Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Streekstale - Ons vorder
Re: Streekstale - Ons vorder [boodskap #21180] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ons lys groei :

Tot dusver het ons :



Pôp

Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?
Enige ôp kôn dôt dôn.
hiersi
daarsi
Vôsity is woes lôkker

Iets is ge"mweb" - nou die standaard idioom vir swak diens orals BEHALWE
Transvaal
Iets is ge-ômWôb - nou die standaard Transvaal uitdrukking vir swak diens
Hônri Bôrger - mediese term vir nuut ontdekte fobie - die onbedwingbare lus
om saam met krokedille in vol rivier te swem

Hoe spreek 'n Transvaler "krokodil" normaalweg uit ??
Hoe spreek 'n Transvaler "krokodil" uit met net 'n armlengte water tussen
die twee van hulle ?

Definisie van Transvaal Afrikaner wat ek al gehoor het : Iemand wat tuis
Afrikaans praat en Engels daar buite.
(Ek pleit onskuldig - ek het dit nie uitgedink nie - êrens gelees)

Shannon ?? Nog bydraes asb. Wat van 'n paar Vrystatitï ???
Leendert ?? Sit jy nie daar op Tuks nie ?? Help man !

Gegroet
Omie
Re: Streekstale - Ons vorder [boodskap #21226 is 'n antwoord op boodskap #21180] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Oom Hans" wrote:
> Ons lys groei :
>
> Tot dusver het ons :
>
> Pô
> Mô
> Pô
> Jô
> Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?
> Enige ôp kôn dôt dôn.
> hiersi
> daarsi
> Vôsity is woes lêkker

[...]

> Leendert ?? Sit jy nie daar op Tuks nie ?? Help man !

Wel ja. Nou dat jy vra.

Die uitsprake wat jy hierbo aanhaal is eintlik beperk tot die slagoffers van
Meisieshoër se sosialisering.

Buite daardie kring kry mens dit slegs in grappe :-)

Groete, Leendert
Re: Streekstale - Ons vorder [boodskap #21227 is 'n antwoord op boodskap #21180] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Oom Hans" skryf:

> Hoe spreek 'n Transvaler "krokodil" uit met net 'n armlengte water tussen
> die twee van hulle ?

Ek het vandag hieroor navraag gedoen by 'n wildbewaarder vriend. Hy's 'n
Transvaler. Hy het wye ondervinding met gevaarlike wilde diere in
kompromitterende situasies, en verseker my dat daar spesifieke aanspreekvorme
vir elke dier in so 'n situasie is. Hy het egter nie ondervinding van die
situasie wat jy skets nie, maar volgens sy professionele mening, na deeglike
oorweging, behoort dit te wees:

'F^K JOU DIL!!!'

Ek deel nie noodwendig sy mening nie, maar verskil ook nie noodwendig nie!

Groete

Henri Burger
Vorige onderwerp: Profiel en ander snert
Volgende onderwerp: Engels op die nuusgroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 03:03:20 MGT 2024