Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: vigs is an expert on OZ...
Re: vigs is an expert on OZ... [boodskap #21553] So, 07 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Secret Squirrel writes:

> Listen here you immature person .... sitting in Canada and acting
> as the mouthpiece of afrikaaners everywhere.

Ou Eekhoring, is jy nou ook op my gefokus
net soos ou Frikkie? Lui ek ook jou klokkie
net soos ek ou Frikkie se klokkie lui, selfs
al het hy my op sy kill fille gesit. En jy
kan maar begin Afrikaans skryf. Jou Engels
is so on-idiomaties dat enigiemand kan sien
dat Engels nie jou eerste taal is nie.
Miskien is jy Frikkie.
Of miskien is jy Johan. Hy is ook maar
effentjies gefokus op my. Dat groot mans
nou so maklik gemanipuleer kan word.

I may come as a surprise to you

Nee, jy verbaas my nie.

Chipmunk
Re: vigs is an expert on OZ... [boodskap #21555 is 'n antwoord op boodskap #21553] So, 07 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

> Jy moes nou al agtergekom het dat die situasie in SA erger is as wat
> jy nog altyd wou voorgee

> Spreek jouself nou net eenmaal uit vir of teen die geweld in SA.

Ek spreek my uit teen geweld in SA, in Texas,
in New York waar polisie nou die dag tientalle
skote in 'n onskuldige voetganger ingeskiet
het, in Vancouver waar sekere dele van die
stad nou so gevaarlik geword het dat mens jou
nie daarin kan waag nie. Ek is jammer oor die
geweld in SA, maar is nie verbaas nie. Almal
het dit voorspel. Daar word nou gemaai wat
daar gesaai is. Tussenin is die situasie nou
darem, so lyk dit my, nie so vreeslik soos
jy dit maak nie. Een van my kinders is nou
in Natal, en die gevaarlikste situasie waarin
hy hom tot dusver bevind het, is toe hy en
sy aanstaande in die Drakensberg 'n geweldige
donderstorm beleef het. Hulle moes plat op die
grond gaan l^e, en hy sê hy het gedink sy
einde het gekom. Nou aan die einde van die
week gaan ses ander lede van my familie
hiervandaan, en hulle ry in 'n kombi van
Johannesburg af na Durban (darem met 'n SA
familie-lid teenwoordig) en weer terug. Ek
is baie bekommerd oor hul reis, want die
storie is dat kombi's baie gesteel word.
Ek sou egter dieselfde senuweeagtigheid
hê in sekere dele van Chicago en van
Florida, en definitief sekere dele van New
York. So mens bid maar vir die beste. Ek
persoonlik moet sê: die laaste en enigste
keer wat iemand my direk wou beroof, was
in Parys. En toe het ek hom doodeenvoudig
uitoorl^e deur vinniger as hy te loop en
sielkunde te gebruik. Ek weet nie van nou
nie, maar 'n tyd terug was sekere dele van
Parys baie gevaarlik. Kinder-diewe het om
jou geswerm vlak voor Notre Dame en jou
beroof.

Gloudina
Re: vigs is an expert on OZ... [boodskap #21556 is 'n antwoord op boodskap #21553] So, 07 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Mar 1999 13:58:26 GMT, wrote:

|Secret Squirrel writes:
|
| > Listen here you immature person .... sitting in Canada and acting
|> as the mouthpiece of afrikaaners everywhere.
|
| Ou Eekhoring, is jy nou ook op my gefokus
| net soos ou Frikkie? Lui ek ook jou klokkie
| net soos ek ou Frikkie se klokkie lui, selfs
| al het hy my op sy kill fille gesit. En jy
| kan maar begin Afrikaans skryf. Jou Engels
| is so on-idiomaties dat enigiemand kan sien
| dat Engels nie jou eerste taal is nie.
| Miskien is jy Frikkie.
| Of miskien is jy Johan. Hy is ook maar
| effentjies gefokus op my. Dat groot mans
| nou so maklik gemanipuleer kan word.
|
Nee ou tante, moenie jouself so belangrik ag nie - niemand fokus op
jou nie - jou beeld is op die beste van dae maar redelik fuzzy!

En dit kom voor of dit veel eerder ander ouens is wat dit regkry om
jou klokkie te lui.

