Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Net
Die Net [boodskap #21792] Ma, 15 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
*Die Net*

Skakelaars en hekke
In silikoon gehul
Koper, glas en goud
Ons eksplisiete wil

Lewens, geld en tyd
Magneties vasgelê
Metodes en prosesse
Doen wat ons wil hê

'n Refleksie van die waarheid
'n Nuwerwetse kerk
êrens in 'n komper
Om later te verwerk

Ons beelde en ons woorde
Weerkaats die wêreld rond
'n Netwerk vol emosies
Laat voel ons meer gesond

Belydenis en leuens
Bedrog en waarheid saam
Word in illusie aangedra
Gekoppel aan geen naam

In die beeltnis van sy skepper
Word hy wat ons bedoel
'n Masjien wat nou moet mens word
Sonder foute of gevoel

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Die Net [boodskap #21848 is 'n antwoord op boodskap #21792] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Shannon" writes: >

> My oudste dogter behandel 'Toemaar die donker man' van Ingrid Jonker, op
> skool. Sy het toe 2 vrae wat sy nie oor seker was nie en ek lees die gedig
> eers deur. Die liedjie het ek al hoeveel male op radio gehoor en ken selfs
> die woorde, (Laurika sing hom). En vir die eerste keer toe ek die woorde
> fisies voor my sien, slaan dit tussen my oë. Dit is 'n ongelooflike gedig,
> hoe die digteres moes gryp,soek na presi�s die korrekte woorde... amper
> dwaal ek totaal van die onderwerp af: Die musiek kleur die gedig, vir my,
> volmaak in. Ni�mand sou/sal dit beter kon toonset nie. Ek is nie seker
> nie, maar ek vermoed Laurika het self die musiek geskrywe.
>
> Gloudien, het jy die gedig al met die nuusgroep gedeel?
> Shannon

Nee, ek het dit nie, Kan jy dit asseblief
op die nuusgroep pos? Ek wens ander mense
wil ook gedigte pos. Dan sit ek dit in my
le^ers.

Gloudina
Re: Die Net [boodskap #21849 is 'n antwoord op boodskap #21792] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote in message ...
> In article ,
> wrote:
>> gide...@usa.net writes: > *Die Net*
>>>
>
>>
>> Ek hou veral van hierdie een.
>> Toonset jy die woorde?
>>
>> Gloudina
>>
>
> Nee, Gloudien. Ek voel soms vryer om 'n idee so uit te druk as met musiek.
> Die reëls in musiek is strakker. Afhangende van hoe ek daaroor voel kan die
> een of die ander medium sterker wees.

My oudste dogter behandel 'Toemaar die donker man' van Ingrid Jonker, op
skool. Sy het toe 2 vrae wat sy nie oor seker was nie en ek lees die gedig
eers deur. Die liedjie het ek al hoeveel male op radio gehoor en ken selfs
die woorde, (Laurika sing hom). En vir die eerste keer toe ek die woorde
fisies voor my sien, slaan dit tussen my oë. Dit is 'n ongelooflike gedig,
hoe die digteres moes gryp,soek na presiés die korrekte woorde... amper
dwaal ek totaal van die onderwerp af: Die musiek kleur die gedig, vir my,
volmaak in. Niémand sou/sal dit beter kon toonset nie. Ek is nie seker
nie, maar ek vermoed Laurika het self die musiek geskrywe.

Gloudien, het jy die gedig al met die nuusgroep gedeel?
Shannon
>
> -Gideon-
>
Re: Die Net [boodskap #21850 is 'n antwoord op boodskap #21792] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> gide...@usa.net writes: > *Die Net*
>>

>
> Ek hou veral van hierdie een.
> Toonset jy die woorde?
>
> Gloudina
>
>

Nee, Gloudien. Ek voel soms vryer om 'n idee so uit te druk as met musiek.
Die reëls in musiek is strakker. Afhangende van hoe ek daaroor voel kan die
een of die ander medium sterker wees.

-Gideon-
Re: Die Net [boodskap #21851 is 'n antwoord op boodskap #21792] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net writes: > *Die Net*
>
> Skakelaars en hekke
> In silikoon gehul
> Koper, glas en goud
> Ons eksplisiete wil
>
> Lewens, geld en tyd
> Magneties vasgelê
> Metodes en prosesse
> Doen wat ons wil hê
>
> 'n Refleksie van die waarheid
> 'n Nuwerwetse kerk
> êrens in 'n komper
> Om later te verwerk
>
> Ons beelde en ons woorde
> Weerkaats die wêreld rond
> 'n Netwerk vol emosies
> Laat voel ons meer gesond
>
> Belydenis en leuens
> Bedrog en waarheid saam
> Word in illusie aangedra
> Gekoppel aan geen naam
>
> In die beeltnis van sy skepper
> Word hy wat ons bedoel
> 'n Masjien wat nou moet mens word
> Sonder foute of gevoel
>
>
> -Gideon-

Ek hou veral van hierdie een.
Toonset jy die woorde?

Gloudina
Vorige onderwerp: Nog 'n vraag
Volgende onderwerp: Benign racism - volgens Simon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 16:27:08 MGT 2024