Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die wiel draai om en om
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21326 is 'n antwoord op boodskap #20952] Ma, 22 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Feb 1999 18:16:34 GMT, wrote:

| - net my beskeie opinie.
|
|
| Jou "beskeie" opinie?
| Jou BESKEIE opinie, Johan?
| Ken jy die betekenis van die
| woord "beskeie"? Is jou opinie
| oor die situasie in SA, oor die
| karakter van New Yorkers, oor
| alles en nog wat, beskeie?
|
Geweldig beskeie! Ek klink dalk so hier en daar tussenin soos jy of Leenderdt,
maar eintlik is ek regtig baie beskeie. Selfs wanneer ek pontifikeer, sal jy
sommer so tussen deur en oor die lyne lees hoe beskeie ek is!
Ek weet natuurlik alles van alles af, maar jy sal nooit kry dat ek my opinie
sommer so uitblaker nie. Ek is so goed en so nederig dat dit nooit in my
gedagtes sal kom om nie beskeie te wees nie.

Jy't mos al self gesê "Blessed are the meek..." en ek wou jou nog bedank vir die
blessing! Ons beskeie ouens waardeer so iets baie.....

So terloops, eergister het ons so lekker na die TV reeks Sjaka Zulu sit en kyk
en nie die nuwe hondjie te goed dopgehou nie, toe beskeie hy die hele vloer!
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21327 is 'n antwoord op boodskap #20952] Ma, 22 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Feb 1999 18:16:34 GMT, wrote:
| Jou "beskeie" opinie?
| Jou BESKEIE opinie, Johan?
| Ken jy die betekenis van die
| woord "beskeie"?

Ek is so beskeie ek sal selfs in Noord-Dakota of Otawwa nie sigbaar wees nie.

Dink jy dis goed of sleg om beskeie te wees, Gloudina? Of is jy al verby
daardie ouderdomsmylpaal waar 'n mens bekommer oor jou eie beskeidenheid?

Ek is so beskeie, ek begin myself nou bewonder...

As ek nie so beskeie was nie, het ek nou gedink ek is wonderlik!

Almal kan maar weer sit, dankie vir die applous! Gloudina het maar eintlik net
die draak gesteek.........
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21328 is 'n antwoord op boodskap #20952] Ma, 22 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Robbert Zijlstra wrote in message ...
>
>
> Leendert van Oostrum wrote:
>
> Nee, Leendert nu zit je er echt naast.

Hoe so?

> Hoewel verzuiling inderdaad goed
> vergeleken kan worden met Apartheid.

Dit is juis waarop die aandag gevestig het.

> D.w.z. volksgroepen met hun eigen
> voorzieningen (scholen, kerken, vakbonden, werkgeversorganisaties, politieke
> partijen) was de reden niet een geweldsprobleem.

Hmmmm...... Ek herinner my iets van "skole-onluste" hier rondom die
eeuwending?

Maar "geweld" as sodanig is sekerlik maar een van die vele indikatore van
sosiale spanning, waarvoor versuiling 'n uitkoms was?

[...insiggewende opsomming van die ontwikkeling in Nederland geknip...]

> Interessant genoeg wordt de wetgeving met betrekking tot
> verzuiling op bijvoorbeeld onderwijsgebied nu zeer actief aangewend door:
> .............de moslims. Immigranten uit Marokko en Turkije stichten hun
> eigen scholen waar islamitisch les wordt gegeven (wat dat ook moge zijn).

Ten volle befonds deur die staat, nie waar nie?

>
> Je vergelijking tussen Apartheid en de Verzuiling is interessant. Je zou ook
> een vergelijking kunnen maken met de structuur van de maatschappij in
> Nederlands-Oost-Indië (sommigen noemen het tegenwoordig Indonesië). In mijn
> geweldige, fantastische krant "Het NRC Handelsblad" is zo'n vergelijking
> inderdaad een jaar of wat geleden gemaakt, in de culturele bijlage, denk
ik.

Dit sou baie interessant wees om die artikel te siene te kry - is die argief
van NRC Handelsblad toeganklik via die internet?

>
> Ik denk dat in de rassenscheiding (Apartheid en wat daar aan vooraf ging, tot
> aan Jan van Riebeek aan toe) in Zuid-Afrika wel een typisch Nederlandse
> logica zit inderdaad. Overigens vond aan het einde van de 19de eeuw in
> Duitsland tijdens het Bewind van Graf Otto von Bismark precies zo'n
> "Kulturkampf" tussen het oude bestuur en de confessionele volksgroepen
> plaats, als in Nederland.

Ook in Turkye/Griekeland het mens vir vier eeue tot circa 1850 die situasie
gevind waar die Turke en die "Romeine" (= Grieke - oorblyfsels van die
Oos-Romeinse Ryk) regeer is onder twee afsonderlike regstelsels en
administrasies. Die Ortodokse Kerk het grootliks die "regering" van die
Griekse burgers, onderwysvoorsiening, administrasie van huweliks- en
gesinsreg, ens. hanteer.

In Middeleeuse Europa was dit (soos ek verstaan) algemeen dat verskillende
regstelsels van toepassing was op verskillende mense, na gelang die vors aan
wie hulle getrouheid skuldig was. Afsonderlike stelsels vir Jode, Grieke en
Sigeuners het seker die langste stand gehou. (Sulke mense het, byvoorbeeld,
nie militêre verpligtinge gehad nie, maar het ander belastings betaal, ens.)

Iets hiervan bly nog steeds oor, in die gebruik dat die huweliks- en aspekte
van die gesinsreg wat toegepas word, bepaal word deur die regstelsel waar
die huwelik gesluit is, en waar die domisium van die individu is. Graaf
Spencer se egskeiding in Kaapstad, byvoorbeeld, is deur Engelse huweliksreg
gereël.

>
> Het verschil tussen Verzuiling en Apartheid is dat in Nederland de
> Katholieken, Gereformeerden en Socialisten langzaam maar zeker kiesrecht
> kregen, de census werd steeds verder uitgebreid (je moest een huis of grond
> bezitten en een bepaald bedrag aan belasting betalen) en uiteindelijk in 1917
> kiesrecht voor mannen en in 1919 algemeen kiesrecht, boven de 21. En in
> Zuid-Afrika is het algemene kiesrecht in 1994 in een keer overgedragen op de
> hele bevolking. Internationale druk had iets anders niet mogelijk gemaakt.

