Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans?
Re: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans? [boodskap #20318] Di, 26 Januarie 1999 00:00
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Goeiemiddag Henry,

Ik begrijp wat u bedoeld, meneer Kwarantyn, maar ik denk niet dat Mnr.
Mandela zich daar druk om maken. Hun bedoeling is symbolisch meen ik. Deze
emigranten worden door hen gezien als ondankbaren, die het niet waard zijn
om deel uit te maken van het nieuwe Zuid-Afrika omdat zij het versmaad
hebben, juist toen de bevrijders aan de macht kwamen.

So it is spite that motivates them, just spite!

Met vriendelijke groet

Robbert
PS Denkt u dat er nog een posting komt met "Raka"

Kwarantyn wrote:

> Nogal interessant om daaraan te dink: met die eerste demokratiese
> verkiesings wat Mandela en die ANC aan bewind geplaas het, is
> Suid-Afrikaners oor die hele wêreld die kans gegun om te stem. Ongeag
> waarom hulle gewoon het het waar hulle gewoon het. Die eerste stem is
> hoeka uitgebring deur 'n dame in Nieu-Seeland, wat voorgegee het sy is
> familie van Mandela, en daardeur "beroemd" - later berug - geword het.
>
> Nou word geen enkele Suid-Afrikaanse burger wat nie 'n woonadres in
> Suid-Afrika het, ten tyde van die verkiesing in die land is en oor 'n
> nuwe ID-boekie met staafkode daarin, toegelaat om te stem nie.
>
> Voorheen moes jy net 'n Suid-Afrikaanse burger ouer as 18 wees en 'n
> ID-dokument besit. En selfs met laasgenoemde was daar groot toegewings
> ten opsigte van die soort ID-dokument. Die stelsel was so inklusief as
> moontlik.
>
> So het ons dan uiteindelik 'n stelsel van gekwalifiseerde stemreg. 'n
> Stelsel wat duisende uitsluit. Onthou net: nie almal wat in die
> buiteland gaan wees op stemdag is daar omdat hulle wil emigreer nie. Of
> omdat hulle hulleself wil verryk nie, of omdat hulle sogenaamd "vlug"
> nie. Daar is duisende studente, sakelui, vakansiegangers EN emigrante
> van alle rasse in die buiteland.
>
> Buitendien: nie almal wat op hierdie manier van hulle stemreg ontneem
> word, sit in die buiteland nie. Hoeveel van hulle is nie in die dierbare
> Suid-Afrika nie, maar kon nie die nuwe ID-boek betyds kry nie?
>
> Elkeen van hulle word van hulle stemreg ontneem.
>
> Dan is daar ook die baie wat permanent van hulle stemreg (en alle ander
> regte) ontneem is omdat hulle in die nuwe vlaag politieke geweld vermoor
> is.
>
> Gegroet uit Pennsylvania.
>
> Henry / Kwarantyn
Re: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans? [boodskap #20319 is 'n antwoord op boodskap #20318] Di, 26 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Liewe Gloudina

Iemand wat ge-emigreer het, moet die naelstring knip, ja. Maar hierdie reëling
tref ook mense wat tydelik buite die land werk / woon - bv. studente en
kontrakwerkers. En vakansiegangers. En mense wat familie in die buiteland
besoek. En sakelui wat hier is om SA se sakebelange - en daarmee SA se ekonomie
- te bevorder. En "buiteland" beteken enigiets van Lesotho en Swaziland tot in
die verste uithoeke oorsee.

Dan het ek nog nie eens verwys na die (hoeveel?) mense in SA wat nie die "regte"
ID-boekies kon kry nie, of wat nie daarin kon slaag om te registreer nie.

Lekker dag vir jou.

