| Krag onderbrekings [boodskap #2014] |
Do., 14 Augustus 2003 21:21  |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek wonder nou of my screwyscareykabelknipperman dalk sy ding daar in
NY gaan doen het? Hulle is juis oorspronklik van NY af, en kom hier
in Athens aftree. Daarom die nuwe huis gebou en in die proses my
ontneem van elektrisiteit, telefoon en kabel. Gmmmfff....
Dalk het hy net geoefen hier in ons omgewing voor hy sy knippery in
die GROOT stad gaan aanpak het? Dalk moet ek die FBI en sommer die
CIA ook laat weet?
:-))
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Krag onderbrekings [boodskap #2023 is 'n antwoord op boodskap #2021] |
Vr., 15 Augustus 2003 01:09   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
DD wrote:
> Ja, sommer hier.
Is gedoen! :-) Hoeveel sin dit gaan maak, weet ek ook nou nie, maar
ek het probeer. :-)
> Katryn, jy het gesien watter blatjang ek Lorinda van vertel het?
Ja, ek het gesien. Maar ek het dit nog nooit gesien nie. Ons het ook
'n Internasionale mark hier naby, en ek gaan definitief kyk of hulle
so iets daar het as ek weer daar kom.
Ek maak nogal my eie blatjang ook. Maar ek weet dis nou nie miesies
bal s'n nie - nogsteeds...:-)
Jy het vir my 'n idee gegee met al die tamaties wat ek het en gaan hê.
Nie so seker van die konfyt nie, maar die blatjang idee klink baie
goed! :-)
Ek lag nou, want ek het nogal 'n groot verskeidenheid rissies in
my tuin ook. En vanaand het ek per toeval ene gebruik in my
hoenderdis wat ongelooflik gebrand het. Dit was 'n geel/goue Habanero.
My eie stupidity en verstrooidheid wat versoorsaak het dat ek nie
gedink het wat ek doen nie. My oë traan nou nog, en as ek net dink
aan die brand en hoe ek rondgespring het, kan mens nie help om vir
jouself te lag nie. Ag ja...:-)
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Krag onderbrekings [boodskap #2027 is 'n antwoord op boodskap #2025] |
Vr., 15 Augustus 2003 18:46   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: Junie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On 15 Aug 2003 01:09:49 -0700, pietertjiesn...@hotmail.com
(Max) wrote:
>
> Tamatieblatjang is vir watjies! Daai nuwe chilly een is lekkerrrrr!
>
> Max____________________________________________
Max, ek eet, by byna elke dis, Nando's Extra Hot Peri-Peri Sauce.
As jy dit nie ken nie, is jy nog 'n eppie by rissies. Dit is gemaak
van Habenero's, wat beskou word as die sterkste rissie is die wêreld.
Vra vir Katryn daarna. Dis is in haar tuin. Habenero sous eet ek,
sonder oordrywing, soos tamatiesous. Die eppies (apprentices)
sal die groot manne 'watjes' noem, wanneer hulle ook probeer groot
wees.
Die groot manne, by wie die eppies afkyk, loop nie heel dag met
T-hemde waarvan die kortmoue nog verder opgetrek is nie. En
oopgeknoopte knope met die borshare na boontoe gekam om
by die kraag uit te steek nie. En gooi rissiesous so stadig met die
etiket na die omstanders gedraai nie. Ons gee nie eers om om die
etiket toe te vat in die hand nie, al dink die omstanders dat dit
mosterd is wat ons gooi:-)
Ons groot manne sit partykeer op die tuinstoel en kyk hoe die
watjes groot speel:-)))
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gemmerbier [boodskap #2034 is 'n antwoord op boodskap #2032] |
Vr., 15 Augustus 2003 21:45   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> 'n Resep vir plofstowwe!
Oh shoot....dink jy Andries het dit gesien?
:-)))
> Ons hoop maar hierdie nuusgroep word nie van
> julle kant af gemonitor deur die men in black nie Katryn....:-))
Hier ry al die heel dag so swart motor verby. Dink jy ek moet
bekommerd raak? Ek het gedog hulle soek dalk daai kabelknipper wat
seker nou hier in die bosse wegkruip.
:-))
> Die resep lyk baie interessant, ek weet net nie of ek die moed het om
> dit te probeer maak nie... Ek hou baie van die rosyntjie idee.
Neeeee....dit klink moeiliker as wat dit is. Ek dink mens kan sommer
net suiker en water en vars gemmer meng. Die spulletjie so rukkie
kook, net om van al die ongewensde goggas en gisse en so aan ontslae
te raak. Dit dan laat afkoel en laat staan vir 'n paar uur, sodat die
gemmer kan infuseer (bly stil DD - ek kan nie aan 'n woord dink nie!!
) :-)
Enniewy, dan meng jy 'n pakkie kitsgis by die spul. Dit sal begin
gis na so paar uur. Ek dink dit sal wys wees om dit na 'n dag of so
deur 'n fynerige sif te filtreer net om van die meeste gunk ontslae te
raak. Gooi die spulletjie dan in plastiek bottels, en maak die prop
styf toe. Glo my - dit sal net so lekker wees?