Jy verklaar hier dat "apartheid" verskil van "versuiling" daarin dat die
oorgang na universele kiesreg in Nederland stelselmatig gebeur het.

Ek dink dat jy hier rus op 'n wanbegrip van die staatkundige ontwikkeling in
SA.

Tot ongeveer 1950 was daar 'n stadige (_baie_ stadige ) uitbreiding van
kiesreg na alle bevolkingsgroepe, soortgelyk aan wat jy in Nederland
beskryf. (In die eerste trekker-republieke het vroue, byvoorbeeld, van die
begin af volle stemreg gehad - ek praat van circa 1840!)

Teen 1950 het alle volwasse "blankes" stemreg gehad, Kaapse "kleurlinge"
(maar net mans, as ek reg onthou), en 'n bie klein persentasie Kaapse
swartmense, wat enkele _wit_ verteenwordigers verkies het (Die vermaarde
Margaret Ballinger was een van hulle).

Van 1950 was daar geweldige vinnige uitbreiding van kiesreg na _alle_
volwassenes in die land, maar gekoppel aan 'n skeiding van kieslyste, en die
instelling van afsonderlike strukture waarin die groepe verteenwoordig is.
Die "blanke" parlement was 'n soort koloniale owerheid, waaraan al die ander
strukture onderhorig was, met 'n progressiese "ontvoogding", tot op die punt
van algehele onafhanklikheid.

Teen 1994 was daar, in werklikheid, geen volwassene in die land wat nie
reeds vir etlike dekades stemreg gehad het nie, weliswaar op verskillende
kieslyste, en binne afsonderlike strukture met wisselende mate van outomie.

Die omwenteling van 1994 was eintlik niks anders nie, as die samevoeging van
alle kieslyste in een gemeeskaplike kieslys.

Om dit te bereik moes die vier strukture wat reeds volle onafhanklikheid
bereik het, afgetakel word, en as soewereine state verdwyn. Dit sê miskien
iets dat twee van hulle by wyse van geweldadige staatsgrepe by die Nuwe
Suid-Afrika ingelyf moes word.

>
> Elders in deze berichten-draad wordt ook opgemerkt de invloed van de val van
> het communisme op de hervormingen in SA. Ik denk inderdaad dat deze bepalend
> is geweest voor de bereidheid onder de top van de NP om de macht te delen, al
> is het op een machtsOVERDRACHT uitgelopen. De mens wikt, maar God
> beschikt.......

Ek dink die "trauma" van "magsoordrag" vir die algemene witte word erg
oordryf.

>
> Een jonge Afrikaner die ik een jaar geleden in Israël tegenkwam, was
> politieman in de eenheid die fungeerde als lijfwacht voor belangerijke
> funktionarissen in SA tussen 1991 en 1995. Hij bewaakte onder meer F.W. de
> Klerk en Thabo Mbeki. Hij vertelde van de onmenselijke spanning waar onder
> meer F.W. onder leed in die tijd. Het vergt ontzettend veel morele kracht om
> te blijven functioneren onder zulke omstandigheden.

Ek stem saam dat die "trauma" van die verandering swaar gekonsentreer was op
die leierskorps. Die gemiddelde wit kieser, dink ek, het baie jare gelede al
(miskien net onderbewustelik, maar nogtans) besef dat politieke mag slegs 'n
deel vorm van die magsverhoudinge in die samelewing.

Mense wat kundigheid verwerf het en wat ekonomies bemagtig is, dink ek,
plaas miskien 'n laer prioriteit op politieke mag as noodsaaklik vir
oorlewing, en die gemiddelde wit kieser het, reeds vir elike dekades 'n veel
groter mate van sekuriteit gevoel as in die tyd toe die Britse Empire nog
gehiet en gebied het. Die verval van die Sowjet-empire het die gevoel van
sekuriteit met baie grade laat styg.

Daarmee saam het die Westerse skenkernasies en instellings soos die
wêreldbank teen die tagtigerjare uiteindelik opgehou om elke flenterdiktator
in Afrika se bona fides te aanvaar en elke politieke filosofie uit Afrika
vir soetkoek op te vreet. Hulle het begin om met groter diskresie te kyk na
die mate waartoe Afrikaregerings menseregte verkrag. Die internasionale
omgewing het dus verder bygedra tot die gevoel van sekuriteit van die wit
minderheid in SA.

Dit alles het dit moontlik gemaak om die greep op politieke mag te laat
vaar - daar was, dink ek voldoende ander ondersteuningstrukture in plek.

(Gesien uit die perspektief van sekuriteit, was die effek van kulturele
boikotte en die skrille gejil van die internasionale media - wat sedertdien
erken het hoe hulle gelieg het oor SA - natuurlik bloot om verandering in SA
te vertraag.)

Ek dink nie mense het bewustelik gedink soos ek dit hierbo skets nie, maar
ek is seker dat dit 'n baie onderbewustelike uitwerking gehad het, en dat
die gemiddelde witte die oorgang eintlik sonder veel trauma, of selfs met
verligting, tegemoetgegaan het.

Daar was natuurlik die woelgeeste wat revolusie wou stig, maar hulle sal
mens altyd kry, en soos ons weet, was hulle 'n miniskule minderheid. Om die
waarheid te sê, ek dink dat die teenwoordigheid van die woelgeeste in sulke
situasies amper noodsaaklik is. Sonder hul aktiwiteite sou die ANC nie drie
jaar later oortuig kon word om in die finale grondwet voorsiening te maak
vir etniese/kulturele outonomie nie. Selfs sulke mense vorm dus deel van die
tapeserie van mag in die samelewing.

> De belangerijkste eis is
> niet zozeer intelligentie, iedereen op dat niveau van de maatschappij is wel
> intelligent, maar een sterk karakter en morele ruggegraat. Ik denk dat het
> belang van intelligentie heden ten dage overschat wordt in Westerse
> maatschappijen.

Ja. En dan is die "Westerse" persepsie van intelligensie ook nog 'n erg
beperkte een.

Ek reken daar is ook iets soos "morele intelligensie". Miskien is dit waarna
jy hier verwys.

