Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die Kruisiging II
Re: Die Kruisiging II [boodskap #20128] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
God  is tans af-lyn  God
Boodskappe: 7
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
MY KIND

>> JY MOES HULLE LIEFS NIE VAN MY KERNWAPENS VERTEL HET NIE, SEUN.
>> HULLE GAAN JOU *WEER* SPYKER.

> Ek is nie bang nie. As dit moet dan kan ons mos die Heilige Gees
> vra om hulle so 'n bietjie te kom skrik maak.

DIE HEILIGE GEES IS OP VAKANSIE TOT SONDAG.
JY GAAN ALWEER OP JOU EIE WEES, NET SOOS LAAS.

> My ma stuur groete en vertel my nou die dag sy is nog steeds
> 'n virgin. Blykbaar wil niemand haar storie glo nie.

JOU MA MAG MISKIEN 'N GODIN WEES, MAAR SY IS NIE "N MAAGD NIE, SEUN.
DIS JUISTAMENT HAAR GEHOER WAT ONS HUWELIK VERNEUK HET.

WANNEER JY BIETJIE OUER IS, MISKIEN OOR 84 MILJOEN BILJOEN JAAR OF SO,
SAL EK JOU VERTEL VAN HAAR EN DIE VERDUIWELSE HOOF-ENGEL,
WIE EK DAARNA IN DIE GAT VAN DIE EWIGE VERDERF GESTEEK HET.

VOORLOPIGE SEEN TOT SONDAG.

JOU PA,
GOD
Re: Die Kruisiging II [boodskap #20179 is 'n antwoord op boodskap #20128] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek gaan nie weer jou woorde hier in my antwoord laat verskyn nie.
As iemand wil sien waarna ek verwys kan hulle maar die "thread"
opsoek.

Ek is diep bedroef oor die gemors wat aangaan in die kop van die
skrywer wat homself "god" noem. (Nie baie oorspronklik nie hoor.
Elke ou stink 'tinpot dictator' en sy neefie sien homself ook maar as
n god.)

Jou verlorentheid het vir jou n spel geword het waarin jy andere wil
saamsleur want jy is klein en bang en vieslik vuil in jou binneste. Word
wakker, jy het net een lewe. Word wakker matie. As jy jouself waarlik in
die oe kan staar gaan die pyn jou oorweldig. Die God met wie jy dink jy so
spot is eintlik vir jou baie lief... God is verhewe bo sulke verlorentheid
en agterlikheid soos joune. Ek hoop dat jy eendag die krag het om dit te
sien en dat jy toelaat dat die Here se liefde jou groot groot leemte kan
vul.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: 'n Boodskap aan BEES
Volgende onderwerp: NUUSGROEP
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:36:51 MGT 2024