Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Pronogfrafie
Re: Pronogfrafie [boodskap #20756] |
Sun, 07 February 1999 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Trudie Niewoudt
> Hier is die eerste boodskap wat ek stuur om julle hulp te vra. Ek is 'n
> Bybel onderwyseres by Pringel Hoer in die Karoo. Die kinders hioer het
> nou die eerste keer op die Internet gegaan omdat ons nou 'n rekenaar in
> die klas het. Ek kry die aangehegte foto op die rekenaar wat van die
> Verenigde State aan een van die seuns ge-e-;pos is. Wat moet ek doen/?
> Dit is siek!!
>
> Trudie
>
> PS 23: Die Here is my herder. Niks sal my ontbreuk nie.
Trudie, die Vader bewaar ons met jou op
die rekenaar (dit is nou as jy "for real"
is.) En die grootste gevaar is dat jy die
Afrikaanse taal oneindig skade kan berokken,
Trudie. Pronogfrafie en "niks sal my ont-
breuk nie" en die naam van jou skool sonder
die umlaut klink erg pornografies, weet jy.
Waar in die Karoo is Pringel?
Piggy teen Pronogfrafie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Pronogfrafie [boodskap #20805 is 'n antwoord op boodskap #20756] |
Mon, 08 February 1999 00:00   |
bi...
Boodskappe: 100 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Sun, 07 Feb 1999 19:32:32 +0200, Trudie Niewoudt
> wrote:
>
> >
>> Hier is die eerste boodskap wat ek stuur om julle hulp te vra. Ek is 'n
>> Bybel onderwyseres by Pringel Hoer in die Karoo. Die kinders hioer het
>> nou die eerste keer op die Internet gegaan omdat ons nou 'n rekenaar in
>> die klas het. Ek kry die aangehegte foto op die rekenaar wat van die
>> Verenigde State aan een van die seuns ge-e-;pos is. Wat moet ek doen/?
>> Dit is siek!!
>>
>> Trudie
Juffer, die beste ding wat jy vir die kindertjies kan leer is jou eie
volwassenheid. Die lewe is vol pornografie en geweld en lelike
dinge. Wys jou kinders hoe om die skokkende en onaangename
aspekte van die samelewing te verwerk en verwerp eerder as om
te bloos en om te val in n hoop floutes. Ons kan nie ons omgewing
- en veral nie die internet - beheer nie, maar ons staan almal aan
die helm van ons eie reaksies. Sterkte.
Billy.
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
|
|
|
|
Re: Pronogfrafie [boodskap #20842 is 'n antwoord op boodskap #20756] |
Tue, 09 February 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
> On Mon, 8 Feb 1999 23:48:02 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>> Raka?
>
> Die adress check nie uit nie. Lyk dus so.
>
> So iemand soos die mens wat die foto gepos het illustreer die verskil
> tussen anargie en boosheid.
Ek stem toevallig met jou saam, maar dit hang af. Vir party anargiste is
menslike gedrag nie vatbaar vir morele oordeel nie - alle menslike gedrag is
bloot amoreel (in teenstelling met immoreel). Vir sulke mense kan geen mens
se optrede, hoe gruwelik ookal, "boos" wees nie.
Ander anargiste dink dat boosheid verdwyn saam met dwang en gesag - m.a.w.
dit is juis dwang en gesag wat mense noop om boos op te tree. Hierdie soort
anargisme is weerloos wanneer sy aannames verkeerd blyk te wees.
Net so weerloos soos kinders. As hul vertroue teleurgestel word in die
grootmense wat veronderstel is om hulle te beskerm (ouers, familielede,
voogde, onderwysers) is hulle meesal heeltemal blootgestel.
Die idee van vryheid van spraak berus op dieselfde soort "vertroue" as die
vertroue van die "morele" anargis - dat vryheid om te spreek die behoefte
sal verwyder om spraak te misbruik. Gloudina het juis hierdie argument
gebruik toe sy aangevoer het dat antjie kakbek krog se smerigheid 'n
nalatenskap is van onderdrukking van spraak deur "apartheid".
