Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Briefie vir Oom Kaspaas
Briefie vir Oom Kaspaas [boodskap #21626] Wo, 10 Maart 1999 00:00
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
beste oom Kaspaas

Oom moet verskoon lat ek so min skryf. Dis nou rakbie tyd en as my pa nie
rakbie kyk nie sit hy die hele tyd agter die kom pewter en praat oor rakbie
met mense wat hy nie eers ken nie. Laas naweek het hy 8 wedstryde gekyk en
weet oom hoe baie nat strooi kan hy praat oor 8 rakbie wedstryde. Hys net
klaar gepraat dan is dit weer Vrydag dan begin die volgende wedstryde.

Hyt darem vir my gesê antie Sharrin sê jille vir lang na my. Dit het nou
opgehou reen op tsanien. Omtrent nou al 'n week droogte hie bie ons, ma
danksy die genade loop die oorle Fanie Botha dam nog oor. Ma' nou is hie
ander moeilikheid oom. Van al die reens is ons paaie nou meer pothouls as
teerpad. Die mense vrek soos vliege soos hulle ongelukke maak. My pa sê die
pad oor duiwelskloof Moeketsie toe gaan dalk een van die dae 'n grondpad
wees. Dit sal nie sleg wees as dit soos oom Hans hille se grondpaaie in
Duitswes is nie, ma' het oom al gesien hoe lyk Tsanien se rooi grond na 300
milliemeter se reen. Nie eers boeldousers kan daar deer nie.

Die ander aand ry oom Jon duiwelskloof toe. Toe sien hy iets wat soos kat
ogies in die middel van die pad lyk. Hy dink toe nog dis naais van die
afdelings raad om kat ogies op die pad te sit toe ry hy in 'n gat in. Toe is
dit allie tyd kameelperd oge wat hy gesien het. Hy het in 'n pothoul gestaan.
Laf Rassie se pa het gedink hy gaan sommer bo oor die haas met die lang ore
in die pad ry toe beland hy bo op 'n donkie wat ok in 'n pothoul gestaan het.

Die mense is woerend vir die provinsie se regering oor hille nie die paaie
regmaak nie. Hille sê daar is nie geld nie. My pa sê hille moenie warrie nie,
as die lorries wat die vrugte en hout Jansberg toe moet vat nie meer kan loop
nie oor daar nie paaie is nie sal daar nog minder geld wees. Dan hoef die
ooms van die teksies wat so stikkend gery word ook nie meer te kla nie want
dan hoef hille nie meer mense aan te ry werk toe nie. Yteindelik sê my pa sal
Tsanien 'n baie lekker plek wees want niemand sal hoef te werk nie.

Nou die aand toe my pa en oom Jon sit en rakbie kyk vra my pa of oom Jon
gehoor het van die ouens wat in die ou Syd Afrika in die selle by die hof
sit. Die een ou vra vir die ander een waarvoor hy in is. Gewapende roof sê
hy, en hy het 5 jaar gekry. Hy sê die landdros sê hy moet bly wees lat hy 'n
speelgoed rewolwer gebruik het anders sou hy 15 jaar gekry het. Die ander ou
sê hy is in vir ryp en het 10 jaar gekry, ma' die landdros sê hy kan bly wees
lat die meisie oor 21 was anders sou hy 20 jaar gekry het. Oorkant hille sit
'n swart man in sy eie sel en hille vra hom waarvoor hy in is. Vir ry met 'n
baaisiekel sonder 'n lig sê hy. Hy sê hy het 15 jaar gekry ma' die landdros
sê hy kan bly wees lat dit nie in die nag was nie.

koebaai oom kaspaas, oppas vir pothouls en baaisiekels sonder ligte

Hennerietjie
Vorige onderwerp: Weer by Angelina
Volgende onderwerp: Vir Leendert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 06:50:35 MGT 2024