Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Hoe lyk jy ?
Re: Hoe lyk jy ? [boodskap #20544] Ma, 01 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Feb 1999 20:32:59 GMT, wrote:
|
| Ek wonder of jy besef dat jy eintlik
| die kodes van goeie gedrag breek deur
| so in mense se pad te si . Hoekom
| wag jy nie vir jou mense in 'n
| parkeerplek nie?
|
Juis nie - ek was in niemand se pad nie - selfs
nie met my groot wa nie (die parkeerterrein is
baie ruim) en ek het juis die bedagsaamheid gehad
om nie 'n parkeerruimte te beset wat iemand anders
kon gebruik nie.

Johan (In oortje gehapt!)
Re: Hoe lyk jy ? [boodskap #20546 is 'n antwoord op boodskap #20544] Ma, 01 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan P) writes:

> Ek het juis Saterdag weer daaraan gedink toe ek my
> vrou Walmart toe neem om fotos in te gee vir
> ontwikkeling: Die motors staan in die
> parkeerterrein neus teen neus in rye geparkeer,
> maar omdat ek in die kar wag, draai ek toe nie in
> by een van die parkeerplekke nie - ek "double
> park" toe maar sommer so tussen die rye met my oog
> op die winkel se deur vir as mammie nou daar
> uitkom.

Ek wonder of jy besef dat jy eintlik
die kodes van goeie gedrag breek deur
so in mense se pad te si . Hoekom
wag jy nie vir jou mense in 'n
parkeerplek nie?


> My pa sou baie trots gewees het

Jou Goewerneur,
Jesse (met 'n gelisensieerde pistool
in my sak) Ventura.
Re: Hoe lyk jy ? [boodskap #20548 is 'n antwoord op boodskap #20544] Ma, 01 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Hallo Robbert,

Robbert Zijlstra wrote in message ...
> Tsssss, de Amerikanen zijn nu schijnbaar al zover dat zij alle normale respect
> van vrouwen voor mannen en van mannen
> voor vrouwen verloren hebben. Zijn zulke reacties normaal in de
VS?............

Nee. In alle billikheid teenoor die mense van die VSA kan ek verder byvoeg
:

Die treinvoorval was in die staat New York naby die stad New York. En nou
kan die SA-ners daar oorkant gerus ook hul mening lug. Blykbaar word die
New Yorker dwarsoor die hele VSA met 'n argwaan bejeen soortgelyk as iets
wat die kat van buite af ingedra het. Hul onbeskoftheid is moeilik om te
beskryf.

Daarteenoor kan ek slegs met lof praat van die mense wat ek in Danbury,
Connecticutt, ontmoet het. Ek was vir drie maande tuis in die Ethan Allen
hotel gedurende 'n werksprojek en het in die tyd baie moeite gedoen om die
gewone man op straat te ontmoet. Aangesien ek radiomodelvlieg as sport
beoefen, was dit die aangewese aanknopingspunt na mense buite my werkskring
en glo my, die gasvryheid en vriendelikheid wat ek by die Danbury vliegklub
ervaar het, is onmoontlik om te beskryf. Die mense het my by hulle huise
onthaal, hulle vriende weer aan my voorgestel en so is ek "aangegee" van die
een groep na die volgende en weer teryg na die eerste groep !! Dit was vir
hulle GEEN moeite om my rond te neem en die wêreld te wys nie -
besienswaardighede, ens. "Have you seen the XYZ air show ? You just can't
leave without having seen it. We'll pick you up on Sunday morning. Be
ready by 6:30 am" Sondagoggend 6:30 was die manne daar. Daardie aand -
EN LUISTER MOOI - 960 kilometer verder, was ons weer tuis. Die soort
gasvryheid is het ek daar ervaar.

Die hotelpersoneel het hulle eie besonderse bydrae gemaak tot die aangename
herinneringe. Die laaste aand in die hotel het die bestuurder en sy
personeel vir my 'n afskeidspartytjie gegee want "You have been elected our
model guest for this year and this party is on us. !!!!" Niemand het
daardie nag geslaap nie.

Wys jou net. In een deel van die land tel jy teëspoed op net by die knip
van 'n oog en oor die grens van New York word jou eie goeie gedrag en
bedagsaamheid met oorvloedige rente beloon - 1000 keer meer as verdienste.
Skat dis maar oral so dat daar vrot appels per ongeluk in die mandjie blomme
beland........
Persoonlik verkies ek die bedagsame manier. Wanneer ek die ideale woorde
gevind het om 'n persoon hel toe te stuur op so 'n wyse dat hy uitsien na
die reis, sal ek almal daarvan verwittig.

Gegroet uit 'n lekker warm Walvisbaai !!
Omie
ICQ 26839292
Re: Hoe lyk jy ? [boodskap #20552 is 'n antwoord op boodskap #20544] Ma, 01 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 1 Feb 1999 18:53:33 +0200, "Oom Hans"
wrote:
|Die treinvoorval was in die staat New York naby die stad New York. En nou
|kan die SA-ners daar oorkant gerus ook hul mening lug. Blykbaar word die
|New Yorker dwarsoor die hele VSA met 'n argwaan bejeen soortgelyk as iets
|wat die kat van buite af ingedra het. Hul onbeskoftheid is moeilik om te
|beskryf.
|
Die agent by wie ons huis gekoop het, het
dieselfde vertel (hy is 'n oud-NewYorker:
dieselfde 4-rigting stop wat ons 'n paar maal per
dag baie veilig kruis, vertel hy, sou moorde en
baie spanning en baie ongelukke in NY veroorsaak.

