Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Monnikedroom" deur ERNST VAN HEERDEN
"Monnikedroom" deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #21726] Sa, 13 Maart 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
MONNIKEDROOM
Ernst van Heerden
(Anderkant besit, 1966)

Kastydend het 'n asemlug my sel
gevul met teisteringe wat die hoë
kers laat sekelbuig; 'n felle hel-
en hemelhaat omklem my ribbeboë.

Met die selibaat verkrummel, daag
bar beelde voor my op: die wit
novene wanneer ek 'n vlaag
ou paternosters prewelend bid.

Ek beur deur baie lae, boet
stram en taai vir elke lyfsverwyt,
en proe die heerlikhede kort en soet
van korrels druiwe soos ek byt...

Die géselbroeder praat kwaai terug
en hef sy dik en kragtige arm:
die kats krul salwend oor my rug,
maak brandend seer en dierlik warm,

dit syfer vinniger in die myn,
die wal gee mee, die stut word sand;
die sweep se nege knokke skryn,
ek gryp die bene van die flagellant;

die wynsak roggel soos hy leėr lek
en rimpel tot 'n smous se jas,
in donker holtes eindelik is ek
van elke skeppingspyn ontlas.
Vorige onderwerp: Re: To the Stupid Little Rodent
Volgende onderwerp: Re: "Dankgabet van die Skollie" deur ADAM SMALL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 02:39:53 MGT 2024