Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Moet ons regtig akkommoderend wees?
Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #21903] |
Thu, 18 March 1999 00:00  |
Theunis Bekker
Boodskappe: 1 Geregistreer: March 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hoe sou SA vandag gewees het indien die Franse Hugenote, die Britse
Settelaars en die Voortrekkers meer akkommoderend was? Het 'n gebrek aan
akkommodasie (nou praat ek nie in die RDP huise rigting nie!) nie juis vir
'vordering' gesorg nie?
|
|
|
|
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #21930 is 'n antwoord op boodskap #21903] |
Fri, 19 March 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 18 Mar 1999 23:45:11 GMT, wrote:
| Wys net watter nuutjie jy in Noord-
| Amerika is, en hoe min jy nog met
| oop o"e gekyk het.
Andersom, wys jou hoe lank jy al uit SA is.
| Hulle is baie meer
| onbeskaamd hier as wat ek gewoond was
| in SA.
Lyk my regtig vandat jy hier is kruip jy in snaakse plekke in - kom kyk in die
middeweste Gloudina, in 18maande nog nie een ou langs die straat sien gulp
aftrek nie.
| Een van die grootste kultuur-
| skokke toe ek in Noord-Amerika aangekom
| het, was hoe geredelik mans op die straat
| spoeg.
|
Spoeg is vir my ook nie mooi nie, Gloudina, maar ek praat van swart mans in SA
wat sommer netso in sy spore langs die pad stop, nie eers agter 'n boom of iets
gaan staan nie, net daar sy ding uithaal en groot stroom piepie. Daar het jy
dit nou, uitgespel. In die VSA sal die ou onmiddelik vir openbare onsedelikheid
gevang word.
Jy soek nou net moeilikheid met swak aantygings hier.
Kom ek vertel jou eerder iets interesant: In Suider Afrika, en dalk ook in
groter Afrika, is daar 'n toergeselskap wat met groot rooi busse toer - Das
Rollende Hotel - die bus voor met helfte sitplek en helfte slaapplek en dan
sleep hy 'n wa wat die kombuis word en waarin die proviand vervoer word.Geen
mobiele aantrek hokke word saamgery nie en die duitsers blyk nie te skaam te
wees vir nuditeit nie. Vele kere het hulle By Tsitsikama, waar ek ses maande
gewerk het, khaki safari klere gekoop en dit dan sommer daar in die
parkeerterrein langs die bus aangetrek. Nie eers agter die bus nie.
Ongelukkig was dit maar meesal ou tannies wat stryk nodig gehad het, maar dit
was tog interesant om waar te neem ;-)
Maar dan moet ek bysê - ek het nooit een val hulle sommer sien broeklosmaak
langs die bus nie - hulle het daarvoor maar geduldig kom toustaan in die
toeristekompleks.
|
|
|
|
|
|
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #21984 is 'n antwoord op boodskap #21903] |
Mon, 22 March 1999 00:00   |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan (In oortje gehapt!) skryf:
> Spoeg is vir my ook nie mooi nie, Gloudina, maar ek praat van swart mans in SA
> wat sommer netso in sy spore langs die pad stop, nie eers agter 'n boom of iets
> gaan staan nie, net daar sy ding uithaal en groot stroom piepie.
Nou is ons terug by 'n gesprek van 'n tyd gelede oor kulturele vooroordele,
Johan. As jy vir 'n swartman vra hoekom hy so 'n aanstootlike daad pleeg, sê
hy die ou wat kyk is aanstootlik!
Dit herinner my aan die keer toe ek by Twee Rivieren in die Gemsbokpark
gekamp het. Toe stop daar laatmiddag 'n bussie met Europese studente reg
langs ons. Die meisies klim uit en begin verklee tot 'n minimum eenstuk daar
reg voor ons. Ek wou nie aanstoot gee nie, toe kyk ek maar weg, soos julle
seker sal glo.
Dieselfde ding by Vic Falls se munisipale kampeerterrein ervaar met die
'backpackers'. Dis net, hulle tentjies is so klein, daar is nie plek vir
verklee binne nie. Eendag skryf ek nog 'n boek 'Birdwatching for the tired
traveller'!