Maar as dit nie lekker is nie, het ek ook raad. Gaan koop dan 'n
pakkie rerige brouers gis, en gebruik dit i.p.v die bakkers gis. Dan
sal jy sowat 12% alkohol kry, en soms nog meer afhangende van die tipe
gis wat jy gaan gebruik. Met gewone bakkers gis sal jy nooit meer as
3% alkohol in jou brousel kry nie. Maar 'n hoër alkohol inhoud sal
jou sorge en die slegte smaak dalk gou verdoesel? As dit nie help
nie, stuur ek vir jou 'n moonshine resep. Okay?
:-))))
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gemmerbier [boodskap #2038 is 'n antwoord op boodskap #2034] |
Sa., 16 Augustus 2003 12:46   |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
Katryn skryf in boodskap news:...
> Neeeee....dit klink moeiliker as wat dit is. Ek dink mens kan sommer
> net suiker en water en vars gemmer meng. Die spulletjie so rukkie
> kook, net om van al die ongewensde goggas en gisse en so aan ontslae
> te raak. Dit dan laat afkoel en laat staan vir 'n paar uur, sodat die
> gemmer kan infuseer (bly stil DD - ek kan nie aan 'n woord dink nie!!
> ) :-)
> Enniewy, dan meng jy 'n pakkie kitsgis by die spul. Dit sal begin
> gis na so paar uur. Ek dink dit sal wys wees om dit na 'n dag of so
> deur 'n fynerige sif te filtreer net om van die meeste gunk ontslae te
> raak. Gooi die spulletjie dan in plastiek bottels, en maak die prop
> styf toe. Glo my - dit sal net so lekker wees?
Dit kink na 'n baie goeie idee! Dankie.
> Maar as dit nie lekker is nie, het ek ook raad. Gaan koop dan 'n
> pakkie rerige brouers gis, en gebruik dit i.p.v die bakkers gis. Dan
> sal jy sowat 12% alkohol kry, en soms nog meer afhangende van die tipe
> gis wat jy gaan gebruik. Met gewone bakkers gis sal jy nooit meer as
> 3% alkohol in jou brousel kry nie. Maar 'n hoër alkohol inhoud sal
> jou sorge en die slegte smaak dalk gou verdoesel? As dit nie help
> nie, stuur ek vir jou 'n moonshine resep. Okay?
> :-))))
>
>
LOL. Ek wonder altyd of Moonshine diesefde as Ierse "poteen" is? In
Ierland maak hulle dit gewoonlik van aartappels op 'n home still.
Dink jy die volgende verweer wat gebruik is teen 'n aanklag van
"onwettige besit" is 'n goeie idee?
The Irish News
Poteen for Rheumatism
THE following recipe, described as an infallible cure for rheumatism,
was produced at a licensing court in Dungannon yesterday when Thomas
Lynn, Evishanoran, Pomeroy, was charged with having illicit spirit in
his possession:
"One glass of whiskey or good poteen, one clove of garlic. Cut the
garlic fine and put into bottle with the spirit and cork tight. Leave
past for three weeks. Then rub it on the affected part."
Constable Armstrong, Pomeroy, said he found a noggin bottle containing
about a glass of poteen in the defendant's house on 22nd December
last. Defendant was a small farmer living in a mountainous district
and was not present when the search was made.
Constable Wilson said he spoke to the defendant's niece who said:
"Don't let the constable take it away or I will be killed." She added
that people had been in the house that morning and someone must have
put it in the pocket of the coat. Sergeant Gallagher said the
defendant was more a distributor of poteen than a manufacturer. There
had been several raids in that district for poteen.
District Inspector Walsh observed that the district was a hotbed of
poteen manufacture, and it was so mountainous that it was difficult to
detect.
Defendant produced the above recipe and admitted having the poteen for
a rheumatism cure. He was totally disabled with the complaint and had
a weekly pension from a benefit society, as he was unable to work. He
never drank poteen and certainly would not use it again. He did not
manufacture it and got a small quantity as a present to make the
lotion.
Defendant was fined four pounds and costs, Mr Moriarty RM, advising
him to rub himself with pure whiskey next time.
|
|
|
|
|
|
| Re: Gemmerbier [boodskap #2054 is 'n antwoord op boodskap #2040] |
Sa., 16 Augustus 2003 21:17  |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
Katryn skryf in boodskap news:...
> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
>> LOL. Ek wonder altyd of Moonshine diesefde as Ierse "poteen" is? In
>> Ierland maak hulle dit gewoonlik van aartappels op 'n home still.
>
> Ja, ek dink nogal dit is. Alhoewel poteen dalk amper meer van 'n
> vodka as 'n "whiskey"is, veral as hulle dit met aartappels maak? :-)
> Moonshine is vir my so mooi naam, want dit het seker ontstaan omdat
> hulle dit in die aand so skelmpies moes maak? Ek reken dat witblits
> van die engelse white lightening sy ontstaan gekry het? Weet jy dalk
> wat die naam "poteen" beteken? Dit klink amper asof dit iets met 'n
> pot of potjie te make sou hê?
Ek dink poteen word met allerhande goed gemaak, maar die algemeenste
is aartappels...
Jy is heeltemaal reg, poteen is van die Ierse woord poitin en beteken
potjie.
Lorinda
|
|
|
|