Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit "Die dye trek die dye aan."
Uit "Die dye trek die dye aan." [boodskap #20724] Sa, 06 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
[Raaisel}
Anoniem

Pompernel en pompernel
hoe meer ek pompernel
hoe meer dit swel
[= Brood knie]

~~~~~~~~~~

Ontlading
Wilhelm Knobel (Ongepubliseer)

Probeer 'n slag
draai die kraan van die tuinslang oop
maar hou voor die opening
'n geklemde hand

Jou hand móét weg
as die spanning groei
en die water skielik
wit
met 'n ruk uitskiet
in die eerste voor

~~~~~~~~~~

Belydenis
Peet Neethling ("Die hemel het 'n
agterdeur" 1989)

In die waai van 'n sandbank
diep, diep in die akkerbos
waar die brame langlit rank
maar net sulke klein, suur vruggies tros,
daar uit 'n adamsvyeboom se mik
het ek my eerste melkbaardster gepluk.

Later het ek sommerso broek en al
in die spruit gaan sit
en die waterhondjies mooi gevra
om vir ons te bid.

~~~~~~~~~~

Apologie aan R.K. Belcher
Koos Prinsloo ("Vlieg in" 1979)

Hy slat hom lat hy hyl
ja hy slat hom lat hy hyl
ma al wat in sy hand oorbly
is melkwit honnekwyl.

~~~~~~~~~~

[Raaisel]
Anoniem

Intel, tintel, tonteldoos -
in die land hang daar 'n roos,
vol van hare, vol van blare -
intel, tintel, tonteldoos.
[= Mieliekop]

~~~~~~~~~~

[Sonder titel]
Hennie Aucamp ("Teen latenstyd" 1978)

'n B.A.-student sit te Kloos
en word op die plek siedend boos:
ook hy, soos Gezelle,
het niks te vertelle
oor die grootste misterie: die doos.

~~~~~~~~~~

[Sonder titel]
Hennie Aucamp (Ongepubliseer)
[LW: sterretjies deur Aucamp self]

'n Dokwerker Doorsie du B**l
kon spog met 'n uithalerp**l
Maar uithaal was min
want Doors het besin:.
"Gebruik kan die Ding dalk vern**l."

~~~~~~~~~~

[Sonder titel}
R K Belcher ("n Ding om te skil in die
maand van April" 1980)

Die seegras op die sand
ek voel dit met my hand
dit maak my dink aan die mooiste plek
van 'n vrou se voorste kant

~~~~~~~~~

Graaff se poel Seepunt
T T Cloete ("Idiolek" 1986)

Homoseksuele mans lê agter
die halfmaanmuur poedelkaal
seekant, akkedisse wat in die son stil
met die pens en flanke asemhaal.

In die see om die rotspoele
dryf onrustige seebamboes
- hare om die vroulike derde oksel -
roer swart en kroes.

Die soms opstandige
manlike sagtheid smeul
druipend in die naakte son
'n bruingebakte papierige peul.

~~~~~~~~~~

[Sonder titel]
Louis Esterhuizen
("Die onderwaterweg" 1996)

agterna onthou -

Dit is wat ek bemin

