Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: DIE LANDSVERLATERS
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20750] Sun, 07 February 1999 00:00
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: March 2006
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie Potgieter wrote in message ...

> Die syfers wat in omloop is oor hoeveel mense reeds oorsee is, is pure
> gissings. Een gerug wil dit hê dat daar 250 000 "Afrikaners" in Londen
> alleen is. 'n Ander gerug sê daar is 40 000 South Africans net in
> Perth alleen! Hierdie syfers is natuurlik bog.

Pure bog liewe Frikkie, pure bog. Vir die tydperk Julie 1997 tot Junie 1998
het daar 77 327 mense na Australië geimigreer, waarvan 5.5% vanaf Suid
Afrika was. Sonder om te diep te delf en boring te raak met statistiek, kan
jy met 'n geruste hart aanvaar dat daar sowat 120 000 eks Suid Afikaners in
Perth is. Almal engelssprekend? Moenie glo nie. Die SA regering mag miskien
nie weet hoeveel weg is nie, maar die Aussies weet van een en elke
aankomeling.

>  'n Skatting wat gemaak is uit ingeligte  bronne raam die totale getal vertrekdes op nie meer as 250 000
> altesaam nie.

Wag,wag wag. 'n Skatting uit ingeligte bronne? Klink mos vir my dieselfde as
die "gissings" van hierbo.
Net vir interrisantheid: dan het jou ingeligte bronne ook seker genoem dat
dit die room van die oes was.

> Die Afrikaanstaliges wat wel uitgewyk het is van die liberales en
> ontstamdes wat eintlik nooit 'n flenter omgegee het vir ons taal en
> ons volk nie.
Twak.

> Dis die NP en DP Afrikaners wat altyd teen ons Boere en
> Regses kant gekies het
Teen die boere? Twak. Teen die regses? Inderdaad!

> Hulle is ons permanente vyande
aangename kennis, vyand.

>moet asseblief ook nie weer terugkom nie
daar is absoluut geen begeerte nie swaer, maar geen.
Alwyn
Re: DIE LANDSVERLATERS [boodskap #20752 is 'n antwoord op boodskap #20750] Sun, 07 February 1999 00:00 Na vorige boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: June 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
>  Die syfers wat in omloop is oor hoeveel mense reeds oorsee is, is pure
>  gissings. Een gerug wil dit hê dat daar 250 000 "Afrikaners" in Londen
>  alleen is. 'n Ander gerug sê daar is 40 000 South Africans net in
>  Perth alleen! Hierdie syfers is natuurlik bog. Ook die opgeblase
>  syfers wat die gerugte van Suid en Noord-Amerika af bring is totaal
>  onwaar. 'n Paar feite kristalliseer egter duidelik uit, nl. dat die
>  verre meerderheid emigrante Engelssprekend is.
>  Die Jode, wat Engelssprekend is het in groot getalle padgegee saam met
>  'n stywe getal Engelse. Die Engelssprekende Suid-Afrikaners vorm ook
>  'n groot porsie van die uitgaandes en die Afrikaanssprekendes is
>  laaste op die getallelys. 'n Skatting wat gemaak is uit ingeligte
>  bronne raam die totale getal vertrekdes op nie meer as 250 000
>  altesaam nie. Daarvan is die Afrikaanssprekendes moontlik so 40 000.
>  Die Boere tel 'n nietige getalletjie.

>  Die grootste groep is die Engelse d.w.s. die mense wat nog nooit die
>  RSA ten volle aanvaar het maar steeds met 'n dubbele lojaliteit hier
>  agtergebly het. Hulle is die ware Souties wat met een voet in die RSA
>  en die ander in Engeland gestaan het. Tienduisende van hulle het
>  gevlug. Tesame met die Jode tel hul getalle seker by die 150 000.

Haai Frikkie, hoeveel meer mense gaan die land moet verlaat voor
jy begin sien hulle het n rede om te loop?  In plaas daarvan om werk
te maak aan die daadwerklike redes wat die mense het om te waai
staar jy jou blind teen patetiese propoganda.

>  Die Afrikaanstaliges wat wel uitgewyk het is van die liberales en
>  ontstamdes wat eintlik nooit 'n flenter omgegee het vir ons taal en
>  ons volk nie.

Hoe maklik sou dit nie wees as alles so een voudig was nie ne?
Dalk is dit ook hoe Hitler se kop gewerk het...

Billy.

>
Vorige onderwerp: Hardekoolvuur!
Volgende onderwerp: SEEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 23 07:03:04 UTC 2025