Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tweegesig!
Tweegesig! [boodskap #21978] |
Mon, 22 March 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Ek verag ook
> whities wat van "swartvelle" praat.
Ek het hiervoor gewag, want:
***************
Op 1998/06/05 skryf Gloudina:
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes: >
Gloudina kraai...
>
>> Daar is 'n verskil tussen 'n wynverbouings-
>> kultuur en die oormatige gebruik van alkohol.
>
> Heeltemal reg. Die "First Nations" van Kanada is 'n
> uitstekende voorbeeld. Wenk: Hulle is beslis nie
> 'n wynverbouingskultuur nie. ;-)
Wel, Hjalmar, ek voel so aan my
bas dat hierdie die gepraat van
'n witvel is wat so, met 'n oog-
knip hier en 'n oogknip daar,
wil sê; die Eerste Nasies is 'n
klomp dronkaards. Dis benede my
om hierdie gesprek eers te begin.
Gloudina
Op 1999/03/14 skryf Gloudina:
Die "waarheid" is dat 'n klomp skurke
nes geskop het in my vaderland. Dit
het nie om "apartheid" gegaan nie.
(Hoeveel apartheid was daar wel?)
Dit het gegaan oor mag, brute oorheer-
sing van 'n klomp witvelle oor die
80 persent van die bevolking wat nie "wit" was nie.
*****************
Gloudina mag witvelle dus witvelle noem.
Maar ek mag swartvelle nie swartvelle noem nie.
Ek verag dit as hoogheiliges norme op ander mense toepas waarvan hulle
hulself kwytskeld.
Leendert
|
|
|
|
|
|
|
Re: Tweegesig! [boodskap #22020 is 'n antwoord op boodskap #21978] |
Tue, 23 March 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:
> On 23 Mar 1999 17:20:25 GMT, wrote:
> | Snaaks dat my familie in SA (almal
> | Afrikaners in murg en bloed) nooit
> | enige van hierdie "rassisme" ervaar
> | nie.
>
> Jy weet van minuut tot minuut wat hulle elkeen ervaar!?!?!
> G'n woinder jy's soms deurmekaar nie.....
> Maar selfs al sou jy dit weet - dalk leef hulle met oogklappe aan, of leef in
> rykbuurte enklawes, of het lankal aanraking met die werklikheid verloor.
> Om te sê wat jy nou hier sê is om vir ons te sê dat jy baie weird familie het.
>
> Ek dink egter dis maar bloot 'n geval van 'n te vinnige wilde stelling: jy het
> nie 'n cooking clue wat jou familie ervaar nie en ek dink ook nie meeste van
> hulle gaan breedvoerig met jou daaroor praat nie, veral nie die wat nie met jou
> saamstem nie.
Ja-nee, Johan, miskien het ek maar net 'n
weird familie. Soos my suster wat op pad
UNISA toe haar kar stop om swart werksters van
die universiteit op te laai. Of die neef
wat in die hoofkantore van die Departement
van Justisie help met die revamping van die
organisasie, en wat vir my skoondogter verlede
week verduidelik het hoe moeilik dit is om
'n regverdige balans in die aanstellings in
die nuwe SA te skep. Sy baas is jonger as
hy en swart, maar hy kan nie ophou van om met
lof van hom te praat nie. Dan die swaer van
my (wat seker nou nog NP is) maar wat vir
my skoondogter sê hy sal nooit uit SA
emigreer nie. Dit het haar verbaas, want
waar hulle in Natal was, was daar 'n hele
klomp wat net kla hoe swaar dit gaan, en
hoe hulle almal die land wil verlaat (nie
lede van my familie nie.) So, ou Johan, ek
kom nou ook tot die gevolgtrekking, my
familie is maar net weird. Soos die neef
wat my kinders rondgery het, en toe hulle
'n klomp mense in die pad sien betoog
op pad Sun City toe, toe is ons kinders
so banggemaak dat hulle hom vra om om te
draai. Toe lag hy vir hulle, en sê dit sal
hulle besoek aan SA interessant maak, en hy
ry stadig en beleef deur. Dit was glo mense
wat betoog dat die karre stadiger moet ry
op pad Sun City toe.
Gloudina
|
|
|
Re: Tweegesig! [boodskap #22021 is 'n antwoord op boodskap #21978] |
Tue, 23 March 1999 00:00   |
Castet
Boodskappe: 10 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
cas...@act.co.za (Casper) writes: >
> Maar vir diegene wat in Suid Afrika bly, ons voel hierdie omgekeerde
> rassisme daagliks eerstehands aan ons bas en ons weet dit alles lankal
> reeds.
