Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gemsbokpark!!! Hannekom wen alweer!!!
Gemsbokpark!!! Hannekom wen alweer!!! [boodskap #21073] Sa, 13 Februarie 1999 00:00
piet[1]  is tans af-lyn  piet[1]
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die land is in chaos!!!!!!!!!!!!!!

waar het jy al gesien jy gee 'n deel van 'n nationale park aan 'n lot
"minder bevooregdes"??

Ek weet nie waar dit gaat ophou nie, regtig waar.....

ons sal iets moet doen in die land....
Re: Gemsbokpark!!! Hannekom wen alweer!!! [boodskap #21074 is 'n antwoord op boodskap #21073] Sa, 13 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
"piet" skryf:

> waar het jy al gesien jy gee 'n deel van 'n nationale park aan 'n lot
> "minder bevooregdes"??

Ou Piet,

Ek weet nie hoe goed ken jy die Gemsbokpark en sy geskiedenis nie, maar as jy
bietjie gaan kyk, sal jy die volgende vind:

Die Boesmans was van die park se ontstaan deel daarvan, en het 'n nomadiese
bestaan gevoer. Later is hulle met kos en tabak na Gemsbokplein gelok, waar
hulle vir 'n ruk gebly het. Toe is hulle geskuif tot net buite Twee Rivieren,
waar hulle vir jare 'n soort toeriste attraksie was, en nog op jagtogte
uitgegaan het. Toe hulle met honde begin jag het, is hulle in die vroeë 70's
uit die park gegooi. Ondertrouery het toe plaasgevind met die mense van die
Mier gebied, en hulle taal het in die proses verlore gegaan.

Nou is ooreengekom dat hulle afstammelinge 'n gedeelte van die park kan
terugkry, asook addisionele grond wat aangrensend aangekoop gaan word. Jy sê
dis onregverdig? Toegegee, niemand kan met sekerheid sê of hulle hulself sal
kan handhaaf nie, maar dis sekerlik hul volste reg om self daaroor te besluit,
of hoe?

Terloops, toe ek die eerste keer by die Gemsbokpark was, was 'n man genaamd
Willem Presley die hekwag. Hy't my verseker Elvis is nie sy broer nie, hoewel
ek dit eintlik geweet het, want Elvis het nooit vir my so tipies na 'n
Boesman gelyk nie. Jare later kom ek by Augrabies aan, en wie staan by die
hek? Die nimlike Willem Presley! Ek sê vir hom ek het hom nog laas by die
Gemsbokpark gesien. Dit bring onmiddellik 'n uitdrukking van totale
verrassing en ongeloof op sy gesig. Hy loer so by die voertuig in en sê, "Ja,
nou herken ek darem self die meneer"! Dis wat jy noem 'The art of saving
face'. Laas wat ek gehoor het, het Willem afgetree. Miskien trek hy ook park
toe, as hy nog leef, Piet.

Groete

Henri Burger

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Re: Waar....
Volgende onderwerp: Afrikaans hoort bij Nederlands
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 22:43:44 MGT 2024