Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Jong meisie" deur INA ROUSSEAU
- "Jong meisie" deur INA ROUSSEAU [boodskap #20543] Mon, 01 February 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2172
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
Jong meisie

Ina Rousseau
("Kwiksilwersirkel" 1976)

Die meisie wie se wese nog
nuut is soos spinthout
- die meisie wat wag -
sluimer al wagtende in
op 'n bed van steentjieskweek
deur sterblomme omring,

en sy droom van 'n snoek
wat uit die ysige
seewaters langs die Weskus
suidwaarts nader drywe,
sy sending geheimsinnig, sy bek
stampvol slagtandjies,
die duistere, andersoortige
skok wat haar gaan wek.
Vorige onderwerp: Seën
Volgende onderwerp: Re: Weer 'n toets!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Mar 07 16:04:31 UTC 2025