Ek dink ek mors my energie om vir Gloudina te
antwoord, maar laat ek nogtans probeer.
As daar van die slagoffers van apartheid gepraat
word, moet ons tog ook van die arme Gloudina
praat. Sy is werklik 'n slagoffer van apartheid,
vervreemd en verlore in die yskoue noorde en elke
enkele sel in haar liggaam goed gepekel en
deurweek met goeie outydse boerehaat! En Gloudina
is klaarblyklik totaal en al onbewus daarvan dat
apartheid sedert 1990 al gesneuwel het en die
liggaam daarvan herhaaldelik al begrawe en verkool
en veras is. Toevalig is daar op die oomblik in
Suid-Afrika 'n regering met 'n staatspresident wat
toevalig nie wit is nie. Maar nou ja, soos ek sê,
gepekel in 'n sterk mengsel van boerehaat!
> Gloudina skryf:
> Snaaks dat my familie in SA (almal
> Afrikaners in murg en bloed) nooit
> enige van hierdie "rassisme" ervaar
> nie.
Een van die kliënte waarvoor ek werk doen is in
Dunkeld Wes in Jhb. Sou enige blanke persoon na
werk by die bushalte voor daardie maatskappy in
Jan Smutslaan staan, sal die munisipale busse van
Johannesburg nege uit tien maal verbyry sonder om
te stop.
Hoekom?
Want dit is 'n wit persoon wat in 'n rykmansbuurt
vir 'n bus met 90% swart passasiers op die bus,
staan en wag. Die verbyryery gaan gewoontlik
gepaard met skaterlag van die bestuurder en
sommige van die swart mense op die bus. Bygesê is
daar 'n meerderheid van swartmense op die bus wat
merkbaar ongemaklik met daardie situasie is.
Die oplossing vir die werkers by daardie
maatskappy is om vyf straatblokke te stap na die
bushalte in Rosebank waar swartmense vir die bus
staan en wag en by daardie halte stop die busse
vir almal.
Is dit omgekeerde rassisme of is dit nie?
Ek kan nog verskeie voorbeelde uit eerstehandse
ondervinding aanhaal van waar omgekeerde rassisme
deur swartmense in magsposisies gepleeg word
teenoor witmense, meestal ter wille van die swart
gehoor wat staan en kyk, net soos ek voorbeelde
kan aanhaal van onregte gepleeg deur witmense.
> Gloudina skryf:
> Meeste van hulle stem natuurlik
> saam dat wanneer baie dinge aan die
> deur van die apartheidsvarke geplaas
> word, dit die waarheid is.
Toegegee, daar was die mees brutale dade in die
verlede gepleeg en van daardie dade word sekerlik
tot in die hede voortgesit. Maar dit is absoluut
simplisties om 'n allesomwortelende term soos
apartheidsvarke te gebruik. Ek wil 'n punt maak
dat in die meerderheid gevalle waar wandade op die
lappe gekom het, en die oortreders vervolg is, is
dit vanwee die toedoen van regverdige en opregte
mense wat eenvoudig gesê het dat hulle nie sulke
dade sal duld nie. Gloudina, ek is bevrees dat jy
'n groot fout maak as jy eenvoudig almal met die
kwas besmeer wat uit die hare van die
apartheidsvark gemaak is.
Die kompleksiteit en interaksie van die
Suid-Afrikaanse samelewing is eenvoudig te
ineengestrengel om vandag steeds daardie
eenvoudige aannames van swart teenoor wit of selfs
van goed teenoor kwaad te maak.
Laas jaar was daar agtien duisend geweldadige
sterftes (moorde) in Suid Afrika. Ek twyfel of die
rassisties geinspireerde moorde van blankes
teenoor swartes laas jaar meer as tien was. Tog
wil ek sê dat etlike honderde van daardie moorde
so brutaal was, en die slagoffers was nie swart
nie, dat 'n haatmotief die hoofrol in daardie
moorde gespeel het.
Ek wil die punt maak dat ons vandag in 'n
samelewing bly waar enige swart persoon wat
enigsins benadeel voel deur enige wit persoon,
slegs na sy naaste polisiekantoor hoef te stap en
'n verklaring hoef af te lê. En ek is daarvan
oortuig dat 'n klagstaat onmiddelik oopgemaak sal
word as daardie saak van rassisme afstam en die
saak sal deurdagtig deur swart polisiemanne
ondersoek word. Daar is seker mense wat vanwee
ekonomiese redes nie diegene wat hulle te nakom
sal verkla nie, maar ek glo met die huidige
klimaat van politiese bevoegtheid (emansipasie) is
sulke persone 'n seldsaamheid. Daar is ook 'n
menseregtekomissie wat op die oomblik spoke van
rassisme uitgrawe.
