Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat vang julle spul aan met die nuusgroep?
Wat vang julle spul aan met die nuusgroep? [boodskap #20093] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
So paar dae laas hier gewees en nou is die hele nuusgroep in sy maai?

Gloudina? Kan jy nie kyk wat die spul hier aanvang nie? :)

Al die nonsens kom myns insiens van dieselfde onvolwasse idioot - pos
vanaf pluto.acenet.co.za via news3.saix.net.

So sal ek voorstel dat ons almal hom maar ignoreer? As hy niks feedback
kry nie sal hy hopelik terug in die gat kruip waar hy vandaan kom.

Cheers
Lou
Re: Wat vang julle spul aan met die nuusgroep? [boodskap #20094 is 'n antwoord op boodskap #20093] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

> So paar dae laas hier gewees en nou is die hele nuusgroep in sy maai?
>
> Gloudina? Kan jy nie kyk wat die spul hier aanvang nie? :)
>
> Al die nonsens kom myns insiens van dieselfde onvolwasse idioot - pos
> vanaf pluto.acenet.co.za via news3.saix.net.
>
> So sal ek voorstel dat ons almal hom maar ignoreer? As hy niks feedback
> kry nie sal hy hopelik terug in die gat kruip waar hy vandaan kom.
>
> Cheers
> Lou

Kom ons ignoreer hulle maar. Sulke
mense raak gou moeg vir hulle eie
snert en verdwyn van die toneel.

Gloudina
Re: Wat vang julle spul aan met die nuusgroep? [boodskap #20151 is 'n antwoord op boodskap #20093] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henning Meyer  is tans af-lyn  Henning Meyer
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
> |Al die nonsens kom myns insiens van dieselfde onvolwasse idioot - pos
> |vanaf pluto.acenet.co.za via news3.saix.net.

> Is sy plasings nie gronde vir 'n klagte by ab...@saix.net nie? Of sal
> dit nie van pas wees nie?
> Johan

Weet julle nog nie hoe die internet werk nie? pluto.acenet.co.za is die
nasionale nuus voerpunt, en saix is die nasionale SA Internet eXchange.
As jy die boodskap ping kom dit van die Kaap af terug. pluto.acenet is in
Gauteng. Moet dit nie lees as jy nie daarvan hou nie. Ek wil.
Henning
Re: Wat vang julle spul aan met die nuusgroep? [boodskap #20152 is 'n antwoord op boodskap #20093] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jan 99 09:18:44 GMT, "MODERATOR" wrote:

>>[/color]

Jan Bom!!!! Antwoord my!!!
Ek soek die masjien!!!
Re: Wat vang julle spul aan met die nuusgroep? [boodskap #20153 is 'n antwoord op boodskap #20093] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Sas Kloppers wrote in message ...
> Beste Johan,
>
> Ignoreer asseblief die imbesiel wat onder my naam skryf. As jy mooi kyk sal jy
> sien dat die bobbejaan wat homself as ek voordoen, nie eers sy rekenaar se tyd
> kan regkry nie, en dat hy van iewers in die toekoms af skryf. (Ek dink sy
> horlosie op sy rekenaar is met 'n dag uit.)
>

Ek merk op dat Doedie Nel , Beelsebub en Francois Botha se rekenaar se tyd
dieselfde probleem het. Dit is 10 teen 1 almal dieselfde persoon. Ek dink
dit sal waardeer word indien die persoon sommer sy eie nuusgroep stig en dan
kan hy in rus en vrede met homself sit en redekawel en homself sit en
vermaak met die swak taal wat hy besig. Ek dink hy is die enigste een wat
daardeur geprikkel word.

Shannon
Re: Wat vang julle spul aan met die nuusgroep? [boodskap #20154 is 'n antwoord op boodskap #20093] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
MODERATOR  is tans af-lyn  MODERATOR
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Geagte Johan,

Ek is die moderator van soc.culture.south-africa.afrikaans, 'n nuusgroep
wat ek spesifiek ingestel het om die invloed van digitale kommunikasie
op 'n jong taal te monitor.

Op hierdie stadium is daar hoegenaamd geen rede om enigeiemand te modereer
nie. Vryheid van spraak is 'n konstitisionele reg, nie 'n diens nie.

Gaan bestudeer "Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika," Wet 108
van 1996, seksies (30) "Taal en kultuur", (31) (1a en b) en (2) "Kultuur-,
godsdiens- en "taalgemeenkappe" (1a en b) en (2), en (32) "Toegang tot
inligting".

Jy mag jou opinie uitspreek, maar ek sal nie toelaat dat
Afrikaans-sprekendes deur hulle Eie uitgelewer word aan 'n "elektroniese
gesagskommitee" nie. Kombers-sensuur ("blanket censorship") is dood.
Jou rekenaar is nou 'n "parental control". Besef dit, en kalibreer dit na
jou eie morele standaarde. Moenie jou onverdraagsaamheid soos PW op almal
imposeer nie.

Uiteindelik word 'n taal verjonk deur die wat dit gebruik, nie die wat
akademiese boeke daroor skryf en onoorkombare reels neerlE nie.

Hierdie afgelope paar dae was baie opwindend.
Ek hoop dat die konferensie nou uiteindelik wakker sal skrik en vreesloos,
net soos Afrikaans, verder ontwikkel.

Wat ons nodig het is om NIE vrydenkende vooruitgang en eksperimentele
ontginning te misken nie.

Neem eerder deel, as wat jy 'n deel neem.
Want jy neem 'n deel van almal, en in plek daarvan gee jy niks terug nie.

