Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Beterweterigheid
Beterweterigheid [boodskap #20009] Wo, 20 Januarie 1999 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> lou writes:
>
> Ou Lou, SA is nie ver weg
> met 'n vliegtuig nie, en as mens met jou
> familie per epos kontak het, is dit omtrent
> net so ver Kaapstad toe as Ottawa toe wat
> kontak betref. Ek het ook heelwaarskynlik
> kontak met 'n bre"er spektrum van SA as jy,
> want ek neem aan dat jou kring ook maar
> beperk is tot die wit gemeenskap, behalwe
> die een of twee nie-blankes waarmee jy
> saamwerk. Jy kan veilig aanneem dat ek
> SA, die ware SA, beter geken het as jy
> en nou nog miskien baie goed ken.

Ek het lanklaas iemand soveel moeite soos hierbo sien doen om te sê "Ek is
'n beterweter, jy kan my niks leer nie".

> Ek het ook die
> woord "aia" met oorleg gekies. Want dis
> wat 'n huishulp en assistent-huishoudster
> mos maar was in SA, maar om hulle aia's
> te noem, het jou mos die reg gegee om
> hulle as 'n mindere vorm van mensskap
> te stempel.

Daar is ook ander mense vir wie die woord "Aia" (en "Outa") 'n
hoflikheidsvorm was wat mens gebruik het teenoor iemand vir wie jy respek
toon.

Maar jy jy sal nie weet nie - jy kom uit daardie "onderklas" Afrikaners wat
nie respek toon nie, nie waar nie? In elk geval nie teenoor arbeiders (of
selfs "tegnici") nie.

> En vertel my, het hulle al
> genoegsame wetgewing in SA ingedien om
> die regte van huishulp en tuinhulp te
> kontrolleer? Ek hoop so.

Hulle het. Maar ek ken min mense wat sulke mense in diens het. Op die meeste
sal hulle iemand vir een dag per week inkry.

Huise wat met bediendekamers gebou word het die afgelope dertig jaar so
skaars soos hoendertande geword, en by die meeste ouer huise is die
bediendekamer omskep in iets anders - dikwels 'n woonstel vir 'n kind of vir
ouma. Of die "Tuinwoonstel" word verhuur - baie algemeen, selfs in die meer
gegoede buurte.

Daar is natuurlik nog die wat die meidjie van die plaas af bring, maar dis
meesal die wie se ouers op 'n besproeiingskema of ander werkkolonie vir
werksku armlastiges grootgeword het.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Vigs gets more childish by the day.
Volgende onderwerp: Re: Veelwywery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 02:20:55 MGT 2024