Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Skipper onder God" (Domus) van MARLISE JOUBERT
Uit "Skipper onder God" (Domus) van MARLISE JOUBERT [boodskap #21365] |
Thu, 25 February 1999 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2171 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Uit "Skipper onder God"
in "Domus."
Marlise Joubert
Onder die rooi karos van kannas
koel koper van jou taal
tel ek ons rinkhalsdae verby die sterre
glo ek dat lig verkleur soos orreltone
terwyl jy praat en ruik na
onthoofde grasperke
hoe anders dan as om te kreun
soos waansinnige gebede in jou arms
om my vas te vang vir altyd
in die treurige raamwerk van jou bors
om my net te laat leef
uit die bloed van jou wêreldseë
uit elke sending van jou wit verlang
so wild so bang
vir die liefde
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 28 06:18:48 UTC 2025
|