com die volgende
> te sê gehad ...
>> Baie mense kla deesdae so oor die SA se regering.
>> Nou wil ek net weet. Kla hulle omdat die regering swart is of omdat
>> hulle nie 'n kat se clue het oor wat aangaan nie.
>
> Fizzer, hoe oud is jy? Kan jy verder terug as 1994 onthou ? 1990 ?
> vroeër?
20, Ja, 1994 is die jaar voor Win 95 uitgekom het..
> Was daar toe so 'n ding soos motorkapings?
Erm sekermaar, ek sal gou in 'n voor-1994 woordeboek die woord gaan opsoek.
> Was daar soveel
> plaasanvalle? Hoe algemeen was sekuriteitshekke, dik diefwering,
> alarmstelsels, loergaatjies? Hoeveel mense het jy toe geken wat al
> beroof, vermoor, verkrag is; hoeveel ken jy nou ? Wanneer was die
> knikpunt in die grafiek, toe misdaadsyfers skielik die hoogtes in begin
> klim het ? Was daar min of meer daardie tyd 'n regeringsverandering ?
Ek stem saam, was maar net 'n vragie wat iemand anders vir my gevra het.
>
>
> Dis net misdaad/sekuriteit. Ons kan aangaan...
|
|
|
Re: Die gekla oor die regering [boodskap #22326 is 'n antwoord op boodskap #22078] |
Tue, 06 April 1999 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 06 Apr 1999 10:23:50 +0200, Fizzer wrote:
[/color]
>
>> Was daar toe so 'n ding soos motorkapings?>>
Daar was:
Polisiemanne wat mense om politieke redes vermoor het.
n Regering wat politieke opponente vermoor het.
Bomme in winkelsentrums.
Inbrake by die dosyne.
Bankrowe (onthou jy Andre Stander, om een te noem).
Mense wat weens paswette aangekeer en in die tronk gegooi is. Ek was
getuie tot die volgende: Die man staan by die motorhek. Polisie stop
en vra hom sy pas. Hy se dis in die kamer 20 tree agtertoe, kan hy dit
gan haal? Nee. In die vangwa gemoer. n week later, drie besoeke aan
burokratiese helhole, n boete en n omkoopbedraggie was hy weer uit.
Misdaad wyd versprei oor loshande die grootste dele van die land. Die
Kaapse Vlakte was byvoorbeeld voor die 90's ook maar die Kaapse
vlakte.
Of dink jy die Kaapse Vlakte was in die tagtigs n model-woonbuurt
sonder misdaad?
Oorlog in Angola.
Drie maande kampe.
Begrafnisse van die wat nie teruggekom het nie.
n Landwye dreigende opstand wat gelyk het of dit gou in n burgeroorlog
sou ontaard.
Onthou jy die begrafnisse? Byvoorbeeld die een op Cradock van die
Cradock Drie?
Tussen dit alles was daar die wit woonbuurte. Kunsmatig beskerm deur
die polisiemag. Waarin mense gewoon het wat nie altyd slim genoeg was
om verby die laaste straat, oor die besoedelde vlei tot in die
township in te kyk nie.
Was daar soveel
>> plaasanvalle? Hoe algemeen was sekuriteitshekke, dik diefwering,
>> alarmstelsels, loergaatjies? >>
Baie. My alarmstelsel MOES ek kry (die vesekeringsmaatskappy het
daarop aangedring) in die middel jare 80. Na inbrake.
beroof, vermoor, verkrag is; hoeveel ken jy nou ?>>[/color]
Moet jy nie vra hoeveel WIT mense in MIDDELKLAS-WOONBUURTE nie, want
daar was moorde en verkragtings en misdaad by die dosyne in
SUID-AFRIKA.
> knikpunt in die grafiek, toe misdaadsyfers skielik die hoogtes in begin[/color]
>> klim het ? Was daar min of meer daardie tyd 'n regeringsverandering ?>>
Nee.
Ek sou se in die jare 70 toe die regering beheer begin verloor het oor
die verstedeliking van swartmense wat al meer stad toe getrek het op
soek na n beter toekoms en informeel begin woon het in plekke wat
eenvoudig geweier het om hulle te tel as dit by stad- en
dorpsbeplanning gekom het nie.
Een voorbeeld: Vosloorust naby Johannesburg is beplan en gebou vir 20
000 inwoners. Teen die einde van die tagtigs het daar al iets soos
600,000 mense daar gewoon - sonder dat dit ooit opgegradeer is.
Dis toe die riolering op plekke eenvoudig begin padgee het. Dit was
so erg dat rou rioolwater permanent in stroompies in die grondstrate
afgeloop het.
Wie het iets daaraan gedoen? Nie die regering of die provinsiale
owerheid op enige sinryke manier nie. Dit was oorgelaat aan
organisasies soos die Stedelike Stigting om te probeer om iets te
doen.
Op die einde, toe die politieke druk begin deurdring het na die
Provinsiale owerheid ver agter dik mure in Pretoria, is klein projekte
te min en te laat aangepak.
Ek was getuie tot die volgende: Teen die middel jare tagtig begin die
Provinsiale owerheid bekomerd raak oor die UDF se steun. Hulle besluit
om in - juis die Vosloorust-area - te gaan kyk wat nou eintlik aangaan
en wat hulle kan doen om hulself meer gewild te maak.
'n Stuk of vier middelvlak-amptenare klim in n Casspir saam met swaer
gewapende polisie en ry deur die gebied. Hulle betuur dit deur die
koeelvaste glas-venstertjies. Vir die eerste keer in hul lewe.