Groete, Leendert
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21329 is 'n antwoord op boodskap #20952] Ma, 22 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Feb 1999 13:47:35 GMT, wrote:
| Nee, natuurlik nie, jou trit. Dit was juis
| die feit dat daar net blanke kiesers was
| vir eeue wat die vorige verkiesings onreg-
| verdig gehou het. En sover ek kan onthou
| was die voorsitter van die onafhanklike
| verkiesings-kommissie ook 'n Afrikaner -
| so hier gaan ons nou weer - almal wat nie
| jou wil uitvoer nie, is 'n trit.
|
Jy is op 'n heel ander golfengte.

Ons praat nie van die regverdigheid of almal stem of nie, maar oor die
regverdigheid en intimidasieloosheid van die een enkele verkiesing toe almal wel
kon stem 1994.

Afrikanerskap maak nie van iemand 'n Engeltjie nie. Ek ken baie Afrikaners wat
maar swak verskonings vir die mensdom is, netsoos daar baie goeies is.

My wil het niks daarmee te doen nie - net my beskeie opinie.
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21330 is 'n antwoord op boodskap #20952] Ma, 22 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 21 Feb 1999 12:59:37 +0100, Robbert Zijlstra wrote:

|Interessant verhaal. Zijn er nog andere "possers" op de NG die zulke verhalen hebben? Hoe
|vaak kwam dit voor (schattingen)? En BTW, wat betekend de voorzitter van de kiescommissie
|is een "trit"? Dat was toch Goldstone, de latere voorzitter van het
|Jougo-Slavië-tribunaal?
|
"Trit" is derogatief - hy is 'n swak siel, wat sy eie naam "toffee" maak
(toffie klink beter) - iemand vir wie jy nie respek het nie.

Nee, nie Goldstone nie - kom help met die naam - hy het nog so swak toespraak na
afloop van die verkiesing op 'n donker verhoog op TV gegee. Ek kan regtig nie
die ou se van onthou nie - iets met 'm "k" dink ek....
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21331 is 'n antwoord op boodskap #20952] Ma, 22 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) wrote:

> Nee, nie Goldstone nie - kom help met die naam - hy het nog so swak toespraak na
> afloop van die verkiesing op 'n donker verhoog op TV gegee. Ek kan regtig nie
> die ou se van onthou nie - iets met 'm "k" dink ek....
>

Kriegler. Hy het so pas bedank - nadat hy in die hof getuig het dat die
"onafhanklike" verkiesingskommissie alles behalwe onafhanklik is.

Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21332 is 'n antwoord op boodskap #20952] Ma, 22 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

>
> Afrikanerskap maak nie van iemand 'n Engeltjie nie.
>
> My wil het niks daarmee te doen nie

- net my beskeie opinie.

Jou "beskeie" opinie?
Jou BESKEIE opinie, Johan?
Ken jy die betekenis van die
woord "beskeie"? Is jou opinie
oor die situasie in SA, oor die
karakter van New Yorkers, oor
alles en nog wat, beskeie?

Piggy teen tritte
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21333 is 'n antwoord op boodskap #20952] Ma, 22 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan Conroy  is tans af-lyn  Johan Conroy
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek neem aan in SA sal die son seker ook oor die mees oostelike deel van die
land eerste opkom :-) Behalwe as daar sekere eilande oos van ons kus is
waarvan ek nie weet nie, sal die mees oostelike gedeelte van SA op die
Mosambiekgrens tussen Ponta do Ouro en Kosibaai wees.

Terloops, die son kom 'n paar uur vroeër op in Frankryk as in SA.

Johan

@igs.net wrote in message ...
> Die dag dat ek wil hê dat Leendert
> my ernstig moet opneem, en ek Leendert
> ernstig opneem, is die dag wanneer die
> son in die weste oor Minnesota opkom.
> Waar kom die son die eerste op in SA?
> In die VSA kom dit op in die mees
> oostelike distrik van Maine. In Kanada
> erens in Newfoundland, dink ek.
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21340 is 'n antwoord op boodskap #21328] Di, 23 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>

> Dit sou baie interessant wees om die artikel te siene te kry - is die argief
> van NRC Handelsblad toeganklik via die internet?

Probeer: http://www.nrc.nl/ - daar is 'n knoppie gemerk "Archief".
> In die eerste trekker-republieke het vroue, byvoorbeeld, van die
> begin af volle stemreg gehad - ek praat van circa 1840!

Jou bron vir hierdie stelling? As dit inderdaad so was dat vroue van die
begin af volle stemreg gehad het (en ek vind dit moeilik om te glo) dan lyk
dit vir my het dit nie baie lang gehou nie.

In Hahlo & Kahn se "The Union of South Africa - The Development of its Laws
and Constitution" (1960) lees 'n mens die volgende, eerstens oor die 1838
grondwet van Natal:

"The Raad......elected annually by a universal white male adult suffrage"
(p61).

Tweedens oor die Oranje Vrystaat se hersiene grondwet van 1866:

"The vote for Volksraad and Presidential elections was extended to white
males of full age......" (p75).

en laastens oor die 1858 grondwet van die Z.A.R (Transvaal):

"..a unicameral legislature...elected by universal adult male white vote"
(p88).

Simon
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21341 is 'n antwoord op boodskap #20952] Di, 23 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

> So terloops, eergister het ons so lekker na die TV reeks
Sjaka Zulu sit en kyk

Wat sit en kyk jy so 'n fake stuk TV.
Ek kan amper sien hoe die ouens daar
lag wanneer hulle die oorlogs-tonele
moet speel. Ek het nie veel aan
Chaka Zulu nie.

Gloudina
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21342 is 'n antwoord op boodskap #20952] Di, 23 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Feb 1999 01:05:24 GMT, wrote:

| Wat sit en kyk jy so 'n fake stuk TV.

Werklik net jou beskeie mening.

As jy dit nie gekyk het nie, kan jy dit nie kritiseer nie.
As jy dit gekyk het, hoekom kritiseer jy my as ek daarna kyk?
As jy dit gekyk het, wat is jou objektiewe kritiek daarteen? Of is al jou
kritiek daarteen subjektief?