Myns insiens demonstreer die hele spulletjie die feit dat daar domeine in
die samelewing is waar daar net een vorm van reg bestaan - die individuele
verantwoordelikheid van die outonome individu. Ernstige misbruik van die
vryheid van spraak - en sommige gevalle van ernstige misbruik van kinders
kry soms die aandag van die regstelsel.
Maar in die oorgrote meerderheid situasies berus dit by die individu om self
te kies om hom nie te buite te gaan nie. Dit is hierdie keuse vir wat reg is
(en nie die dwang van die staatsgesag nie) wat die samelewing enigsins
moontlik maak - die daad om liewer die "beter" opsie te kies.
Ek reken die huidige misdaadvlakke in SA is, in belangrike mate, tog 'n
"legacy of apartheid", maar eweseer 'n "legacy of the struggle". Die era
waarin minagting van die reg burgerlike ongehoorsaamheid en doelbewuste
onregeerbaarheid 'n deug was het die norm geskep dat dit goed is om die
"verkeerde" opsie te kies.
Ek dink dat die afgelope maande se deurlopende dosis walglikheid waarop
Gloudina ons trakteer het, het op die nuusgroep 'n soortgelyke atmosfeer
geskep waarin die individuele outonomie bandeloosheid beteken, eerder as 'n
plig om te kies vir wat reg is.
Ek beweer dat, deur die nuusgroep op perverse wyse te omskep in 'n anneks
van alt.sex.deviant, het Gloudina die grond voorberei vir die een of ander
ledige student om te kyk hoe ver hy sy (sy haar) gebrek aan oordeel kan
voer. Gloudina se optrede is pervers omdat sy self klaarblyklik van oordeel
is dat Krog se kotsels nie juis meriete het nie.
> Hier is die barbaar wat weet hoe om die hek af te breek, maar ewig
> buite die gebou bly want hy is nie met genoeg siel en verstand bedeeld
> om in te kan gaan nie.
Ek hou van jou ontleding - ook die deel wat ek gesny het.
My argument is egter dat die hek nie deur die barbaar afgebreek is nie. Die
hek teen barbaarsheid is deur Gloudina & Kie afgebreek in die naam van
"sofistikasie" of "waarheid" ("uiteindelik kan ons nou oor hierdie dinge
praat", haal sy haar suster met goedkeuring aan).
Gloudina is ook nie deur baie mense op die nuusgroep teengestaan terwyl sy
dit gedoen het nie. Nou is die barbaarsheid losgelaat op die kinders van die
huis, en skielik is almal vreeslik verontwaardig.
Dit, op sigself, is miskien 'n erger vorm van barbaarsheid.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Pronogfrafie [boodskap #20890 is 'n antwoord op boodskap #20756] |
Wed, 10 February 1999 00:00   |
bi...
Boodskappe: 100 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
wrote:
> "Leendert van Oostrum"
>
>
>>
>> Ek dink dat die afgelope maande se deurlopende dosis walglikheid waarop
>> Gloudina ons trakteer het, het op die nuusgroep 'n soortgelyke atmosfeer
>> geskep waarin die individuele outonomie bandeloosheid beteken, eerder as 'n
>> plig om te kies vir wat reg is.
>
>>
>> Ek beweer dat, deur die nuusgroep op perverse wyse te omskep in 'n
> anneks
>> van alt.sex.deviant, het Gloudina die grond voorberei vir die een of ander
>> ledige student om te kyk hoe ver hy sy (sy haar) gebrek aan oordeel kan
>> voer. Gloudina se optrede is pervers omdat sy self klaarblyklik van oordeel
>> is dat Krog se kotsels nie juis meriete het nie.
Is jy een van daardie mense wat boeke verbrand? Was jy daar toe
hulle vir Galileo gedwing het om te se die wereld is die middel van
die univers?
