Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Veelwywery
Veelwywery [boodskap #20016] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Alwyn Nel:
>
> Ons het vanoggend hier in Australië op die nuus gehoor dat wetgewing
> ingedien is om tradisionele troues vir alle rasse groepe in SA oop te stel.
> Effektiewelik beteken dit dat wit mans nou ook meer as een vrou kan trou.

Dit pas nou so pragtig by Christina Landman, 'n teoloog aan UNISA
verbonde, wat veelwywery - veral onder SA-blankes - voorstaan,
kwansuis omdat daar nou 'n tekort aan mans is. Ek het die berig
onlangs hier in 'n koerant teengekom. Kan iemand nader aan die
bron dalk hierop uitbrei ?

Hjalmar
________
Re: Veelwywery [boodskap #20048 is 'n antwoord op boodskap #20016] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Jan 1999 21:19:49 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
Gerber) wrote:

Alwyn Nel:
>>
>> Ons het vanoggend hier in Australië op die nuus gehoor dat wetgewing
>> ingedien is om tradisionele troues vir alle rasse groepe in SA oop te stel.
>> Effektiewelik beteken dit dat wit mans nou ook meer as een vrou kan trou.
>
> Dit pas nou so pragtig by Christina Landman, 'n teoloog aan UNISA
> verbonde, wat veelwywery - veral onder SA-blankes - voorstaan,
> kwansuis omdat daar nou 'n tekort aan mans is. Ek het die berig
> onlangs hier in 'n koerant teengekom. Kan iemand nader aan die
> bron dalk hierop uitbrei ?>>

Christina Landman het n tong in die kies rubriek in Beeld daaroor
geskryf.

Dis al.

Seker n soort illustrasie van hoe "nuus" oor SA spoed optel en massa
verloor soos dit trek, of so iets.
Re: Veelwywery [boodskap #20050 is 'n antwoord op boodskap #20016] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Jan 1999 23:03:31 GMT, said the following:
| Dit amuseer my altyd so dat MANS nou
| die groep is wat die meeste bedreig
| voel deur die praktyk van "veelwywery."
| Dit pas natuurlik in by hulle patriargale
| vrese dat die vroumense 'n "labour union"
| onder die vele wywe kan begin

Glad nie die regte rede nie, dink ek nou so by myself.... ek kan nie
vir ander ouens oraat nie.
Daar sal te min saamstem wees om 'n Labour Union te kan begin - kan jy
jou indink! Kyk maar hoe gaan dit in 'n kantoor waar vroumense mekaar
net vir 'n agt uur 'n dag sien! Nou wil jy hulle nog saamgooi in een
huis en die kans vat van al daardie listige jaloesie om na vore te
kom!!!! O wee! Nee, ek dink mans is juis DAARvoor so bang....

As ek aan ou Salomo (was dit nou weer hy wat die baie vrouens gehad
het? ewenwel....) dink, dink ek altyd aan die groot harem en aan 'n
hele leermag wat hulle uitmekaar moes hou, met nog 'n hele span
gekastreerdes om te kalmeer.

Maar ek dink nog die grootste afskrikking wat sal keer dat veelwywery
te gou posvat, is dat jy saam met meeste van die vrouens ook 'n
skoonma bykry! Horror of horrors!!!!!!!! Amper surrealisties net om
daaraan te dink!

Maar hier is nog iets wat sal ammuseer - dink jou in - Kanada laat
vroue toe om meer as een man te trou en Gloudina vang vir haar so
lang, gespierde blonde Frans Kanadese boytjie, vars uit die Torronto
Hotel School uit. WAT GAAN IZAK Sê!!!!!!!!!!!

Johan
Re: Veelwywery [boodskap #48850 is 'n antwoord op boodskap #20016] Ma, 27 Augustus 2001 04:59 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ons eie vise-President Jacob Zuma het klaarblyklik 4 (of dalk meer) vrouens.
Die staat is nou verantwoordelik vir die beslerming van al die vrouens en
die se kinders. Hierdie situasie heers ook in ander staatsinstansies. Dit
plaas 'n geweldige las op sekere begrotings soos die mediese fondse ens.
skryf in boodskap news:3B898500.1EFBCF2E@home.com...
Jonas wrote:

> CNN & BBC gee tans aandag aan 'n man van Utah wat 5-jaar tronkstraf opgelê
> is vir veelwywery...
> Maar, sy 5 vroue (seker een jaar vir elk gekry?) word nie gestraf nie ...
> Hoe rym dit ?

Ek dink nie die saak is eenvoudig net oor die praktiseringvan veelwywery
nie.
Hy is ook aangekla dat hy geld
van regerings-instansies ontvang het vir doeleindes
wat nie wettig was nie. As mens byvoorbeeld verklaar
dat al die kinders joune is, en jy kry staatsondersteuning
vir die 34 van hulle, dan kan jy 'n industrie daaruit maak.
Hoekom die vroue nie ook gestraf is, weet ek nie. Ek
dink hulle is wel aangekla.

Gloudina
Vorige onderwerp: Nou kan ons ophou stres :))
Volgende onderwerp: Re: Persoonlike aanvalle - Re: Diere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 20:26:38 MGT 2024