Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vriende van Suidwes/Namibia
Vriende van Suidwes/Namibia [boodskap #21765] So, 14 Maart 1999 00:00
dave[1]  is tans af-lyn  dave[1]
Boodskappe: 4
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek is in die proses om 'n databasis op te stel van bg. op die Internet.
Die idee is om Suidwesters/Namibiërs op die Internet se name, en Email
adresse te kry, dit dan in die vorm van 'n leesbare dokument te organiseer
en 'n kopie daarvan aan alle deelnemers te stuur. Dit sal dan mense instaat
stel om moontlik ou vriende en kennisse in kontak te kan bring. Die diens is
heeltemal gratis en in ruil vir jou naam op hierdie lys, sal jy dan 'n lys
van almal op die databasis ontvang. Hierdie lys sal aan GEEN ander persoon
of instansie gegee word nie!

Indien jy belangstel om gelys te word Email asb die volgende inligting aan
my:

Jou naam en van
Email adres
Dorp/Stad waar jy woon
So 'n reël of wat oor jouself as jy wil.

Jy sien dat daar nie te veel inligting gevra of gegee word nie, om
veiligheidsredes.

Laat weet ook asb watter van dievolgende jy gebruik: (Laat weet ook maar
indien jy dalk enige ander idees het tov bg.)
Windows 3.1 / 95 / 98
Office 95 / 97
Lotus Smartsuite
Corel Wordperfect en version
Sodat 'n "compatable" formaat gebruik kan word.

Indien daar genoeg belangstelling is, kan 'n website dalk geskep word vir
die doel, of 'n soort nuusbrief of iets.

Laat weet gerus van julle - almal wat reageer sal op datum gehou word mbt
die vordering.

Groete
Dave
Vorige onderwerp: artikelen in Meanderkrant
Volgende onderwerp: Identiteitsoorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 20 15:10:12 MGT 2024