Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Piramides - Bemarking
Piramides - Bemarking [boodskap #20284] Ma, 25 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Sphinx  is tans af-lyn  Sphinx
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hoekom is dit net ek wat 'n pyn kry in die Piramied-bemarking ouens?

'n Hopelose produk (spaarplanne nogal!) met 6 boytjies bokant jou om as
agente te betaal.

Jy word net ryk as jy jou vriende betrek deur hulle ook as "agente" in te
slurp. Deel van hul "verkope" beland in jou sak (en die 5 bokant jou).

Die tipes kan ook nie verstaan dat 'n mark versadig raak nie. Daar is net
soveel mense wat halfgebakte finansiële produkte wil aanskaf. Maar as jy
bo-aan sit kan jy mos nie toelaat dat jou brein werk nie?

En soveel vooraanstaandes staar hul blind teen die goed. Ne predikante ?
Re: Piramides - Bemarking [boodskap #20335 is 'n antwoord op boodskap #20284] Di, 26 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Sphinx" wrote:

> Hoekom is dit net ek wat 'n pyn kry in die Piramied-bemarking ouens?

WAARSKUWING: HIERDIE IS 'N KETTINGBRIEF!

Maar nie 'n gewone een nie, want dit gaan jou niks kos nie. En dis net vir
vroue.

Mevrou, is jy ontevrede met die man in jou lewe? Is hy een van daai vaal
outjies wat bedags werk en snags tot wie weet watter tyd agter die rekenaar
sit? Soek jy opwinding in jou lewe? Dan is hierdie brief vir jou!

Maak jou man op in 'n zipfile en stuur hom per e-pos na die dame wie se naam
bo aan die lys staan. Verwyder nou haar naam, en plaas jou e-pos adres in
posisie nommer 5. Stuur hierdie boodskap aan na 5 ander dames.

U is gewaarborg om binne 6 weke 'n groot verskeidenheid mans te ontvang
waaruit u 'n behoorlike keuse kan maak! Maak net seker u het WinZip op u
rekenaar. Dit is in u belang om nie die ketting te breek nie.

1) san...@wieweetwaar.co.za
2) petro...@toemoerengone.co.za
3) pi...@rodeo.com
4) doe...@nelspruit.co.za
5) henr...@tsanien.co.za

NS. Indien u my dalk nie glo nie, Antie Gertruida Poggenpoel van
Rus-'n-Bietjie Ouetehuis op Duiwelskloof is verlede week dood kort nadat sy
haar 365ste man ontvang het. Dit het 3 begrafnisondernemers 4 dae gevat om
die glimlag van haar gesig af te kry voor hulle haar kon begrawe!

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Re: "The Last Trek"....Published Yet?
Volgende onderwerp: Re: Hey anti-racist bastard and crook, read this !!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 11:47:13 MGT 2024