Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Toronto on ice"
| "Toronto on ice" [boodskap #19886] |
Do., 14 Januarie 1999 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
In vanoggend se “Globe and Mail” (‘n koerant wat
nasionaal in Kanada gelees word, maar joernalisties
duidelik ‘n weerspieëling is van Toronto se kultuur
en prioriteite) is die nuus van hulle winter-predikament
aan die onderkant van die voorbladsy, in nie baie
paragrawe nie. Daarteenoor basuin ons lokale “Ottawa
Citizen” met hoofbaniere uit “ Toronto on ice: Desperate
mayor calls military to dig out snowbound city.” Daar-
by is daar groot foto’s van die duisende passasiers wat
gister nie met die ondergrondse treine kon ry nie. As jy
tussen die reëls lees, kan jy jou eie gevolgtrekkings maak.
Die res van Kanada kry effens lekker dat dit Toronto is
wat deurloop. Dieselfde lekkerkry wanneer ons sommige
jare foto’s sien van mense in Vancouver wat met sneeu
oor Kersfees moet sukkel. Gewoonlik sien ons mos hoe
hulle affodille al hier teen Februarie uitkom.
‘n Noodtoestand was dit wel. Die “mass transit system”
wat daagliks omtrent 1.4 miljoen mense vervoer, het tot
stilstand gekom, deels oor die hoë sneeuval, deels omdat
ys dele van die treinspore buite aksie gelaat het. Baie van
die treine wat in die middestad ondergronds is, kom van
dele waar die treinspore bogronds is. Maar selfs die “Globe
en Mail” kon nie die versoeking weerstaan om bietjie tong
in die kies oor die toestand te praat nie: “The arrival of a
Canadian Forces military reconnaisance team and the sight
of thousands of chilled, stranded commuters wandering
through the snow like Napoleon’s troops returning from
Moscow completed the picture of a city besieged.”
Gelukkig het die burgemeester van Toronto vroeg genoeg
besef dat dinge verkeerd gaan en hulp by die Weermag gevra.
Die les is geleer verlede jaar toe die hulp van die soldate eers
twee of drie dae te laat aangevra is gedurende die ysstorm
in oostelike Ontario en westelike Quebec. Daarbenewens,
hoe groter ‘n stad is, hoe meer probleme ontwikkel as alles
nie volgens plan werk nie. Toronto, byvoorbeeld, omdat dit
meer suid is as meeste van Kanada en gewoonweg nie soveel
sneeu in die winter kry nie, is eenvoudig net nie in staat om
met ‘n groter as normale sneeuval te werk nie. Uit Winnipeg
het ‘n weervoorspeller ewe besadig laat weet: “Toronto, we
are sorry for you.” Maar ‘n mens weet waar sý tong ook is.
Hier in Ottawa is ons sneeubanke nie meer as twee voet
hoog nie, alles geval in die laaste drie weke. Maar dis baie
snerpend koud. Gisternag was ons offisiële temperatuur
- 29 C, en met winde van 40 k.p.u. was die “wind chill
factor” - 39 C. Daar word darem verwag dat hierdie koue
front binne ‘n dag of twee sal verbygaan.
Gelukkig gaan al die groot sneeustorms nog suid van ons
verby. Toronto word keer op keer getref omdat dit op die
noordelike periferie is van groot sneeustorms wat deur die
noordelike VSA trek, in plaas van meer noordelik gedurende
gewone jare. Dis glo alles La Nina se skuld.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "Toronto on ice" [boodskap #19933 is 'n antwoord op boodskap #19886] |
Sa., 16 Januarie 1999 00:00   |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: Oktober 1998
|
Senior Lid |
|
|
Betsie wrote in message
> Wat is n Chinook wind Bees? En hoeveel betaal julle ongeveer vir
> verhitting per maand? Ons woon in die VSA en het gas (natural gas) en
> betaal ongeveer 90 US dollar per maand vir verhitting (dis nou hitte en
> warm water).
Betsie, uit die concise Encarta:
"Chinook (wind), name given in the northwestern United States and western
Canada to a strong, warm, and dry south or west wind. Originating as moist
air blowing off the Pacific Ocean, it then undergoes heating and drying as
it travels over the Rocky Mountains. In early spring the winds can melt snow
rapidly. The name is derived from the Chinook people."