Vriendelike groete.

Jou moderator,
Dr Roelof Barkhuizen
afri...@saix.net

PS: Ek dink die tyd op jou rekenaar is agter, want jou boodskappe is
retrogerend ten opsigte van die nuutstes in die nuusgroep.
Bel asseblief 1026 en stel dit in.

Johan wrote in article ...
> On Fri, 22 Jan 1999 08:57:47 +0200, lou said
> the following:
>
> |So paar dae laas hier gewees en nou is die hele nuusgroep in sy maai?
> |
> |Gloudina? Kan jy nie kyk wat die spul hier aanvang nie? :)
> |
> |Al die nonsens kom myns insiens van dieselfde onvolwasse idioot - pos
> |vanaf pluto.acenet.co.za via news3.saix.net.
> |
> |So sal ek voorstel dat ons almal hom maar ignoreer? As hy niks feedback
> |kry nie sal hy hopelik terug in die gat kruip waar hy vandaan kom.
> |
> Ek stem.
>
> Is sy plasings nie gronde vir 'n klagte by ab...@saix.net nie? Of sal
> dit nie van pas wees nie?
>
>
> Johan
Re: Wat vang julle spul aan met die nuusgroep? [boodskap #20155 is 'n antwoord op boodskap #20093] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sas Kloppers  is tans af-lyn  Sas Kloppers
Boodskappe: 29
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Beste Johan,

Ignoreer asseblief die imbesiel wat onder my naam skryf. As jy mooi kyk sal jy
sien dat die bobbejaan wat homself as ek voordoen, nie eers sy rekenaar se tyd
kan regkry nie, en dat hy van iewers in die toekoms af skryf. (Ek dink sy
horlosie op sy rekenaar is met 'n dag uit.)

Mooi bly

Sas

Sas Kloppers wrote:

> Johan wrote:
>
>> On Fri, 22 Jan 1999 08:57:47 +0200, lou said
>> the following:
>>
>> |So paar dae laas hier gewees en nou is die hele nuusgroep in sy maai?
>> |
>> |Gloudina? Kan jy nie kyk wat die spul hier aanvang nie? :)
>> |
>> |Al die nonsens kom myns insiens van dieselfde onvolwasse idioot - pos
>> |vanaf pluto.acenet.co.za via news3.saix.net.
>> |
>> |So sal ek voorstel dat ons almal hom maar ignoreer? As hy niks feedback
>> |kry nie sal hy hopelik terug in die gat kruip waar hy vandaan kom.
>> |
>> Ek stem.
>>
>> Is sy plasings nie gronde vir 'n klagte by ab...@saix.net nie? Of sal
>> dit nie van pas wees nie?
>>
>> Johan
>
> Beste Johan,
>
> Dit sal nogal interessant wees om te sien hoe SA Internet Exchange
> reageer
> op so 'n klagte. Ek stel voor dat iemand die skrywer verkla (ek weet
> ongelukkig self nie hoe nie) en kyk wat gebeur. Ek dink dat dit nie
> werklik
> 'n verskil sal maak nie want die internet is ongelukkig 'n oop medium en
> daar is min wat iemand aan 'n vuilbek sal kan doen. Moderasie is 'n
> onding
> wat hierdie tipe nuusgroep dood sal maak. Ek stem teen dit.
>
> Sal jy asseblief die klagte by saix le? As jy nie graag wil nie, laat
> weet
> my wat om te doen en ek doen dit met graagte.
>
> Sas
>
> PS, ek wonder of dit nie beter is om 'n stemming te hou oor wat om te
> doen nie?
Re: Wat vang julle spul aan met die nuusgroep? [boodskap #20196 is 'n antwoord op boodskap #20093] So, 24 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Sas Kloppers  is tans af-lyn  Sas Kloppers
Boodskappe: 29
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote:

> On Fri, 22 Jan 1999 08:57:47 +0200, lou said
> the following:
>
> |So paar dae laas hier gewees en nou is die hele nuusgroep in sy maai?
> |
> |Gloudina? Kan jy nie kyk wat die spul hier aanvang nie? :)
> |
> |Al die nonsens kom myns insiens van dieselfde onvolwasse idioot - pos
> |vanaf pluto.acenet.co.za via news3.saix.net.
> |
> |So sal ek voorstel dat ons almal hom maar ignoreer? As hy niks feedback
> |kry nie sal hy hopelik terug in die gat kruip waar hy vandaan kom.
> |
> Ek stem.
>
> Is sy plasings nie gronde vir 'n klagte by ab...@saix.net nie? Of sal
> dit nie van pas wees nie?
>
> Johan

Beste Johan,

Dit sal nogal interessant wees om te sien hoe SA Internet Exchange
reageer
op so 'n klagte. Ek stel voor dat iemand die skrywer verkla (ek weet
ongelukkig self nie hoe nie) en kyk wat gebeur. Ek dink dat dit nie
werklik
'n verskil sal maak nie want die internet is ongelukkig 'n oop medium en
daar is min wat iemand aan 'n vuilbek sal kan doen. Moderasie is 'n
onding
wat hierdie tipe nuusgroep dood sal maak. Ek stem teen dit.

Sal jy asseblief die klagte by saix le? As jy nie graag wil nie, laat
weet
my wat om te doen en ek doen dit met graagte.

Sas

PS, ek wonder of dit nie beter is om 'n stemming te hou oor wat om te
doen nie?
Vorige onderwerp: briefie vir oom kaspaas
Volgende onderwerp: MODERATOR SE GAT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 19:53:12 MGT 2024