Die vooropgestelde en gevestigde konsepsies van
wie en wat goed en wie en wat sleg is in
Suid-Afrika het menigmale al gesneuwel vir sleg
een rede, en die rede is dat ten spyte van
apartheid, ten spyte van die verlede en ten spyte
van die huidige anargie is die verre meerderheid
Suid-Afrikaners goeie, opregte mense wat geen
begeerte het om hulle medemens skade aan te doen
nie. Vir Suid-Afrika om 'n sukses te word, is niks
anders nodig as dat hierdie middelgroep van goeie
mense seëvier nie.
Maar Gloudina, ek wonder of dit jou agenda sal
pas, sou dit gebeur?
> Gloudina skryf:
> Wanneer jy nou so "beskuldig" word, so die
> omgekeerde rassisme ervaar, dink maar
> net daaraan: dis die bedjie wat jy
> en jou ouers vir jou gemaak het. L^e
> nou daarin.
Vir die rekord, toe apartheid hoogty gevier het,
het ek dit geopponeer en ek het die prys daarvoor
betaal. Ek het nie die maklike opsie gekies om
uit die land te vlug nie, ek het hier gebly en
soos hulle in goeie idiomatiese Afrikaans sê, ek
het my punishment gevat. Aan die ander kant het
ek ook nie die geprewel van die linkse
revolusionêres goedsmoeds opgevreet nie, en
daarvoor was ek snaaks genoeg meer deur die
linkses gehaat as wat die ondersteuners van die
vorige regime my ooit te na gekom het. Dit is
egter alles agter my begrawe en vergete want om
oor die verlede te tob is 'n soort kanker wat aan
jou siel sal vreet, en dit is eenvoudig nie die
moeite werd nie.
Maar vandag weet ek in my hart dat ek nie vandag
voorregte geniet wat enige ander persoon wat
bereid is om te werk daarvoor nie ook kan geniet
nie. En ek dink dit was alles die moeite werd en
ek glo dat ek beter daaraan toe is daarvoor.
Vandag staan ek in bisarre omstandighede dat die
ondersteuners van apartheid amnesia het oor waarom
aparte ontwikkeling bestaan het. En ek vind
myself in surrealistiese argumente waar ek 'n
sisteem verdedig wat ek self geopponeer het in die
sin wat ek sê dat ja, dit of dat het gebeur, ek
het dit nie gesteun nie, ek het nie daarvan gehou
nie, dit was nie goed of regverdig nie, maar besef
een ding, toe hierdie of daardie wet ingestel was,
was daar sekerlik weldeurdagte redes daarvoor.
Ek het ook jare terug al gesê dat ons 'n oes saai
waarvan ons vorentoe vir geslagte lank die wrang
vrugte sal pluk. Maar Gloudina weet een ding, ek
is hier om te bly, ses voet bokant die grond en
eendag ses voet onder die grond. Drie-kwart van
my voorouers was al voor 1700 hier in Suid-Afrika,
en niks of niemand (of selfs 'n horde van nikse en
niemands) gaan my hier uitkry nie.
Net soos ek die vorige regering geopponeer het,
sal ek die gekke dade en skemas van die huidige
regering beveg met hand en tand. En in die
besonder het ek 'n broertjie dood aan mense en
sotte wat verknog is aan geykte idees wat hulle
huldig wat van dekades in die verlede afstam. En
dit geld vir beide mense van links en van regs af.
Word wakker, soos hulle in Engels sê: "Smell the
roses!" Suid-Afrika het vir ewig verander, wat jy
ook al wil glo, Gloudina.
|
|
|
Re: Tweegesig! [boodskap #22022 is 'n antwoord op boodskap #21978] |
Tue, 23 March 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>> Gloudina mag witvelle dus witvelle noem.
>> Maar ek mag swartvelle nie swartvelle noem nie.
>> Ek verag dit as hoogheiliges norme op ander mense
> toepas waarvan hulle
>> hulself kwytskeld.
>> Leendert
> Wanneer ek die woord "witvel" gebruik,
> gebruik ek dit bewustelik in 'n baie
> pejoratiewe sin; kies ek dit bewustelik
> om my minagting uit te spreek oor die
> whiteys met hulle arrogansie wat oor
> almal behalwe hulself, iets te sê het.
> As jy nou die woord "swartvel" gebruik,
> dan sien ek dit in dieselfde lig: jy
> spreek minagting teenoor swartmense uit.
Dus: Jy dwing jou subjektiewe persepsies weereens af op my uitinge.
Maar so ken ons jou, nie waar nie.
Die enigste werklikheid wat vir jou bestaan is jou eie subjektiewe een.