>> My argument is egter dat die hek nie deur die barbaar afgebreek is nie. Die
>> hek teen barbaarsheid is deur Gloudina & Kie afgebreek in die naam van
>> "sofistikasie" of "waarheid" ("uiteindelik kan ons nou oor hierdie dinge
>> praat", haal sy haar suster met goedkeuring aan).
>>
>> Gloudina is ook nie deur baie mense op die nuusgroep teengestaan terwyl sy
>> dit gedoen het nie. Nou is die barbaarsheid losgelaat op die kinders van die
>> huis, en skielik is almal vreeslik verontwaardig.
>>
Ek glo nie die barbare het die gedigte gelees nie. Dit is juis waar die
probleem ingekruip het. Hulle het nie die vermoe om a) die gedigte te lees
nie, b) het glad nie die vermoe om te verstaan nie, c) die ergste is dat die
onvermoe om te verstaan bring vrees in hulle teweeg en dan wil hulle sommer
die boodskapper doodmaak. Dit is n ou ou storie om anargie op die kunste se
rekenenig te plaas. Nee wat. Die kunste is n uitdrukking van die samelewing,
dit het opsigself nie die mag om te maak en breek nie. Die inspirasie agter
die kunste is die ware jakob. Kyk liewer na die land wat die gedigte
voortgebring het en hou die vuurhoudjies in jou sak vir die dag dat die
liggies uitgaan en jy n kers nodig het. En dit lyk my die donkerte is naby.
Billy.
bl> > Dit, op sigself, is miskien 'n erger vorm van barbaarsheid.
>
> Wel ou Leendert, nou argumenteer jy net
> soos daardie ou apartheidsvarke gedoen
> het wat die Mixed Marriages Acts gemaak
> het, en die Christian Coalition in die
> VSA. En dit alles net omdat ek gedigte
> uit "Die dye trek die dye aan" op die
> nuusgroep gesit het. Dekonstrueer jouself,
> Leendert. 'n Ruk gelede het jy vir my
> oor die vingers getik omdat ek 'n op-
> merking gemaak het oor die geskrifte
> van Griet wat myns insiens nie stilisties
> van veel waarde was nie, maar gerus het
> op die verwagting dat die leser te geamuseer
> sou wees deur die seks-eskapades en die
> verwysings na kleinhuisies, dat hulle
> sou vergeet om te vra of dit ook goeie
> literatuur is. Nou vra ek jou: hoe
> verskil Griet se geskrifte (wat jy
> geprys het) van Antjie Krog (vir wie
> jy soos gif haat). Ek wag vir 'n
> antwoord.
>
> Gloudina
>
>
|
|
|
Re: Pronogfrafie [boodskap #20891 is 'n antwoord op boodskap #20756] |
Wed, 10 February 1999 00:00   |
bi...
Boodskappe: 100 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
wrote:
> "Leendert van Oostrum"
>
>
>>
>> Ek dink dat die afgelope maande se deurlopende dosis walglikheid waarop
>> Gloudina ons trakteer het, het op die nuusgroep 'n soortgelyke atmosfeer
>> geskep waarin die individuele outonomie bandeloosheid beteken, eerder as 'n
>> plig om te kies vir wat reg is.
>
>>
>> Ek beweer dat, deur die nuusgroep op perverse wyse te omskep in 'n
> anneks
>> van alt.sex.deviant, het Gloudina die grond voorberei vir die een of ander
>> ledige student om te kyk hoe ver hy sy (sy haar) gebrek aan oordeel kan
>> voer. Gloudina se optrede is pervers omdat sy self klaarblyklik van oordeel
>> is dat Krog se kotsels nie juis meriete het nie.
Is jy een van daardie mense wat boeke verbrand? Was jy daar toe
hulle vir Galileo gedwing het om te se die wereld is die middel van
die univers?
>> My argument is egter dat die hek nie deur die barbaar afgebreek is nie. Die
>> hek teen barbaarsheid is deur Gloudina & Kie afgebreek in die naam van
>> "sofistikasie" of "waarheid" ("uiteindelik kan ons nou oor hierdie dinge
>> praat", haal sy haar suster met goedkeuring aan).