Een van die plekke waar hulle wel stop, is by die munisipale kantore
waar die aangestelde (wit) administrateur uiters vyandig en dreigend
skel op die gemeenskapsleiers in die gebied.
Daar. In daardie opbou oor seker meer as tien jaar, daar is die
misdaad-probleem gebore.
In daardie woongebied was misdaad algemeen en baie. Dis egter nie
getel vir die statistiek van die rykmansdele in Alberton, so 8 km
verder weg nie.
Die misdaad-probleem is ook voorberei deur die opbreek van swart
gesinne wat n geslag begin oplewer het wat grootgeword het in n
verbrokkelende gemeenskap. Dit was die jare 70 en later. Toe witmense
baie lekker geleef het in enklaves.
Die jare tagtig was ook toe die land se "welfare-" behoeftes skielik
soos n brood begin oprys het en die geld net eenvoudig te min begin
word het.
Daar was n verligting in die begin van die tagtigs toe die Russe
Afganistan ingeval het en goud 800 dollar n ons was en mens 1 dollar
20 vir een Rand gekry het.
Goud het egter gou weer gedaal en in elk geval het PW al die geld wat
ons toe gehad het weggepis in Angola en aan superwapens soos GROOOOOOT
kanonne en atoombomme.
Daarna het die armoede begin insettle te midde van n histeriese
uitdaging aan die wereld "to do your damnest". Baie soos Milosevic
vandag. Ons was nie gebom nie, maar geboikot.
Teen die middel van die tagtigs het die gesondheidsdienste begin knak.
Dit was die eerste keer toe (amper) gratis mediese dienste vir
WITMENSE weggevat is. Rina Venter het gese: Sorry, maar daar is net
nie meer geld nie....die met kort geheues kan maar gaan oplees
daaroor.
Misdaad het ook toe toegeneem.
Gevaarlike townships het baie gevaarlik begin word.
In die wit gebiede het misdaad ook begin toeneem.
Wat in die 90's gesien is, was eenvoudig die finale verbrokkeling van
die apartheidsmure wat witmense kunsmatig in enklaves beskerm het,
gekoppel aan die noodwendige traumatiese gevolge van n fundamentele
verandering in die staatsbestel.
En o ja, toe is swart vrouens wat verkrag was byvoorbeeld ook amptelik
getel as verkragte "mense". Voorheen was hulle vir witmense maar net
die "doen en late" van die swartes in die township.
Om te se dat die regeringsverandering/demokratisering van SA die
misdaad tot gevolg gehad het, is terminaal stiksienig.
Dit beteken daar word gese as ons maar voortgegaan het om apartheid
met geweld af te dwing en fok die res van die wereld en 85% van die
land se bevolking, dan sou ons vandag veilige plase, skoon stede,
welvaart en lae misdaad gehad het.
En iemand wat dit se, is so stiksienig dat hy of sy waarskynlik
gehelp moet word om n glas water die regte kant om vas te hou.
Dan praat ek nog nie eens van niemand wat n datum en n verkiesing
vaspen en se dit dit is die rede vir verandering nie.
Die soort van denke lei natuurlik daartoe dat n mens logies moet se
sentraal-beheerde kommunisme is baie, baie beter vir n samelewing as n
vrye mark want toe Rusland kommunisties was onder Stalin was daar nie
n mafia nie. Daar is net n mafia in Moskou vandat kommunisme oorboord
gegooi is en demokrasie/kapitalisme op die Amerikaanse model aanvaar
is. Dit is dus die regeringsverandering wat dit gedoen het, sal die
klipdom argument gaan.
P.S. IN die gees van die oorspronklike stiksienige argument, net die
volgende as n afskeidsgedagte: Hijackings het onder die vorige
regering begin. Ja, voor April 1994. Toe die NP aan bewind was en
witmense die land regee het.
|
|
|
Re: Die gekla oor die regering [boodskap #22358 is 'n antwoord op boodskap #22326] |
Thu, 08 April 1999 00:00  |
Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In skrywe het ferd...@icon.co.za die
volgende te sê gehad ...
Polisiemanne wat mense om politieke redes vermoor het.[/color]
> n Regering wat politieke opponente vermoor het.
> Bomme in winkelsentrums.
> Inbrake by die dosyne.
ens. ens. ens. ....
Ferdi
Ek stem nie noodwendig saam met die besonderhede van alles wat jy sê nie,
maar met jou hooftrek dat dit onder die vorige regering ook nie altyd
goed gegaan het nie identifiseer ek ten volle.
By herlees sien ek my poging tot retoriese ironie (of so iets) was nie
baie suksesvol nie. Eintlik stem ons saam. Ek het vrae soos "Hoeveel
inbrake was daar?" en ander gevra nie om te impliseer dat daar nie
voorheen sulke goed was nie, maar eerder om te benadruk dat ons *vandag*
met hierdie probleme sit en dat daar daarom geldige gronde vir kritiek op
die huidige regering is. Ek het gehoop enigeiemand wat dit lees sou
dieselfde antwoorde kry as wat jy gegee het, en by dieselfde
gevolgtrekking uitkom:
>> Kak regering is kleurloos.
Sien, ek het 'n probleem daarmee dat enige kritiek op die huidige
regering summier as rassisme afgemaak word, soos Fizzer se oorspronklike
pos impliseer het. Dit versterk bloot die kultuur van: "Wie jy is negeer
wat jy sê", want as jy sê ek is 'n rassis, maak dit nie saak of ek nie
die keiser se klere kan sien nie.
Groetnis
___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 18:36:33 UTC 2025
|