Johan - die ewige realis/optimis
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21343 is 'n antwoord op boodskap #20952] Di, 23 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message ...
>
> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>>

> In die eerste trekker-republieke het vroue, byvoorbeeld, van die
>> begin af volle stemreg gehad - ek praat van circa 1840!
>
> Jou bron vir hierdie stelling? As dit inderdaad so was dat vroue van die
> begin af volle stemreg gehad het (en ek vind dit moeilik om te glo) dan lyk
> dit vir my het dit nie baie lang gehou nie.

Ek aanvaar dit was nie in die latere groot republieke opgeneem nie.

Wat jy moet onthou, is dat daar veel meer trekkerrepublieke was as die drie
wat jy uit Hahlo & Kahn aanhaal.

In elk geval, ek het die storie onlangs weer in Karel Schoeman se biografie
van Susanna Smit teëgekom.

Leendert
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21344 is 'n antwoord op boodskap #20952] Di, 23 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> Gerrit de Blaauw writes:

> De Nationale Partij was al in de jaren '80 in principe
>> bereid om de apartheid af te schaffen, maar de Nationale Partij was niet
>> bereid om van Zuid-Afrika een tweede Cuba of Ethiopië te maken

Twak. Vir 'n lang ruk was die NP onder die
> druk van hulle regse vleuel, bang dat as
> hulle die snare soos ou Andries Treurnicht
> kwaadmaak, hulle dan verkiesings sou verloor

Die NP was, sedert die laat 1960's altyd onder druk van regs _en_ links.

(Gloudina sal, natuurlik net die regse druk raaksien. Maar ons is al gewoond
aan haar eendimensionele persepsies)

> Dis presies wat in die afgelope tyd die
> Republikeinse Party hier in die VSA oorgekom
> het. Hulle het na die "Christian Right" se
> pype begin dans, en kyk waar het dit hulle
> gebring. Nou begin die Republikeinse goewer-
> neurs self kapsie maak teen die skade wat
> die klomp Republikeine in die House of
> Representatives aan hulle eie party gedoen
> het. Dis wanneer politieke partye probeer
> stemme wen, in plaas van om vir beginsels
> te staan, dat hulle hulself ondergrawe.

Verduidelik asseblief hierdie een, Gloudina (as jy kan).

Jy sê die Amerikaanse Republikeine het probeer stemme wen in die
Clinton-storie?

> Dit
> het in SA met die ou Verenigde Party
> gebeur, omdat hulle nie vir demokratiese
> beginsels wou werk nie. Ek het 'n oom gehad
> wat vir die Smelters in Gordonia gestaan het
> net na die NP aan bewind gekom het. Ek was
> so kwaad toe ek sy verkiesingshandves lees -
> dit het min verskil van die NP s'n.

Ah! Nog 'n stukkie van die legkaart:

Gloudina is eintlik 'n ou bloedsap!

Haar geblêr hier gaan eintlik nog maar oor Jannie Smuts die verkiesing
verloor het!

> die Afrikaners het as 'n groep nie genoeg
> karakter gehad om die boewe uit te skop nie,
> en kyk nou waar sit die NP nou. En kyk nou
> waar sit die Afrikaners nou.
>
> Gloudina

Ah! Gloudina is die en wat "karakter" het! (NOT!)

En elkeen wat van Gloudina verskil het "nie genoeg karakter nie".

Vriendelike groete, Leendert
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21345 is 'n antwoord op boodskap #20952] Di, 23 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

>> Dis presies wat in die afgelope tyd die
>> Republikeinse Party hier in die VSA oorgekom
>> het. Hulle het na die "Christian Right" se
>> pype begin dans, en kyk waar het dit hulle
>> gebring. Nou begin die Republikeinse goewer-
>> neurs self kapsie maak teen die skade wat
>> die klomp Republikeine in die House of
>> Representatives aan hulle eie party gedoen
>> het. Dis wanneer politieke partye probeer
>> stemme wen, in plaas van om vir beginsels
>> te staan, dat hulle hulself ondergrawe.
>
> Verduidelik asseblief hierdie een, Gloudina (as jy kan).
>
> Jy sê die Amerikaanse Republikeine het probeer stemme wen in die
> Clinton-storie?

Ja, hulle het gehoop dat die tien miljoen
dollar vuil politieke advertensie voor die
verkiesing (twee vroue sit en gesels oor
Monica en Clinton) vir hulle in die verkiesing
sou help. Toe verloor hulle vyf setels. Toe
beskuldig hulle vir Newt Gingrich en hy bedank.
Toe stel hulle vir Livingston aan as
Speaker en hy moet bedank. Maar hulle gaan toe
aan met die impeachment en hoop dat hulle
hulle politieke basis kan verbreed, en toe
faal hulle impeachment en hulle is nou so
diep in die doo-doo dat dit algemeen aangeneem
word dat hulle die Huis in 2000 gaan verloor.
Nou sê Paul Weyrich (ek hoop ek het sy naam
reg), die ou wat die term "Moral Majority'
oorspronklik geskep het, dat hulle sal moet
opgee om te dink dat die "moral majority"
'n majority is. Twee-derdes van die mense
in die VSA, sê Weyrich, is korrup omdat
hulle Clinton nie wou sien impeach nie. Hy
stel nou voor dat die "Christene" soos die
hippies out moet drop uit society uit.
So val die mure om ons. Ondertussen haat
die meerderheid van Amerikaners Ken Starr
meer vir sy grawe in die moraliteit van
ander en sy minagting vir die regte
van ander. So hy is nou die een wat in die
doo-doo is.

Twinkle twinkle little star
dismissed soon from the bar
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21361 is 'n antwoord op boodskap #20952] Do, 25 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Feb 1999 18:16:34 GMT, wrote:
|
| Jou "beskeie" opinie?
| Jou BESKEIE opinie, Johan?
| Ken jy die betekenis van die
| woord "beskeie"? Is jou opinie
| oor die situasie in SA, oor die
| karakter van New Yorkers, oor
| alles en nog wat, beskeie?
|
'n Mens maak natuurlik baie goeie eienskappe jou eie as jy die goeie
voorbeeld najaag van die leiers van jou land! Ek meen nou maar, waar
kry jy 'n meer beskeie man as my eie Goewerneur, Jesse Ventura!