Groete
Henri
|
|
|
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #21985 is 'n antwoord op boodskap #21903] |
Mon, 22 March 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 22 Mar 1999 18:04:50 +0200, "Henri Burger" wrote:
|Johan (In oortje gehapt!) skryf:
|
|>Spoeg is vir my ook nie mooi nie, Gloudina, maar ek praat van swart mans in
|SA
|>wat sommer netso in sy spore langs die pad stop, nie eers agter 'n boom of
|iets
|>gaan staan nie, net daar sy ding uithaal en groot stroom piepie.
|
|Nou is ons terug by 'n gesprek van 'n tyd gelede oor kulturele vooroordele,
|Johan. As jy vir 'n swartman vra hoekom hy so 'n aanstootlike daad pleeg, sê
|hy die ou wat kyk is aanstootlik!
|
Ja, ek gaan saam met wat jy sê. Dis nou juis die kulturele verskille en
vooroordele wat die lewe so moeilik maak. Dis waar die vraag van akkommodering
inkom. Wat akkommodeer jy en wat akkommodeer jy nie. Ek weet nie - ek het nie
die antwoord nie.
Ons was gewoond aan byvoorlbeeld die gulpaftrek langs die pad in SA - so ons het
dit daar geakkommodeer. Wat sou my reaksie destyds daar wees as 'n wit ou dit
gedoen het - sou ek dit ook so gelate aanvaar het?
|
|
|
|
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #22025 is 'n antwoord op boodskap #21903] |
Tue, 23 March 1999 00:00   |
crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102 Geregistreer: May 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan, jy het obviously nog nie in 'n 5k/10k of 'n 1/2 marathon op 'n
Saterdagoggend (in Pretoria) deelgeneem nie.
Dan word die sosiale sluiers gelig en die manne staan sommer net daar en
doen die ding - 'n boom is te vér en dit steel 'n ekstra 10 sek...........en
het jy al van ''runners' trots'' gehoor?
Ek kan egter nie namens die dames uitspraak lewer nie.
Johan (In oortje gehapt!) skryf in boodskap news:36f6c402.539473091@news.citilink.com...
> On Mon, 22 Mar 1999 18:04:50 +0200, "Henri Burger" wrote:
>
> |Johan (In oortje gehapt!) skryf:
> |
> |>Spoeg is vir my ook nie mooi nie, Gloudina, maar ek praat van swart mans in
> |SA
> |>wat sommer netso in sy spore langs die pad stop, nie eers agter 'n boom of
> |iets
> |>gaan staan nie, net daar sy ding uithaal en groot stroom piepie.
> |
> |Nou is ons terug by 'n gesprek van 'n tyd gelede oor kulturele vooroordele,
> |Johan. As jy vir 'n swartman vra hoekom hy so 'n aanstootlike daad pleeg, s�
> |hy die ou wat kyk is aanstootlik!
> |
> Ja, ek gaan saam met wat jy sê. Dis nou juis die kulturele verskille en
> vooroordele wat die lewe so moeilik maak. Dis waar die vraag van akkommodering
> inkom. Wat akkommodeer jy en wat akkommodeer jy nie. Ek weet nie - ek het nie
> die antwoord nie.
>
> Ons was gewoond aan byvoorlbeeld die gulpaftrek langs die pad in SA - so ons het
> dit daar geakkommodeer. Wat sou my reaksie destyds daar wees as 'n wit ou dit
> gedoen het - sou ek dit ook so gelate aanvaar het?
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #22087 is 'n antwoord op boodskap #21903] |
Thu, 25 March 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
>> die bruin man wat my pa op die erf
>> gehelp het
>
>> Gloudina
>
> Hmmmm.......
>
> So jou pa was ook 'n onderdrukker?
Ja, Leendert, ongelukkig. My pa se voorsaat
het aan die begin van die agtiende eeu hier in
suidelike Afrika geland, 'n verarmde matroos.
Maar kort voor lank toe begin die mense soos hy
uit Europa vir hulle verwerdig om te dink die
land is hulle s'n. Hulle plant amandelheinings
en hulle trek die binneland in en die vreedsame
Korakwas begin hulle Groot Trek na die noorde.
