Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Dries Venter
Vir Dries Venter [boodskap #21704] Vr, 12 Maart 1999 00:00
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Dries Venter wrote in message ...
>
> Jy's reg tot op 'n punt. Maar DOS (Windoze) loop op hul eie klok as hulle
> eers aan die gang is. Dis die een wat jy met "Date" stel (of in Windoze se
> Control Panel). Jy moet die CMOS klok ook bekyk op dieselfde manier.
> Vraag: Miskien verstaan ek die ding verkeerd.

Dankie vir die insette, Dries. Ek sal bieg dat tov hardeware ek nie juis
kan saampraat nie - my forte is sagteware en ook die skryf daarvan en dan
ook maar net in die een of twee programmeertale wat ek ken, maar gesien in
die lig van wat oubaas Langenhoven gesê het (kan nie 'n eier lê nie maar
weet wanneer een vrot is) en ook 'n ander uitdrukking in die rekenaarwêreld
(common sense isn't common) oortree ons maar bietjie op ander gebiede.

> As jy DATE gebruik en stel die klok na 31/12/1999 23:50 en hy slaan mooi
> oor na 1/1/2000, en jy reboot dan, het jy dan nie ook sommer die CMOS klok
> getoets nie - DOS moet hom mos weer van sy klok af regstel as jy die
> rekenaar afsi?

In die bostaande toets is dit belangrik om die rekenaar AF te skakel
ONMIDDELLIK nadat jy die tyd /datum verstel het. Wanneer jy dan boot
(aanskakel) gee die rekenaar jou mos geleentheid om in die CMOS in te gaan
(Press DEL ens ens) en dis die punt waar jy kan sien wat die CMOS klok
aanvang.

Die presiese interaksie tussen "Real Time Clock" en CMOS clock sal die
hardeware manne maar moet verduidelik. Wat ek wel weet, is dat die CMOS
met 'n klein plat ronde batterytjie aan die gang gehou word - ook wanneer
die rekenaar afgeskakel is en dat die CMOS dan die bron is waarvandaan die
Real Time Clock en al die ander uurwerke hulle "start up" inligting kry
wanneer die rekenaar aan die gang kom. Ouer rekenaars het 'n herlaaibare
NiCD batterystel vir die doel gehad en dit was nogal snaaks om
rekenaargedrag te sien met die batterye pap.

> As jy nou die m^ore van Upington wegtrek ........................dan's jy halfpad daar!
>

Kan amper sê dat tye wat opgestel word vir die roete Windhoek - Johannesburg
en Windhoek-Kaapstad eens op 'n tyd nasionale sport(s) hier was. Vandag
nog belangrik maar met die grensposte tussenin werk dit nie meer so lekker
nie.
Dis nog moontlik (mits jy gelukkig is by die grensposte) om 5:00 die oggend
uit Johannesburg weg te spring en as jy jou litte roer via Upington voor
sononder Windhoek in te stoom. Dis 1800 Km. Werk maar self uit -
daardie naald moet nie te dikwels onder 160 kom nie maar 180 gee jou so
bietjie beter "gap". :-))

Vir elke ou wat die nuwe Botswana roete sonder probleme afgelê het, kan ek
ook iemand noem wat minder gelukkig was. Volop berigte hier van
onhulpvaardige en hovaardige grensposamptenare, skokkende "spoedbeheer" met
antieke radar apparaat, "spot fines" wat op die plek betaal moet word en
sou jy dit wil betwis, moet jy oorbly vir die volgende dag om 'n magistraat
te sien aangesien die aksie normaalweg binne 'n uur voor sononder (wanneer
die grenspos sluit) uitgevoer word. Jy sal ook nie 'n kwitansie kry vir
die "boete" wat jy betaal nie. Moet nie eens probeer aandring daarop nie.
Hulle aanvaar ook NET pulas in Botswana wat vir my beteken ek moet vooraf
reel vir SA geld EN Botswana geld. In SA aanvaar hulle ook nie sommer ons
"Witbooi" note nie.

Kies die Botswana roete en jy moet dan sorg vir NOG 'n addisionele dokument
wat verklaar dat jy regtig die eienaar van die wiele onder jou alie is.
Voeg daarby die feit dat beeste, bokke, donkies, hoenders ook nog die reg
van weg opeis, en die Upington roete (500 Km langer) word dan die opsie wat
ek kies. In geldelike terme is dit R100 se ekstra petrol vir my maar aan
gemoedsrus "score" ek duisende. Vra maar enige ou wat probleme met sy
vuurwa in Botswana gekry het - jy's GESTRAND en as julle nie twee motors
bymekaar is en 'n sleeptou het nie, is dit NAG.

Groete - op die sombere noot uit my afsnaar kitaar.
Omie
Vorige onderwerp: Die Nuweling Vra 'n vraag
Volgende onderwerp: Vir Robbert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 05:17:14 MGT 2024