Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kanada se tuisland vir Eskimos
Kanada se tuisland vir Eskimos [boodskap #21759] |
Sun, 14 March 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hoekom lyk die volgende beriggie so vreeslik bekend?
Nunavut, Canada
Dateline: 09/14/98
Despite the fact that only thirteen percent of Canadians are aware of its
existence, Canada is gaining a new territory on April 1, 1999. This new
territory, called Nunavut, will occupy the eastern part of Canada's
Northwest Territories ( map).
Nunavut, which means "our land" in the Inuit language, will be the first
self-governing indigenous territory in North America. On April 1, a
19-member legislative council begins governance of this territory. Nunavut
covers one-fifth of Canada's land area but at 22,000 people, includes less
than one percent of its population. Eighty-five percent of Nunavut's
residents are indigenous Inuit.
The new capital city of Iqaluit (Nunavut's largest city with a population of
4,000) lies less than three degrees south of the Arctic Circle. In June it
receives twenty-four hours of daylight and in December receives only six
hours of daylight. Iqaluit is one of twenty-eight settlements in Nunavut.
The region's primary communications are radiophones that are often unusable
due to solar disruption. The new territory is not linked by road to southern
Canada and the primary means of transportation to southern Canada, as well
as between villages, is by airplane.
The territorial government will consist of approximately 2,200 employees
(one-tenth of the total population!). The government will have the challenge
of dealing with low levels of economic activity and high rates of
unemployment, alcoholism, drug abuse, and suicide. The Canadian federal
government will heavily subsidize the territory.
As of April 1, Canada will be divided into ten, quasi-autonomous provinces
and three territories. The ten provinces are Alberta, British Columbia,
Manitoba, New Brunswick, Newfoundland, Nova Scotia, Ontario, Price Edward
Island, Quebec, and Saskatchewan. Nunavut, Northwest Territories, and Yukon
Territory are the three territories.
------------------------------------------------------------ ----------------
----
|
|
|
Re: Kanada se tuisland vir Eskimos [boodskap #21760 is 'n antwoord op boodskap #21759] |
Sun, 14 March 1999 00:00   |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert,
Hierdie is 'n interresante onderwerp, en ek is bereid om 'n sinvolle gesprek
daaroor te voer. Maar moenie, voor ons eers begin het, my woorde verdraai
nie.
Jy se "....en nee, anders as wat jy beweer het, is dit nie 'n outonome
provinsie nie, maar 'n onderhorige "territory")"
Hier is wat ek regtig gese het: "Verwys jy na die NWT ('n "territory" van
Kanada met meer
outonomiteit as 'n provinsie in SA) wie se mense gestem het om in twee te
verdeel (Nunavut en die NWT)...."
Die NWT, soos ek gese het, en soos die "T" daarin aandui, 'n territory. So
ook is Nunavut.
So Leendert, laat my weet of jy regtig belang stel om hieroor te gesels, en
of jy net speletjies wil speel.
Bees
Bees
|
|
|
Re: Kanada se tuisland vir Eskimos [boodskap #21761 is 'n antwoord op boodskap #21759] |
Sun, 14 March 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
"Bees" wrote:
> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>> Hoekom lyk die volgende beriggie so vreeslik bekend?
>>
>> Nunavut, Canada
>
> Sorry Leendert, maar wat is jou punt?
>
> Bees
Die beskrywing van Nunavut lyk vir my soos 'n beskrywing van een van die
minder lewensvatbare "bantutuislande" in die "ou Suid-Afrika".
Maar sê my Bees, oor daai ander sakie wat jy blykbaar wil begrawe:
In watter opsigte verskil die toestaan van selfregering aan die streek Nunavut
(en nee, anders as wat jy beweer het, is dit nie 'n outonome provinsie nie,
maar 'n onderhorige "territory") en verskeie nader vorme van kultuurregte in
Kanada van die vorming van volkstate?
Groete, Leendert
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
Re: Kanada se tuisland vir Eskimos [boodskap #21783 is 'n antwoord op boodskap #21759] |
Mon, 15 March 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bees wrote in message ...
> Leendert,
>
> Hierdie is 'n interresante onderwerp, en ek is bereid om 'n sinvolle gesprek
> daaroor te voer. Maar moenie, voor ons eers begin het, my woorde verdraai
> nie.