~~~~~~~~~~

Twee harte
Ingrid Jonker ("Kantelson" 1966_

Twee harte het ek
die een wat bloed pomp
en die ander lyk wel op
'n appelliefkosie
of 'n paddatjie
Re: Uit "Die dye trek die dye aan." [boodskap #20748 is 'n antwoord op boodskap #20724] So, 07 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
>
> [Raaisel}
> Anoniem
>
> Pompernel en pompernel
> hoe meer ek pompernel
> hoe meer dit swel
> [= Brood knie]
>
> ~~~~~~~~~~
>
> Ontlading
> Wilhelm Knobel (Ongepubliseer)
>
> Probeer 'n slag
> draai die kraan van die tuinslang oop
> maar hou voor die opening
> 'n geklemde hand
>
> Jou hand móét weg
> as die spanning groei
> en die water skielik
> wit
> met 'n ruk uitskiet
> in die eerste voor
>
> ~~~~~~~~~~
>
> Belydenis
> Peet Neethling ("Die hemel het 'n
> agterdeur" 1989)
>
> In die waai van 'n sandbank
> diep, diep in die akkerbos
> waar die brame langlit rank
> maar net sulke klein, suur vruggies tros,
> daar uit 'n adamsvyeboom se mik
> het ek my eerste melkbaardster gepluk.
>
> Later het ek sommerso broek en al
> in die spruit gaan sit
> en die waterhondjies mooi gevra
> om vir ons te bid.
>
> ~~~~~~~~~~
>
> Apologie aan R.K. Belcher
> Koos Prinsloo ("Vlieg in" 1979)
>
> Hy slat hom lat hy hyl
> ja hy slat hom lat hy hyl
> ma al wat in sy hand oorbly
> is melkwit honnekwyl.
>
> ~~~~~~~~~~
>
> [Raaisel]
> Anoniem
>
> Intel, tintel, tonteldoos -
> in die land hang daar 'n roos,
> vol van hare, vol van blare -
> intel, tintel, tonteldoos.
> [= Mieliekop]
>
> ~~~~~~~~~~
>
> [Sonder titel]
> Hennie Aucamp ("Teen latenstyd" 1978)
>
> 'n B.A.-student sit te Kloos
> en word op die plek siedend boos:
> ook hy, soos Gezelle,
> het niks te vertelle
> oor die grootste misterie: die doos.
>
> ~~~~~~~~~~
>
> [Sonder titel]
> Hennie Aucamp (Ongepubliseer)
> [LW: sterretjies deur Aucamp self]
>
> 'n Dokwerker Doorsie du B**l
> kon spog met 'n uithalerp**l
> Maar uithaal was min
> want Doors het besin:.
> "Gebruik kan die Ding dalk vern**l."
>
> ~~~~~~~~~~
>
> [Sonder titel}
> R K Belcher ("n Ding om te skil in die
> maand van April" 1980)
>
> Die seegras op die sand
> ek voel dit met my hand
> dit maak my dink aan die mooiste plek
> van 'n vrou se voorste kant
>
> ~~~~~~~~~
>
> Graaff se poel Seepunt
> T T Cloete ("Idiolek" 1986)
>
> Homoseksuele mans lê agter
> die halfmaanmuur poedelkaal
> seekant, akkedisse wat in die son stil
> met die pens en flanke asemhaal.
>
> In die see om die rotspoele
> dryf onrustige seebamboes
> - hare om die vroulike derde oksel -
> roer swart en kroes.
>
> Die soms opstandige
> manlike sagtheid smeul
> druipend in die naakte son
> 'n bruingebakte papierige peul.
>
> ~~~~~~~~~~
>
> [Sonder titel]
> Louis Esterhuizen
> ("Die onderwaterweg" 1996)
>
> agterna onthou -
>
> Dit is wat ek bemin
>
> ~~~~~~~~~~
>
> Twee harte
> Ingrid Jonker ("Kantelson" 1966_
>
> Twee harte het ek
> die een wat bloed pomp
> en die ander lyk wel op
> 'n appelliefkosie
> of 'n paddatjie
>

WOW!!!! Mamma Mia. Magtag. WOW!

B.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Uit "Die dye trek die dye aan." [boodskap #20778 is 'n antwoord op boodskap #20724] Ma, 08 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Liewe hemel, moes jy die hele donnerse lot quote?

bi...@mgenerations.net wrote in >
> WOW!!!! Mamma Mia. Magtag. WOW!
Re: Uit "Die dye trek die dye aan." [boodskap #20779 is 'n antwoord op boodskap #20724] Ma, 08 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Alwyn Nel" wrote:
> Liewe hemel, moes jy die hele donnerse lot quote?
>
Ja, want ek het dit geniet. Gaan drink n pil.

B.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Die Boerant
Volgende onderwerp: Popular Pipebomb Magazine
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 21 20:41:53 MGT 2024