Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die gekla oor die regering
Re: Die gekla oor die regering [boodskap #22077] Do, 25 Maart 1999 00:00
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Fizzer wrote:
>
> Baie mense kla deesdae so oor die SA se regering.
> Nou wil ek net weet. Kla hulle omdat die regering swart is of omdat
> hulle nie 'n
> kat se clue het oor wat aangaan nie.
> Sou hulle ook gekla het as die regering wit was en dieselfde foute
> gemaak het?

Een goie ding oor die huidige regering - jy kan te minste nog kla. Die
vorige spul sou jou heel moontlik as 'n kommunis laat verklaar het :)
die huidiges noem jou net 'n rassis. Ongelukkig gee die huidige regime
ons ook soveel om oor te kla :)

Maar dat hulle nie 'n clue het wat 'n regering eintlik moet doen nie is
ok waar.

Voorbeeld: Klein Angelina word in 'n tragies skietvoorval gedood. Madiba
en die minister van Justisie is gou om die skieter skuldig te bevind en
te vonnis. Die getuienis is dat die patroon vanaf 'n oorhoofse draad
geskram het en die uiteinde is manslag. Die minister van Justisie -wat
beter behoort te weet - bevraagteken die regter se uitspraak in die
openbaar.

'n Klein chinese baba word in sy pa se winkel doodgeskiet in 'n rooftog.
Die regering - dawerende stilte.

Boesak word aan gekla dat hy miljoene gesteel het. Omar, Mandela en
Mbeki vind hom op die plek onskuldig. Die regter wat nog nie verstaan
dat diei regering beter as hy weet nie, vind hom skuldig. Omar maak
weereens sy naam foefol en bevraagteken die regter in die openbaar.

Sou ons gekla het as ons die regering verkies het? Hmmm - miskien moet
ek ANC stem en kyk :).

Cheers
Lou
Vorige onderwerp: Volksrympie van R.K. BELCHER
Volgende onderwerp: Re: Beslis Louis Luyt!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 05:46:37 MGT 2024