>
> Jy se "....en nee, anders as wat jy beweer het, is dit nie 'n outonome
> provinsie nie, maar 'n onderhorige "territory")"
>
> Hier is wat ek regtig gese het: "Verwys jy na die NWT ('n "territory" van
> Kanada met meer
> outonomiteit as 'n provinsie in SA) wie se mense gestem het om in twee te
> verdeel (Nunavut en die NWT)...."
Oeps!
Jy's reg, en ek is jammer.
En anders as wat jy mag dink (en wat Gloudina beweer) speel ek nie
speletjies bloot ter wille van 'n argument nie.
Vir so iets sou ek, soos Gloudina se oupa, liewer die geselskap van my
kinders opsoek.
|
|
|
|
Re: Kanada se tuisland vir Eskimos [boodskap #21835 is 'n antwoord op boodskap #21759] |
Tue, 16 March 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bees wrote in message ...
> Kom ons praat oor die verskille (of ooreenkomste) tussen die volgende:
>
> * Die "Volkstaat"-idee, soos deur sekere (hoofsaaklik regsdenkende
> Afrikaner) mense in SA voorgestel;
> * Die totstandkoming van 'n nuwe territory in Kanada, Nunavut.
>
> Hierdie is verseker 'n onderwerp wat deeglike analise regverdig
Stem saam so 'n analise kan baie insiggewend wees. (Ek sien Gloudina het ook
daarmee begin).
maar ek
> dink, as 'n begin, dat daar meer (of minstens groter) verskille is as
> ooreenkomste.
Behoort so 'n stelling nie gehou te word tot aan die einde van 'n analise
nie? Dit lyk vir my na die soort van ding wat eintlik deel vorm van 'n
gevolgtrekking.
Of is dit 'n aanname wat jy gebruik as uitganspunt?
>
> Die enigste bree ooreenkoms, dink ek, is die idee van 'n vorm van
> outonomiteit wat nagestreef word. Verder sal 'n volkstaat in SA waarskynlik
> nie ekonomies onafhanklik wees nie, net soos Nunavut.
OK, dis twee ooreenkomste.
Ek sou graag oor die tweede een wou debateer.
> Ek sien egter
> onmiddelik die volgende groot verskille:
>
> * In wese is Nunavut 'n idee VIR die Inuit, terwyl die Volkstaat
> hoofsaaklik, glo ek, 'n idee TEEN ander mense, veral nie-blankes, is.
> Natuurlik is die stelling aanvegbaar, maar in my opinie is die hele
> volkstaat-konsep gebore uit xenophobie en vooroordeel. Die Volkstaat idee,
> volgens die Bees-woordeboek, is 'n negatiewe, vyandige idee, en die
> Nunavut-idee nie (of ten minste nie naastenby in dieselfde liga nie.)
Ek is ook van oordeel dat xenofobie en vooroordeel onder Afrikeners bestaan,
insluitende onder volkstaatvoorstanders. Miskien selfs meer as onder die
Inuit.
Ek sou egter graag wil weet waarop jy jou gevolgtrekking grond dat die
volkstaatkonsep uit xenofobie en vooroordeel gebore is.
Wat hierby aansluit, is dat jy jou oordeel uitsluitlik grond op jou eie
persepsies van die motiverings van volkstaatvoorstanders (dis nou as ek jou
stelling oor "die Bees-woordeboek" korrek verstaan).
Wat ek graag sou wou weet, is of jy enige volkstaatvoorstanders geraadpleeg
het oor hul motiverings, of emige van hul gepubliseerde uitlatings oor die
onderwerp?
>
> * Die Inuit van Nunavut was die eerste (en tot vandag min of meer die
> enigste) inwoners van Nunavut. Hulle wil niemand daar verdryf nie,
Want niemand anders wil daar gaan woon nie.
> en daar
> is heelwat verteenwoordiging van nie-Inuit in die regering van Nunavut.
> Enige Kanadees kan daar gaan woon, sonder beperking.
Ja. Die Inuit het, anders as die meeste ander eerste volke in Kanada wat
politieke strukture het, gekies vir "public government" eerder as vir
etniese regering. Die rede daarvoor is dat 85% van die bevolking van Nunavut
aan die Inuitgroep behoort.
Ek verstaan egter dat hulle, as politieke strategie, steeds die opsie
voorbehou om hul reg op etniese regering uit te oefen indien dit vir hulle
nodig sou word.
