Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Au-pair gesoek vir Nederland
Au-pair gesoek vir Nederland [boodskap #21536] Vr, 05 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
mera...  is tans af-lyn  mera...
Boodskappe: 16
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hallo allemaal,

Ek is deur iemand by die werk gevra of ek weet van 'n ZA-dametje wat sal
belangstel om vir EEN jaar by hulle in Nederland te kom au-pair.

Die gelukkige dametje sal:
* Verkieslik al REEDS 'n paspoort moet hê.
* MOONTLIK, in April/Mei 1999 beskikbaar wees.
* Jou vliegkaartje word betaal naar Nederland.
* Een jaar aanbly.
* Vele ander Zuid-Afrikaners ontmoet... :-)))

Dit sal ook doenlik wees as je nogal goed Afrikaans kan praat.. Maar moet
Nederlands (natuurlik) heel gou bemeester. Niet te moeilik.

EK het self niet te veel info oor wat dit alles behels enz, maar die gesin
woon in Tiel. Dis so 25km Zuid-Oost vanaf Utrecht.

As je belangstel -- laat weet maar.

Groetnis,
Mike

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Au-pair gesoek vir Nederland [boodskap #21537 is 'n antwoord op boodskap #21536] Vr, 05 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ter wille van die beskerming van beide parteie is dit waarskynlik baie wenslik
dat 'n mens maar deur 'n agentskap sal werk, of minstens 'n wetlike kontrak
opstel wat die regte en verpligtinge van beide parteie uiteensit. Om maar een
enkele aspek te noem: die werkpermit. Nog 'n uiters belangrike aspek is die
wetlike aanspreeklikheid van die au pair - dink maar aan die nanny in die VSA
verlede jaar wat aangekla is van moord nadat die seuntjie wat sy moes versorg,
oorlede is.

Die werkgewers loop 'n risiko deur iemand wat hulle glad nie ken nie, by hulle
in die huis te laat woon en na hulle kinders om te sien. En die au pair loop
allerhande risiko's deur in 'n vreemde land by vreemdelinge te gaan woon, van
hulle afhanklik te wees, en hulle kinders op te pas. Dit kan 'n mynveld word.

My eie dogter was 'n jaar lank au pair. Sy het dit baie goed getref met die
gesin wat haar in diens geneem het. Nietemin dink ek glad nie jy kan na so 'n
persoon sonder meer verwys as "die gelukkige dametjie" nie.

'n Agentskap se hulp is nie 'n waarborg dat alles glad gaan verloop nie. Maar
hulle "screen" minstens beide die voornemende au pair en die werkgewer, en
stippel elkeen se regte en verpligtinge duidelik uiteen. En hulle stel 'n
minimumloon vas, en sulke sake soos diensure, aftyd en allerhande klein
besonderhede waaraan 'n mens nie noodwendig gaan dink nie.

My raad aan beide werkgewer en au pair is: pas op. Wees baie versigtig.

As dit goed hanteer word, kan au pair 'n heerlike en verrykende werk en
avontuur wees. Anders kan dit in 'n volslae nagmerrie ontaard.

Gegroet uit Pennsylvania.

Kwarantyn

mera...@usa.net wrote:

> Hallo allemaal,
>
> Ek is deur iemand by die werk gevra of ek weet van 'n ZA-dametje wat sal
> belangstel om vir EEN jaar by hulle in Nederland te kom au-pair.
>
> Die gelukkige dametje sal:
> * Verkieslik al REEDS 'n paspoort moet hê.
> * MOONTLIK, in April/Mei 1999 beskikbaar wees.
> * Jou vliegkaartje word betaal naar Nederland.
> * Een jaar aanbly.
> * Vele ander Zuid-Afrikaners ontmoet... :-)))
>
> Dit sal ook doenlik wees as je nogal goed Afrikaans kan praat.. Maar moet
> Nederlands (natuurlik) heel gou bemeester. Niet te moeilik.
>
> EK het self niet te veel info oor wat dit alles behels enz, maar die gesin
> woon in Tiel. Dis so 25km Zuid-Oost vanaf Utrecht.
>
> As je belangstel -- laat weet maar.
>
> Groetnis,
> Mike
>
> -----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
> http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Au-pair gesoek vir Nederland [boodskap #21576 is 'n antwoord op boodskap #21536] Ma, 08 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
mera...  is tans af-lyn  mera...
Boodskappe: 16
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
Kwarantyn wrote:
> Ter wille van die beskerming van beide parteie is dit waarskynlik baie wenslik
> dat 'n mens maar deur 'n agentskap sal werk, of minstens 'n wetlike kontrak

Dankie vir die info, ek is egter alleen *gevra* of ek van iemand weet. Ek
weet iets van je werk gewoon deur 'n agenstskap. Soos ek gesê het, die
persoon het my gevra. Hulle kry egter jaarliks iemand uit Oos-Europa en wou
vir vanjaar 'n ZA-dametje kry.

Dankie vir die info, zal dit self nuttig kan gebruik oor so 4/5 maande..

> avontuur wees. Anders kan dit in 'n volslae nagmerrie ontaard.
>
> Gegroet uit Pennsylvania.
>
> Kwarantyn
>
> mera...@usa.net wrote:
>
>> Hallo allemaal,
>>
>> Ek is deur iemand by die werk gevra of ek weet van 'n ZA-dametje wat sal
>> belangstel om vir EEN jaar by hulle in Nederland te kom au-pair.
>>
>> Die gelukkige dametje sal:
>> * Verkieslik al REEDS 'n paspoort moet hê.



>>
>> As je belangstel -- laat weet maar.
>>
>> Groetnis,
>> Mike
>>
>> -----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
>> http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
>
>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Op reisn in S.A.
Volgende onderwerp: Re: Oor Hegemonie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 04 01:30:28 MGT 2024