In nederige beskeidenheid, Johan, wat alles van alles af weet.....
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21433 is 'n antwoord op boodskap #21328] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LT Zijlstra  is tans af-lyn  LT Zijlstra
Boodskappe: 5
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum heeft geschreven in bericht
...
>
> Robbert Zijlstra wrote in message ...
>>
>>
Snip...................

>> Leendert van Oostrum wrote:
>>
>> Interessant genoeg wordt de wetgeving met betrekking tot
>> verzuiling op bijvoorbeeld onderwijsgebied nu zeer actief aangewend door:
>> .............de moslims. Immigranten uit Marokko en Turkije stichten hun
>> eigen scholen waar islamitisch les wordt gegeven (wat dat ook moge zijn).
>
>
> Ten volle befonds deur die staat, nie waar nie?

Correct. Iedere school krijgt een bepaalde steun van de overheid per hoofd
van de leerlingenpopulatie. Een Katholieke of Islamitische school krijgt per
leerling evenveel. Er wordt wel onderscheidt gemaakt naar afkomst. Voor een
leerling waarvan één of beide ouders buiten de EU (Europese Unie) geboren
zijn krijgt de school 125% van de ouderbijdrage. Omdat op een Islamitische
school waarschijnlijk de ouders van bijna alle leerlingen buiten de EU
geboren zijn krijgen ze een kwart meer geld dan een "blanke" school.
Overigens wordt dat onderscheid tegenwoordig algemeen gemaakt. Blanke/zwarte
scholen. Als er eenmaal een bepaalde hoeveelheid buitenlanders (lees: Turks,
Marrokaans of Surinaams of anders niet-blank) op een school komt, halen de
blanke ouders hun kinderen van school en komen er alleen nog maar
buitenlandse kinderen. 50 meter van mij vandaan staat een basisschool en ik
zie er nooit blanke kinderen. Een vriendin van mij geeft les op een school
in de beruchte Schilderswijk in Den Haag en heeft ook geen blanke
Nederlandse kinderen in de klas. Een soort informele Apartheid dus.
>
>>
>> Je vergelijking tussen Apartheid en de Verzuiling is interessant. Je zou ook
>> een vergelijking kunnen maken met de structuur van de maatschappij in
>> Nederlands-Oost-Indië (sommigen noemen het tegenwoordig Indonesië). In mijn
>> geweldige, fantastische krant "Het NRC Handelsblad" is zo'n vergelijking
>> inderdaad een jaar of wat geleden gemaakt, in de culturele bijlage, denk
> ik.
>
>
> Dit sou baie interessant wees om die artikel te siene te kry - is die argief
> van NRC Handelsblad toeganklik via die internet?
>
Nee, maar je kunt een query doen via het internet.
>>
>> Ik denk dat in de rassenscheiding (Apartheid en wat daar aan vooraf ging, tot
>> aan Jan van Riebeek aan toe) in Zuid-Afrika wel een typisch Nederlandse
>> logica zit inderdaad. Overigens vond aan het einde van de 19de eeuw in
>> Duitsland tijdens het Bewind van Graf Otto von Bismark precies zo'n
>> "Kulturkampf" tussen het oude bestuur en de confessionele volksgroepen
>> plaats, als in Nederland.
>
>
> Ook in Turkye/Griekeland het mens vir vier eeue tot circa 1850 die situasie
> gevind waar die Turke en die "Romeine" (= Grieke - oorblyfsels van die
> Oos-Romeinse Ryk) regeer is onder twee afsonderlike regstelsels en
> administrasies. Die Ortodokse Kerk het grootliks die "regering" van die
> Griekse burgers, onderwysvoorsiening, administrasie van huweliks- en
> gesinsreg, ens. hanteer.
>
> In Middeleeuse Europa was dit (soos ek verstaan) algemeen dat verskillende
> regstelsels van toepassing was op verskillende mense, na gelang die vors aan
> wie hulle getrouheid skuldig was. Afsonderlike stelsels vir Jode, Grieke en
> Sigeuners het seker die langste stand gehou. (Sulke mense het, byvoorbeeld,
> nie militêre verpligtinge gehad nie, maar het ander belastings betaal, ens.)
>
> Iets hiervan bly nog steeds oor, in die gebruik dat die huweliks- en aspekte
> van die gesinsreg wat toegepas word, bepaal word deur die regstelsel waar
> die huwelik gesluit is, en waar die domisium van die individu is. Graaf
> Spencer se egskeiding in Kaapstad, byvoorbeeld, is deur Engelse huweliksreg
> gereël.
>

Dit soort rechtspleging was normaal tot de creatie van "nationale staten"
naar het Franse voorbeeld. Dit is begonnen met de Franse revolutie in 1789.
Tegenwoordig zijn de meeste staten in de wereld naar het "verlichte" franse
model ingericht. In Nederland werden de Katholieken en Joden na de Franse
inval en bezetting in 1795 gelijkgesteld. In NOI (Nederlands-Oost-Indië)
werd tot de machtsoverdracht in 1949 naast de NOI-wet, de adat, het lokale
recht voor geschillen onder inlanders onderling gehandhaafd. Deze adat kan
van streek tot streek verschillen.