> Dit verskil radikaal
> van die volkstaat-idee - blankes wat grond wat verseker histories deur ander
> (swart) mense voor hulle gebruik is, wil onteien.
Wat is die regsgronde waarop so 'n "onteiening" sou kon geskied, en wat is
die regsgronde wat volkstaatvoorstanders voorsien as wat hulle sou kon
gebruik?
> Verder wil hulle nie
> regtig anderkleuriges (en andersdenkendes!) van enige kleur daar he nie.
> (Die odd bediende uitgesluit.)
Waarop grond jy jou idee oor "die volkstaat-idee"?
>
> * Die mense van Nunavut het net gevra vir die stuk aarde wat hulle
> oorspronklik gehad het - hulle het geen ambisies gehad om, byvoorbeeld, 'n
> stuk baie meer (ekonomies) waardevolle land erens ander in Kanada te verkry
> nie. Mens moet die stuk aarde in perspektief sien -
Yessss!
ek glo ek is een van
> die min mense (miskien die enigste?) op hierdie NG wat al 'n klein bietjie
> van die "barrenlands" gesien het. Nunavut is tundra, ongeveer dieselfde
> grootte as die HELE SA (omtrent 2 miljoen vk km!) en daar woon net 25,000
> mense. Doen die "math" - amper 100 vk km per persoon. Daar is bitter min in
> terme van (westerse) ekonomiese aktiwiteit. Die gemiddelde jaarlikse
> temperatuur is onder vriespunt.
Korrek. Amper elke duim daarvan is permanent onder sneeu of ys. Behalwe vir
'n handjievol diamante, pelsrobbe en bietjie vis is daar letterlik niks. Nog
meer as die geval met warm woestyne, is die ekologie van yswoestyne
ontsettend kwesbaar. Metaboliese en bilogiese siklusse is so stadig in die
koue dat die geringste skade 'n massiewe impak oor 'n lang tyd het op die
populasies van organismes in so 'n gebied. (Of so het ek verneem van die
bioloë saam met wie ek Antarktika en die sub-antarktiese eilande besoek
het - so ek het bietjie van 'n idee van die "barren lands" waarvan jy
praat.)
Om jou "math" in perspektief te plaas - dis amper soos om die inwoners van
Brits in die Sahara te plaas. (Behalwe dat die ekonomie van Brits seker 'n
paar ordegrotes sterker is en nader aan ekonomiese onafhanklikheid as die
van Nunavut.) En dan te spog oor hoe ruim
jou geskenk is. En: die Sahara is ten minste toeganklik per pad, en
deurkruis van handelsroetes.
> Die regering van Kanada sal die plek moet
> bly subsidieer, die grootste enkele nadeel. (Relatief tot Kanada se
> ekonomie, is die subsidie egter klein.)
Relatief tot die Kanadese bevolking is die bevolking van Nunavut negeerbaar
klein (22 000 mense). En dis 'n funksie van die onbewoonbaarheid van die
yswoestyn wat hier
ter sprake is. Die plek kan waarskynlik nie 'n groter bevolking, of groter
ekonomiese aktiwiteit onderhou nie. (Tensy Global Warming tot hul redding
kom :-)
>
> Dus, kortom, Nunavut is nie gebore uit vrees, afguns, en rassehaat nie -
> beskrywings wat ek vereenselwig met die SA volkstaat idee. Nunavut het baie
> meer te doen met die Inuit se behoefte om 'n area te bestuur wat hulle in
> elk geval bewoon.
OK.
My indruk is dat jy hoofsaaklik probeer om die _motiverings_ vir die
stigting van Nunavut en 'n afrikanervolkstaat met mekaar te vergelyk.
My vraag is oor die bronne wat jy gebruik wanneer jy gevolgtrekkings oor die
motiverings maak. Is hulle darem redelik akkuraat, betroubaar, en
verteenwoordigend, of is jy hoofsaaklik, soos Gloudina, aangewese op jou eie
ervarings en waarnemings?
Die waarde van jou eie waarnemings onderskat ek nie - ek vra net of jy ook
ander inligting geraadpleeg het - soos byvoorbeeld rekords van die Inuit se
politieke stryd om selfregering.
'n Ekwivalent sou wees die webblad van die
Volkstaatraad - 'n amptelike orgaan van die Suid-Afrikaanse parlement, wat
ingestel is volgens die grondwet.