Gloudina reken dit is dieselfde ding as die Mistral, maar kyk na hierdie
defenisie: (weereens uit Encarta)
"Mistral, cold, dry wind that blows southward across the southern coast of
France, especially in winter and spring. The mistral can reach velocities of
up to 135 km/h (85 mph)."
Dit is seker dieselfde ding as mens dink "cold & dry" is dieselfde as "warm
& dry". Sy is maar somtyds bietjie verward.
Ons betaal heelwat minder (se maar US$60 of C$100) vir ons verhitting maar
daar is 'n rede daarvoor: Ons bly in oil & gas country (Alberta). Afhangend
van waar jy bly, kom jou gas dalk hiervandaan.
Tot later
Bees
|
|
|
|
| Re: "Toronto on ice" [boodskap #19934 is 'n antwoord op boodskap #19886] |
Sa., 16 Januarie 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
"Bees" writes:
>
> Betsie, uit die concise Encarta:
> "Chinook (wind), name given in the northwestern United States and western
> Canada to a strong, warm, and dry south or west wind. Originating as moist
> air blowing off the Pacific Ocean, it then undergoes heating and drying as
> it travels over the Rocky Mountains. In early spring the winds can melt snow
> rapidly. The name is derived from the Chinook people."
>
> Gloudina reken dit is dieselfde ding as die Mistral, maar kyk na hierdie
> defenisie: (weereens uit Encarta)
>
> "Mistral, cold, dry wind that blows southward across the southern coast of
> France, especially in winter and spring. The mistral can reach velocities of
> up to 135 km/h (85 mph)."
>
> Dit is seker dieselfde ding as mens dink "cold & dry" is dieselfde as "warm
> & dry". Sy is maar somtyds bietjie verward.
Nouja, ou Bees, ons kan nie almal
perfek wees soos jy nie. In alle
geval, die mistral, teen die tyd
dat dit by Arles aangekom het waar
Vincent van Gogh gebly het, was
seker nie meer so koud nie, maar
droog en uitmergelend.
Die chinook is seker dan meer in
die lyn van die fohn/foehn wat
in sekere dele van Europa waai.
Piggee
|
|
|
|
| Re: "Toronto on ice" [boodskap #19953 is 'n antwoord op boodskap #19886] |
So., 17 Januarie 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
"Hans van Zyl" writes:
> Ek het nogal die gevoel gekry dat die Kanadese samelewing geraasbesoedeling
> nie goed verdra nie. Op 'n Greyhound na Trent Universiteit in
> Petersborough het die busbestuurder van die snelweg afgery, stilgehou,
> opgestaan en die student wat feitlik agter in die bus met 'n "Walkman" en
> oorfone gesit het, aangesê om die klank sagter te draai. "I hear a buzz
> coming from your radio. If I can hear it, it is too loud" (miskien ook maar
> 'n pa en bekommerd oor die effek van die klank op die kind se oordrom). Dié
> gehoorsaam toe maar so ewe en die res van die passasiers (meesal studente
> op pad terug Universiteit toe) was ook heelwat stiller daarna.
Wel, miskien is jy reg, maar ek dink dit
illustreer ook die manier waarop die bus-
bestuurder vir hom aanstel as moderator
van die gedrag op "sy" bus. Ek wonder
of jy nie 'n militaristiese mentaliteit
aanskou het nie. Die afgelope tyd is die
nuus uit Toronto dat die polisie al hoe
meer "strip searches" doen op doodonskuldige
mense, soms toeriste van die straat af.
Torontonians begin dink hulle is New Yorkers.
> Nou wonder ek of die res van Kanada ook so op hulle stilte gesteld is.
Ek dink jy oordryf die stilte in Toronto.
Maar onthou dat in die hele groot Kanada
daar maar net 30 miljoen mense is, wat
ons essensieel stiller maak as die 250
miljoen mense wat in sekere dele van die
VSA gekonsentreer is. En teen die einde
van die somer is baie mense in "cottage-
country" noord van Toronto.