Het jy geweet dat daar 'n Groot Trek van die
Korakwas was lank voor die Groot Trek van die
neëntiende eeu, Leendert?
En so het dit aangegaan. Die Europese mense
het vanaf die suide opgetrek, deur die lande van die
Namakwas en van die Korannas. Die eilande
van die Oranje was bewoon deur drie stamme van
die Eynikwa (of Riviervolk): die Namnykwas -
(Karosdraers) op die eilande bokant die Aughrabies,
die Kaukwa (Snyersvolk) op die eilande wes van
Keimoes en die Aukokwa op die eilande oos van
Keimoes. Uiteindelik is hulle uit hulle woonplekke
uitgestoot en moes hulle plekmaak vir die nasate
van die mense uit Europa. Op Kakamas mog hulle
geen grond besit, en dit in 'n ontwikkelings-skema
wat deur die Nederduits-Gereformeerde Kerk geskep
is. Die enigste heenkome was om vir die nasate van
die mense uit Europa te werk. Hulle was nie toegelaat
om op die eilande te bly nie, moes in die droë bulte
in kroeke woon, ver van die rivier se walle of die
kanale wat die nasate van die mense uit Europa vir
hulle langs die rivier gegrawe het.
En dit, my liewe Leendert, is 'n storie wat jy nooit
moet vergeet nie. Een van die stories wat jy vir jou
kinders moet vertel, anders ken hulle nie die volle waar-
heid oor die land waarin hulle bly nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #22092 is 'n antwoord op boodskap #21903] |
Thu, 25 March 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 25 Mar 1999 19:05:40 GMT, wrote:
| Hierdie besigheid van die handskud slaan
| my dronk. Ek het vir baie jare in Natal
| en die ou Oostelike Provinsie skoolgehou
| in swart skole (dus onder Zulus en Xhosas)
| en ek het nooit een van daardie dubbeldoor
| handskudde gehad waarvan jy praat nie. Was
| dit nie maar jy wat van die opinie was dat
| die swart persoon dit van jou verwag het
| en dit dus aangevoor het nie, en dan is die
| persoon te beleefd om vir jou aanstoot te
| gee?
Nee, ek hou nie juis daarvan nie en het dit nooit aangevoor nie - maar ek het
dit baie wyd teegekom - al my swart studente wat altyd terug gekom het het so
gegroet, maar Leendert sê dit kan modern wees (hy sê ook agterbuurtes, maar dis
defnitief nie 'n skollie gewoonte nie.)
Justus Tsungu het ook altyd op TV so gegroet....
| En oor kultuurskok: toe ek by Adams College
| begin skoolhou het, was die grootste kultuur-
| skok die feit dat die Amerikaners daar hulle
| kos meestal met 'n vurk eet, en dat die vrou-
| mense baie geredelik rondloop in sokkies, iets
| wat volwasse vroumense nie maklik in daardie
| dae in SA gedoen het nie. En hoe het ons agter
| ons vuiste gelag vir die Amerikaners se Thanks-
| giving vierings, kompleet met square dancing
| en pampoene en mieliestronke. Nou is dit vir
| my tweede natuur.
|
Ek kry nie die gevurketery reg nie en hou maar by my ou mes-en-vurk ete.
Maar ons loop ook al netso gedurig met die sokkies in die huis. En by die
voordeur staan al ons skoene op 'n ry, Mammie verbied dit van die teels af!!
Die sneeu mors darm net te veel.
|
|
|
|
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #22115 is 'n antwoord op boodskap #21903] |
Fri, 26 March 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message En oor kultuurskok: toe ek by Adams College[/color]
> begin skoolhou het, was die grootste kultuur-
> skok die feit dat die Amerikaners daar hulle
> kos meestal met 'n vurk eet,
Ek het uitgewerk waar dit vandaan kom:
Amerikaanse kinders eet oor die algemeen hul middagete by die skool in 'n
kafeteria (dikwels ontbyt ook, deesdae).
In die skoolkafeteria word messe nie toegelaat nie - die kinders sny en
steek mekaar daarmee, eerder as die kos.
So die arme goed moet vroeg leer om sonder mes klaar te kom.