Groete, Leendert
|
|
|
|
Re: Kanada se tuisland vir Eskimos [boodskap #21837 is 'n antwoord op boodskap #21759] |
Tue, 16 March 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Nou onlangs was daar 'n artikel in ons
> plaaslike koerant �The Ottawa Citizen� met
> die opskrif �South Africa without the beaches.�
> Die artikel was oor die totstandkoming van
> Nunavut op April 1, 1999 in oostelike arktiese
> Kanada. In dié artikel was daar ongeveer dieselfde
> opmerkings oor Nunavut as wat Leendert van
> Oostrum die afgelope tyd kwytgeraak het.
> Hier volg 'n deel van die antwoord wat gegee
> word deur John Amagoalik, Iqaluit Chair, Nunavut
> Implementation Commission:
> �This is another case where a journalist makes
> assumptions about Nunavut ... without attempting
> to understand the situation on the ground.
> Mr. Gardner has the gall to compare Nunavut
> with a Bantustan ... suggesting that the leadership
> of Nunavut is comparable to that of South Africa�s
> P.W. Botha and his gang of white supremacists...
> Mr. Gardner also wants his readers to believe
> that the government .... will behave like the nationa-
> list governments of Quebec ... there is no intention
> to introduce language laws ... there will be no language
> police walking around with rulers measuring the size
> of letters on commercial signs ....
> Mr. Gardner is worried that the Inuit ... will become
> dictators and oppress their minorities. [Hy maak dan
> 'n lys van mense in die Nunavut regering wat nie etniese
> Inuit is nie.]
> 'n Tweede brief aan die redakteur kom uit in steun
> van wat Mr. Gardner geskryf het. Hy sê: �Canada is
> indeed in grave danger of becoming the leading racist
> state of the 21st century .... all of a sudden, we celebrate
> the creation of a territory that is defined on racial lines.
> Even the boundary between Nunavut and the remainder
> of the N.W.T. was determined on racial lines .... Nunavut
> will indeed be a Bantustan of the North ... If we accept
> that autonomous regions should be created on the basis
> of ethnicity ... we must accept being defined as a racist
> country - just like the former South Africa.�
> Vir my persoonlik is die waarheid erens tussenin.
> Dit het noodsaaklik geword dat die baie baie groot
> North West Territories opgesplits word. As een politieke
> entiteit word die N.W.T. oorheers deur die Dene, 'n First
> Nation met verskillende groepe. Dit is m.i. 'n goeie ding
> dat dié deel waar die Inuit bly, 'n aparte provinsie word.
> Die Inuit van Kanada, Groenland en Rusland het baie
> in gemeen en soek aanhoudend kontak met mekaar. Nou
> onlangs het die Kanadese Inuit hulp begin stuur aan die
> Inuit van Rusland, wat honger ly in die slegte ekonomiese
> klimaat van Rusland. Ek dink dis goed dat die Inuit uitkom
> van onder die dominansie van die mense uit ander dele
> van die wereld wat die suide ingeneem het, en die groter
> en magtiger First Nations wat die res van Kanada bewoon.
'n Paar aspekte uit die bostaande wat my opval:
a) Dit lyk my asof, met die verdeling van die NWT, daar inderdaad _twee_
bantustans tot stand gekom het, en nie net een nie - een vir die Inuit en
een vir die Dene (met hulle verskillende groepe). Onder andere sou dit
impliseer dat ten minste twee van die drie polities onderhorige
"territories" van Kanada etnies gedefinieer is. Kan 'n mens sê dat een
outonome provinsie (Quebeck) ook etnies gedefinieer is?
b) Dit lyk asof John Amagoalik nie juis bewyse of argumente aanvoer om
onderskeid te tref tussen Nunavut en 'n bantustan nie. Al wat hy aanvoer is
'n bot ontkenning en 'n minitirade teen "white supremacists". Dit help ons
nie juis om te verstaan waarom hy reken dat Nunavut _nie_ 'n bantustan is
nie.
c) Agter Mnr Amagoalik se verwysings na taalhandhawing in Quebeck sit
daar duidelik 'n hele norrig Kanadese geskiedenis en politiek waarmee ek nie
bekend is nie. Ek moet my dus daarvan weerhou om daaroor kommentaar te
lewer.