Jy moes nou al agtergekom het dat die situasie in SA erger is as wat
jy nog altyd wou voorgee - dit moet vreeslik moeilik wees om so teen
'n mens se beterwete 'n standpunt te moet handhaaf "just to save
face", né! Jy het nog net een keer erken dat jy verkeerd was en dit
was met die bespiegel oor identiteite van mense op die nuusgroep en
nou van jy al weer vir dieselfde grap.

Jou reaksie wys dat squirrel 'n seer punt by jou aangeraak het, né.
So jy ignoreer die onder werp, want jy kan dit nie beveg nie, en
daarom bespring jy eerder sy persoon en karrakter.

Kom ons noem dit "Gloudina se prinsiep van Deursigtigheid".

Spreek jouself nou net eenmaal uit vir of teen die geweld in SA.

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: vigs is an expert on OZ... [boodskap #21557 is 'n antwoord op boodskap #21553] So, 07 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dankie! Ek dink jy moet 'n bietjie meer gereeld op hierdie ng rondhang.

Secret Squirrel wrote in message
731a7b37334a5faa7e3f16e8310fc01e@anonymous.poster...
> Listen here you immature person .... sitting in Canada and acting
> as the mouthpiece of afrikaaners everywhere.
>
>
> Squirrel
>
Re: vigs is an expert on OZ... [boodskap #21588 is 'n antwoord op boodskap #21553] Ma, 08 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article <7buugp$fkt$1...@news.igs.net>,
<@igs.net> wrote:
> Ek is jammer oor die
> geweld in SA, maar is nie verbaas nie. Almal
> het dit voorspel. Daar word nou gemaai wat
> daar gesaai is.

Nee, Sweetheart,

Wat "almal" voorspel het in die nuwe oop en demokratiese Suid-Afrika,
gekenmerk deur vryheid en gelykheid, is pais en vree.

Liefies, Leendert
Re: vigs is an expert on OZ... [boodskap #21614 is 'n antwoord op boodskap #21553] Di, 09 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
On 7 Mar 1999 22:27:37 GMT, wrote:

> Ek persoonlik moet sê: die laaste en enigste
> keer wat iemand my direk wou beroof, was
> in Parys. En toe het ek hom doodeenvoudig
> uitoorl^e deur vinniger as hy te loop en
> sielkunde te gebruik. Ek weet nie van nou
> nie, maar 'n tyd terug was sekere dele van
> Parys baie gevaarlik. Kinder-diewe het om
> jou geswerm vlak voor Notre Dame en jou
> beroof.

Alhoewel Italië definitief een van my gunstelinglande in Europa is,
het hulle ook 'n groot kinderdief-probleem. Beide kere wat ek in Rome
was moes ek spook om die talle kinderbendes van my sakke af weg te
hou. Ek en 'n Australiese vriend het op 'n keer voor 'n groot
grasperk in Rome verby gestap(nie te ver van die Colosseum nie). Hy
het redelik inkopies gedoen en het dus so 3 wit plastieksakke by hom
gehad... Binne sekondes was daar maklik 20 van die kinders(ouderdomme
so 9-14) wat oor hierdie grasperk aangehardloop gekom het. Dit was
iets om te aanskou! Hulle het hierdie metode om 'n koerant in jou
gesig te druk of te waai om jou aandag af te trek. Jy voel dan
onmiddelik die talle hande wat vinnig aan jou baadjiesakke vroetel.
Nou ja, vir 'n volgroeide man is dit gewoonlik nie eintlik 'n probleem
nie want met 'n ordentlike klap en 'n paar harde woorde was die aanval
sommer gou afgeweer. Ek sidder egter as ek dink wat 'n kleinerige
vrou sal oorkom in dieselfde situasie.