Maar hoekom so baie van hulle nog boonop met oop monde kou, kon ek nog nie
verklaar nie. Dalk is dit sommer net gebrek aan opvoeding.
|
|
|
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #22116 is 'n antwoord op boodskap #21903] |
Fri, 26 March 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 26 Mar 1999 01:09:24 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|Maar hoekom so baie van hulle nog boonop met oop monde kou, kon ek nog nie
|verklaar nie. Dalk is dit sommer net gebrek aan opvoeding.
|
|
Wanneer word die soort van ding kultuur wat 'n mens moet akkommodeer?
Leendert, jy bad darem seker af en toe - dalk nog meer van 'n afskuwelike
gewoonte as om oopmond te kou: jy sit daar in jou eiei vuil en spoel jouself
selfs daarmee af - regtig grillerig!
En dan jou skoene, Leendert!!!! Hoe gereeld was jy die binnekant daarvan uit?
Of dra jy jou skoene vir hulle hele leeftyd sonder om hulle binne te was? Sies!
Jy sien, wat vir een ou afstootslik is, is vir 'n ander aanvaarbaar....
|
|
|
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #22117 is 'n antwoord op boodskap #21903] |
Fri, 26 March 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 26 Mar 1999 01:09:24 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|
|So die arme goed moet vroeg leer om sonder mes klaar te kom.
|
Jy sit die pot heel mis met die een - hulle gebruik messe - sny eers alles klaar
en dan kom die mes bo dwars oor die bord en word die fyngesnyde kos verder met
die vurk geeet.
|
|
|
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #22118 is 'n antwoord op boodskap #21903] |
Fri, 26 March 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...
> On Thu, 25 Mar 1999 18:35:47 GMT, oos...@geocities.com wrote:
> |Volgens my 'n Tsotsigewoonte (waarskynlik uit die agterbuurtes van Amerika)
> |waarvoor ordentlike mense (swart of wit) hulle nie inlaat nie.
> |
> Ek het dit die eerste keer teegekom by 'n ou ledeprediker in die verre noord
> oosTransvaal - hy sou beslis geen invloed gehad het van uit Amerika se
> agterbuurtes nie.
Jy's reg. Ek het bietjie navraag gedoen. Die multigreepgroet is inderdaad 'n
ou gebruik (in elk geval onder die Noordelike stamme). Maar dit was altyd
gereserveer vir spesiale geleenthede - baie spesiaal, soos wanneer iemand
terugkom van 'n lang verblyf elders, of van sy inisisasieskool, of
gelukgewens word met 'n huwelik of so iets.
|
|
|
Re: Moet ons regtig akkommoderend wees? [boodskap #22119 is 'n antwoord op boodskap #21903] |
Fri, 26 March 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>>> die bruin man wat my pa op die erf
>>> gehelp het
>>
>>> Gloudina
>>
>> Hmmmm.......
>>
>> So jou pa was ook 'n onderdrukker?
>
> Ja, Leendert, ongelukkig. My pa se voorsaat
> het aan die begin van die agtiende eeu hier in
> suidelike Afrika geland, 'n verarmde matroos.
> Maar kort voor lank toe begin die mense soos hy
> uit Europa vir hulle verwerdig om te dink die
> land is hulle s'n. Hulle plant amandelheinings
> en hulle trek die binneland in
En buit die arme inboorlinge uit en verryk hulleself.
En in plaas daarvan dat jy jou ereskuld betaal deur by te dra uit die
voordele wat jy uit hierdie erfenis gekry het, kreun jy "skuldig, skuldig,
skuldig", en skedadle Kanada toe met die buit en die opvoeding om die
voordele daar te gaan geniet.
Dis nog 'n betekenis van "apartheidsvraat".
> en die vreedsame
> Korakwas begin hulle Groot Trek na die noorde.
> Het jy geweet dat daar 'n Groot Trek van die
> Korakwas was lank voor die Groot Trek van die
> neëntiende eeu, Leendert?
