Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Seun in Vyeboom" deur ERNST VAN HEERDEN
"Seun in Vyeboom" deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #21459] Ma, 01 Maart 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
SEUN IN VYEBOOM
Ernst van Heerden
(Teenstrydige liedere, 1972)

"Plesier my nou
en gaan pluk
die adamsvye,"
beveel Ouma
tussen rituele van seepkook,
bak-vir-die-basaar en biltong-sny;

en ek drentel
verveeld werf toe
en klouter dikbek
teen die knoestige takke op,
my mandjie leeg
en uitnodigend;

sien
die ryp, gebarste vrugte
druppeltaai
teen dofgroen blare nestel:
borsies,
dytjies,
spleetjies -
van nou die dag
se klein ontdekkingstog.
Vorige onderwerp: Askies Sas
Volgende onderwerp: KOERANT EPOS ADRESE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 07:52:48 MGT 2024