Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Nederlandse Gebed
Nederlandse Gebed [boodskap #20660] Wo, 03 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Terwyl ons nou so in die Nederlands delf, sal ek
graag met iets hulp wil hê:

My oupa het altyd nog 'n Nederlandse tafelgebed
opgesê tot net voor sy dood. En soos dit nou maar
by die ou mense gebeur het, was die woorde
naderand deurmekaar gevloei en ons ore ook al te
gewoond daaraan. Nou wil ek graag vir my seuns sê
hoe hulle oupagrootjie gebid het, maar natuurlik
het ek hulp nodig om die gebed weer te
herkonstrueer. Dit het so geklink:

"Segen Heer, dat gee wij eten. Laat wij nimmer uw
vergeten."

Nou klink dit so kort - was daar nog? Watter
ander Nederlandse tafelgebede ken julle ander nog
uit julle kinderdae?

Johan (In oortje gehapt!)
Re: Nederlandse Gebed [boodskap #20689 is 'n antwoord op boodskap #20660] Do, 04 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan P) writes:

> "Segen Heer, dat gee wij eten. Laat wij nimmer uw
> vergeten."


Johan, my oupa het dieselfde een gebruik:
Ek dink dit was egter "hetgeen wij eten.."

Gloudina
Re: Nederlandse Gebed [boodskap #20690 is 'n antwoord op boodskap #20660] Do, 04 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Feb 1999 00:05:06 GMT, wrote:

|e...@dot.com (Johan P) writes:
|
|> "Segen Heer, dat gee wij eten. Laat wij nimmer uw
|> vergeten."
|
|
| Johan, my oupa het dieselfde een gebruik:
| Ek dink dit was egter "hetgeen wij eten.."
|
Ja, jy's reg.... nou moet een van die Nederlanders
net help om die regte bewoording te gee, want ek
dink die vereenvoudiging daarvan sou moet lees:

Seen Heer, dit wat u ons gee om te eet. Laat ons
nooit u vertgeet nie.

En soos ons nou al die ouens gesien verkort het in
Nederlands, vermoet ek daar die "dit wat u ons gee
om te eet" het verkort na iets soos
"'tgee wij eten" of iets.......

Kom Hollanders, help! Of bid julle nie meer voor
ete nie (is julle mammas of vrouens goeie
kokke.....!)

Dis mos nou die dag na my skaaonma terug is huis
toe wat ons weer by die ete aansit en my vrou net
klaar ingeskep het met haar gebruiklike "Bid vir
ons" toe ek afhaak en vir haar sê, "Nee, dis nie
meer nodig nie, jou ma kook mos nie meer vir ons
nie....!"

Gelukkig het ons nog nie 'n hond met 'n kas buite
nie......

Johan (In oortje gehapt!)
Re: Nederlandse Gebed [boodskap #20691 is 'n antwoord op boodskap #20660] Do, 04 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
My Pa het altyd gebid:

O God dank vir spys en drank. Laat wij nimmer u vergeten. Amen

of so -iets. Die aanhef was hard maar hier by "nimmer" het ons opgehou
luister want pa se stem het uit stoom gehardloop. Teen daai tyd het my broer
in elk geval my vleis gesteel en my suster my drie keer teen die maermerrie
geskop.

Alwyn Nel

@igs.net wrote in message ...
> e...@dot.com (Johan P) writes:
>
>> "Segen Heer, dat gee wij eten. Laat wij nimmer uw
>> vergeten."
>
>
> Johan, my oupa het dieselfde een gebruik:
> Ek dink dit was egter "hetgeen wij eten.."
>
> Gloudina
>
Re: Nederlandse Gebed [boodskap #20692 is 'n antwoord op boodskap #20660] Do, 04 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan P heeft geschreven...
wrote:
>
> |e...@dot.com (Johan P) writes:
> |
> |> "Segen Heer, dat gee wij eten. Laat wij nimmer uw
> |> vergeten."
> |
> | Johan, my oupa het dieselfde een gebruik:
> | Ek dink dit was egter "hetgeen wij eten.."
> |
> Ja, jy's reg.... nou moet een van die Nederlanders
> net help om die regte bewoording te gee, want ek
> dink die vereenvoudiging daarvan sou moet lees:
>

Zegen Heer, hetgeen wij eten. Laat ons nimmer U vergeten.
Zegen Heer, hetgeen wij eten. Laten wij nimmer U vergeten.

De eerste zin klinkt voor mij gramaticaal het beste, al klinkt het nog
steeds een beetje krom, maar dat hoort misschien bij gebeden?

> Kom Hollanders, help! Of bid julle nie meer voor
> ete nie (is julle mammas of vrouens goeie
> kokke.....!)

Ik vind eten op zich al een crime. Ik wacht nog steeds op de uitvinding van
een pil die eten overbodig maakt. Om dat hele eetritueel nog te verlengen
door er een gebed aan vooraf te laten gaan, gaat mij persoonlijk net iets te
ver ;-)

> Dis mos nou die dag na my skaaonma terug is huis
> toe wat ons weer by die ete aansit en my vrou net
> klaar ingeskep het met haar gebruiklike "Bid vir
> ons" toe ek afhaak en vir haar sê, "Nee, dis nie
> meer nodig nie, jou ma kook mos nie meer vir ons
> nie....!"
>
> Gelukkig het ons nog nie 'n hond met 'n kas buite
> nie......

Kas! Die zijn bij ons van glas (greenhouse). Jullie spreken niet van een
hondenhok?

Arthur
Re: Nederlandse Gebed [boodskap #20693 is 'n antwoord op boodskap #20660] Do, 04 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Henry  is tans af-lyn  Henry
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ja - my pa het dit self ook nog gebid, hoewel hy later jare na 'n Afrikaanse
weergawe oorgeskakel het. Hy
het so gebid: "Segen Vader 'tgeen wij eten. Laten wij nimmer u vergeten.
Amen." Tot my skande en
skaamte moet ek erken dat my eie tafelgebed, hoewel Afrikaans, ook maar
vervlak het oor die jare heen
tot 'n ritueel. Nie dat alle rituele vlak is nie! Nogtans is dit 'n (vir
my!) onontbeerlike ritueel.

Gegroet!
- Kwarantyn

*** Posted from RemarQ - http://www.remarq.com - Discussions Start Here (tm) ***
Re: Nederlandse Gebed [boodskap #20694 is 'n antwoord op boodskap #20660] Do, 04 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Feb 1999 18:46:28 +0100, "Arthur Hagen"
wrote:
|>Dis mos nou die dag na my skoonma terug is huis
|>toe wat ons weer by die ete aansit en my vrou net
|>klaar ingeskep het met haar gebruiklike "Bid vir
|>ons" toe ek afhaak en vir haar sê, "Nee, dis nie
|>meer nodig nie, jou ma kook mos nie meer vir ons
|>nie....!"
|>
|>Gelukkig het ons nog nie 'n hond met 'n kas buite
|>nie......
|
|
|Kas! Die zijn bij ons van glas (greenhouse). Jullie spreken niet van een
|hondenhok?
|
En in Afrikaans is 'n glaskas weer iets wat in die
sitkamers staan, baie duur en oud is, en vol
ornamentjies gepak is. (30 jaar oue doopkoek met
die verbleikte pienk lintjie).....

Johan (In oortje gehapt!)
Vorige onderwerp: Jammer, ek seën julle nou eers.
Volgende onderwerp: Aan die persoon wat homself GOD noem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 10:20:48 MGT 2024