>>
>> Het verschil tussen Verzuiling en Apartheid is dat in Nederland de
>> Katholieken, Gereformeerden en Socialisten langzaam maar zeker kiesrecht
>> kregen, de census werd steeds verder uitgebreid (je moest een huis of grond
>> bezitten en een bepaald bedrag aan belasting betalen) en uiteindelijk in 1917
>> kiesrecht voor mannen en in 1919 algemeen kiesrecht, boven de 21. En in
>> Zuid-Afrika is het algemene kiesrecht in 1994 in een keer overgedragen op de
>> hele bevolking. Internationale druk had iets anders niet mogelijk gemaakt.
>
>
> Jy verklaar hier dat "apartheid" verskil van "versuiling" daarin dat die
> oorgang na universele kiesreg in Nederland stelselmatig gebeur het.
>
> Ek dink dat jy hier rus op 'n wanbegrip van die staatkundige ontwikkeling in
> SA.
>
> Tot ongeveer 1950 was daar 'n stadige (_baie_ stadige ) uitbreiding van
> kiesreg na alle bevolkingsgroepe, soortgelyk aan wat jy in Nederland
> beskryf. (In die eerste trekker-republieke het vroue, byvoorbeeld, van die
> begin af volle stemreg gehad - ek praat van circa 1840!)
>
> Teen 1950 het alle volwasse "blankes" stemreg gehad, Kaapse "kleurlinge"
> (maar net mans, as ek reg onthou), en 'n bie klein persentasie Kaapse
> swartmense, wat enkele _wit_ verteenwordigers verkies het (Die vermaarde
> Margaret Ballinger was een van hulle).
>
> Van 1950 was daar geweldige vinnige uitbreiding van kiesreg na _alle_
> volwassenes in die land, maar gekoppel aan 'n skeiding van kieslyste, en die
> instelling van afsonderlike strukture waarin die groepe verteenwoordig is.
> Die "blanke" parlement was 'n soort koloniale owerheid, waaraan al die ander
> strukture onderhorig was, met 'n progressiese "ontvoogding", tot op die punt
> van algehele onafhanklikheid.
>
> Teen 1994 was daar, in werklikheid, geen volwassene in die land wat nie
> reeds vir etlike dekades stemreg gehad het nie, weliswaar op verskillende
> kieslyste, en binne afsonderlike strukture met wisselende mate van outomie.

Misschien heeft iedereen de MOGELIJKHEID gehad om te stemmen, maar werd door
intimidatie (necklacing door kangaroo courts) de uitoefening van dit recht
verhinderd. Ik vraag me trouwens sowieso af wat het nut is van een stemming
in de feitelijke oorlogssituatie.
>
> Die omwenteling van 1994 was eintlik niks anders nie, as die samevoeging van
> alle kieslyste in een gemeeskaplike kieslys.
>
> Om dit te bereik moes die vier strukture wat reeds volle onafhanklikheid
> bereik het, afgetakel word, en as soewereine state verdwyn. Dit sê miskien
> iets dat twee van hulle by wyse van geweldadige staatsgrepe by die Nuwe
> Suid-Afrika ingelyf moes word.
>
Ik weet van een staatsgreep door de UDF in Bop maar waar dan nog meer. Was
er overigens tegenstand tegen deze staatsgrepen?
>>
>> Elders in deze berichten-draad wordt ook opgemerkt de invloed van de val
> van
>> het communisme op de hervormingen in SA. Ik denk inderdaad dat deze
> bepalend
>> is geweest voor de bereidheid onder de top van de NP om de macht te delen,
> al
>> is het op een machtsOVERDRACHT uitgelopen. De mens wikt, maar God
>> beschikt.......
>
>
> Ek dink die "trauma" van "magsoordrag" vir die algemene witte word erg
> oordryf.
>
>>
>> Een jonge Afrikaner die ik een jaar geleden in Israël tegenkwam, was
>> politieman in de eenheid die fungeerde als lijfwacht voor belangerijke
>> funktionarissen in SA tussen 1991 en 1995. Hij bewaakte onder meer F.W. de
>> Klerk en Thabo Mbeki. Hij vertelde van de onmenselijke spanning waar onder
>> meer F.W. onder leed in die tijd. Het vergt ontzettend veel morele kracht
> om
>> te blijven functioneren onder zulke omstandigheden.
>
> Ek stem saam dat die "trauma" van die verandering swaar gekonsentreer was op
> die leierskorps. Die gemiddelde wit kieser, dink ek, het baie jare gelede al
> (miskien net onderbewustelik, maar nogtans) besef dat politieke mag slegs 'n
> deel vorm van die magsverhoudinge in die samelewing.
>
> Mense wat kundigheid verwerf het en wat ekonomies bemagtig is, dink ek,
> plaas miskien 'n laer prioriteit op politieke mag as noodsaaklik vir
> oorlewing, en die gemiddelde wit kieser het, reeds vir elike dekades 'n veel
> groter mate van sekuriteit gevoel as in die tyd toe die Britse Empire nog
> gehiet en gebied het. Die verval van die Sowjet-empire het die gevoel van
> sekuriteit met baie grade laat styg.
>
> Daarmee saam het die Westerse skenkernasies en instellings soos die
> wêreldbank teen die tagtigerjare uiteindelik opgehou om elke flenterdiktator
> in Afrika se bona fides te aanvaar en elke politieke filosofie uit Afrika
> vir soetkoek op te vreet. Hulle het begin om met groter diskresie te kyk na
> die mate waartoe Afrikaregerings menseregte verkrag. Die internasionale
> omgewing het dus verder bygedra tot die gevoel van sekuriteit van die wit
> minderheid in SA.
>

Dit is een buitengewoon interessante bijdrage, Leendert. Ik heb daar nooit
an gedacht. Maar wat voor feitelijke veiligheid kunnen deze instituten
bijdragen aan de gemiddelde SA-burger (blank, zwart, bruin en wat nog meer)
als de tsotsis/comrades/witdoekes met fakkels en molotovcocktails voor de
deurs staan? Roep je dan: "ga weg of ik bel de wereldbank!"

> Dit alles het dit moontlik gemaak om die greep op politieke mag te laat
> vaar - daar was, dink ek voldoende ander ondersteuningstrukture in plek.
>
> (Gesien uit die perspektief van sekuriteit, was die effek van kulturele
> boikotte en die skrille gejil van die internasionale media - wat sedertdien
> erken het hoe hulle gelieg het oor SA - natuurlik bloot om verandering in SA
> te vertraag.)
>
> Ek dink nie mense het bewustelik gedink soos ek dit hierbo skets nie, maar
> ek is seker dat dit 'n baie onderbewustelike uitwerking gehad het, en dat
> die gemiddelde witte die oorgang eintlik sonder veel trauma, of selfs met
> verligting, tegemoetgegaan het.

Ja, de internationale geest was (Reagan, Thatcher, Strauss) conservatiever
dan in de jaren 70 toen iedere revolutionaire groep (de Palestijnen voorop)
bijkans doodgeknuffeld werden door de internationale media en het politieke
establishment, met name in West-Europa.
>
> Daar was natuurlik die woelgeeste wat revolusie wou stig, maar hulle sal
> mens altyd kry, en soos ons weet, was hulle 'n miniskule minderheid. Om die
> waarheid te sê, ek dink dat die teenwoordigheid van die woelgeeste in sulke
> situasies amper noodsaaklik is. Sonder hul aktiwiteite sou die ANC nie drie
> jaar later oortuig kon word om in die finale grondwet voorsiening te maak
> vir etniese/kulturele outonomie nie. Selfs sulke mense vorm dus deel van die
> tapeserie van mag in die samelewing.
>
Bedoel je nu de AWB? Hebben die nog wat kunnen klaarspelen in 1994? Ik heb
ze wel "die glassnyersbende" horen noemen door conservatieve Afrikaners.

