| "Ringdans van die Hamerkoppe" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #19878] |
Wo., 13 Januarie 1999 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
RINGDANS VAN DIE HAMERKOPPE
D.J. Opperman
Alleen onder die kameeldoringboom
waar ek elke dag minder
oor gisters en môres sit en droom,
maar soms nog mompel aan gebede
oor kinders en kleinkinders
versprei in die witman se stede,
vlieg 'n hamerkop, roepvoël van die dood,
óm die boom, óm die boom
en kom wei voor my in die watersloot.
Hy pluk met gesnitter en gesnater
paddas en vissies
witterig los uit die water;
haal, as die beeste eenkant wei,
uit die stil onderstrome
voorvaderlike geeste vir my.
Soms sak hy en 'n paar van sy maters
teen sonsondergang
tot 'n klein dodedans in die waters,
roer en roer dit saam met 'n trippel en trap
van latdun pote
en vlerke wat litterig bewe en klap
dat die wolke en aalwee skud en verwring
en die kringelende waters
met beelde verward in my kop nakring,
tot alles versink in die trap,
trap van die tyd
en nagte se aaklige vlerkgeklap,
en ek duiselig weet wanneer ek opstaan:
met 'n bruin hamerkop op my stroois
en die wit waterkring om die maan,
sal vannag weer een van my ander selwe
in die klein ringdans van die tyd
die vlaktes en stede afsterwe.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "Ringdans van die Hamerkoppe" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #20165 is 'n antwoord op boodskap #19878] |
Sa., 23 Januarie 1999 00:00  |
Beelsebub
Boodskappe: 1 Geregistreer: Januarie 1999
|
Junior Lid |
|
|
Kwarantyn wrote:
> En nog jammerder dat mense dit nodig vind om Godslasterlik te wees
> (behalwe die feit dat hulle onverdraagsaam is.)
>
> Johan wrote:
>
>> On 18 Jan 99 23:21:51 GMT, "Teresa Gilliam"
>> wrote:
>>
>> |Ag Here, is iemand alweer besot met archaisiese "akademiese" gedigte?
>>
>> Teresie, dis maar 'n jammer dag as jy die vermoeë verloor het om die
>> mooi in 'n eenvoudige gedig raak te sien.....
>>
>> Johan
Beste Kwarantyn
Deur iets of iemand te belaster moet hy of sy bestaan. Wat God aan betref
het ek hom lankal oorwin. 'n Smith and Wesson always beats five aces, en toe
Hy my probeer verneuk in 'n potspel vir 'n paar duisend siele, het ek die
kak uit hom uit geskiet. So nou behoort jy aan my.
Lekker worrie
Groete uit die helllll.....
Satan, Nic, die Duiwel, Beelsebub of die Dier
(...net soos jy verkies)
PS DJ Opperman stuur groete
|
|
|
|