>>
>> Gloudina is ook nie deur baie mense op die nuusgroep teengestaan terwyl sy
>> dit gedoen het nie. Nou is die barbaarsheid losgelaat op die kinders van die
>> huis, en skielik is almal vreeslik verontwaardig.
>>
Ek glo nie die barbare het die gedigte gelees nie. Dit is juis waar die
probleem ingekruip het. Hulle het nie die vermoe om a) die gedigte te lees
nie, b) het glad nie die vermoe om te verstaan nie, c) die ergste is dat die
onvermoe om te verstaan bring vrees in hulle teweeg en dan wil hulle sommer
die boodskapper doodmaak. Dit is n ou ou storie om anargie op die kunste se
rekenenig te plaas. Nee wat. Die kunste is n uitdrukking van die samelewing,
dit het opsigself nie die mag om te maak en breek nie. Die inspirasie agter
die kunste is die ware jakob. Kyk liewer na die land wat die gedigte
voortgebring het en hou die vuurhoudjies in jou sak vir die dag dat die
liggies uitgaan en jy n kers nodig het. En dit lyk my die donkerte is naby.
Billy.
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
Re: Pronogfrafie [boodskap #20892 is 'n antwoord op boodskap #20756] |
Wed, 10 February 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>> Nou is die barbaarsheid losgelaat op die kinders van die
>> huis, en skielik is almal vreeslik verontwaardig.
>>
>> Dit, op sigself, is miskien 'n erger vorm van barbaarsheid.
>
>
> Wel ou Leendert, nou argumenteer jy net
> soos daardie ou apartheidsvarke gedoen
> het wat die Mixed Marriages Acts gemaak
> het, en die Christian Coalition in die
> VSA.
By 'n ander geleentheid het ek soos Biko geargumenteer, onthou? Die feit dat
ek 'n argument opper wat ooreenkomste het met 'n argument van iemand waarvan
jy nie hou nie, beteken nie dat die argument ongeldig is nie.
> En dit alles net omdat ek gedigte
> uit "Die dye trek die dye aan" op die
> nuusgroep gesit het.
Dit moet al 'n groot deel van die bundel wees. En as jy daarmee klaar is,
sal jy seker begin met jou gereëlde "reruns".
Ek is regtig nie lus om Krog se kotsels heeldag onder my neus gevryf te hê
nie. Dit kan ek nog hanteer met 'n killfile. Maar ek is ook nie lus om in
daardie soort geselskap rond te hang nie. Dit lok die siekes en die
perverte, soos ons so pas gesien het.
Verwag dus dat jy nie in die toekoms veel las van my sal hê nie.
> Dekonstrueer jouself,
> Leendert. 'n Ruk gelede het jy vir my
> oor die vingers getik omdat ek 'n op-
> merking gemaak het oor die geskrifte
> van Griet wat myns insiens nie stilisties
> van veel waarde was nie, maar gerus het
> op die verwagting dat die leser te geamuseer
> sou wees deur die seks-eskapades en die
> verwysings na kleinhuisies, dat hulle
> sou vergeet om te vra of dit ook goeie
> literatuur is. Nou vra ek jou: hoe
> verskil Griet se geskrifte (wat jy
> geprys het) van Antjie Krog (vir wie
> jy soos gif haat). Ek wag vir 'n
> antwoord.
Ag ja! Daar is soveel antwoorde wat jy nog skuldig is - maar hier is myne:
Die feit dat jy moet vra wat die verskil is tussen Krog se kotsels en Griet
se goed bevestig 'n paar van my vermoedens oor jou oordeel. (En nee, ek haat
Krog gladnie. Ek dink sy het professionele hulp nodig om 'n egskeiding of
iets te verwerk. Pleks daarvan dat sy dit oor die mure van die internet laat
pleister. Maar miskien het sy dit nie vir daardie doel bedoel nie.)
