Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Veelwywery
Re: Veelwywery [boodskap #20015] Wo, 20 Januarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:

>> Alwyn Nel:
>>
>> Ons het vanoggend hier in Australië op die nuus gehoor dat wetgewing
>> ingedien is om tradisionele troues vir alle rasse groepe in SA oop te stel.
>> Effektiewelik beteken dit dat wit mans nou ook meer as een vrou kan trou.
>
> Dit pas nou so pragtig by Christina Landman, 'n teoloog aan UNISA
> verbonde, wat veelwywery - veral onder SA-blankes - voorstaan,
> kwansuis omdat daar nou 'n tekort aan mans is. Ek het die berig
> onlangs hier in 'n koerant teengekom. Kan iemand nader aan die
> bron dalk hierop uitbrei ?
>
> Hjalmar

Dit amuseer my altyd so dat MANS nou
die groep is wat die meeste bedreig
voel deur die praktyk van "veelwywery."
Dit pas natuurlik in by hulle patriargale
vrese dat die vroumense 'n "labour union"
onder die vele wywe kan begin (iets wat
in tradisionele poligamiese kontekse
glo nogal gebeur) en dat die vele vroue
nou baie maklik hulle eie gang kan gaan
behalwe waar hulle nou hulle sosiale
kontrak moet nakom.

Ek neem aan die wet om poligamie in SA
wettig te maak, is maar net 'n poging
om 'n bestaande situasie te normaliseer.
Nogal goeie denke. Nou moet hulle nog
net polyandrie ook wettig maak. Ek wou
altyd so graag 'n tweede man gehad het
wat kan kook.

Gloudina
Vorige onderwerp: Beterweterigheid
Volgende onderwerp: Nuwe Artikels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 04:51:15 MGT 2024