Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is: Om iemand te "lap" in Afrikaans?
Wat is: Om iemand te "lap" in Afrikaans? [boodskap #20408] Do, 28 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Nadi Howe  is tans af-lyn  Nadi Howe
Boodskappe: 4
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hallo "@igs",

@igs.net wrote in article ...

>> Skielik herhinder ek myself aan wat Langenhoven gesê het: "Laat die ou kers
>> smelt. Wat was was, word weer was." Of was dit Preller? Maar Preller was
>> dan Engels?! (Of was hy/sy?) Weet enigeiemand iets van Alexis Preller af,
>> want ek dink hy(?)'t dit gesê.

> Vireers sal jy moet besluit of jou van Gustav Preller of van Alexis
Preller praat.
^^^

Wat bedoel jy met "jou", jong?

Ek het eintlik van Langenhoven gepraat, en my dogter
sê vir my: "Pa, Langenhoven was die vereenselwiging van kultuurdilemmas met
'n verinneweerde
swerwersiel. Langenhoven het die morele verbastering van tradisionele,
plattelandse bohemiteit met kosmopolitaanse
vooruitstrewendheid kultureel verteenwoordig. Langenhoven was gay. Wat maak
dit vandag saak
wat hy gesê het?"

Die verspotte kind het 'n punt daar beet. Nou wil ek weet:

(1) Is dit waar dat Langenhoven 'n hangkas-homoseksuele was?
(2) Is al die ander goed wat die kind gesê het, ook waar, of spot sy met
my?
(3) Spreek mense nog hulle merderers as "U" aan, of is dit net "jy" en
"jou"?
(4) Hoes sê mens in Afrikaans: "Die one racer lapped the other".

Dit is nie dieselfde as "verbygesteek" nie.

Is daar 'n woord soos "rond", of "verrond"? : "Die een verrond die ander"?

Want my dogter het dit nou net uitgedink, en sy wil die nuwe Afrikaanse
woord na haar
vernoem hê. Ek sê vir haar: "Jy's 'n kleins trond," en nou skaterlag sy
daar by
haar maats.
Re: Wat is: Om iemand te "lap" in Afrikaans? [boodskap #20469 is 'n antwoord op boodskap #20408] Sa, 30 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Johan Conroy" writes: >

> 'n Soortgelyke vraag - hoe sê 'n mens in Engels: "Die kat hardloop onderdeur
> die tafel."?

Ek wonder of jou sin "Die kat hardloop
onderdeur die tafel" nie onlogies is
en dus eintlik verkeerde Afrikaans is
nie. Moet dit nie wees "Die kat hardloop
onder die tafel deur" nie? As die kat
onderdeur die tafel hardloop, lyk dit
vir my hy hardloop deur die hout van
die onderste gedeelte van die tafel,
wat bietjie moeilik vir 'n kat sal
wees. Miskien 'n bietjie makliker
vir 'n kosmiese straal.

Die kat, wat teruggekom het, omdat hy nie
langer kon wag nie.
Re: Wat is: Om iemand te "lap" in Afrikaans? [boodskap #20470 is 'n antwoord op boodskap #20408] Sa, 30 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan Conroy  is tans af-lyn  Johan Conroy
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
>> (4) Hoes sê mens in Afrikaans: "Die one racer lapped the other".
>>
>> Dit is nie dieselfde as "verbygesteek" nie.
>
> Die een hardloper het die ander
> ingehaal en is een rondte voor.
> Ek dink nie die Engelse sin
> wat jy probeer vertaal is sulke
> korrekte Engels nie.

'n Soortgelyke vraag - hoe sê 'n mens in Engels: "Die kat hardloop onderdeur
die tafel."?

Elke taal maar sy sterk en swak punte. Vir byna enige ding wat 'n mens wil
sê is daar een taal wat dit beter, kompakter of meer presies kan uitdruk as
ander tale. Dit is een van die redes hoekom dit 'n goeie ding is om soveel
as moontlik tale aan te leer.

Groetnis
Johan
Re: Wat is: Om iemand te "lap" in Afrikaans? [boodskap #20492 is 'n antwoord op boodskap #20408] So, 31 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Jan 1999 15:27:26 GMT, wrote:

|"Johan Conroy" writes: >
|
|> 'n Soortgelyke vraag - hoe sê 'n mens in Engels: "Die kat hardloop
| onderdeur
|> die tafel."?
|
|
| Ek wonder of jou sin "Die kat hardloop
| onderdeur die tafel" nie onlogies is
| en dus eintlik verkeerde Afrikaans is
| nie. Moet dit nie wees "Die kat hardloop
| onder die tafel deur" nie? As die kat
| onderdeur die tafel hardloop, lyk dit
| vir my hy hardloop deur die hout van
| die onderste gedeelte van die tafel,
| wat bietjie moeilik vir 'n kat sal
| wees. Miskien 'n bietjie makliker
| vir 'n kosmiese straal.
|
| Die kat, wat teruggekom het, omdat hy nie
| langer kon wag nie.
|
Wel, vertaal dan vir ons
Die katr hardloop onder die tafel deur.
Vorige onderwerp: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans?
Volgende onderwerp: Pluimsaad(Was:Re: Nkabinde vermoor)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 08:21:50 MGT 2024