Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Jong Dames Dinamiek" deur die "Naaimasjiene."
"Jong Dames Dinamiek" deur die "Naaimasjiene." [boodskap #21507] |
Wed, 03 March 1999 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
JONG DAMES DINAMIEK (MAAK MY SIEK)
Uit 'n CD van die "Naaimasjiene."
ons huis is massief en ons kar baie blink
ons swembad is groot en die tuinjong so flink
die dahlias blom mooi en die kinders is soet
hulle hou ons naam hoog as hul oom dominee hoflik groet
en ons eet en ons drink en ons werk en ons bid
en ons slaap en ons swem en ons teel en ons sit
ek sal ons meid regeer en haar hiet en gebied
ek's voorsitter van jong dames dinamiek
laai die kinders af by sport en gaan koer in die boetiek
ek het klas ek het styl ek's ryk ek's chic
by die vroue-landbou-unie en by dames aktueel
bring ek ook my deel en hou ons volk so heel
my man is die bestuurder van santambank
hy's 'n diaken en daarvoor kan ek die Here dank
hy's ryk hy't mag hy't krag hy't geld
en ons sal dit beskerm met trots en geweld
hy's penningmeester van die potjiekosklub
in sy tee gooi ek altyd net suurlemoensap
hy's ook vooraanstaande in die broederbond
in die burgermag skrik hy vir geen bom se lont
hy's voorsitter van die rapportryers en
soggens eet hy pap en roosterbrood en spek en eiers
en ons eet en ons drink en ons werk en ons bid
en ons slaap en ons swem en ons teel en ons sit
my siel is 'n groot blink shopping centre
ek sal altyd vir roomkoek en lemoensap tender
ek lees Tryna du Toit en aanbid vir Bles
en help my kinders met hul kinderkrans-les
ons glo in kuns en ons glo in kultuur
ons koop Tretchikoffs en drink gemmerbier
my oudste seun is in die eerste rugbyspan
en daarom weet ons mos hy's 'n ware man
my jongste dogter is die netbalkaptein
sy's voorbeeldig, sy vloek nie en drink niks wyn
my ander seun staan eerste in sy klas
in kadette marsjeer hy altyd in pas
my oudste dogter is getrou by die KJA
vir geen wulpse kêrel sal sy ooit sê ja
ek is trots op my telge, hulle laat my hart sing
vir die samelewing sal hul hul beste bring
en ons eet en ons drink en ons werk en ons bid
en ons slaap en ons swem en ons teel en ons sit
ons lees die kerkbode en die huisgenoot
ons het 'n vakansiehuis en 'n groot motorboot
my siel is 'n groot blink shopping centre
my steak is altyd sappig en baie tender
my liefdeslewe is sterk en gesond
ek het 'n groot en stewige heerlike mond
ons nagte is wild en vol warm passie
my man is mal oor my kwispelkwassie
sy lyf is fris en bruin en groot
gewyd skiet hy altyd elke skoot
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 10:49:45 UTC 2025
|