Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Alan Boesak
Alan Boesak [boodskap #21856] |
Tue, 16 March 1999 00:00  |
bent lislerud
Boodskappe: 15 Geregistreer: March 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek is `n burger van Noorweë, en tussen 1980 toe 1990 het ons höer viel van
die anti-apartheid held ;Alan Boesak. Maar ek het nie meer gehöer nie. Kan
julle meedeel wat hy maak vandag.
ekskuus my spelling
Benedikt
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Alan Boesak [boodskap #21893 is 'n antwoord op boodskap #21856] |
Thu, 18 March 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
>> Priesters,
>> Rooms Katolieke priesters en Anglikaanse
>> priesters, het 'n goeie rekord in Suid-
>> Afrika van doen,wat die Bybel hulle vra
>> om te doen.
>>
>> Gloudina
>
>
> Liewe Gloudina. Ons het egter reeds gesien dat jou idee van wat in die Bybel
> staan, erg selektief is, nie waar nie?
>
> Jou voorliefde vir kerke met 'n episkopaalse bediening lyk vir my dus meer
> op estetiese voorkeure gegrond as op skrifgegronde kritiek.
Ek het geen voorliefde vir enige "kerk"
op die oomblik nie. Maar in SA gedurende
die apartheidsjare het die Rooms Katolieke
Biskop van Durban aanhoudend weerstand
probeer bied teen die ergste vergrype wat
in SA deur die "regering" gepleeg is. En
Trevor Huddleston was Anglikaans. Daar,
ou Leendert, was nou 'n ikoon wat die
apartheidsvarke geskep het and which came
back to haunt them.
En sê my, was die besluit van die Kerkbode
dat apartheid skrifgegrond is, nou iets
om oor trots te wees? Is die NG Kerk so
vreeslik skrifgegrond? Is die NG kerk trots
op sy rekord die laaste halfeeu?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Alan Boesak [boodskap #21925 is 'n antwoord op boodskap #21856] |
Fri, 19 March 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
>
> Oppas wat jy sê, ou Johan. Hy is 'n seun
> van Kakamas. Dis nie 'n gutter nie.
You could have fooled me.
Maar miskien is dit net sy boorlinge wat 'n voorliefde vir guttergedrag en
gutterpoësie het.
> En hy het daarop gestaan om sy studies in
> Nederland te voltooi, ten spyte van die
> feit dat hulle nie gedink het dat hy
> "genoeg" Hebreeus ken nie.
Ja. En hy hou nog steeds daarvan om so 'n ersatz-Nederlandse aksentjie aan
te sit, veral as hy onder druk verkeer.
(Klink soos 1930's kanseltaal.)
>
> Alan Boesak het maar net dieselfde pad
> gevolg as honderde en honderde apartheids-
> varke wat ander vir hulle eie gewin besteel
> het. Soos sommige van die I.O.C. lede
> onlangs, soos die administrasie van die
> European Union in die laaste week. What
> is new? Soos 'n hele klomp charities
> hier in Noord Amerika.
Wow! Wat is 'n apartheidsvark, Gloudina?
Jy het tevore beweer dat al die poste in swart onderwys beset is deur
apartheidsvarke. (Toe was jou definisie van "apartheidsvark" 'n witvel wat
'n pos aanvaar in swart onderwys, tot die nadeel van swartvelle. Jy was ook
mos een van hulle, nie waar nie?)
En jy het nog nie my vraag beantwoord nie:
Hoeveel apartheidsvarke was daar in swart onderwys in 1948, en hoeveel was
daar in 1994? (Of dan: Watter persentasdie van die onderwysers in swart
onderwys was swartvelle in 1948, en watter persentasie was swartvelle in
1994?)
|
|
|
Re: Alan Boesak [boodskap #21926 is 'n antwoord op boodskap #21856] |
Fri, 19 March 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
>
>
> Ek het geen voorliefde vir enige "kerk"
> op die oomblik nie.
Dit lyk nie asof dit jou daarvan weerhou om jou pornografiese bek aan
sommiges af te vee nie.
> Maar in SA gedurende
> die apartheidsjare het die Rooms Katolieke
> Biskop van Durban aanhoudend weerstand
> probeer bied teen die ergste vergrype wat
> in SA deur die "regering" gepleeg is.
Nogal, né!
En dan verklaar jy hom sommer tot ere-Christen. Wat het dan geword van jou
stroperige dwepery met die arme Beyers Naudé, of het hy ok maar al die jare
buite die skrif omgepreek? (En jy sal nie eers weet van die Nico Smits ens
nie.)
> En
> Trevor Huddleston was Anglikaans. Daar,
> ou Leendert, was nou 'n ikoon wat die
> apartheidsvarke geskep het and which came
> back to haunt them.
Yep. Daardie ou sot het ook 'n loopbaan gemaak uit 'n pose.
Lekker besigheid hierdie, die icon business. Maar jy en Holiwood weet dit
ook, nie waar nie?
>
> En sê my, was die besluit van die Kerkbode
> dat apartheid skrifgegrond is, nou iets
> om oor trots te wees?