Ek het juis Saterdag weer daaraan gedink toe ek my
vrou Walmart toe neem om fotos in te gee vir
ontwikkeling: Die motors staan in die
parkeerterrein neus teen neus in rye geparkeer,
maar omdat ek in die kar wag, draai ek toe nie in
by een van die parkeerplekke nie - ek "double
park" toe maar sommer so tussen die rye met my oog
op die winkel se deur vir as mammie nou daar
uitkom.

So drie karre voor my kom 'n ou toe na sy kar toe,
laai sy pakkies in en vertrek. Nie lank daarna
nie, sien 'n ander ou die plek raak, maar in stede
van so blitsig as moontlik daar in te skiet,
beduie hy eers vir my of ek nie dalk daar wil
ingaan nie! En sowaar, voor vroulief by die
winkel uitkom, herhaal die hele petalje homself
weer met 'n ander parkeerplek!

Dit het tot gevolg dat 'n mens self ook sommer
heelwat meer bedagsaam optree (as wat ek bv in Jhb
sou - ek het menige keer in 'n parkeerplek
ingeskuif as die ander ou te stadig was om sy move
te maak.) Ek het nog net vyf keer toeters gehoor
in die VSA in 18 maande en drie keer daarvan was
in Chicago se middestad.

My pa sou baie trots gewees het as hy gesien het
hoe bedaard ek nou bestuur....

Johan (In oortje gehapt!)
Re: Hoe lyk jy ? [boodskap #20626 is 'n antwoord op boodskap #20544] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 2 Feb 1999 18:19:18 +0100, "Arthur Hagen"
wrote:
|Ik heb geen verstand van Free Agent, maar ik heb het plaatje voor je op het
|Net gezet. Best leuk ;)
|
|
|http://www.caiw.nl/~hagenaa/graphics/praat.jpg
|
|Arthur
|
|
Dankie Arthur! Ek het dit baie geniet! Gloudina,
nou sal jy ons almal 'n foto van jou MOET laat kry
anders steek hierdie beeld in die verbeelding vas!

Johan (In oortje gehapt!)
Re: Hoe lyk jy ? [boodskap #20628 is 'n antwoord op boodskap #20544] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 2 Feb 1999 14:45:55 +0200, "Oom Hans"
wrote:

|This is a multi-part message in MIME format.
|
|------=_NextPart_000_0016_01BE4EBA.BD6A5AA0
|Content-Type: text/plain;
| charset="iso-8859-1"
|Content-Transfer-Encoding: 7bit
|
|Ek weet ek pleeg nou sonde maar in die gees van die onderwerp plaas ek
|hierdie kleinerige jpeg prentjie.
|Omie
|ICQ 26839292
.
.
Knip-knip

Help - ek gebruik Free Agent en kan gewoonlik binary attachments
oopmaak wat op nuusgroepe verskyn, maar hierdie boodskap s'n sê net
vir my "No binary attachment found".. Hoe maak ek om die prentjie
te sien????

Johan
Re: Hoe lyk jy ? [boodskap #20633 is 'n antwoord op boodskap #20544] Di, 02 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan (In oortje gehapt!) heeft geschreven...
> On Tue, 2 Feb 1999 14:45:55 +0200, "Oom Hans" wrote:
>
> |This is a multi-part message in MIME format.
> |
> |------=_NextPart_000_0016_01BE4EBA.BD6A5AA0
> |Content-Type: text/plain;
> | charset="iso-8859-1"
> |Content-Transfer-Encoding: 7bit
> |
> |Ek weet ek pleeg nou sonde maar in die gees van die onderwerp plaas ek
> |hierdie kleinerige jpeg prentjie.
> |Omie
> |ICQ 26839292
> .
> .
> Knip-knip
>
> Help - ek gebruik Free Agent en kan gewoonlik binary attachments
> oopmaak wat op nuusgroepe verskyn, maar hierdie boodskap s'n sê net
> vir my "No binary attachment found".. Hoe maak ek om die prentjie
> te sien????
>
> Johan

Ik heb geen verstand van Free Agent, maar ik heb het plaatje voor je op het
Net gezet. Best leuk ;)

http://www.caiw.nl/~hagenaa/graphics/praat.jpg

Arthur
Re: Hoe lyk jy ? [boodskap #20680 is 'n antwoord op boodskap #20544] Do, 04 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Henry  is tans af-lyn  Henry
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Is Nederlands nie pragtig nie! Arthur het geskryf: "Ik heb geen verstand van
Free Agent", terwyl ons sou
gesê het: "ek weet niks van Free Agent af nie." Nou, met die Afrikaanse
agtergrond van "verstand" wat
hier in Nederlands "begrip" beteken, of "ek verstaan dit nie", kry die woord
die ekstra dimensie van "'n
mens se verstand". En skielik is daar 'n dieper en ryker betekenis in
daardie simpele ou sinnetjie wat 'n
mens rgop laat sit.

Gegroet!
- Kwarantyn

*** Posted from RemarQ - http://www.remarq.com - Discussions Start Here (tm) ***
Vorige onderwerp: Pluimsaad -------> Propacem
Volgende onderwerp: Vooroordeel (was Re: Glashuisies... (Was Doedie en Kie))
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 13:33:57 MGT 2024