Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Profiel van 'n Afrikaner Emigrè
Profiel van 'n Afrikaner Emigrè [boodskap #20928] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Dit het 'n graadjie gekry so met die gehoer en gemoer saam...
Dit noem elkander kollega en mede 'ontwikkeldes'......
Dit dink die land en die wêreld skuld hulle nou iets......
Dit verkwansel volkseie vir 'n potjie vreemde brousel....
Dit pontifikeer aan Afrikaners tuis vanuit die volksvreemde....
Dit is altyd beterwetend, aanmatigend en smalend.....
Dit gatkruip by nuwe uitlandse en vreemde lojaliteite....
Dit spog dat hulle nou 'nuut' is, die Afrikaner in hulle is dood....
Dit dink, so sal hulle meer aanvaarbaar wees in die vreemde...
Dit vermoor taal, kultuur en herkoms om beter uitlander te wees...
O dwaas, hoe verfoeilik jou sotheid.......
Hoe veragtelik jou verraad..........
Re: Profiel van 'n Afrikaner Emigrè [boodskap #20987 is 'n antwoord op boodskap #20928] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dit verkoop die grootste snert onder die son.
Dit ly waarskynlik aan Alzheimer's, want dit vergeet dat dit dieselfde
str*nt verkoop het pas 'n paar maande gelede.
Anders onderskat en beledig dit die intelligensie van die ander lesers
op die ng.
Dit is so suur oor alles wat dit nie self het of kan kry of kan verstaan
nie, dat dit soos die spreekwoordelike jakkals kla oor die onbereikbare
druiwe wat so suur is.
O dwaas, hoe verfoeilik jou vervelige vashaak op een sotlike tema.....
Hoe veragtelik jou gebrek aan insig en oorspronklike denke....
Hoe leeg en niksseggend jou sinnelose gebrabbel....

En les bes: spel tog asseblief emigré reg! Moenie jou onkunde nog verder
verklap nie....
Vorige onderwerp: Eksperiment met anargie
Volgende onderwerp: Re: Die Happy99-virus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 27 17:52:30 MGT 2024