'n "Besluit"? Van die Kerkbode? Jy weet iets wat ek nie weet nie.
Vertel asseblief. (Maar ek twyfel of jy sal - hierdie een het al die
kenmerke van nog een van jou koorsige hersenskimme. Die goed wat jy "ikone"
noem.)
> Is die NG Kerk so
> vreeslik skrifgegrond? Is die NG kerk trots
> op sy rekord die laaste halfeeu?
"Kerke" is nie veronderstel om trots te wees nie, Gloudina. Hulle is
veronderstel om nederig te wees.
Maar as trots by kerke 'n goeie hoedanigheid was - waarom sou die Ned Gerf
Kerk _nie_ trots wees nie?
(Hulle het tot dusver darem die teenwoordiheid van gees gehad om, ten spyte
van groot druk, nie die Boesakbeleidenis te aanvaar nie.)
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Alan Boesak [boodskap #21961 is 'n antwoord op boodskap #21856] |
Sun, 21 March 1999 00:00   |
Castet
Boodskappe: 10 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Thu, 18 Mar 1999 12:56:57 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:
> On Wed, 17 Mar 1999 20:58:23 +0200, "subie"
> wrote:
>
> dit
>> sommer skelm hotnot >>>
>
> Well. Jy is 'n rassis. Hy het geld gesteel.
>
> Ek sal nie my geld aan hom leen nie, maar sal baie, baie eerder met
> hom vriende wees as met jou.
Ja hier gaan ons al weer. Dit is darem fantasties hoe alles, maar
absoluut alles die skuld van apartheid en die blankes en spesifiek die
'wit' Afrikaners is.
Ek neem aan Ferdinand neem of aanstoot teen of die beskrywing van
skelm of die woord hotnot.
Ek kan Mnr ferd...@icon.co.za se beswaar teen die term 'skelm' goed
begryp want as ek na ons land se leiers luister, is Boesak is
definitief nie skelm (of skuldig) nie. Vergelyk die onderstaande
aanhalings:
Minister van Justisie, Dullah Omar:
1) Ontmoet Allan Boesak by die lughawe saam met derduisende
aanhangers.
2) "'Struggle bookkeeping' may be to blame for the charges (against
Boesak)"
President Nelson Mandela
1) Samel fondse in vir Allen Boesak se verdediging.
2) "It was 'quite clear that they (the prosecution) have not been able
to establish even a prima facie case against Boesak.'"
Mojaku Gumbi, legal adviser to Deputy President Thabo Mbeki:
1) "Exonerated Boesak when the charges against him were first made
public."
En so gaan dit aan want sou ek polities korrekte brilletjies opsit,
dan is dit ooglopend dat die boere en die Afrikaner hierdie struggle
accounting op Boesak afgedwing het, hom geforseer het in 'n hoek van
deprivasie waar die verdrukte siel net nie anders kon nie (luister jy
Gloudina?)
Die feit dat Boesak 'n geleerde teoloog en 'n gewese pastorale
bediener is moet ook bygereken word tot sy onskuld. Natuurlik was
Allen ook 'n vername en gesiene leier van die UDF in die donker jare
van die onderdrukking deur apartheid, 'n bewys van sy integriteit!
Duidelik dra apartheid die skuld vir dade waarvoor Allen Boesak
homself net nie kon help nie, en dus is hy onskuldig. Reken ook die
feite by dat daar 'n wit vrou was wat die geld uitgegee het en die
regter wat Allen Boesak skuldig bevind het moes eenvoudig vanuit die
apartheid verlede afstam anders sou Boesak by implikasie onskuldig
gevind word. Dan ook, kyk net hoe swaar het die man reeds gekry, hy
is die ambassadeurskap by die VN kwyt, en hy moes vir bykans 'n jaar
in die VSA wegkruip. Duidelik het hy reeds vir sy 'geringe'
oordeelsfoute indien enige, betaal!
Noudat Allan Boesak se onskuld bo alle twyfel bevestig is (gesien deur
my politiese korrekte brilletjies) laat dit nog die term 'Hotnot' oor.
'Skelm Hotnot' is natuurlik 'n derogatiewe term in Afrikaans wat in
onbruik geval het vanwee die sosiale onaanvaarbaarheid van die term.
Daar sou 'n saak gemaak kon word dat die term so derogatief is dat dit
wel toepaslik is op mense wat in die openbare oog bekend is en regtig
walglike dinge doen soos om geld te steel van hulpbehoewendes,
onderdruktes en hawelose honger kinders. Maar natuurlik is Allen
Boesak nie skelm nie gevolglik IS die term rassisties.
In ander tale sou die konteks waarin idiomatiese uitdrukkings (hoe
derogatief ook al) gebruik word, in ag geneem word, maar dan weer
(gesien deur my politieke korrekte brilletjies) diskwalifiseer die
taal Afrikaans (soos geuiter deur 'n blanke persoon) homself as
inherent rassisties vanwee apartheid en die gruwels van die verlede.
(Luister jy Gloudina, vul nog 'n bietjie politieke korrektheid hier in
teen apartheid aub! Dis nou jou kans!).