d) Ek vind dit veelseggend dat Gloudina in hierdie geval oordeel dat
territoriale skeiding 'n goeie ding is om politieke outonomie te verseker
vir 'n etniese minderheidsgroep. Die oorwegings wat sy hierbo gee is
identies aan die soort oorwegings wat geld by gebiedskeiding tussen
(byvoorbeeld) die Transkei en Ciskei, en tussen die Venda en die
Noord-Sotho. Dit is natuurlik 'n heel "outydse" meganisme. Die enigste soort
wat vir die skeppers van "afsonderlike ontwikkeling" beskikbaar was. En vir
die regerings van Turkeye en Griekeland met die groot bevolkingsuitruiling
van sestig jaar gelede. Ek sien sommige Afrikaleiers beveel dit ook aan vir
Rwanda en Burundi. Is daar nie soortgelyke verwikkelinge in Joegoslawië nie?
e) Ek dink egter dat die idee van verskillende vlakke van etniese
outonomie, wat nie noodwendig aan grondgebied gekoppel is nie (soos dié
waarop sommige ander "first nations" in Kanada aanspraak maak), een van die
meer belowende ontwikkelings is wat nou weer in die na-moderne tyd vir ons
beskikbaar word. Die idee is nie nuut nie. Ek het tevore daarop gewys dat
dit in antieke tye en in die middeleeue 'n algemene praktyk was.
|
|
|
Re: Kanada se tuisland vir Eskimos [boodskap #21838 is 'n antwoord op boodskap #21759] |
Tue, 16 March 1999 00:00   |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kom ons praat oor die verskille (of ooreenkomste) tussen die volgende:
* Die "Volkstaat"-idee, soos deur sekere (hoofsaaklik regsdenkende
Afrikaner) mense in SA voorgestel;
* Die totstandkoming van 'n nuwe territory in Kanada, Nunavut.
Hierdie is verseker 'n onderwerp wat deeglike analise regverdig maar ek
dink, as 'n begin, dat daar meer (of minstens groter) verskille is as
ooreenkomste.
Die enigste bree ooreenkoms, dink ek, is die idee van 'n vorm van
outonomiteit wat nagestreef word. Verder sal 'n volkstaat in SA waarskynlik
nie ekonomies onafhanklik wees nie, net soos Nunavut. Ek sien egter
onmiddelik die volgende groot verskille:
* In wese is Nunavut 'n idee VIR die Inuit, terwyl die Volkstaat
hoofsaaklik, glo ek, 'n idee TEEN ander mense, veral nie-blankes, is.
Natuurlik is die stelling aanvegbaar, maar in my opinie is die hele
volkstaat-konsep gebore uit xenophobie en vooroordeel. Die Volkstaat idee,
volgens die Bees-woordeboek, is 'n negatiewe, vyandige idee, en die
Nunavut-idee nie (of ten minste nie naastenby in dieselfde liga nie.)
* Die Inuit van Nunavut was die eerste (en tot vandag min of meer die
enigste) inwoners van Nunavut. Hulle wil niemand daar verdryf nie, en daar
is heelwat verteenwoordiging van nie-Inuit in die regering van Nunavut.
Enige Kanadees kan daar gaan woon, sonder beperking. Dit verskil radikaal
van die volkstaat-idee - blankes wat grond wat verseker histories deur ander
(swart) mense voor hulle gebruik is, wil onteien. Verder wil hulle nie
regtig anderkleuriges (en andersdenkendes!) van enige kleur daar he nie.
(Die odd bediende uitgesluit.)
* Die mense van Nunavut het net gevra vir die stuk aarde wat hulle
oorspronklik gehad het - hulle het geen ambisies gehad om, byvoorbeeld, 'n
stuk baie meer (ekonomies) waardevolle land erens ander in Kanada te verkry
nie. Mens moet die stuk aarde in perspektief sien - ek glo ek is een van
die min mense (miskien die enigste?) op hierdie NG wat al 'n klein bietjie
van die "barrenlands" gesien het. Nunavut is tundra, ongeveer dieselfde
grootte as die HELE SA (omtrent 2 miljoen vk km!) en daar woon net 25,000
mense. Doen die "math" - amper 100 vk km per persoon. Daar is bitter min in
terme van (westerse) ekonomiese aktiwiteit. Die gemiddelde jaarlikse
temperatuur is onder vriespunt. Die regering van Kanada sal die plek moet
bly subsidieer, die grootste enkele nadeel. (Relatief tot Kanada se
ekonomie, is die subsidie egter klein.)