En daarvolgens etikette, beswadder, en belieg jy al wat voorkom.
En ja. Ek het doelbewus die woord "swartvel" hier gebruik. Gedagtig aan jou
gebruik van die woord "witvel". Met die doel om daardie subjektiewe toutjies
van jou te trek.
En toe die klokkie lui toe kwyl en huil jy soos Pavlof se hond.
Tweegesig!
> Waar jy dit in die konteks van 'n
> vraag oor die getal van swart onderwysers
> in swart skole in 1948 vra, dui dit vir
> vir my op so 'n uiterse arrogansie en
> minagting van basiese professionele goeie
> maniere, dat dit my opinie van jou met
> 75 % verlaag het.
En watter persentasie swart onderwysers was daar in swart skole, in 1948,
Gloudina? En wat was die persentasie in 1994?
> Sies, Leendert, en jy
> gee voor jy is 'n akademikus.
Weereens jou subjektiewe werklikheid wat hier funksioneer. Ek het nog nooit
voorgegee dat ek 'n akademikus is nie. Om die waarheid te sê, ek het dit
uitdruklik ontken.
Kom by, Tweegesig!
Daar bestaan ook ander waarhede as die warboel in jou kop.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Tweegesig! [boodskap #22053 is 'n antwoord op boodskap #21978] |
Wed, 24 March 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
>
> Is dit vir jou "wierd"?
> As dit vir jou "wierd" is, moet mens aanneem dat sy baas nie die lof waardig
> is nie. As hy dit wel waardig is, waarom noem jy dit "wierd"?
>
>
> Jou opmerkings demostreer eerder 'n besonder "wierd" perspektief op
> Suid-Afrikaners, Gloudina.
Vireers, Leendert, die spelling is
"weird." Johan, wie se stelling dat
ek weird familie het, ek sarkasties
probeer antwoord het, het dit ook reg
gespel. Ek dink nie ek het weird familie
nie. Hulle is vir my verteenwoordigend
van die mense met wie ek in aanraking
is in SA. Mense wat die apartheids-
sisteem gehaat het, sommige wat selfs
dit ondersteun het, maar mense wat
nie heeldag sit en kekkel oor hoe swaar
dit nou gaan en hoe onregverdig en haatlik
die teenwoordige dispensasie is nie, maar
hulle skouer teen die wiel sit en hulle
deeltjie doen in die nuwe SA. So hou op
met kekkel, Leendert, en werk, want die
nag kom nader.
Gloudina
|
|
|
Re: Tweegesig! [boodskap #22082 is 'n antwoord op boodskap #21978] |
Thu, 25 March 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Vireers, Leendert, die spelling is
> "weird." Johan, wie se stelling dat
> ek weird familie het, ek sarkasties
> probeer antwoord het, het dit ook reg
> gespel.
Dankie. Wierd woord.
> Ek dink nie ek het weird familie
> nie. Hulle is vir my verteenwoordigend
> van die mense met wie ek in aanraking
> is in SA. Mense wat die apartheids-
> sisteem gehaat het, sommige wat selfs
> dit ondersteun het, maar mense wat
> nie heeldag sit en kekkel oor hoe swaar
> dit nou gaan en hoe onregverdig en haatlik
> die teenwoordige dispensasie is nie, maar
> hulle skouer teen die wiel sit en hulle
> deeltjie doen in die nuwe SA. So hou op
> met kekkel, Leendert, en werk, want die
> nag kom nader.
Tsk....tsk....tsk...
Jy weet nie eens watter werk hier gedoen word of gedoen behoort te word nie.
Watter % van die onderwysers in swart onderwys was swartmense in 1948? En
watter % in 1994? (Hoe het jou swart kollegas in jou swart skool se
salarisse met joune vergelyk?)
|
|
|
Re: Tweegesig! [boodskap #22110 is 'n antwoord op boodskap #21978] |
Fri, 26 March 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> As jy in die argiewe teruggaan,
> sal jy sien dat ek een van die eerstes
> was om vir Thomas Jacobs oor die kole
> te haal oor die aanstootlike taal wat
> hy gebruik het. Ek het hom vertel dat
> as hy 'n bruinmens is, hy hom moet skaam
> oor die taal wat hy gebruik en dat dit
> oneer bring aan die mense tussen wie ek
> grootgeword het en wie ek nooit sulke
> taal hoor praat het nie. Op daardie
> stadium het ek gewonder of hy 'n wit
> outjie is wat net speletjies speel.
En sedert jy agtergekom het hy is _nie_ wit nie, het jy hom nie weer
gekritiseer nie, nie waar nie?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 15:46:57 UTC 2025
|