Waar dit Griet se goed aangaan: _Jy_ is die een wat die hoogheilige houding
ingeslaan het van "Ons Afrikaners is nie so nie". Maar die verskil is dit:
a) Griet hanteer gegewens soortgelyk aan Krog s'n met liefde, deëmoed, en
respek. Krog s'n word uitgebraak in onbeheerste aanvalle van haat en
minagting. Dit is dieselfde verskil as tussen die gedig van Lina Spies en
die die foto wat Raka-die-pornograaf geplaas het - dieselfde gegewens,
verskillende bedoelings, en teenoorgestelde moraliteit.
b) Griet se bydraes was oorspronklik, en is vir die eerste keer in
hierdie nuusgroep geplaas. Jy het egter nie die stillistiese tekortkominge
aangespreek wat jy nou voorhou nie (so iets kon dalk gehelp het om 'n talent
te ontwikkel). In plaas daarvan het jou besware uitsluitlik oor die
feitegegewens gegaan. Krog se kotsels, daarenteen, is reproduksies (is jy
tot enigiets anders in staat?) op die nuusgroep wat in die eerste plek in
ander (en moontlik meer paslike) forums leef en wat beswaarlik sal verbeter
uit enige blootstelling of kritiek wat dit hier kry.
Maar miskien is jy reg. Griet moes dalk nie haar stories hier geplaas het
nie. Miskien moes sy dit gehou het vir 'n gehoor wat sy kon vertrou om dit
te begryp. En ek moes dit nie verdedig het nie - dit was die eerste domino
wat jou gebrekkige oordeel laat tuimel het. Klaarblyklik is die nuusgroep
nie 'n geskikte forum vir enige onderwerp wat misbruik kan word nie.
Want dit is duidelik dat selfs jy, met jou deftige kwalifikasies in die
letterkunde, nie kan onderskei tussen die gegewe en die omgaan daarmee nie,
soos blyk uit die feit dat jy vra wat die verskil is tussen Griet se goed en
Krog se kotsels.
Geen wonder dus dat ons Raka reken dat sy foto van 'n eietydse molog-offer
paslik is in die geselskap van Lina Spies nie.
In elk geval, dit is duidelik dat dit raadsaam mag wees om hierdie nuusgroep
in die toekoms te vermy. Uit jou eie optrede blyk dit dat mense met
gebrekkige oordeel die assosiasies sal maak wat vervat is in die ou gesegde
oor "aan jou vriende sal jy geken word".
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: Pronogfrafie [boodskap #20893 is 'n antwoord op boodskap #20756] |
Wed, 10 February 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum"
> Die idee van vryheid van spraak berus op dieselfde soort "vertroue" as die
> vertroue van die "morele" anargis - dat vryheid om te spreek die behoefte
> sal verwyder om spraak te misbruik. Gloudina het juis hierdie argument
> gebruik toe sy aangevoer het dat antjie kakbek krog se smerigheid 'n
> nalatenskap is van onderdrukking van spraak deur "apartheid".
Ja-nee, hier kom dit weer.
> Myns insiens demonstreer die hele spulletjie die feit dat daar domeine in
> die samelewing is waar daar net een vorm van reg bestaan - die individuele
> verantwoordelikheid van die outonome individu. Ernstige misbruik van die
> vryheid van spraak - en sommige gevalle van ernstige misbruik van kinders
> kry soms die aandag van die regstelsel.
>
> Maar in die oorgrote meerderheid situasies berus dit by die individu om self
> te kies om hom nie te buite te gaan nie. Dit is hierdie keuse vir wat reg is
> (en nie die dwang van die staatsgesag nie) wat die samelewing enigsins
> moontlik maak - die daad om liewer die "beter" opsie te kies.
>
> Ek reken die huidige misdaadvlakke in SA is, in belangrike mate, tog 'n
> "legacy of apartheid", maar eweseer 'n "legacy of the struggle". Die era
> waarin minagting van die reg burgerlike ongehoorsaamheid en doelbewuste
> onregeerbaarheid 'n deug was het die norm geskep dat dit goed is om die
> "verkeerde" opsie te kies.