Maar mense gebruik nie hulle karre se
toeters hier so baie soos hulle byvoor-
beeld in Europa in sommige plekke doen
nie, of in New York. Hier, as iemand
op sy toeter druk, kyk jy wie dit doen,
vra jouself af of hy jou bedoel, en sit
dan en analiseer sy motiewe.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: "Toronto on ice" [boodskap #19962 is 'n antwoord op boodskap #19886] |
Ma., 18 Januarie 1999 00:00   |
HvanZyl
Boodskappe: 10 Geregistreer: Januarie 1997
|
Junior Lid |
|
|
@igs.net wrote in article ...
> "Hans van Zyl" writes:
>> Ek het nogal die gevoel gekry dat die Kanadese > > samelewing geraasbesoedeling
>> nie goed verdra nie.
> Wel, miskien is jy reg, maar ek dink dit
> illustreer ook die manier waarop die bus-
> bestuurder vir hom aanstel as moderator
> van die gedrag op "sy" bus. Ek wonder
> of jy nie 'n militaristiese mentaliteit
> aanskou het nie.
Dalk wel! Ek self het ook maar bietjie minder gevroetel daarna. Maar die
stilte in die bus was heerlik terwyl ek die groen omgewing kon bewonder.
Daar is vir my niks so frustrerend soos die geraasbesoedeling uit
byvoorbeeld die "Boom-Box" op die Chicago moltrein nie - ook hier moet mens
seker maar die oortreder die voordeel van die twyfel gee - die treine raas
self soveel dat die ou die radio hard genoeg moet stel om self te kan hoor.
Vir 'n frustrasievrye reis beveel ek egter die Kanadese Greyhound aan!
> Die afgelope tyd is die
> nuus uit Toronto dat die polisie al hoe
> meer "strip searches" doen op doodonskuldige
> mense, soms toeriste van die straat af.
Die het ek nie te siene gehad nie, maar op pad terug na die VSA oor
Niagra-valle is daar twee toeriste van die bus gehaal deur die Amerikaanse
doeanepersoneel. As jy militaristies wil sien is dit die plek om te gaan
kyk. Een was 'n Japanese dame wat sê dat sy al veertig jaar in die VSA bly.
En ek het haar geglo want het toe die fout gemaak om in die in juiste
Amerikaanse tradisie aan te voer dat die doeanepersoneel nie die "reg gehad
het" om haar dokumente te konfiskeer nie. Hulle het nogal heel
militaristies aangevoer dat hulle die volste reg het het om dokumente wat
op 'n onwettige wyse bekom is, te konfiskeer. Die ander persoon was 'n
welgeklede swartman wat saam met 'n swart dame gereis het. Ek weet nie
hoekom hy moes afklim nie nadat hy eers deurgelaat is nie, maar die
busbestuurder moes ook weer 'n keer die ruim uitpak om sy bagasie by te
kom.
> nie, of in New York. Hier, as iemand
> op sy toeter druk, kyk jy wie dit doen,
> vra jouself af of hy jou bedoel, en sit
> dan en analiseer sy motiewe.
Gloudina, het jy dalk per toeval al "The Pace of Life" van Harold J
Morrowitz onder oë gehad (Uit "Mayonaise and the Origin of Life")?
Dit is lekker om die luukse te hê om in die verkeer te kan sit en iemand se
motiewe te analiseer. Ek sal dit dit nou nie juis aanbeveel vir die verkeer
in Boston nie, ook nie eens Washington DC of selfs die goeie ou Pretoria
nie! :) :) ;)
Groetnis
Hans
|
|
|
|
|
|
| Re: "Toronto on ice" [boodskap #19995 is 'n antwoord op boodskap #19886] |
Di., 19 Januarie 1999 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Bees" writes:
>>
>> Betsie, uit die concise Encarta:
>
>> "Chinook (wind), name given in the northwestern United States and western
>> Canada to a strong, warm, and dry south or west wind. Originating as moist
>> air blowing off the Pacific Ocean, it then undergoes heating and drying as
>> it travels over the Rocky Mountains. In early spring the winds can melt snow
>> rapidly. The name is derived from the Chinook people."
>
> Die chinook is seker dan meer in
> die lyn van die fohn/foehn wat
> in sekere dele van Europa waai.
>
> Piggee
In die Kaap staan dit bekend as die Bergwind.
Groete, Leendert
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Jul. 31 22:56:23 UTC 2026
|