Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Parte - Jong seun - E. Eybers
Re: Parte - Jong seun - E. Eybers [boodskap #20651] Wo, 03 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jong seun

Die seun klim druipend uit die bad,
sy hele lyf is gaaf en glad

en heel tot in die holte van
sy nael waaroor 'n seepbel span.

Strak ledemate, ribbekas
hoekig en hard soos 'n kuras,

handdoek in hand staan hy bereid,
gerig en toegerus tot stryd.

Tog, onvolkome afgerond,
hoe sal die lewe hom nog wond :

in sy Achilleskern vind
hy geen beskutting - man of kind :

geheg aan die benedebuik
waar blink haarrankies reeds ontluik,

deuraar, teer soos 'n ooglid, sag
soos murg, hang weerloos die geslag.
Re: Parte - Jong seun - E. Eybers [boodskap #20677 is 'n antwoord op boodskap #20651] Do, 04 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
23...@excite.com writes:

> Dankie, Gervaas. By die oorspronklike gedig was daar ook 'n aanhaling uit
> D.H. Lawrence, wat iets soos
> die volgende gelui het: "Whe were we not completed, rounded off in
> ourselves? Why were we crucified
> into sex?"
>
> Ek kon nooit presies uitvind waaruit die aanhaling kom nie; dalk onthou ek
> dit nie eens heeltemal reg nie.
> Baie, baie water het intussen onder die brug deur gevloei sedert ek dit laas
> gelees het.
>
> Gegroet!
>
> - Kwarantyn

Jong seun
Elisabeth Eybers
("Neerslag" 1958)

[Why were we crucified into sex?
Why were we not left rounded off,
and finished in ourselves.
D H Lawrence]

Die seun klim druipend uit die bad,
sy hele lyf is gaaf en glad

en heel tot in die holte van
sy nael waaroor 'n seepbel span.

Strak ledemate, ribbekas
hoekig en hard soos 'n kuras,

handdoek in hand staan hy bereid,
gerig en toegerus tot stryd.

Tog, onvolkome afgerond,
hoe sal die lewe hom nog wond:

In sy Achilleskern vind
hy geen beskutting - man of kind:

geheg aan die benedebuik
waar blink haarrankies reeds ontluik,

deuraar, teer soos 'n ooglid, sag
soos murg, hang weerloos die geslag.
Re: Parte - Jong seun - E. Eybers [boodskap #20678 is 'n antwoord op boodskap #20651] Do, 04 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry  is tans af-lyn  Henry
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dankie, Gervaas. By die oorspronklike gedig was daar ook 'n aanhaling uit
D.H. Lawrence, wat iets soos
die volgende gelui het: "Whe were we not completed, rounded off in
ourselves? Why were we crucified
into sex?"

Ek kon nooit presies uitvind waaruit die aanhaling kom nie; dalk onthou ek
dit nie eens heeltemal reg nie.
Baie, baie water het intussen onder die brug deur gevloei sedert ek dit laas
gelees het.

Gegroet!

- Kwarantyn

*** Posted from RemarQ - http://www.remarq.com - Discussions Start Here (tm) ***
Re: Parte - Jong seun - E. Eybers [boodskap #20700 is 'n antwoord op boodskap #20651] Vr, 05 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kwarantyn writes:
> Dankie, Gloudina.
Dit het ek nou weer waardeer. Jy het nie dalk ook "Tersine"
> iewers nie?
>
> Gegroet!
>
> Kwa-Rantyn in Pen-Nsylvania

Nee, ongelukkig nie. Ek het eintlik baie
min digbundels hier in Ottawa. En wat ek
het, is meestal vroe"e bundels van Opperman.
Meeste van die gedigte wat ek op die ng
pos, word aan my gestuur deur mense in SA.
Soos byvoorbeeld die onlangse gedigte uit
"Die dye trek die dye aan." Dis daarin
waar ek "Jong seun" van Elisabeth Eybers
gekry het. Hulle het dit gekies vir haar
bydrae in "Dye."

Die Ot-jie van Tawa
Re: Parte - Jong seun - E. Eybers [boodskap #20701 is 'n antwoord op boodskap #20651] Vr, 05 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, Gloudina. Dit het ek nou weer waardeer. Jy het nie dalk ook "Tersine"
iewers nie?

Gegroet!

Kwa-Rantyn in Pen-Nsylvania
Vorige onderwerp: Re: Positiewe bydrae ?
Volgende onderwerp: Positiewe bydrae ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 18:35:47 MGT 2024