| Re: Wat is die reëls.... [boodskap #20108] |
Vr., 22 Januarie 1999 00:00  |
Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Meneer Kwarantyn,
Wie of wat is Raka en wat heeft , hij/zij/het gezegd? En ja die Doedie is
maar vervelend en verward grofheid met een
gevoel voor humor. Maar ja we leven in een vrije maatschappij, dus dat
schijnt te moeten kunnen.
Met vriendelijke groet
Robbert
Kwarantyn wrote:
> ... van hierdie nuusgroep? Kan 'n mens dit uitvind? Of is daar 'n
> moderator, sodat die vulgariteit en gewoon platvloerse banaliteit van
> sulke onvolwasse pre-pubers soos doedie nel (en ander) wat 'n perverse
> genot daaruit put om hulle kinderagtige kleinhuisie mentaliteit aan
> ander op te dwing uit die nuusgroep geweer kan word? En ook die
> afstootlike godslasterlikheid wat al meer hier na vore begin kom?
>
> Persoonlik maak ek ten sterkste daarteen beswaar dat hierdie forum op
> hierdie wyse bevuil word.
>
> Ek weet ek hoef dit nie te lees nie; ongelukkig lees 'n mens per ongeluk
> een of twee daarvan voor jy agterkom wat aangaan.
>
> Ongelukkig is dit ook so dat die gemiddelde IK en moraliteitsindeks van
> die hele groep eksponensieel daal sodra iemand met sulke moroniese
> sotlikheid hom of haar hier aansluit.
>
> Ja, ek is elitisties. As dit elitisties is om my nie met sulke
> infantiele geselskap te assosieer nie.
>
> Dalk is dit 'n indeks van die beginselloosheid en morele bankrotskap wat
> die Afrikaanse kultuur in toenemende mate begin binnesypel? Miskien was
> Raka meer profeties as wat selfs Van Wyk Louw besef het.
|
|
|
|
|
|
|
|