Dus, kortom, Nunavut is nie gebore uit vrees, afguns, en rassehaat nie -
beskrywings wat ek vereenselwig met die SA volkstaat idee. Nunavut het baie
meer te doen met die Inuit se behoefte om 'n area te bestuur wat hulle in
elk geval bewoon.
Bees
|
|
|
Re: Kanada se tuisland vir Eskimos [boodskap #21839 is 'n antwoord op boodskap #21759] |
Tue, 16 March 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nou onlangs was daar 'n artikel in ons
plaaslike koerant "The Ottawa Citizen" met
die opskrif "South Africa without the beaches."
Die artikel was oor die totstandkoming van
Nunavut op April 1, 1999 in oostelike arktiese
Kanada. In dié artikel was daar ongeveer dieselfde
opmerkings oor Nunavut as wat Leendert van
Oostrum die afgelope tyd kwytgeraak het.
Hier volg 'n deel van die antwoord wat gegee
word deur John Amagoalik, Iqaluit Chair, Nunavut
Implementation Commission:
"This is another case where a journalist makes
assumptions about Nunavut ... without attempting
to understand the situation on the ground.
Mr. Gardner has the gall to compare Nunavut
with a Bantustan ... suggesting that the leadership
of Nunavut is comparable to that of South Africa's
P.W. Botha and his gang of white supremacists...
Mr. Gardner also wants his readers to believe
that the government .... will behave like the nationa-
list governments of Quebec ... there is no intention
to introduce language laws ... there will be no language
police walking around with rulers measuring the size
of letters on commercial signs ....
Mr. Gardner is worried that the Inuit ... will become
dictators and oppress their minorities. [Hy maak dan
'n lys van mense in die Nunavut regering wat nie etniese
Inuit is nie.]
'n Tweede brief aan die redakteur kom uit in steun
van wat Mr. Gardner geskryf het. Hy sê: "Canada is
indeed in grave danger of becoming the leading racist
state of the 21st century .... all of a sudden, we celebrate
the creation of a territory that is defined on racial lines.
Even the boundary between Nunavut and the remainder
of the N.W.T. was determined on racial lines .... Nunavut
will indeed be a Bantustan of the North ... If we accept
that autonomous regions should be created on the basis
of ethnicity ... we must accept being defined as a racist
country - just like the former South Africa."
Vir my persoonlik is die waarheid erens tussenin.
Dit het noodsaaklik geword dat die baie baie groot
North West Territories opgesplits word. As een politieke
entiteit word die N.W.T. oorheers deur die Dene, 'n First
Nation met verskillende groepe. Dit is m.i. 'n goeie ding
dat dié deel waar die Inuit bly, 'n aparte provinsie word.
Die Inuit van Kanada, Groenland en Rusland het baie
in gemeen en soek aanhoudend kontak met mekaar. Nou
onlangs het die Kanadese Inuit hulp begin stuur aan die
Inuit van Rusland, wat honger ly in die slegte ekonomiese
klimaat van Rusland. Ek dink dis goed dat die Inuit uitkom
van onder die dominansie van die mense uit ander dele
van die wereld wat die suide ingeneem het, en die groter
en magtiger First Nations wat die res van Kanada bewoon.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
Re: Kanada se tuisland vir Eskimos [boodskap #21878 is 'n antwoord op boodskap #21759] |
Thu, 18 March 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> j...@gmx.net (JLR) writes:
>
>> Leendert, jy kan hier pos dat Moeder Teresa gesê het 1+1=2, en Hendrik
>> Verwoerd het ook gesê 1+1=2, en hulle sal vir jou vertel dat Tant Teresa
>> reg was, 1+1 is wel 2, maar Oom Hennerik het soos gewoonlik weer 'n
>> veragtelike apartheidsvark fout tipies van die gemiddelde agterlike
>> Afrikaner wat nog nie die lig gesien het nie en nog steeds in Suid-
>> Afrika sit en verlang na die goeie ou dae toe hulle die kaffers kon
>> eksploiteer en ryk word van die vrugte van apartheid gemaak en 1+1 is nie
>> 2 as hy dit sê nie.
>
>
> Jy vergeet natuurlik, Mr. Le Riche, dat
> Hendrik Verwoerd 'n Nederlander was en
> nie 'n Afrikaner in murg en bloed nie.
Is dit nou soos jou kinders, Gloudina? Wat in SA gebore is en dus volgens
jou nie Kanadese is in murg en bloed nie?