Baie mooi opgesom. Ek stem met jou
saam. Veral waar jy sê dat die
misdaadvlak in SA vandag 'n "legacy
of apartheid....(en)..the struggle"
is.
>
> Ek dink dat die afgelope maande se deurlopende dosis walglikheid waarop
> Gloudina ons trakteer het, het op die nuusgroep 'n soortgelyke atmosfeer
> geskep waarin die individuele outonomie bandeloosheid beteken, eerder as 'n
> plig om te kies vir wat reg is.
>
> Ek beweer dat, deur die nuusgroep op perverse wyse te omskep in 'n anneks
> van alt.sex.deviant, het Gloudina die grond voorberei vir die een of ander
> ledige student om te kyk hoe ver hy sy (sy haar) gebrek aan oordeel kan
> voer. Gloudina se optrede is pervers omdat sy self klaarblyklik van oordeel
> is dat Krog se kotsels nie juis meriete het nie.
>
> My argument is egter dat die hek nie deur die barbaar afgebreek is nie. Die
> hek teen barbaarsheid is deur Gloudina & Kie afgebreek in die naam van
> "sofistikasie" of "waarheid" ("uiteindelik kan ons nou oor hierdie dinge
> praat", haal sy haar suster met goedkeuring aan).
>
> Gloudina is ook nie deur baie mense op die nuusgroep teengestaan terwyl sy
> dit gedoen het nie. Nou is die barbaarsheid losgelaat op die kinders van die
> huis, en skielik is almal vreeslik verontwaardig.
>
> Dit, op sigself, is miskien 'n erger vorm van barbaarsheid.
Wel ou Leendert, nou argumenteer jy net
soos daardie ou apartheidsvarke gedoen
het wat die Mixed Marriages Acts gemaak
het, en die Christian Coalition in die
VSA. En dit alles net omdat ek gedigte
uit "Die dye trek die dye aan" op die
nuusgroep gesit het. Dekonstrueer jouself,
Leendert. 'n Ruk gelede het jy vir my
oor die vingers getik omdat ek 'n op-
merking gemaak het oor die geskrifte
van Griet wat myns insiens nie stilisties
van veel waarde was nie, maar gerus het
op die verwagting dat die leser te geamuseer
sou wees deur die seks-eskapades en die
verwysings na kleinhuisies, dat hulle
sou vergeet om te vra of dit ook goeie
literatuur is. Nou vra ek jou: hoe
verskil Griet se geskrifte (wat jy
geprys het) van Antjie Krog (vir wie
jy soos gif haat). Ek wag vir 'n
antwoord.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Pronogfrafie [boodskap #20968 is 'n antwoord op boodskap #20756] |
Thu, 11 February 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
bi...@mgenerations.net wrote in message ...
>
>
> Is jy een van daardie mense wat boeke verbrand? Was jy daar toe
> hulle vir Galileo gedwing het om te se die wereld is die middel van
> die univers?
>
Arme Billy, jy het vir jouself 'n waanbeeld geskep:
a) My standpunt oor sensuur is oorbekend, en ver van die hersenskim wat
jy opgetower het - jy kan dit nagaan in my bydraes op hierdie nuusgroep oor
die afgelope drie jaar.
b) Jy het klaarblyklik nie eens my bydraes oor die onderwerp in die
afgelope drie dae gelees nie. Ek het dit duidelik gestel dat slegs die
ekstreme vorme van misdaad enigsins vatbaar is vir beregtiging deur
"owerhede" of "gesag". Die samelewing is gebou op die wyse waarop die
individu sy persoonlike outonomie aanwend. En daarvoor moet elkeen self
verantwoordelikheid neem. (Jy gebruik joune klaarblyklik om wanvoorstellings
te skep en te perpetueer - ek is nie daarvoor te vinde nie.)
c) Jy is nie eens bekend met wat met Galileo gebeur het nie. Ek beveel
aan dat jy dit nagaan. Ek kan veral die insiggewende artikel aanbeveel van
Paul Feyerabend so 'n paar jaar gelede
> Dit is n ou ou storie om anargie op die kunste se
> rekenenig te plaas.
