Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wat is kleur tog nou!!!!!!!!!!!
Re: Wat is kleur tog nou!!!!!!!!!!! [boodskap #21976] Ma, 22 Maart 1999 00:00
Helen Bush  is tans af-lyn  Helen Bush
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek gee regtig nie om as mense die onder bevoordele mense van die wereld wil
help nie, en ek gee ook nie om as hulle my voor vaders daaroor verwyt (oor
die apartheid nie) maar doen dit asseblief omdat julle regtig omgee en nie
net om julle self te laat goed voel nie.

Ek woon in Engeland (nou al vir 2 jaar) en ek sal vir jou se, toe ek as n
jong meisie op n plaas in die Oos Transvaal groot geword het en met my swart
maatjies gespeel het, het my ouma en oupa nie vir my gese ek mag nie met
hulle speel nie, want hulle is swart nie, of moenie jou hand in dieselfde
pap pot sit as daai swart kind nie, ek was toegelaat om hulle te aanvaar as
die persone wat hulle was en hulle vir my.

Ek is verbaas oor die dinge wat ek hier in Engeland beleef. Moeders wat nie
wil he hulle kinders moet met swart kinders speel nie. "No you can't invite
her to your party, she is a coloured". Ek dink ek het dit nou een maal te
veel gehoor.

Sal ons tog ooit eendag leer.

Andi
Vorige onderwerp: gedichten en verhalen
Volgende onderwerp: Re: Tweegesig!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 09:10:28 MGT 2024