Ons mag dus niks wat jou kinders sê beskou as verteenwoordigend van Kanadese
nie?
> Jy vergeet ook, Mr. Le Riche, dat die
> geskiedenis bewys het dat Verwoerd op
> 'n dwaalpad was en meer skade as goed
> aan die reputasie van die Afrikaner
> gedoen het.
Vertel bietjie meer oor hoe die geskiedenis "bewys" het dat Verwoerd op 'n
dwaalpad was, Gloudina?
En dan verduidelik jy sommer ook hoe dit kom dat jy klassieke Verwoerdiaanse
retoriek gebruik wanneer jy die stigting van Nunavut regverdig? Is jy dan op
dieselfde dwaalpad?
(En nee, Gloudina. Jy sal nie vir altyd kan aanhou om die vrae wat
Afrikaners vra dood te slaan met jou man se emosionele ikone nie. En die
liewe Mnr Amagoalik ook nie, en Arno in Holland en die BBC nog minder. Jy
sien, Gloudina, die geskiedenis is besig om julle ikone meedoënloos te
"interrogate". En hy is besig om te wys hoe hol hulle is en ontdaan van
substansie. Het jy gesien hoe Rome na 400 jaar vir Galileo moes ekskuus vra?
Ek dink nie "Verwoerd" sal so lank moet wag nie.)
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
Re: Kanada se tuisland vir Eskimos [boodskap #21912 is 'n antwoord op boodskap #21759] |
Fri, 19 March 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Arthur Hagen" writes:
>
>> Gloudina heeft geschreven...
>>> Jy vergeet natuurlik, Mr. Le Riche, dat
>>> Hendrik Verwoerd 'n Nederlander was en
>>> nie 'n Afrikaner in murg en bloed nie.
>>
>>
>> Da's flauw, Gloudina. Wat waren die Afrikaners destijds dan voor een slap
>> stelletje dat ze zich door één enkele ex-Nederlander op het dwaalpad lieten
>> leiden?
>>
>> Groeten,
>> Arthur
>
>
> Arthur, daar was baie baie Afrikaners
> wat nie wou hê dat die Nasionale Party
> met hulle helse program moet voortgaan
> nie.
Jy antwoord nie Arthur se vraag nie, Gloudina. Jy vermy dit (soos
gewoonlik). Die vraag het gegaan oor die ruggraatlose Afrikaners wat hulle
aan die neus laat lei deur 'n bose 'Ollanner soos Verwoerd.
Dit het nie gegaan oor die wat nie deur hom aan die neus gelei is nie.
> Maar toe die NP eers in die saal
> was, het hulle die 80 persent van die
> bevolking ontkieser,
Jy beweer dat die NP 80% van die bevolking ontkieser het. Dit is 'n tipiese
Gloudina-leuen, sonder substans. Ek daag jou uit om die vogende vraag te
beantwoord:
Watter persentasie van die bevolking het in 1948 stemreg gehad Gloudina?
> en met die stem-
> proses en verkiesingsdistrikte gepeuter
> en so het daar 'n diktatorskap ontstaan
> vir veertig jaar of wat.
Die ANC-regering het so pas 25% van die bevolking ontkieser deur te bepaal
dat slegs bepaalde weergawes van die identiteitsdokument gebruik mag word in
vir die verkiesing te registreer. Toevallig is die grootste deel van die 25%
ondersteuners van opposisiepartye (NP, IVP, DP)
Wat het jy hieroor te sê?
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kanada se tuisland vir Eskimos [boodskap #21949 is 'n antwoord op boodskap #21759] |
Sun, 21 March 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
wrote:
>>
>> Zeg nou zelf, hoe geloofwaardig zou een Duitser overkomen als hij/zij -met
>> dit in het achterhoofd- beweerde dat WOII "dus" de schuld van de
>> Oostenrijkers was?
>>
>> Groeten,
>> Arthur
>
> Nee, Arthur. Daar is iets verkeerd met
> jou logika. WO11 het deels plaasgevind,
> nie omdat 'n Oostenryker die Duitsers
> op 'n dwaalpad gebring het nie, maar
> omdat 'n diktator (wat in Oostenryk gebore
> was) aan die roer van sake gekom het.
>
> Gloudina
En skielik blyk dit, as dit oor ander lande gaan, dat Gloudina wel 'n basiese
vermoë tot logiese denke het.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:52:44 UTC 2025
|