>> De belangerijkste eis is
>> niet zozeer intelligentie, iedereen op dat niveau van de maatschappij is
> wel
>> intelligent, maar een sterk karakter en morele ruggegraat. Ik denk dat het
>> belang van intelligentie heden ten dage overschat wordt in Westerse
>> maatschappijen.
>
>
> Ja. En dan is die "Westerse" persepsie van intelligensie ook nog 'n erg
> beperkte een.

Ja. "Wat is IQ? Wat IQ-testen meten, dat is IQ!"
>
> Ek reken daar is ook iets soos "morele intelligensie". Miskien is dit waarna
> jy hier verwys.
>
Precies.

Met vriendelijke groet,

Robbert

P.S. Verontschuldigingen voor mijn trage reactie. Ik ben elders voor mijn
werk. Ik heb hier (Maastricht) een andere computer
nu zo "opgetuigt", dat ik nu onder mijn eigen naam weer kan melen.
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21476 is 'n antwoord op boodskap #20952] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Mar 1999 00:11:55 GMT, wrote:
|"LT Zijlstra" writes: >
|> geboren zijn krijgen ze een kwart meer geld dan een "blanke" school.
|> Overigens wordt dat onderscheid tegenwoordig algemeen gemaakt.
| Blanke/zwarte
|> scholen. Als er eenmaal een bepaalde hoeveelheid buitenlanders (lees: Turks,
|> Marrokaans of Surinaams of anders niet-blank) op een school komt, halen de
|> blanke ouders hun kinderen van school en komen er alleen nog maar
|> buitenlandse kinderen. 50 meter van mij vandaan staat een basisschool en ik
|> zie er nooit blanke kinderen. Een vriendin van mij geeft les op een school
|> in de beruchte Schilderswijk in Den Haag en heeft ook geen blanke
|> Nederlandse kinderen in de klas. Een soort informele Apartheid dus.
|
| En is daar enige bewussyn by die Nederlandse
| publiek dat hulle "informele Apartheid"
| ontwikkel? Is daar enige poging om die ewewig
| in die skool te herstel deur byvoorbeeld
| "bussing" soos hulle dit in die VSA toegepas
| het.

Dit ontwikkel met 'n proses van natuurlike evolusie, klink dit - gaan dit nie
kwaad doen om dit kunsmatig te probeer anders dwing nie?
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21477 is 'n antwoord op boodskap #20952] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

Een vriendin van mij geeft les op een school
> |> in de beruchte Schilderswijk in Den Haag en heeft ook geen blanke
> |> Nederlandse kinderen in de klas. Een soort informele Apartheid dus.
> |
> | En is daar enige bewussyn by die Nederlandse
> | publiek dat hulle "informele Apartheid"
> | ontwikkel? Is daar enige poging om die ewewig
> | in die skool te herstel deur byvoorbeeld
> | "bussing" soos hulle dit in die VSA toegepas
> | het.
>
> Dit ontwikkel met 'n proses van natuurlike evolusie, klink dit - gaan dit nie
> kwaad doen om dit kunsmatig te probeer anders dwing nie?

Johan, dis tyd dat jy die geskiedenis van die
VSA van die afgelope drie dekades bestudeer.
En ek is geinteresseerd: pas hulle "bussing"
in Minnesota toe of het hulle dit ooit toegepas?

Gloudina
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21478 is 'n antwoord op boodskap #20952] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LT Zijlstra  is tans af-lyn  LT Zijlstra
Boodskappe: 5
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ja, dit bewustzijn is er. Maar het "recht op vrije schoolkeuze"is
grondwettelijk vast- gelegd. Er is dus een twee derde meerderheid in de
eerste en tweede kamer nodig om een "busing" beleid tot stand te brengen.
Zo'n beleid van staatsinmenging in de schoolkeuze zou ook in strijd zijn met
de Nederlandse tradities. Er zou een lange campagne van de voorstanders van
de multi-culturele samenleving (de multi-culti's) voor nodig zijn, voor
zoiets werkelijkheid zou worden. En misschien zijn de multi-culti's wel bang
dat ze tegenkrachten zullen oproepen. Het is overigens taboe in Nederland om
over dit soort onderwerpen iets te zeggeen. Een waar mijnenveld..........

Robbert

@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "LT Zijlstra" writes: >
>
>
>> geboren zijn krijgen ze een kwart meer geld dan een "blanke" school.
>> Overigens wordt dat onderscheid tegenwoordig algemeen gemaakt.
> Blanke/zwarte
>> scholen. Als er eenmaal een bepaalde hoeveelheid buitenlanders (lees: Turks,
>> Marrokaans of Surinaams of anders niet-blank) op een school komt, halen de
>> blanke ouders hun kinderen van school en komen er alleen nog maar
>> buitenlandse kinderen. 50 meter van mij vandaan staat een basisschool en ik
>> zie er nooit blanke kinderen. Een vriendin van mij geeft les op een school
>> in de beruchte Schilderswijk in Den Haag en heeft ook geen blanke
>> Nederlandse kinderen in de klas. Een soort informele Apartheid dus.
>
>
> En is daar enige bewussyn by die Nederlandse
> publiek dat hulle "informele Apartheid"
> ontwikkel? Is daar enige poging om die ewewig
> in die skool te herstel deur byvoorbeeld
> "bussing" soos hulle dit in die VSA toegepas
> het.
>
> Gloudina Bouwer
>
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21479 is 'n antwoord op boodskap #20952] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"LT Zijlstra" writes: >

> geboren zijn krijgen ze een kwart meer geld dan een "blanke" school.
> Overigens wordt dat onderscheid tegenwoordig algemeen gemaakt. Blanke/zwarte
> scholen. Als er eenmaal een bepaalde hoeveelheid buitenlanders (lees: Turks,
> Marrokaans of Surinaams of anders niet-blank) op een school komt, halen de
> blanke ouders hun kinderen van school en komen er alleen nog maar
> buitenlandse kinderen. 50 meter van mij vandaan staat een basisschool en ik
> zie er nooit blanke kinderen. Een vriendin van mij geeft les op een school
> in de beruchte Schilderswijk in Den Haag en heeft ook geen blanke
> Nederlandse kinderen in de klas. Een soort informele Apartheid dus.