Aldus die volgende politieke korrekte terminologie wat 'subie' eerder
moes gebruik in plaas van 'skelm hotnot' om vir Allan Boesak te
beskryf:
"'n Voorheen verontregde slagoffer van apartheid wat deur die
omstandighede van die brutale onderdrukking deur die wrede witmense
ontneem is van die opsie om 'n 'eerlike' vegter vir die vryheidstryd
teen die onderdrukkers te wees."
(Kom aan Gloudina, doen jou ding en vul nog 'n bietjie politieke
korrektheid teen apartheid en die Afrikaner in die besonder in, ek is
nuut hier en leer maar nog.)
Voor ek vergeet, voeg ook nog agteraan die polities korrekte
beskrywing van Allen Boesak die volgende "en waardige vriend van die
polities korrektes in die 'nuwe' Suid-Afrika."
Ja-nee Ferdinand van die ikone.co.za, Allen Boesak sal 'n waardige,
opregte vriend wees en saam kan julle die euwels van apartheid, die
Afrikaner en die rassiste bekla (luister jy Gloudina, dis nou jou
oomblik van glorie, politieke korrektheid word hier vereis, val in by
die goeie burgers aub!)
En as ek my polities korrekte brilletjies afhaal sou ek graag wil sê
dat geen vriend van die edele Allen Boesak, 'n vriend van my is nie.
En laastens, wil ek met die lesers hiervan 'n 'side bet' aangaan,
naamlik dat Gloudina nie die gulde geleentheid om op hierdie skrywe te
reageer sal mis nie veral omdat sy dan Apartheid, die gruwels van die
verlede en die Afrikaner van nuuts af kan verinneweer.
En vanaf hierdie 'No Friend Of Boesak' sê ek tjeers!
|
|
|
Re: Alan Boesak [boodskap #21975 is 'n antwoord op boodskap #21856] |
Mon, 22 March 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Dries Venter" writes:
> Leendert,
>
> Jy't hierdie vraag, so herinner ek my, al meer as 'n jaar terug die eerste
> keer vie vir Gloudina gevra en sy't jou toe ook nie geantwoord nie. Het die
> nuusgroep nou volle sirkel gekom?
>
>
>>
>> Hoeveel apartheidsvarke was daar in swart onderwys in 1948, en hoeveel was
>> daar in 1994? (Of dan: Watter persentasdie van die onderwysers in swart
>> onderwys was swartvelle in 1948, en watter persentasie was swartvelle in
>> 1994?)
Ek praat gewoonlik nie met liggewig-
tjommies wat niks beter het as om oor
my te sit en praat nie. Ek verag ook
whities wat van "swartvelle" praat.
Maar, ou Dries, kan ek weer herhaal:
Ek was in 'n swart skool. Ek het 'n
swart prinsipaal gehad. Toe begin
"Bantoe-Onderwys" oorneem. Toe skielik
waai my swart prinsipaal en sit ek met
'n wit prinsipaal, en aan die hoof van
die hele Adams College sit Mr. van
Heerden, die president, wat sy job gekry
het omdat hy vir die Verwoerds gebabysit
het. So hoe's daai vir "aparte ontwikkel-
ing" vir jou? Die enigste ding wat hy
reggekry het voordat hy weer verkas het
om 'n meer betalende job in die wit
wereld te gaan neem, was om wit en swart
aan aparte kante van die saal te laat
staan vir oggendgodsdiens. (Voor die tyd
het mans aan die eenkant van die saal
gestaan, vrouens aan die anderkant.)
Gloudina
|
|
|
|
Re: Alan Boesak [boodskap #22015 is 'n antwoord op boodskap #21856] |
Tue, 23 March 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Haai Ferdi,
Dit gaan nou oor konteks en so aan:
Dink jy die term "witvel" is rassisties?
Groete, Leendert
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Sun, 21 Mar 1999 16:35:49 GMT, cas...@act.co.za (Casper) wrote:
>
> > wel toepaslik is op mense wat in die openbare oog bekend is en regtig
>> walglike dinge doen soos om geld te steel van hulpbehoewendes,
>> onderdruktes en hawelose honger kinders. Maar natuurlik is Allen
>> Boesak nie skelm nie gevolglik IS die term rassisties.>>
>
> Die term is rassisties en enigiemand wat dit beledigend gebruik is n
> rassis.
>
> Die res is selfregverdigende warra warra.
>
>
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
Re: Alan Boesak [boodskap #22017 is 'n antwoord op boodskap #21961] |
Tue, 23 March 1999 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 21 Mar 1999 16:35:49 GMT, cas...@act.co.za (Casper) wrote:
wel toepaslik is op mense wat in die openbare oog bekend is en regtig[/color]
> walglike dinge doen soos om geld te steel van hulpbehoewendes,
> onderdruktes en hawelose honger kinders. Maar natuurlik is Allen
> Boesak nie skelm nie gevolglik IS die term rassisties.>>
Die term is rassisties en enigiemand wat dit beledigend gebruik is n
rassis.
Die res is selfregverdigende warra warra.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:49:13 UTC 2025
|