Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ernstig / Snaaks!!!
Ernstig / Snaaks!!! [boodskap #21135] Ma, 15 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
As ek sulke nuus uit SA ontvang weet nie of ek daaroor "moet lag of
huil" nie! Ek het hierdie aan 'n Amerikaner brobeer vertel en hy het
my aangekyk asof ek hom 'n urban legend probeer verkoop.
Gloudina, wat sê julle regering van die diplomaat?

Ander kommentaar?
-----------------------------------------------------
Verlede week het rowers `n koeltrok gekaap, al die vleis gesteel en
die 5 manne daarin toegemaak. Dit was vroeg in die oggend en teen die
tyd dat enige iemand opgedaag het om hulp te verleen het die 5 manne
versmoor en verkluim. Krap merke was aan die binnekant van die deur en
`n dik yster was omgebuig maar tevergeefs.

19 Amerikaanse toeriste is gister saam met hul toergids in Mamelodi
in `n saal waar kinders besig was om vir hulle te sing, aangehou met
messe en van alles beroof. Kameras, Videos, geld, juwele en video
kamars .

Die diplomaat van Kanada se dogter is op `n skole uitstappie in
Kwa-Zulu Natal verkrag. Die ouers is woedend en wil terug Kanada toe
Twee toeriste van Ghana is op die trein tussen Jhb., en Pta ook met
messe aangehou en beroof.

Ouers het nou `n hofsaak more aan nadat met indringende ondersoek en
navraag ontdek is dat die nasieners van die matriekvraestelle se
Wiskunde het self Wiskunde gedruip in die Standaard graad. Een ou het
`n E simbool in Wiskunde behaal en sien die vraestelle na. Nasieners
van die Natuur en Skeikunde vraestelle gemerk het voldoen ook nie aan
die vereistes soos die koerant dit gestel het nie. Hulle het almal
gelieg toe hulle hul CV verstrek het. Wat `n gemors.

Gister het `n groot vragmotor met aartappels en uie ter waarde van
R50,000 het vinnig op die BEn Schoeman afgepeil op `n tou motors wat
stadig verby werkers ry wat op een van die bane werk. 14 motors is
wrakke en 19 mense het wonderbaarlik aan die dood ontkom. Die
vragmotor het op sy sy geval bo-op motor. Die bestuurder van daardie
motor is ernstig beseer. Die motors het vir kilomeeters opgehoop want
die sakkies aartappels en uie en die wrakke het die wereld volgele.
Wat `n gemors.

Die verkiesing kom nader en die regering raak jittery. Na maande se
reklame, dreigemente gesmeek ens. ens. dat die bevolking hulle
"barcide" I.D. s moet aanvra.( Terloops dit kos R80) is daar
vanoggend `n berig oor die nuus dat: In die volgende 5 jaar `n I.D.
plastiese kaart uitgereik sal word. Dit sal soos `n krediet kaart
lyk.

Maar hier kom die cherry op die koek. Gister het 6 mangate in die
strate in die middel van Jhb. ontplof en die deksels en stukke teer
die lug ingeskiet.Smouse vlug verskrik. Die nooddienste wat opdaag
weet nie presies waar die brandpunt is nie.. Gou word 4 straatblokke
afgesper. Almal het gedink dis bomme. `n Ondergrondse lekkende gaspyp
het die kanaal met gas gevul. Een van die smouse se
vleisbraai-stalletjie het te warm geword en die ontploffing
veroorsaak. Die brandweer en bomopruimings eenheid het ook opgedaag.`n
Aptekerskoerier is van sy motorfiets geslinger en is Hospitaal toe.
Haai ! dit kon seker ernstig gewees het. Maar ek lag hardop as ek die
prentie visualiseer. Die ronde deksels van die mangate wat die lug
inskiet met `n plofslag. Die straat smouse wat verward rondskarrel en
verskrik vlug. Praat nie eers van al die goedere wat deurmekaar le
nie. Die nooddienste en bradweer wat opdaag en afsper `n Foto in die
koerant wys een van die nooddienste ouens op sy hurke by so `n
mangatopening. Hy leun voorentoe op sy hande en loer na
binnede so half skrikkerig want `n mens weet nie wat nog daaruit sal
kom nie. .

Dis `n regte Leon Schuster toneel.

Weens die inflasie wat afkom het die banke nou hulle rentekoerse ook
verlaag. In die selfde nuus program word aan die betrokke swart dame
gevra hoekom die pryse van iets (ek vergeet wat) so verhoog is.Haar
antwoord was dat "inflasie is hoog daarom is die pryse verhoog." Wat
`n gemors.
Re: Ernstig / Snaaks!!! [boodskap #21146 is 'n antwoord op boodskap #21135] Di, 16 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Johan Conroy  is tans af-lyn  Johan Conroy
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Johan, sulke vlambare goed wat ondergronds uitlek, kan baie ernstige gevolge
hê. Ek kan glad nie nou die detail onthou nie, maar as ek reg onthou, was
dit iewers in Mexico waar 'n brandstofopgaartenk begin lek het, en honderde
liters petrol in 'n riool-/stormwaterpyp ingeloop het.

Natuurlik het die spulletjie toe ook op 'n staduim ontplof en vir so iets
soos ses tot twaalf straatblokke verwoesting gesaai. Dit is indrukwekkend
om die krag van so 'n ontploffing te sien. Een toneeltjie wat ek kan
onthou, is 'n groot vragmotor wat bo-op 'n gebou se dak lê.

Dit klink my die ontploffing in Jhb was darem meer komies as tragies.

Johan (wie se ore niks makeer nie)

Johan (In oortje gehapt!) het geskryf:

> Maar hier kom die cherry op die koek. Gister het 6 mangate in die
> strate in die middel van Jhb. ontplof en die deksels en stukke teer
> die lug ingeskiet.Smouse vlug verskrik. Die nooddienste wat opdaag
> weet nie presies waar die brandpunt is nie.. Gou word 4 straatblokke
> afgesper. Almal het gedink dis bomme. `n Ondergrondse lekkende gaspyp
> het die kanaal met gas gevul. Een van die smouse se
> vleisbraai-stalletjie het te warm geword en die ontploffing
> veroorsaak. Die brandweer en bomopruimings eenheid het ook opgedaag.`n
> Aptekerskoerier is van sy motorfiets geslinger en is Hospitaal toe.
> Haai ! dit kon seker ernstig gewees het. Maar ek lag hardop as ek die
> prentie visualiseer. Die ronde deksels van die mangate wat die lug
> inskiet met `n plofslag. Die straat smouse wat verward rondskarrel en
> verskrik vlug. Praat nie eers van al die goedere wat deurmekaar le
> nie. Die nooddienste en bradweer wat opdaag en afsper `n Foto in die
> koerant wys een van die nooddienste ouens op sy hurke by so `n
> mangatopening. Hy leun voorentoe op sy hande en loer na
> binnede so half skrikkerig want `n mens weet nie wat nog daaruit sal
> kom nie. .
>
> Dis `n regte Leon Schuster toneel.
Vorige onderwerp: sal graag wil hoor van regses
Volgende onderwerp: "Ontbloot die Nag" van MARLISE JOUBERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 22:16:24 MGT 2024