Nonsens. Jy kan net sowel anargie op die rekening plaas van moedersmelk. Net
soos 'n menslike melkklier kan 'n kunsuiting misbruik word. Dit hang af wat
jy daarmee doen.
In teenstelling met 'n melkklier egter, is 'n kunsuiting self 'n handeling -
dit is reeds 'n "doen".
> Nee wat. Die kunste is n uitdrukking van die samelewing,
> dit het opsigself nie die mag om te maak en breek nie.
Presies wat ek direk hierbo sê. Fotografie as kunsvorm is amoreel - dit het
geen inherente moraliteit nie.
> Die inspirasie agter
> die kunste is die ware jakob.
Korrek: Wat, dink jy, het die stukkie fotografiese kuns ge-inspireer wat ons
so pas hier gesien het?
> Kyk liewer na die land wat die gedigte
> voortgebring het en hou die vuurhoudjies in jou sak vir die dag dat die
> liggies uitgaan en jy n kers nodig het. En dit lyk my die donkerte is
naby.
Yep. Die duister is in ons, soos jy self elders sê. Dit was nog altyd - dit
kan jy lees in Genesis. Dit is waarom morele gedrag nie van buite of van bo
afgedwing kan word nie. Dis elkeen se eie verantwoordelikheid.
Dit is waarom dit nie help om boeke te verbrand nie. Want op die ou einde
kan jy enigiets in enige boek lees. Soos Antjie Krog demonstreer deur
rympies uit die Kleuterverseboek in die konteks van pornografiese verse 'n
totaal ander betekenis te gee. Want die duister is in die een wat lees, net
soveel as in die een wat skryf.
Dit is waarom dit nie help om "enkels" te bedek nie. Soos die Hertogin van
York gedemonstreer het, bly daar dan nog steeds tone.
Beteken dit dat ons geen verantwoordelikheid het vir wat ons doen, of wat in
ons omgewing aangaan nie? Dit is oënskylik jou gevolgtrekking, maar nie myne
nie.
Want daar is nie net duister nie, maar lig ook. En al wat dit kos vir die
duister om te seëvier is om die lig onder 'n maatemmer te verberg (as mens
die metafore so mag meng).
Die verskil tussen duister en lig is, natuurlik, dat duister die afwesigheid
van lig is. Lig en warmte is energie/werk/aktiwiteit. Duister en koue is die
afwesigheid daarvan.
Dink daaroor, gaan lees meer oor Galileo, en moenie gevolgtrekkings maak
sonder genoeg inligting nie.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: Pronogfrafie [boodskap #21064 is 'n antwoord op boodskap #20756] |
Sat, 13 February 1999 00:00  |
bi...
Boodskappe: 100 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:
. Die samelewing is gebou op die wyse waarop die
> individu sy persoonlike outonomie aanwend. En daarvoor moet elkeen self
> verantwoordelikheid neem
Jy laat ons nie verantwoordelikheid neem vir ons plasings nie.
Jy laat dit lyk of jy ons wil red maar eintlik wil jy ons regeer.
>
> c) Jy is nie eens bekend met wat met Galileo gebeur het nie.
Ag nee wat, ek gaan nie eens vir die een val nie. Ek ken die
storie maar alte goed. Daar is geen punt daarin om die saak met
jou te bespreek nie. Daar is min plek vir n vars idee of n nuwe
opinie by n persoon wat self dink hy is die middelpunt van die univers.
>
> Korrek: Wat, dink jy, het die stukkie fotografiese kuns ge-inspireer wat ons
> so pas hier gesien het?
>
Is ek die die enigste een wat nie na die foto gekyk het nie?
Ek het besluit om dit nie te doen nie. Die res van die ng kon
ook daardie keuse gemaak het.
Billy.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:53:20 UTC 2025
|