En is daar enige bewussyn by die Nederlandse
publiek dat hulle "informele Apartheid"
ontwikkel? Is daar enige poging om die ewewig
in die skool te herstel deur byvoorbeeld
"bussing" soos hulle dit in die VSA toegepas
het.

Gloudina Bouwer
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21510 is 'n antwoord op boodskap #20952] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:
>
> Een vriendin van mij geeft les op een school
>> |> in de beruchte Schilderswijk in Den Haag en heeft ook geen blanke
>> |> Nederlandse kinderen in de klas. Een soort informele Apartheid dus.
>> |
>> | En is daar enige bewussyn by die Nederlandse
>> | publiek dat hulle "informele Apartheid"
>> | ontwikkel? Is daar enige poging om die ewewig
>> | in die skool te herstel deur byvoorbeeld
>> | "bussing" soos hulle dit in die VSA toegepas
>> | het.
>>
>> Dit ontwikkel met 'n proses van natuurlike evolusie, klink dit - gaan dit nie
>> kwaad doen om dit kunsmatig te probeer anders dwing nie?
>
> Johan, dis tyd dat jy die geskiedenis van die
> VSA van die afgelope drie dekades bestudeer.
> En ek is geinteresseerd: pas hulle "bussing"
> in Minnesota toe of het hulle dit ooit toegepas?

Gelukkig is almal nie so voorbarig in hul onnoselheid soos die Amerikaners
nie.

As jy revolusie in Nederland wil hê moet jy bussing daar invoer!

(Die Nederlanders het nog altyd geweet wat die idee "vrye assosiasie"
beteken.)

Dis waarom hulle versuiling het, en dis waarom Marokane hul eie skole kan hê -
iets wat die Amerikaanse konservatiewes die horries gee as mense dit vir
Mexikane aanbied!
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21511 is 'n antwoord op boodskap #20952] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 03 Mar 1999 12:11:01 GMT, oos...@geocities.com wrote:

|Gelukkig is almal nie so voorbarig in hul onnoselheid soos die Amerikaners

..of Leendert ...

|nie.
|
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21512 is 'n antwoord op boodskap #20952] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Mar 1999 22:44:37 GMT, wrote:
|> | En is daar enige bewussyn by die Nederlandse
|> | publiek dat hulle "informele Apartheid"
|> | ontwikkel? Is daar enige poging om die ewewig
|> | in die skool te herstel deur byvoorbeeld
|> | "bussing" soos hulle dit in die VSA toegepas
|> | het.
|>
|> Dit ontwikkel met 'n proses van natuurlike evolusie, klink dit
| - gaan dit nie
|> kwaad doen om dit kunsmatig te probeer anders dwing nie?
|
| Johan, dis tyd dat jy die geskiedenis van die
| VSA van die afgelope drie dekades bestudeer.
| En ek is geinteresseerd: pas hulle "bussing"
| in Minnesota toe of het hulle dit ooit toegepas?
|
Dis nie wat ons nou hier bespreek nie - bussing vind nie tans hier plaas nie.
Van die verlede weet ek nie.

Ek kan in elke geval nie dink dat so 'n kunsmatige maatreel goed kan wees nie.
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21513 is 'n antwoord op boodskap #20952] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
LT Zijlstra  is tans af-lyn  LT Zijlstra
Boodskappe: 5
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Een "zwangere stilte?" Zwanger van wat? Een "liefdesbaby" (om Kurt Schrempf
te citeren) van een huwelijk tussen bruin en blank of iets anders? Iets
gevaarlijkers. De rellen tussen Koerrden enTurken voorspellen weinig
goed...........

Robbert
oos...@geocities.com heeft geschreven in bericht
...
> In article ,
> "LT Zijlstra" wrote:
>> Ja, dit bewustzijn is er. Maar het "recht op vrije schoolkeuze"is
>> grondwettelijk vast- gelegd. Er is dus een twee derde meerderheid in de
>> eerste en tweede kamer nodig om een "busing" beleid tot stand te brengen.
>> Zo'n beleid van staatsinmenging in de schoolkeuze zou ook in strijd zijn met
>> de Nederlandse tradities. Er zou een lange campagne van de voorstanders van
>> de multi-culturele samenleving (de multi-culti's) voor nodig zijn, voor
>> zoiets werkelijkheid zou worden. En misschien zijn de multi-culti's wel bang
>> dat ze tegenkrachten zullen oproepen. Het is overigens taboe in Nederland om
>> over dit soort onderwerpen iets te zeggeen. Een waar mijnenveld..........
>
>
> 'n Tolerante stilte dus. (vir die Engels: "pregnant silence" :-)
>
Re: Die wiel draai om en om [boodskap #21514 is 'n antwoord op boodskap #20952] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"LT Zijlstra" wrote:
> Ja, dit bewustzijn is er. Maar het "recht op vrije schoolkeuze"is
> grondwettelijk vast- gelegd. Er is dus een twee derde meerderheid in de
> eerste en tweede kamer nodig om een "busing" beleid tot stand te brengen.
> Zo'n beleid van staatsinmenging in de schoolkeuze zou ook in strijd zijn met
> de Nederlandse tradities. Er zou een lange campagne van de voorstanders van
> de multi-culturele samenleving (de multi-culti's) voor nodig zijn, voor
> zoiets werkelijkheid zou worden. En misschien zijn de multi-culti's wel bang
> dat ze tegenkrachten zullen oproepen. Het is overigens taboe in Nederland om
> over dit soort onderwerpen iets te zeggeen. Een waar mijnenveld..........

'n Tolerante stilte dus. (vir die Engels: "pregnant silence" :-)
Vorige onderwerp: Re: homepage P. Verschuren in Holland
Volgende onderwerp: Waars al die boodskappe?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 01:53:56 MGT 2024