Bryan

*===================000o=============================*
Reply via e-mail? Remove the KAAP from my e-address
Bryan's World! http://springbok.cjb.net/
My Rugby Site http://sarugby.cjb.net/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
*===================0ooo=============================*
Re: vigs is an expert on OZ... [boodskap #21615 is 'n antwoord op boodskap #21553] Di, 09 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Mar 1999 14:58:25 GMT, brya...@KAAPemail.com (Bryan1810) wrote:
|Alhoewel Italië definitief een van my gunstelinglande in Europa is,
|het hulle ook 'n groot kinderdief-probleem. Beide kere wat ek in Rome
|was moes ek spook om die talle kinderbendes van my sakke af weg te
|hou. Ek en 'n Australiese vriend het op 'n keer voor 'n groot
|grasperk in Rome verby gestap(nie te ver van die Colosseum nie). Hy
|het redelik inkopies gedoen en het dus so 3 wit plastieksakke by hom
|gehad... Binne sekondes was daar maklik 20 van die kinders(ouderdomme
|so 9-14) wat oor hierdie grasperk aangehardloop gekom het. Dit was
|iets om te aanskou! Hulle het hierdie metode om 'n koerant in jou
|gesig te druk of te waai om jou aandag af te trek. Jy voel dan
|onmiddelik die talle hande wat vinnig aan jou baadjiesakke vroetel.
|Nou ja, vir 'n volgroeide man is dit gewoonlik nie eintlik 'n probleem
|nie want met 'n ordentlike klap en 'n paar harde woorde was die aanval
|sommer gou afgeweer. Ek sidder egter as ek dink wat 'n kleinerige
|vrou sal oorkom in dieselfde situasie.
|
Dit was al amper 20 jaar gelede wat ons dieselfde ervaar het - ek het met 'n
omgekrapte maag op die toerbus bly sit en die busbestuurder net gesmeek om die
lugverkoeler aan te los - buite was dit oor di 40ºC. My ouers het saam met die
res van die toergeselskap by een of ander ruines afgeklim en binne sekondes was
my pa van die kinderbende omring - netsoos jy beskryf. Hy het egter dadelik net
sy reisbeurs met alles belangrik in en sy kamara vasgeklem en kon niks anders
doen nie. Gelukkig was daar niks behalwe 'n paar munte los in sy sak nie. My
ma het dit gesien en sy en 'n paar van die ander toeriste het onder die kinders
ingeklim met die plathand en swaaiende handsakke en groot geskree. Hoewel ek
regtig baie goor gevoel het en dit boonop nie lekker was om jou pa so aangeval
te sien nie, was die prentjie baie snaaks en het ek sommer lekker gelag. Ons
volgende stop was by die Coloseum.....

...en al wat ek daarvan onthou was dat ek reg rondom moes loop om by die
geriefies uit te kom, ek moes vir papier betaal en daar was nie porseleinware
nie - net 'n gat in die vloer.....

Na die coloseum het ek sommer baie beter gevoel en het weer die res van Rome
begin geniet.
Re: vigs is an expert on OZ... [boodskap #21616 is 'n antwoord op boodskap #21553] Di, 09 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...
> On 7 Mar 1999 22:27:37 GMT, wrote:
> | Ek spreek my uit teen geweld in SA,
>
> Dankie dis al wat ek wou gehoor het.
>
>
> | Ek is jammer oor die
> | geweld in SA,
>
> Dis nie so moeilik om te sê nie, né
>
> | Daar word nou gemaai wat
> | daar gesaai is.
>

Die woorde is eintlik ironies.

> Bid maar net saam met my dat jou familie en my familie veilig is in SA - en dat
> hierdie ligsinnige sin van jou nie backfire op jou familie wat nou daar gaan
> kuier nie.
>
> | Tussenin is die situasie nou
> | darem, so lyk dit my, nie so vreeslik soos
> | jy dit maak nie.
>
> Dis alles relatief, Gloudina. Dis dalk nie so erg as wat dit vir jou klink as
> ons daaroor skryf nie - dit gee ek toe. maar dis erger as enige iets wat jy nog
> ervaar het, Gloudina. Die ou SA wat jy verlaat het, was relatief veilig teenoor
> die huidige.

relatief?? RELATIEF!! Johan jy kon die woord totaal uit jou sin gelaat het!
Ek onthou hoe my ouers kon gaan inkopies doen, ons kinders by die huis laat,
voor en agterdeur ongesluit, terwyl ek vingeralleen by die parkie kon gaan
speel, of saam met my broer en vriende 'n kilometer van die huis af, kon
gaan kleilat gooi, steeds sonder dat die huis gesluit is. Die voor en
agterdeur het terselfdertyd wa wyd oop gestaan. Watter kommerlose/sorgelose
dae was dit darem nie!

Hulle steel deesdae kinders se fiets onder hulle uit, reg voor die oë van
hoeveel ander mense, in die middel van die dag! Jou kind is deesdae selfs
in sy klaskamer nie veilig nie! Selfs nie die onderwyser nie, een is nou
die dag doodgeskiet voor die oë van sy standerd 6 klas, almal daarna
histeries en ontvang sielkundige behandeling.
Vorige onderwerp: Afrikaner in Londen
Volgende onderwerp: Afikaner in Londen - Slim Engelse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 17:42:21 MGT 2024