Kwarantyn / Henry

> Dus iemand wat na die
> buiteland ge-emigreer het, moet
> nou maar die ou naelstringetjie
> sny, nie waar nie. SA is mos nie
> meer "jou" land nie.
>
> Gloudina
>
Re: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans? [boodskap #20320 is 'n antwoord op boodskap #20318] Di, 26 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Robbert Zijlstra writes: ,
>
> Ik begrijp wat u bedoeld, meneer Kwarantyn, maar ik denk niet dat Mnr.
> Mandela zich daar druk om maken. Hun bedoeling is symbolisch meen ik. Deze
> emigranten worden door hen gezien als ondankbaren, die het niet waard zijn
> om deel uit te maken van het nieuwe Zuid-Afrika omdat zij het versmaad
> hebben, juist toen de bevrijders aan de macht kwamen.
>
> So it is spite that motivates them, just spite!

En Mijnheer Zijlstra, wat gee vir jou
die reg om so snipperig te wees oor
wat 'n ander land doen in verband met
sy verkiesings-reelings. Ek neem aan
dat niks in SA gedoen word, wat nie
ook deur ander lande gedoen word nie.
Kan alle Nederlanders buite Nederland
in verkiesings stem. Gaan doen eers
navraag voor jy jou katterige opmerkings
oor iemand anders se land maak. Is jy
in SA gebore, dat jy jou 'n opinie
toe-eien?


>> Voorheen moes jy net 'n Suid-Afrikaanse burger ouer as 18 wees en 'n
>> ID-dokument besit. En selfs met laasgenoemde was daar groot toegewings
>> ten opsigte van die soort ID-dokument. Die stelsel was so inklusief as
>> moontlik.

Met die vorige verkiesing het hulle
buitengewone uitsonderings gemaak.
Selfs Kanadese burgers wat al lank
in die buiteland was, kon stem. (Ons
het nie, want ons het dit eers te
laat uitgevind.) Maar hierdie
verkiesing is nou 'n normale
verkiesing. Dus iemand wat na die
buiteland ge-emigreer het, moet
nou maar die ou naelstringetjie
sny, nie waar nie. SA is mos nie
meer "jou" land nie.

Gloudina
Re: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans? [boodskap #20321 is 'n antwoord op boodskap #20318] Di, 26 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gerrit de Blaauw writes: > @igs.net wrote:
>
>> Kan alle Nederlanders buite Nederland
>> in verkiesings stem.
>
> JA!

Meneer de Blaaw, ek stel voor dat jy terug-
gaan en kyk wat jy sê. Kan die duisende der
duisende Nederlanders hier in Kanada stem
in Nederland as hulle hier "landed immigrants"
is? Ek dink nie so nie. In alle westerse lande
kan jy alleenlik stem as jou naam op 'n kiesers-
lys geregistreer is, en as jy nie persoonlik
by die stembus kan uitkom nie, maatreels getref
het om vooraf, of per pos te stem. In 1993 was
daar 'n verkiesing in Kanada terwyl ons in SA
was. Ons het egter vooraf gaan stem op 'n
bepaalde dag. Ek is seker as ons nie woonagtig
was in Kanada dat hulle vir ons sou toelaat om
te stem nie. Mense kla nou omdat die 1994
verkiesing in SA so 'n diverse groep mense oor
die hele wereld laat stem het. Dit was 'n
spesiale situasie. Hulle wou aan diegene wat
deur apartheid die land uit gedwing is, 'n
kans gee om in 'n geskiedkundige verkiesing
hulle stemme uit te bring in die eerste
demokratiese verkiesing wat in eeue in SA
plaasgevind het. Maar daardie tyd is nou
verby. Swart vriende hier in Kanada wat
besluit het om nie terug te gaan SA toe nie,
kan hierdie keer nie stem nie. Hulle keuse
is nou Kanada. So dis ghoebaai Suid-Afrika.

Gloudina
Re: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans? [boodskap #20322 is 'n antwoord op boodskap #20318] Di, 26 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Gerrit de Blaauw  is tans af-lyn  Gerrit de Blaauw
Boodskappe: 38
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote:

> Kan alle Nederlanders buite Nederland
> in verkiesings stem.

JA!

--
Gerrit de Blaauw

Error: Keyboard not attached. Press F1 to continue.
Vorige onderwerp: "Belydenis" van G.A. WATERMEYER
Volgende onderwerp: Re: Langenhoven
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jul 06 00:55:30 MGT 2024