Liewe Gloudina. Weet jy waarom Griekwaland-Oos en Griekwaland-Wes weerskante
van die Vrystaat lê, amper 1000 km uitmekaar? Weet jy van enige Griekwas in
Griekwaland-Oos? Weet jy hoe en wanneer die Basters die gebied by Rehoboth
beset het? Ken jy die verskil tussen die mense van Transkei en Ciskei (Weet
jy wat "fingo" - "mfengu" beteken?) Weet jy hoe dit kom dat Ngunisprekers
hul hoofstad Buluwayo noem - met Shonas aan die een kant en Tswanas aan die
ander? Het jy geweet dat die Barolong _saam_ met die Voortrekkers getrek het
deur die Vrystaat en by Vegkop was? Weet jy dat die Republiek van Stellaland
bestaan het uit 400 plase wat deur die Koranna geskenk is aan 400 Boere wat
as huursoldate in hul diens was in een of ander oorlog?
Die punt is dit: Die bedrywighede van Chaka het ganse bevolkings in die
twintigerjare van die vorige eeu, vir die volgende tagtig jaar in beroering
gesit, van die Kaap tot in die Groot Meregebied van midde-Afrika. Die Groot
Trek was maar net een van die baie volksverhuising in daardie tyd, en 'n
peipkleintjie waar dit getalle aangaan. Onlangse ontledings suggereer dat
die Groot Trek nie soseer deur die boosheid van Perfidious Albion veroorsaak
is nie, as deur die bevolkingsdruk wat in die Oos-Kaap ontstaan het as
gevolg van Chaka se Difequane in die Noorde.
Spaar maar jou vader die sensuur van jou politieke korrektheid, en gee
liewer die voordeel daarvan aan die mense in Kanada. Hulle het dit nodig.
Hulle probeer nou wat ons in die vyftigerjare probeer het.
> En so het dit aangegaan. Die Europese mense
> het vanaf die suide opgetrek, deur die lande van die
> Namakwas en van die Korannas. Die eilande
> van die Oranje was bewoon deur drie stamme van
> die Eynikwa (of Riviervolk): die Namnykwas -
> (Karosdraers) op die eilande bokant die Aughrabies,
> die Kaukwa (Snyersvolk) op die eilande wes van
> Keimoes en die Aukokwa op die eilande oos van
> Keimoes. Uiteindelik is hulle uit hulle woonplekke
> uitgestoot en moes hulle plekmaak vir die nasate
> van die mense uit Europa. Op Kakamas mog hulle
> geen grond besit, en dit in 'n ontwikkelings-skema
> wat deur die Nederduits-Gereformeerde Kerk geskep
> is. Die enigste heenkome was om vir die nasate van
> die mense uit Europa te werk. Hulle was nie toegelaat
> om op die eilande te bly nie, moes in die droë bulte
> in kroeke woon, ver van die rivier se walle of die
> kanale wat die nasate van die mense uit Europa vir
> hulle langs die rivier gegrawe het.
> En dit, my liewe Leendert, is 'n storie wat jy nooit
> moet vergeet nie. Een van die stories wat jy vir jou
> kinders moet vertel, anders ken hulle nie die volle waar-
> heid oor die land waarin hulle bly nie.
Inderdaad! (Ek het jou al tevore gesê dat hierdie nuusgroep - soms - baie
waardevolle hulpbronne vir onderwys voorsien).
Kinders, Kyk! Dit is hoe skynheiligheid lyk.
Hierdie ouvrou in Kanada. Sy kapittel graag oom Johan in Minnesota omdat hy
sy eie waardestelsel toepas op mense van ander kulture. In daardie opsig
dink ek nie sy is te ver verkeerd nie. Maar kyk nou hier hoe aanmatigend
dwing sy haar eietydse moraliteit op aan mense van 'n ander tyd as haar eie.
Maar dis nog nie al nie. Hierdie vrou het die voordele van die dinge geniet
wat sy nou so verafsku. In plaas daarvan dat sy sommige daarvan terugploeg
in die gemeenskappe wat, volgens haar, so uitgebuit is, leef sy op die vet
van hierdie land in anderland.
Vir hierdie week se opstel kan julle kies tussen:
a) slawerny, dwinglandy en uitbuiting van arbeid as meganisme vir
tegnologie-oordrag deur die eeue; en
b) politieke korrektheid as selektiewe etiek.
Baie liefde, Pappa.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 18:32:09 UTC 2025
|