Tuis » Taal » Prosa & poësie » "mooi marilyn monroe foto in rooi" deur T. T. CLOETE
"mooi marilyn monroe foto in rooi" deur T. T. CLOETE [boodskap #21350] |
Tue, 23 February 1999 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2171 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Uit: Toepassings van Dante
mooi marilyn monroe foto in rooi
T T Cloete
("Idiolek" 1986)
[N'e pur le creature che son fore
d'intelligence, quest'arco saetta
ma quelle c'hanno intelletto ed amore'.
Par. 1.118-120
Ne le sue braccia mi parea vedere una
persona dormire nudo, salva che
involta mi parea in uno drappo san-
guigno leggeramente...
Vita nuova]
sy lê diagonaal
op 'n plooi
op plooi fluweelrooi
kleed somaties geniaal
haar huid kyk
het van rosig tot sag
blosend tot teer gesproet soos die vag
van 'n abbesynse kat diep tyk
sy is gemoduleerde lug
wynrooi sag golwend asof
van diep binne uitgepof
holrug asof sy elasties dans of ekstaties
vlug
die lewende omtrek
tref dié nofret
met haar silhoeët
fundamenteel perfek
'n fenomeen
liefderyk
deur 'n lenige Volmaakte Vinger gestryk
skrander van skedel tot skeen
|
|
|
|
|
Re: "mooi marilyn monroe foto in rooi" deur T. T. CLOETE [boodskap #21394 is 'n antwoord op boodskap #21350] |
Fri, 26 February 1999 00:00  |
Daniel
Boodskappe: 68 Geregistreer: July 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Dankie Gloudina, ek het jou besonderhede ontvang, en ook 'n email aan jou
gestuur. Waar is vandag se gedig!!!! Die plek is leeg daarsonder....
>> Beste igsnet,
>>
>> Ek sit daagliks in groot opwagting en wag vir jou gereelde bydra
> in die vorm
>> van 'n gedig. Hou so aan...dit is sielskos vir
> my hier onder in Australië.
>
>> Jan (in Perth)
>
>
> Dankie vir die aanmoediging. Ek het dit
> soms nodig op hierdie nuusgroep.
>
> Ek stuur 'n epos aan jou bigfoot.com
> adres. Het jy my vorige een gekry waarin
> ek vir jou raad gegee het hoe om met
> Karen Botha in aanraking te probeer kom?
> Indien jy nie my antwoord die volgende
> dag of twee kry nie, antwoord my weer
> op die nuusgroep. (Julle is so ver voor
> ons wat tyd betref. Ek skryf in die
> middel van die oggend. Dis seker al
> laataand by jou? Laas keer toe ek gefokus
> het, was julle 11 uur verskil van ons.
> Het Australia twee tydsones?
>
> Gloudina Bouwer
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Mon Mar 31 23:32:01 UTC 2025
|